Gaza-skietstilstand met Israel is verby: Hamas

Hamas, die Islamitiese beweging wat Gaza beheer, het Vrydag gesê die ses maande lange skietstilstand met Israel is verby en hulle sal op enige aanval op die verarmde en beleërde Palestynse gebied reageer.

Die gewapende vleuel van die Islamitiese beweging Hamas, die Ezzedine al-Qassam-brigades, het Vrydag net ná 06:00 gesê dat die Egipties georganiseerde skietstilstand met Israel amptelik verby is.

"Die skietstilstand is verby en daar sal nie 'n hernuwing daarvan wees nie omdat die Sionistiese vyand nie die voorwaardes gerespekteer het nie," het die groep op sy webwerf gesê, en bygevoeg dat Israel verantwoordelikheid vir die gevolge dra.

Beide Hamas en Israel het gesê hulle sal reageer wanneer hulle aangeval word, maar nie een het gesê hulle sal tot die aanval oorgaan nie.

"Ons by Hamas het die reg om op te tree teen enige Sionistiese aggressie teenoor die Palestynse mense. Dit is ons nasionale plig," het Hamas se woordvoerder Fawzi Barhum Donderdag gesê, en bygevoeg "dat Hamas sal optree na gelang van die omstandighede op die grond."

Mark Regev, woordvoerder vir die tussentydse Israeliese eerste minister Ehud Olmert het gesê die kabinet sal Sondag die saak bespreek.

"Ons was gereed om die reëlings wat met Egipte gemaak is te respekteer," het hy Donderdag aan AFP gesê.

Die Israelse minister van verdediging, Ehud Barak, het aangedui dat Israel sal reageer as hy aangeval word: "Wanneer die situasie opduik sal ons reageer."

Hy het die moontlikheid van militêre ingryping genoem, maar dit duidelik gemaak dat dit nie dringend is nie.

"Ons is nie bang om 'n grootskaalse militêre aksie in Gaza te begin nie, maar daar is geen rede om haastig oor so iets te besluit nie," het hy aan joernaliste gesê.

Israelse magte het verskeie lugaanvalle geloods en 'n Palestyn gedood, terwyl Gaza-militante Donderdag en Vrydag 'n vuurpylaanval geloods het.

Israelse vegvliegtuie het Donderdag twee vuurpyllanseerders aangeval, onder andere een wat gereed was om ' n vuurpyl te lanseer, het die weermag gesê.

Israel en Hamas beskuldig mekaar dat die ander een die skietstilstand verbreek het wat deur Egiptiese tussengangers beding is omdat die Joodse staat die Islamiete as 'n terroristeorganisasie beskou.

Die Israelse regering blameer Hamas dat hulle nie aanvalle deur kleiner Palestynse faksies gekeer het nie, terwyl die Islamiete beweer dat Israel die ooreenkoms verbreek het deur nie die blokkade teen die verarmde gebied te lig nie.   

мультики монстр хаиФильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae