George Bush is gister genoodsaak om te koes toe 'n woedende Irakese joernalis sy skoene na die president se kop gegooi het.
Mnr. Bush het die nuuspodium gedeel met die Irakese eerste minister Nuri al-Maliki gedurende 'n vaarwelbesoek aan Bagdad toe die insident plaasgevind het.
Muntadar al-Zeidi, 'n korrespondent vir die Kaïro-gebaseerde Al-Baghdadiya TV, het sy skoene uitgetrek en na mnr. Bush se kop geslinger terwyl hy geskree het: "Dit is 'n vaarwelkus van die Irakese mense, hond!"
Die skoen het die Amerikaanse president se kop gemis en die muur agter die president getref, terwyl Irakese veiligheidspersoneel en Amerikaanse geheimediensagente al-Zeidi platgetrek het en daar weggesleep het.
Toe die president later gevra is oor die insident het hy gespot daarmee, en opgemerk dat die skoene omtrent 'n nommer 10 was.
"Dit is nie iets wat my pla nie," het hy gesê. "Dit is net soos om na 'n politieke byeenkoms to te gaan, waar mense op jou skree. Dit is 'n manier vir mense om aandag te kry."
Bush het ongemaklik geglimlag, en Maliki het gespanne voorgekom in die oomblikke ná die aanval.
Ander Irakese joernaliste het namens hulle kollega om verskoning gevra.
By die perskonferensie het mnr. Bush verklaar: "Die oorlog is nog nie verby nie. Daar is steeds werk om te doen."
