VN- en AU-troepe voor “uitdagings” in Darfoer, s? VN-hoof

'n Gemeenskaplike VN en Afrika-unie mag in Darfoer staar steeds groot uitdagings in die gesig, amper 'n jaar nadat dit ontplooi is, het VN sekretarisgeneraal Ban ki-Moon Donderdag in 'n verslag gesê.

"Die AU-Verenigde Nasies operasies staan steeds voor baie groot uitdagings," het hy gesê.

"Geweld en ontworteling van mense gaan voort, humanitêre operasies word steeds bedreig, gevegte vind gereeld plaas en die partye het nog nie 'n vredesooreenkoms bereik nie."

Ban het gesê dat slegs 60% van die VN operasie in Darfoer (UNAMID) teen die einde van die jaar ontplooi sal wees, teenoor die 80% van die VN soldate waarvoor die VN gehoop het.

UNAMID is in Julie 2007 magtiging gegee deur die Sekuriteitsraad om die grootste vredesmag in die wêreld saam te stel, met 'n geskatte sterkte van 26 000 lede.

Ontplooiing was vertraag, grootliks deur gebrek aan sameweking van die Soedannese regering. Die mag was ook die teiken van dodelike aanvalle.

Die sending het 'n tekort aan belangrike toerusting, insluitende 24 helikopters, om die groot gebied te kan patrolleer.  

086 справкаtopcargo отзывы сотрудников