Stygende geweld in Somalië, burgerlikes wat ontwortel word in die oostelike Kongo en gebrekkige mediese voorrade in Mianmar en Zimbabwe is onder die toptien humanitêre krisisse van 2008, volgens 'n jaarlikse lys wat deur Dokters sonder grense vrygestel word.
Ander krisisse op die groep se lys sluit in ondervoeding, wat 5 miljoen jong lewens regoor die kontinent elke jaar neem; MIV-tuberkulose en verwante infeksies wat 1,7 miljoen mense elke jaar dood laat; gevegte in Pakistan se stamgebiede; die politisering van hulpverspreiding in Irak; geweld en moeilike klimaatstoestande in suidoostelike Ethiopië se Somalië-streek en die voortslepende Darfoerkrisis en burgeroorlog in Soedan.
"Met die vrystelling van hierdie lys hoop ons om die aandag te vestig op miljoene mense wat vasgekeer is in konflik en oorlog, op diegene wat geraak word deur mediese krisisse, wie se onmiddellike en gesondheidsbehoeftes geïgnoreer word en diegene wie se lot dikwels nie raakgesien word nie," het dr. Christopher Fournier, die groep se internasionale president, in 'n verklaring gesê.