Is Besigheid teen Misdaad nog relevant?

Besigheid teen misdaad is die naam van ‘n organisasie (Business Against Crime- www.bac.org.za) wat in 1996 op versoek van oudpresident Mandela tot stand gekom het.


Hierdie organsasie het geld in trustvorm bestuur maar het eers in 2004 ‘n publiekevoordeelmaatskappy geword toe Artikel 18A-belastingstatus verkry is. Hierdie status stel skenkers in staat om hulle donasies van belasting te verhaal. Daar is meer as R20 miljoen per jaar beskikbaar en dit lei natuurlik tot die probleem van valse "entitlement," aangesien bestuurders nie die eienaars van die geld is nie, maar optree asof hulle wel is.

Volgens die BAC se jaarverslae van 2005 en 2006 het Mandela se versoek dat besigheid die staat se pogings teen misdaad moet ondersteun, tot die volgende doelwitte gelei:

1.Die vestiging van anti-misdaadvaardighede in regeringsgeledere
2.Die aanvoer van aksies teen misdaad en teen die oorsake van sulke misdaad
3.Die ontwikkeling van ondersteunende vennootskappe

Die organisasie het oor die laaste tien jaar die volgende vermag:

1.Die vestiging van vaardighede:
Nasionale misdaadvoorkomingstrategie
Kringtelevisie in die middestad van Johannesburg en Kaapstad
Vestiging van “beste besigheidspraktyke“ in die polisie (die werk van kommissaris Meyer Kahn)
Handelsmisdaadhowe in Port Elizabeth, Durban, Johannesburg en Kaapstad
Bestuur van trustfondse
Mentorskappe van swart regslui (danksy ’n USAID-donasie)
Voorstel van die wet op tweedehandse goedere

2. Die aanvoer van aksies teen misdaad en oorsake van sulke misdaad:
Prioritisering van belangrike misdade wat die volgende insluit:

Diefstal met verswarende faktore, sindikaatdiefstal, handelsmisdaad en korrupsie,
Kapings,
Voertuigmisdaadprojek (onwettige registrasies),
Afvalmetaaldiefstal (koperdraad),
Selfoondiefstal (swartlys)

3. Die ontwikkeling van ondersteunende vennootskappe :
"Justice security and prosperity partnership” (donasie van Global Alliance ter waarde van R500 000),
Ondersteuning van slagoffers by polisiestasies,
Bestuursprogram vir polisiestasies,
Tiisa Thuto-onderwysprojek,
Geïntegreerde justisieprogram,
Samewerking van sakekamers, Kamer van Mynwese, die veiligheidsbedryf, die Suid-Afrikaanse poskantoor, die Johannesburgse aandelebeurs en die motorbedryf,
Rehabilitasie van misdadigers,
Anti-korrupsieforum,
Bekamping van sindikate

Wanneer mens bogenoemde aksies se doeltreffendheid beoordeel, word die volgende duidelik:

 

 

Gevolgtrekking 1:
Die belangrikste voordeel van hierdie organisasie is dat landsburgers wel stappe doen om die Suid-Afrikaanse polisiediens by te staan in die bekamping van misdaad. Maar Mbeki se pleidooi dat hy nie alles alleen kan doen nie en dat ons ook iets moet bydra, wys dat hy waarskynlik nie bewus is van die rol wat BAC speel nie en dat die organisasie dus in hulle belangrikste opdrag gefaal het – naamlik om die regering te help. (Hier moet genoem word dat die regering se bydrae tot die BAC drasties verminder het waaruit mens seker kan aflei dat hulle nie meer "betrokke" is nie en dat misdaad volgens die owerheid onder beheer is).

Die vraag kan dan gevra word of die BAC nie eerder moet ontbind nie?

 
Gevolgtrekking 2 :
Die BAC is ‘n dinamiese organisasie met uitvoerende direkteure, werknemers, rekenaars en natuurlik heelwat konsultante wat betaal moet word, nes enige firma. Wanneer mens egter kyk na hulle misdaadprioritisering, stem dit nie ooreen met die misdaadstatistiek nie. Volgens die Suid-Afrikaanse polisiediensverslae groei misdaad met 30% in sekere van die kategorieë. Mens moet hier in ag neem dat misdaad vinniger moet groei as die bevolking, ten einde gesien te word as "stygend". Hierdie stygende misdaadkategorieë is soos volg:

Verkragting
Diefstal met verswarende faktore
Onwelvoeglike aanrandings
Ontvoerings
Wanopvoeding van kinders
Moorde
Openbare geweld
Gewapende diefstal by besighede
Gewapende diefstal van kontant
Bestuur onder die invloed van drank

Net een van hierdie misdade, naamlik diefstal met verswarende faktore (wat deur die BAC ge-prioritiseer is), is van toepassing. Die BAC gee dus aandag aan kategorieë wat oor die algemeen nie ‘n groeiende probleem is nie.

Die polisie, die regering en ook die BAC se verslae, skep die indruk dat misdaad onder beheer is, maar enige persoon wat tendense verstaan, sal beaam dat  ‘n  situasie waarop ‘n 30% negatiewe invloed inwerk, reeds buite beheer is.

Die gevolgtrekking is dus dat die BAC nie die nodige "kundigheid" oordra aan ons regering sodat hulle hierdie tendense kan prioritiseer en verstaan nie.

Gevolgtrekking 3 :
Die BAC het ‘n groot poging aangewend om aandag te gee aan die Departement van Justisie asook aan ‘n geïntegreerde interdepartementele regspoging om die regstelsel te verbeter. Volgens polisieverslae word daar jaarliks tussen 200 000 en 300 000 sake aangemeld te midde van ‘n groeiende gewaarwording dat mense heelwat oortredings nie aanmeld nie.

Oor die tienjaarperiode van BAC se bestaan kyk ons na ‘n totaal van ongeveer 2 500 000 misdade. Van hierdie misdade word minder as 10% suksesvol vervolg, wat ‘n aanduiding is van hoe onsuksesvol die regering werklik is in terme van die bekamping van misdaad. Verder is dit duidelik dat die BAC se pogings geen impak gemaak het op hierdie probleem nie. Die BAC het die probleem van "2.25 miljoen misdadigers op straat" byvoorbeeld nie eers geïdentifiseer as ‘n probleemkwessie nie.

Wat wel gebeur het, is dat addisionele handelsmisdaadhowe geopen is, wat minder as 1000 sake per jaar hanteer. Ekstra howe vir moordenaars en gewapende rowers word egter nie eers genoem nie.
 
Na aanleiding van voorgaande gevolgtrekkings kan die volgende opsomming gemaak word:

a. Die organisasie is wel nuttig, maar dan moet aandag aan die BAC se gebreke gegee word en die regering moet ook deelneem.

b. Landbou- en kulturele organisasies is nie betrokke by die BAC nie en hulle behoort by die bekamping van misdaad betrek te word.

c. Mens kan die argument voorhou dat die belastingbetaler nie nog geld behoort by te dra nie, alhoewel die punt gemaak is dat hierdie ekstra betalings nie vir regstellende aksie gebruik word nie, maar wel vir herstellende aksie, omdat die regering so onbekwaam is. Donasies vanaf die Skandinawiese, Engelssprekende en ou Oosbloklande sal egter van meer nut wees as om geld uit plaaslike besighede te wurg.

d. Die bogenoemde oorsig ondersteun ‘n swart filosofiese gedagte dat heelwat tyd en geld aan die Christelike en strafregtelike bewusmaking van benadeelde (2.25 miljoen volwasse) individue bestee moet word om misdaad uiteindelik te kan bekamp.

для пескоструяДанильченко

Energiekrisis kan ons beskawing vernietig

ImageDeesdae is daar baie kommentaar en selfs bekommerde uitsprake oor die gevolge van klimaatsverandering in die moderne wêreld.  Klimaatsverandering is sekerlik ’n baie belangrike onderwerp, maar daar is ’n olifant waaroor niemand, behalwe miskien ’n klompie geoloë en ander deskundiges, juis praat nie. Hoe groot is die olifant?  So groot dat dit die basiese aannames oor ons ekonomie, voedselverskaffing, en veral oor ons tegnologie, totaal kan vernietig.

Om die probleem te verstaan, help dit om die moderne wêreld van nader te beskou.  In 2007 is ons baie gewoond aan internasionale vlugte, aan plastiek en ander moderne stowwe, aan goedkoop kos wat plase en plantasies (selfs in die ontwikkelende wêreld) op ’n massiewe skaal produseer (deur kunsmis en gemeganiseerde implemente te gebruik).  Produkte wat ons koop (klere, rekenaars, motors, ensovoorts) is goedkoop en bevat groot hoeveelhede plastiek en kunsvesels.  Dit word ook êrens anders vervaardig vanuit komponente wat weereens vanaf elders kom.  Die wêreld het vandag ’n geïntegreerde ekonomie met meer as ses miljard mense waarvan ’n groot persentasie van aansteeklike siektes soos pokke bevry is.  Hierdie mense reis internasionaal op groot vliegtuie op reise wat eens maande of jare sou duur, maar wat nou net ’n paar uur neem.  In groot dele van die wêreld word huise in die winter verhit en in die somer verkoel, en inwoners reis kilometers ver in persoonlike voertuie tussen huis en werk. By die werk en by die huis is daar allerhande elektriese toestelle; rekenaars, mengers en stowe, warm water en sjampoe en grimering en wat ook al.

Dus ’n komplekse en energieke wêreld wat op die verskaffing van hoëkwaliteitenergie in die vorm van elektrisiteit (eintlik net ’n draer van energie) beskikbaar is, asook oorweldigend: die kwaliteit energie wat in ru-olie beskikbaar is.

Maar daar bestaan ’n skaduwee waaroor niemand in die pers eintlik skryf nie.  En die skaduwee kan oor ons val nog voor klimaatsverandering enigsins ’n noemenswaardige impak gehad het.  Dit het selfs ’n naam: “Peak Oil”, en die gevolge kan genoeg wees om ons nywerheidswêreld se ekonomie ernstig te ontwrig en selfs te vernietig.  En om die gevolge van “Peak Oil” te vermy sal groot wetenskaplike en finansiële uitvindings verg, in ’n klimaat waar baie mense nog ontken dat dit ’n probleem kan word, of steeds totaal in die duister hieroor is.

Om “Peak Oil” te verstaan, help dit om na olie-produksie uit ’n tipiese ru-olieveld te kyk.  As ’n olieveld ontdek word, gee dit aanvanklik relatief maklik olie, en die produksie van die veld neem toe soos meer en meer gate geboor word om ru-olie te tap.  Op ’n stadium bereik die produksie ’n maksimum (dit gebeur miskien wanneer die helfte van die olie uitgepomp is) en dit begin moeliker word om die ru-olie te pomp.  Sommige boorgate droog op, en die produksie by ander neem af.  Om meer olie uit die veld te trek verg nou ander truuks.  ’n Algemene metode wat help is om seewater in die olieveld te pomp.  Dit verplaas die ru-olie (wat in rotse vasgevang en geabsorbeer mag wees) wat dan makliker uitgepomp kan word.  Die metodes verleng die lewe van die olieveld, maar word duurder en duurder, terwyl produksie aanhou afneem, totdat die olieveld nie meer winsgewend ontgin kan word nie.  Op dié stadium neem die totale produksie vinnig af. 

Die produksie van ’n olieveld kan voorgestel word deur ’n grafiek met ’n produksiekurwe.  Die produksie vanuit ’n olieveld is normaalweg ’n klok-kurwe:  Produksie begin laag en goedkoop, maar neem toe tot op ’n maksimum wat normaalweg gebeur as omtrent die helfte van die olie uitgepomp is.  Daarna neem die produksie af en word dit duurder om verder olie uit te veld te ontgin.  Uiteindelik is die veld uitgeput wanneer dit ekonomies nie meer sin maak om olie te ontgin nie.
Image
Die algemene vorm van die produksiekurwe maak dit moontlik om te voorspel hoe lank en hoe winsgewend ’n spesifieke olievonds sal wees.  Nog belangriker, dit is moontlik om taamlik akkuraat te voorspel hoe lank ’n olieveld gaan produseer en hoeveel olie daar uitgepomp kan word.  Die feite is uitgewerk deur M King Hubbert, wat in 1956 voorspel het dat olie-produksie van Amerikaanse olievelde in die 48 state sonder Alaska en Hawaii teen 1969 ’n maksimum gaan bereik.  Hy was met net een jaar uit.  Produksie het in 1970 ’n maksimum bereik en daarna afgeneem soos dit moeiliker en duurder geword het om verdere olie uit die velde te ontgin.

Hubbert se argumente is ook toepaslik op die wêreld se olieproduksie.  Die grafiek (sien hieronder) toon die wêreldproduksie in ru-olie aan (data tot en met 2007) en dan projeksies na die datum.  Die onstabiele produksie sedert 1973 is weens die olieboikot van Saoedi-Arabië.  Sulke onstabiliteite is normaal naby die maksimum van die Hubbert-kurwe; dit impliseer dat die produksie beïnvloed kan word deur net enkele produserende lande of velde.  Sedertdien is die olieprys taamlik kunsmatig beheer deur veral Saoedi-Arabië.  Om die olieprys te beheer, het Midde-Oosterse produsente sedert ongeveer 1980 ’n beleid gevolg van “krane oop” of “krane toe”.  As die prys te hoog word, is die Midde-Oosterse oliekraan oopgedraai, wat die mark met olie voorsien het, en wat dan die prys weer laat verlaag het.  Die gedrag is belangrik geag omdat olie so ’n belangrike eknomiese faktor in die Westerse ekonomieë is.  Die gedrag het aangehou tot en selfs na 2000 en het die prys van ru-olie taamlik oor die tydperk serdert 1973 bestendig.  Maar daar is nou aanduidinge dat olievelde in Saoedi-Arabië sodanig ontgin is dat hulle dalk hulle individuele Hubbert-maksima bereik het.  Dit gaan dus moeliker word om krane indien nodig oop te draai.  Die gevolg is ’n vraag na olie wat die prys opstoot, en die bruto prys van ru-olie het sedert ongeveer 2002 skerp in reële terme gestyg.
Image 
Daar is nou meer en meer beweringe dat wêreldolieproduksie se Hubbert-maksimum in 2005 bereik is, of dat dit teen 2010 bereik sal word.  Die beweringe is konsekwent met voorspellings wat reeds so lank terug as 1972 gemaak is toe die maatskappy ESSO voorspel het dat olie teen 2000 duur sou word.  Daar word ook taamlik algemeen aanvaar dat ongeveer die helfte van die wêreld se olievoorraad (tussen 2000 en 2500 triljoen vate) reeds ontgin is.  Die probleem is nie dat olievoorraad sodanig uitgeput is nie, maar dat dit duur gaan word om dit te ontgin.  Om dit in perspektief te stel:  dit vat energie om olie te ontgin, en in ’n nuwe olieveld kry mens miskien 50 eenhede energie uit vir elke eenheid energie wat op die ontginning bestee word.  Na die Hubbert-piek kan die verhouding krimp tot 2 eenhede energie uit die ontginde olie, vir elke eenheid energie wat bestee is.

Die wêreld het dus waarskynlik die Hubbert-maksimum reeds bereik, en as daar nog skommelinge rondom die maksimum is, is die verwagte langtermynvooruitsig een van ’n afname in olieproduksie in ’n omgewing waar die vraag vinnig toeneem weens ekonomiese groei in die Verre Ooste en Indië.

Die resultaat?  Ten eerste ’n drastiese toename in die prys, en daarna mededinging tussen moondhede vir olie.  Die uitwerking op die wêreldekonomie kan drasties wees, maar duurder energie beteken duurder voedsel, duurder verbruikersprodukte, en veral, omdat dit olie is, drastiese verhogings in petrolpryse en in die pryse van vliegtuigkaartjies op internasionale vlugte.

Maar, sou u wil weet, kan dit nie alles verhoed word met ander energiebronne nie?  Die antwoord is nie eenvoudig nie, maar in ’n neutedop:  Die presiese rede waarom die wêreldekonomie so vinnig oor die laaste eeu gegroei het, is omdat olie so goedkoop ontgin kon word:  ’n hoëkwaliteitenergiebron wat maklik verwerkbaar en verbruikbaar was.

Deesdae word waterstof as ’n alternatief voorgehou.  Dit maak sin, maar dit ontwyk ook die grondliggende probleem:  Waterstof is ’n draer van energie, en die energie moet steeds êrens opgewek word, en die opwekking impliseer verliese in energie.  Die opwekking van energie (deur wind, die getye, hidro-elektriese opwekking, die produksie van etanol vanuit landbouafval of graan, ensovoorts) het almal een of ander probleem:  wind, die getye en hidro-elektriese opwekking kan nie die gehalte van energie in ru-olie produseer nie.  Etanol verg energie om geproduseer te word – ’n vergelyking met ru-olie toon aan dat dit baie duurder is en dat dit nooit in die hoeveelhede geproduseer kan word om olie te vervang nie.  Laastens is daar kernenergie, wat as mens veiligheid verontagsaam, aangewend word om elektriese energie op te wek, maar wat ook afval produseer wat vir tienduisende jare gevaarlik gaan wees, asook steenkool, wat ’n vuil en besoedelende laekwaliteitenergiebron is vergeleke met ru-olie, en wat reeds duurder en moeiliker word om te ontgin.

En vir sekere doeleindes is daar nie ’n ander energiebron nie.  Lugvaart is byvoorbeeld net moontlik met brandstof vir die stralerenjin, en as dit duurder word, word vliegkaartjies duurder.  Oor die algemeen is die probleem van alternatiewe energiebronne reeds ondersoek, die Hirsch-verslag (http://www.netl.doe.gov/publications/others/pdf/Oil_Peaking_NETL.pdf) noem byvoorbeeld dat dit baie dekades se investering en tegnologiese ontwikkeling sal verg om alternatiewe bronne ekonomies vatbaar te maak.

Wat sou die gevolge van die Hubbert-maksimum in olie wees?  Dit wissel, afhangende van wie gevra word: van voorspellings van absolute anargie en oorloë aan die pessimistiese kant, tot minder pessimistiese ontledings wat verwys na aanpassings in ’n wêreld waar vervoer baie duur gaan word (95% van die energie in vervoerwese kom vanaf ru-olie), en waar voedsel nie meer so maklik bekombaar sal wees nie (in intensiewe landbou word tot 10 eenhede energie (in die vorm van brandstof) gebruik vir elke eenheid energie in die voedsel wat geproduseer word).  Verder is die moderne finansiële stelsel van olie afhanklik.  Finansiële instellings en banke het op aannames van volgehoue ekonomiese groei geld uitgeleen.  As ekonomiese groei drasties genoeg ingekort word deur energietekorte, kan dit die aannames ondergrawe, met die gevolg van ’n destabilisering van die ekonomie en ’n uiteindelike ressessie of depressie. 

Daar word dikwels ook bespiegel dat groot moondhede in ’n wêreld met duur olie die bron vir hulleself sal toe-eien, met ander lande (meestal in die derde wêreld) wat op die kantlyn gerangeer gaan word, met gevolglike voedseltekorte en katastrofiese inkrimping van hulle ekonomieë.  Dus, burgerloorloë, hongersnood en ander manifestasies van ellende.

Daar is vandag ’n beter waardering van die volgende vergelyking:

Energie = geld

Dit is nie met een opslag sinvol nie, maar die rykdom wat ons vandag op aarde het (of nie het nie), is een honderd persent die resultaat van ons vermoë om energiebronne te ontgin.  Hoe meer energie ontgin word, hoe meer rykdom het ons.  En die mees belangrike bronne?  Ru-olie en gas, wat waarskynlik in 2005 en in 2017 deur hulle Hubbert-maksima gaan, waarna die afname in produksie ’n merkwaardige invloed op ons samelewings en op ons ekonomieë gaan uitoefen.  Hier is dit opgesom in 2005 deur die London Times (http://www.timesonline.co.uk/tol/life_and_style/article575370.ece)

  • Oil is running out; the climate is changing at a potentially catastrophic rate; wars over scarce resources are brewing; finally, most shocking of all, we don’t seem to be having enough ideas about how to fix any of these things.
  • Almost daily, new evidence is emerging that progress can no longer be taken for granted, that a new Dark Age is lying in wait for ourselves and our children . . . growth may be coming to an end. Since our entire financial order — interest rates, pension funds, insurance, stock markets — is predicated on growth, the social and economic consequences may be cataclysmic.

Olie is natuurlik nie die enigste energiebron vir ’n moderne beskawing nie, maar dit is by verre die maklikste bron, en ook een met die hoogste kwaliteit.  Dit vervoer maklik, was taamlik volop, en is redelik veilig en stoor baie energie in klein hoeveelhede.  Dit is ook die grondstof vir menige van die mees belangrike produkte in die moderne wêreld.  Ons voedsel is goedkoop en volop, omdat kunsmis en gemeganiseerde landbou, wat beide deur goedkoop olie moontlik gemaak word, dit maklik maak om groot hoeveeldhede daarvan te produseer.  Dit is maklik om te vergeet dat die wêreldbevolking van een miljard tot ses miljard toegeneem het sedert olie op die toneel verskyn het.  Die meeste deskundiges dink dat dit nie toevallig was nie.  Die olie-ekonomie het energie verskaf wat die merkwaardige bevolkingsgroei en gepaardgaande groei in die ekonomieë van die wêreld veroorsaak het.  Sou dit steeds moontlik wees as olie nie meer goedkoop is nie om ’n beraamde bevolking (teen 2050) van by die 9 miljard mense van kos te voorsien?  U kan self die somme maak.

продажа светильниковФильчаков прокурор

Die eenarmbandiet, ‘n toebroodjie op die Steppe en die baard van Max du Preez 3

ImageIn hierdie derde en finale aflewering vertel Gustav Venter vir ons wat ‘n Russiese toebroodjie is en hoe die Afrikaner se skuldgevoel telkens geld soos ‘n vrygewige dobbelmasjien laat reën…

Die mot in die oor

 

Deur die dag is dit draaglik. Hy het sy boeke en sy vergeelde kopieë van die VWB en partykeer loer daar iemand in vir wie hy nog nie die oorlogstories (een naweek het hulle nie geld gehad om die Weekblad uit te gee nie en toe maak hulle – die karnallies! – asof hulle dit in solidariteit met aangehoudenes teruggehou het) vertel het nie. Maar in die nag kom die stemme tot hom en hy spartel in koue sweet om nie te  hoor wat hulle sê nie. Maar jy kan net só lank by jouself neurie om die stemme uit te doof, net so lank wegkyk en ander pad toe luister, kan jy nie? En dan fluister die stemme die waarheid aan hom, die een onveranderlike wat hy nie wil hoor nie:

“Die Nuwe Suid-Afrika,” sis hulle en dit voel asof sy skedel gaan bars, “is nie ’n prys wat deur ’n rewolusie gewen is nie, of hoe Max? Die Nuwe Suid-Afrika is ’n vergunning van die Afrikaner.”

Nee-nee-nee-nee… Nee! Ja. Dit is so. Hy wéét dit is so.

Dat enige mag die Afrikaner se greep op Suid-Afrika kon loswoel, dít glo Max nie. Daarvoor ken hy die Afrikaner te goed. En ’n kwynende vryheidsbeweging soos die ANC wat geleef het óf op die tronkkos van Robbeneiland óf wat vet geword het op donateurspyse in die buiteland, het geen kans gehad om ’n selfversekerde, taai, vasberade Afrikaner uit die regeerstoel te lig nie.

Maar Archimedes het al in antieke tye gesê dat, as hy ’n plek gehad het om vas te trap en ’n lang genoeg hefboom gehad het, hy die aarde sou kon skuif. Daardie vastrapplek en daardie paal om die Afrikaner te verskuif, is gevind. Die hefboom was die Afrikaner se gewete en die vastrapplek was die moraliteitsfondasie wat die liberale media vir hulleself geskep het. Max weet dit. Die Afrikaner het van apartheid afgesien, nie omdat hy verskrik of vereensaam is deur die buitewêreld se optrede nie – vir seker nie omdat hy geïntimideer is deur MK en APLA se komieklike “gewapende stryd” nie – maar omdat hy tot die gewetensoortuiging gekom het dat dit moreel onverdedigbaar is. Dít is wat die stemme – die gekryts van die mot in die oor – hom in die lang nagte vertel.

Vir Max en A.P. Brink en die De Klerks en die hele Naspersstal wat die algehele verdwyning van die Afrikaner, van sy verswelging in die bruin- en swartheid van Suid-Afrika, begeer, is die voortsetting van die Afrikaner se vergunning ’n absolute hemelse gawe. Die Afrikaner is nog in ’n gedaante daar en so hou hy die ekonomie en die strukture van Suid-Afrika aanmekaar en die donker massas staan bakhand nader. Die Afrikanervolk is nou soos ’n Vegas-tipe dobbelmasjien, ’n eenarmbandiet, om die beskrywing letterlik te vertaal. Maar die wonder van hierdie dobbelmasjien is dat niks aan die toeval oorgelaat word nie. Jy het nie geluk nodig nie. Wanneer enige ambisielose, werkverskrikte swart mens iets nodig het, dan trek Max-hulle net aan die arm – daardie hefboom, die gewete – en die Afrikaner stort net nog geld en geleentheid en status op die begunstigde uit. Dit werk élke keer.

En hoe word daardie arm getrek? Maklik. Dit is in ’n eenwoordkode: Sê net…  “Apartheid” en daar is niks in Suid-Afrika wat nie joune is nie. “Apartheid!” en die Afrikaner se gewete bars los. “Apartheid!” en jy kan sy werk, sy geld, sy plaas, sy dorpe, sy kultuur, sy geskiedenis, sy skole, sy universiteite en selfs sy lewe vat. “Apartheid!” en die hefboom rem teen die Afrikaner en Suid-Afrika en al sy volheid is joune, my swart seun. Sê “Apartheid!” en die Afrikaner staan opsy, “Apartheid!” en hy ontbloot sy borskas vir jou assegaai om te deurboor, “Apartheid!” en hy lag vir jou grappies, “Apartheid” en die witvrou lê om verkrag te word…

Solank as wat die Afrikaner se gewete gemanipuleer kan word, sal hierdie wonderlike sisteem oorleef en die einde daarvan sal eers kom as die Afrikaner algeheel verdwyn het.

Maar – en in die spelonk waarheen Max du Preez onttrek, sidder hy, sluk hy swaar, betas hy die sianiedkapsule – as die Afrikaner sy skuldgevoel oor Apartheid verloor, of as hy besef dat die ANC en sy liberale, blanke lakeie nie meer vasstaan op ferm morele grond nie, dan tuimel die stelsel ineen en sal die Afrikaner sy vergunning ophef en homself van die Nuwe Suid-Afrika onttrek en oor daardie nirvana sal dan geskryf kan word: Zimbabwe, Tanzanië, Ivoorkus, Ghana, Kongo, Uganda…

Tot onlangs toe het Max gevoel die Afrikaner se gewete is nog ferm in die greep van die liberaliste. Dié het tog die oordonderende, kondisionerende kakofonie van die land se media tot hulle beskikking. Maar nou, nou weet hy nie so mooi nie, want tussen die gerammel deur kan grepies van uitroepe gehoor word. En Max weet, hy weet presíés, waar die klanke vandaan sal kom wat die hefboom van die Afrikaner se gewete uit die liberale greep sal ruk. Wat hy meer as enige iets vrees is dat die Afrikaner ’n nuwe waardering van die uitwerking van die Anglo-Boereoorlog sal ontwikkel. Want dan gaan een van die liberaliste se twee magselemente oor die Afrikaner verdwyn. Óf die hefboom gaan versplinter, óf die bouwerk waarop die manipuleerders staan, gaan verkrummel.

As die Afrikaners van vandag opnuut besef hoe onregverdig die Engelse se oorlog teen sy voorouers was en hoe ongenadiglik hulle verdelg, verstoot en verkleineer is, sal hy ’n nuwe waardering hê vir sy voorgangers se keuses in 1948 toe die Afrikaner sy politieke mag deur die Nasionale Party gekonsolideer het. Met ’n uitdelgingstryd nog vars in die volk se gemoed en die proses om homself teen alle teenstand en hoop in weer op te rig, nog in volle swang, sou dit ’n verraad teen die Volk en dié se kinders gewees het as die Afrikaner in daardie jare die mag oor die Volk aan ’n onbekwame en vyandige nasie oorhandig het.

In die aangesig van hierdie herwaardering, is die liberalis tussen twee helse vure. Hy kan die Anglo-Boereoorlog as onbenullig afmaak, die Britte se vergrype daarin wegpraat en sy skouers optrek vir die Boere se lyding daarin. Maar dan het hy geen morele gewig meer oor om vir die Afrikaner voor te skryf hoe hy boete vir Apartheid moet doen nie. Aan die ander kant, erken hy die misdade teen die Afrikanervolk in die Oorlog, erken hy ook daarmee dat Apartheid ’n noodwendige gevolg daarvan was en dat die Afrikaner ruimskoots vergoed het vir enige wanstappe wat hy in daardie tyd geneem het. Watter keuse Du Preez ook mag uitoefen, as die Engelse Oorlog weer deel van die Volk se bewussyn word, is mense soos Max, saam met hulle patetiese Nuwe Suid-Afrika wat so afhanklik is van die Afrikaner, solied in hulle ghwar in.

 Met hierdie mot in sy oor, ontvang Max du Preez vroeër vanjaar ’n televisiespan van Carte Blanche wat wil weet wat dink hy van dáárdie musikale fenomeen, De la Rey. Die mot grou en vroetel en vreet. Die Afrikaner hét nie meer helde nie, verduidelik hy. Al vir ’n honderd jaar nie meer nie, as jy vir Mannetjies Roux en Frik du Preez buite rekening laat en húlle was voetbalspelers. Met sulke massiewe ongeërgdheid rangeer hy ’n ontsaglike versameling soldate, predikante, geneeshere, vir Smuts en Verwoerd, skrywers, denkers, uitvinders, ingenieurs – helde, een en elk – na die buitenste duisternis van sy geheueverlies. En die Boere wat nou vra om deur ’n De la Rey gelei te word, is rassiste, beduie hy. Max is bereid om op die waarheid te sit en hierdie onnoselheid voor die kamera kwyt te raak – NET SOLANK DIE FOKUS WEG VAN DIE ANGLO-BOEREOORLOG VERSKUIF. Hy probeer sy ou-ou rook-en-spieëlsslenter. Kom ons dra die gesprek oor na die terrein van rassisme en apartheid. Die hefboom wikkel onder die Afrikaner. Die eenarmbandiet giet uit en giet uit. Alles is hunky-dory; die Kaap is weer Engels. Ons kan met walglike wellus ons vergryp aan S.E.B. en regstellende aksie want… Apartheid!

Maar die invokasie van die towerspreuk word al hoe minder effektief. En hier, daar, hier en daar, oral, begin uitgesproke gedagtes oor die wonder van die Afrikaner se oorlewing na die Engelse Oorlog in ywerige vlammetjies uitslaan. En Max du Preez se mond trek styf binne die lyne van sy baard en – daardie Tourette’s! – hy gryp die eerste petrolkannetjies waarop hy sy hande kan lê en begin vure doodslaan en slaan en slaan totdat die vlamme naderhand soos die hel se inferno self om hom staan.

‘n Russiese toebroodjie in Azanië

Bliksems! En die een vlammetjie wat nou opgewoerts het tot ‘n allerdreigende vuur is een wat al lankal nie meer moes gebrand het nie. Want dit was al geruime tyd wat Dan Roodt – daardie Dan Roodt, Max se Nemesis – geskryf het van Wilhelm Vallentin, die Duitse dokter wat in die Engelse Oorlog deel van die Boeremagte was en wat aangevoer het dat Engelse soldate en hulle swart handlangers soveel as 35% van die Boerevroue verkrag het. ’n Onrustige stilte het daaroor gedaal totdat Loammi Wolf, ’n onbeholpe bondgenoot van Max du Preez, iets bitsigs daaroor te skryf gehad het en ‘n sekere falanks Versteende Verstande oor haar kleinsieligheid gefrons het.

Toe begin die mot weer raas en grou, die Tourette’s skop in, Max gryp die pen. A!, as hy maar net die pen kon terugsuig op een of ander manier in die geel Bic in, dan sou hy maar die mot laat raas het en die Tourette’s maar laat spasmas maak.

Maar, nee, toe trek hy sy pen. Heel bo aan skryf hy: “Laat die ABO met rus.” Die mense dink dit is die titel van sy artikel en dit is ja, maar dit is soveel meer. Dit is ‘n pleidooi, ‘n gebed, imprekasie, smeking… om vadersnaam, moenie oor die Oorlog praat nie. Weet julle dan nie wat julle doen nie? Alles in die Nuwe Suid-Afrika loop dan so volgens plan. Die Afrikaner ken sy plek en weet wat sy funksie is in die Groter Prentjie van ons reënboogland. Hy is gewillig en gedweë die eenarmbandiet. “Apartheid!” en hy gee. Hy is soos— soos ‘n Russiese toebroodjie, om ‘n analogie uit die ghoelag-kultuur te leen.

Dit was eenvoudig, maar helse moeilik, om uit ‘n Siberiese strafkamp te ontsnap. Daar was nie veel in die lyn van doringdraad rondom dit nie. Maar om weg te kom moet jy deur die oneindige ysvlaktes van die Steppe stap. Wanneer ‘n paar taai langtermyngevangenes besluit om dit te probeer, het hulle eers ‘n derde, en liggaamlik swakker, medegevangene oortuig om saam te gaan. Hy was agter sy rug bekend as die “toebroodjie.” Want jy kan net soveel kos saamdra. So, dit is wonderlik gerieflik as 70 kilogram se vleis vir ‘n groot deel van die pad saam met jou loop. Wanneer hy omval, wonderlik, want dan het die twee groter lummels vars vleis om hulle vir die res van die reis deur te sien.

En dit is presies wat die Afrikaner is vir die res van Suid-Afrika: Die toebroodjie om die honger massas te vergesel op pad na die swart werkersparadys van Azanië. Geen swarte hoef opgelei, verantwoordelik, behendig, geduldig, hardwerkend of besorg te wees solank die Afrikaner langs hom is nie. Word die swartmens honger of is hy gulsig vir meer, slag en eet. Die Afrikaner is groot en taai. Dit sal ‘n lang ruk vat om hom te verorber. Maar, en hier wurg die desperaatheid aan Max du Preez se keel, die pelgrims op pad na algehele bevryding gaan van honger omkom as die toebroodjie ‘n entjie met die pad af omdraai en sê hy loop nie verder nie. Maak geen fout nie, die vinnigste manier vir die katastrofe om te gebeur, is om die Anglo-Boereoorlog weer deel van die Afrikaner-bewussyn te maak.

Daarom bid Max hardop op papier: “Laat die ABO met rus.”

Geen vreugde in stilte

Amen. Dis net, die mot hou nie aan knaag in die oortonnel nie. ‘n Literêre verdedigingsaanval kan nie net uit ‘n geïgnoreerde gebed vir ‘n titel bestaan nie. Max sal die Bic moet opwarm. Nou maar goed. Daar was eens ‘n Vrye Weekblad. Max du Preez voel hy kan sy man staan in ‘n debat en hy gaan dit met sulke vinnige omflankingstaktieke en mobiliteit van afleidings en statistieke doen dat geen eenarmbandiet / toebroodjie na die tyd sal huiwer om op bevel te gee en te gee en te gee nie.

Eers moet hy sy kwalifikasie in die debat bo alle twyfel stel. Hy is die kleinseun van twee oupas wat offisiere in die Boeremagte was. Sy groot kinderheld was generaal de Wet. Hy voeg darem haastig by dat daar nog een ander, Koning Moshoeshoe van Basoetoeland, was. (Max is, na alles, nie wit of swart nie maar wit en swart en alles tussen in. Hy is mos alles vir almal en  niks vir enige iemand nie.)

Dan is hy reg vir sy groot betoog: Dat die presiese syfer van verkragtings nie bepaal kan word nie. As daar nie 35 persent van die vroue  ofte wel, bereken hy later, 38 500 vroue verkrag is nie, is Dan Roodt se stelling “skandalig en verregaande.” As daar net 38 499 vroue verkrag is, lei die leser af, is Max reg en bly die Afrikaner padkos.

Max is vol vertroue dat daar nie grootskaalse verkragtings van Afrikaner-vroue was nie. Hoe weet hy? Nie deur wat geskryf is nie maar deur wat nié geskryf is nie. Hy gebruik ‘n argument uit stiltswye, ‘n efferige filosofiese tegniek wat selde enige naderbetragting kan weerstaan, dit weet hy, maar hy moet deurdruk, moet hy nie? Daarom maak hy baie daarvan dat “gesoute historici soos Pakenham en Hermann Giliomee” “geen melding” van die verkragtings maak nie. Maar sê nou hy gaan blaai agterna deur, sê nou maar, Giliomee se “lywige biografie oor die Afrikaners.” Dan gaan hy besef dat Giliomee net 3 van 666 bladsye afstaan aan die sentrale vormingselement van die moderne Afrikaner: Die verskroeiing van hulle land en die afgryse van die konsentrasiekampe. Stilswye kan nooit harder praat as feite nie en daar is baie getuienis oor hierdie verkragtings. Maar Max het nie brieke nie.

“En, me. Salzwedel,” betig hy in ‘n opvolgartikel in reaksie op ‘n vurige jong verslaggewer wat haar vir hom op skrif vererg het, “soos Dan Roodt en Dries Raath moet jy nog leer dat ‘n mens darem meer as net een hoogs twyfelagtige bron moet hê voor jy iets as evangelie verkondig.”

Dis toe dat kenners toustaan om hom op die smoel te neuk met ritse verwysings na ander bronne wat staaf dat die vernederende, walglike verkragtings van Boerevroue deur die Engelse ‘n algemene afstootlike praktyk was. Hulle gesamentlike mening is dat Max du Preez blykbaar nog moet leer om nie sy betoog te stut met ‘n enkele, tengerige debatstegniek – die argument uit stilswye – nie.

Teen die einde van sy ontstelde betoog het Max du Preez blykbaar heeltemal die gawe van samehangende denke verloor. Hy reken Paul Kruger, M.T. Steyn, De Wet en Koos de la Rey sal ongemaklik in hulle grafte omdraai omdat Dan Roodt en Andries Raath te vertelle het van die Britse soldate se verkragting van Boerevroue. Soos altyd as die mot en die Tourette’s hom pak, kan hy nie ‘n argument deurdink nie. Dit gaan hom verby dat Roodt staan by wat vir die Boerehelde belangrik was: Die vryheid en beskikking oor eie lot van die Afrikaner. Dáárvoor het hulle oorlog gemaak.

En daar’s die vervloekte Oorlog weer.

Om dit weg te doof, om die mot nie langer te hoor nie, moet hy iets sê, enige iets. Toe sê hy maar Moshoeshoe en Adam Kok is sy voorouers.

Die laaste plakkaat

Ou struggle-joernaliste sterf nie, hulle hang net rond waar jonger, slimmer koerantmense goedkoop drank koop.

Deesdae, al wat Max du Preez hoef te doen, is om op die buitekringe van ‘n mediagesprek te staan en wag dat hulle ‘n kodewoord sal sê. Miskien praat ‘n sportskrywer van rugby-“pale” of ‘n verbruikerswaghond sê iets van slag-“pale”. Wie weet? Maak nie saak nie. As iemand in sy omgewing net die woord “paal” of  “pale” gebruik, kan Max bewend vooroorleun en sê: “Het ek julle al ooit vertel van die plakkate wat ons teen die pale gesit het in Tshwane, toe nog Pretoria? Dit was met die referendum. Toe weet ons nie of ons die bevolking moet aanraai om ‘ja’ of ‘nee’ te stem nie, toe skryf ons maar op ons plakkaat ‘Ja-nee’.

Vang julle dit? Vang julle dit? ‘Ja-nee.’ Sien, ‘ja’ en ‘nee’, of dan nie ‘ja’ of  ‘nee’ nie. En die volgende week, weet julle wat skryf ons toe, luister, dis eintlik baie goed ons skryf toe op die…”

Die jonges knip agter sy rug vir mekaar oog en maak asof hulle die storie, wat hulle al ‘n honderd maal gehoor het en wat om mee te begin nie vreeslik snaaks was nie, hulle regtig kielie.

So in die nagte sit hy in sy studeerkamer en staar na die geraamde paalplakkate. Hy vryf oor sy baard, sy Max du Preez-baard en die hare is yl, grys en bros. Die mot vreet en raas en raas en vreet en vreet in sy oortonnel.

En eendag toe vreet die mot deur die skedel, al langs die binnewand af en, van vooraf, in die brein in. Dit eet die verbinding tussen die lobbe morsaf. A, die saligheid.

“Ja,” sê die een breinlob.

“Nee,” sê die ander.

“Ja-nee,” sê die een weer.

“Die mot,” sê die ander, “dis jammer ons is nie Versteende Verstande nie. Dan sou hy nooit ingevreet gekry het nie.”

“Versteende Verstande,” sê die een. “Daar is iets ergers.”

“Ja-nee,” sê die ander. “Om ‘n joiner te wees.”

En met die laaste stertslag, die laaste stuiptrekking van ‘n mediadinosourus waarvoor niemand meer plek of nut het nie, is dit asof al die donker in die wêreld ‘n stywe kring trek om die kolletjie lig, reg voor in sy bewussyn.

Net dan, asof van nêrens, hoor hy die stemme van sy Ouma Bertie, sy Oupa Johannes Petrus du Preez, sy pa en nog baie stemme wat hy nie herken nie. En hulle praat Afrikaans in ‘n spreekkoor. Op een of ander manier wat net in drome kan gebeur, is dit asof die woorde self in ‘n soort jellie set en dan versteen. ‘n Jong kunstenaar pak die letters op ‘n groot, reghoekige vel papier en trek die buitelyne af en kleur dan binne die lyne met ‘n dik, swaar vulpen in. Hy vat ‘n geel Bic-pen en boor met die punt twee gaatjies in die middel bo en twee gaatjies in die middel onder en ryg blou plastieklyn daardeur.

Hy is fluit-fluit daaruit; fluit ‘n lied oor ‘n generaal wat kom om sy volk te kom lei. Hy kom by ‘n lamppaal langs ‘n besige straat en bind die lyne daarom vas.

Die dinosourus kan nou sien dit ís ‘n plakkaat, ‘n koerant se paalplakkaat. Hy het verwag dat dit ‘n nuwe plakkaat vir Die Vrye Weekblad sal wees. Maar dit is nie.

Die mashoof van die plakkaat is vir ‘n koerant met die naam: “Die Wye Vreesblad.”

Daarop is die woorde geskryf van sy Ouma Bertie en sy Oupa Johannes Petrus du Preez en van ‘n miljoen ander.

Hy lees: “Ag NEE Max,” en maak sy oë toe.

ТепловойФільчаков Олександр Васильович

Naspers het van Max hul liefling gemaak

ImageNet soos Loftus Versfeld van Derick Hougaard ʼn LIEFLING gemaak het, het Ton Vosloo en sy media van die Kaapse sap-sosialis Max du Preez ʼn liefling gemaak. Geen noemenswaardige gebeurtenis in Afrikaner-geledere gaan verby sonder dat Liefling Marx ook ʼn eier daaroor lê nie. En dan word sy mening as gesaghebbend aangedien. Hy en Ton is albei Suid-Afrikaners en as sodanig het Afrikaners nie ʼn bestaansreg nie.

ʼn Mens vra jouself die vraag af wat die Bolanders van die Tweede Vryheidsoorlog weet. Enkele Bolanders het aan Boerekant geveg maar die grootste gedeelte het hulle sakke gevul deurdat die Engelse miljoene ponde in daardie geweste bestee het. Die Boland het nooit in sy ganse geskiedenis so ʼn voorspoedtyd beleef as juis gedurende hierdie tyd nie. En in die proses het hulle ook halwe Engelse geword.

Dit sal hierdie twee Suid-Afrikaanse Bolanders goed doen om Ramsay MacDonald se boek WAT EK IN SUID-AFRIKA GESIEN HET te lees.

Maar dit gaan nou van die Boerevrou en Boere-dogters. Om objektiewe behandeling van Leopold Scholtz en Johan Mostert te verwag, is netso goed as om ʼn objektiewe uitspraak oor ʼn Afrikanergeskilpunt van COSATU te verwag. Dit is iets wat nie in hul dinkraamwerk voorkom nie.

Ons wat afstammelinge van die Boere te velde was, weet baie goed wat gebeur het. Daar is nie veel oor hierdie seksuele mishandeling van vroue en dogters gepraat nie maar tog voldoende om te weet dat dit op grootskaal plaasgevind het, dis deur oorlewering aan ons oorgedra. Ek is maar ʼn skrale 25 jaar na beëindiging van die oorlog gebore. Ons beskik nie oor persentasies nie maar dat dit op groot skaal voorgekom het, is onmiskenbaar. Dit ly geen twyfel dat die PERFIDE ALBIOXI nie die weerloosheid van vroue en dogters sou uitbuit nie. Netsoos die Yankees en Engelse in Wes-Duitsland na die Tweede Wêreld Oorlog in Wes-Duitsland te kere gegaan het.

Nou beweer Max de Preez dat Dan Roodt se bronne uit die duim gesuig is. Die gesag wat bestaan, word afgemaak as onaanvaarbaar.

Hy sê dit is opnuut ʼn poging om gevoelens gaande te maak. Natuurlik moet gevoelens hieroor weer gaande gemaak word – netsoos dit oor die sesmiljoen Jode en die “sonde van apartheid” gedoen word.

Jacob Zuma sê tenminste dat hy ʼn Zoeloe is, maar Max du Preez het geen bepaalde identiteit nie behalwe dat hy ʼn Suid-Afrikaner is terwyl G H Kalpic reeds in 1937 gesê het There are no South Africans. Dit is nog steeds die posisie.

объемная лепка на стенахЛобановский

Die eenarmbandiet, ‘n toebroodjie op die Steppe en die baard van Max du Preez 2

ImageGustav Venter sit  in dié tweede aflewering sy ontleding van Max du Preez, skrywer van "die mees onsamehangende rubrieke in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse perswese", voort.

Die bewaarder van die rewolusie

Maar hulle het geëindig, het hulle nie? As daar een iemand is vir wie rewolusionêre sukses te vinnig gekom het, dan is dit vir Max du Preez. Sy toegelate vyftien minute was so bitter gou verby… Een oomblik was hy nog die parmantige jong salm wat stroomop geswem het om sy verhouding met sy plekkie in die land se geskiedenis te konsumeer… en toe, en toe kom ’n magtige, ongeduldige stroom – van agter af, bergop! – en dit spoel oor Max, dit rol en tol hom holderstebolder en hy is net ’n klein stokkie dryfhout op ’n helse groot rivier – wat in dieselfde rigting as hy gaan en nie net word hy – o, die onreg! – nie meer raakgesien of gehoor nie, al sy andersheid het in een oomblik verdwyn, skielik is hy net ’n hooinaald in ’n bliksemse groot mied. Almal dink soos hy en hy dink soos almal. Nou is dit die mense wat soos die Versteende Verstande praat, wat anders is. Die idees van die Vrye Weekblad – of ten minste die herinnering daaraan – is nou geheilig, hoofstroom, ortodoks. Max du Preez, hy met die rewolusionêre ywer en die Max-du-Preez-stylbaard, het konvensioneel geword en vir ’n rebel is dit die dood self.

Nog steeds… ja, dit gaan oor wat jy wéét wat reg is en nie oor die erkenning nie, maar darem… hy sou darem verwag het om deel van die triomfmars te gewees het. Natuurlik wás daar nie so ’n optog nie en hoe onregverdig, hoe onweldeurdag, was dít nie. Want dit is hoe hy in daardie dae van die stuitige Vrye Weekblad-plakkate dit gesien het: So ’n Romeinsestyloptog deur Kaapstad, al met Adderley-straat af, en dan regs, om die Kasteel na die Parade waar ’n jillende skare as’t ware ontbrand in hulle nuwe vryheidsdrif. Heel voor sal Mandela – Caesar! – in ’n strydwa wees, getrek deur ’n wit, ’n swart en ’n grys perd en met Desmond Tutu wat agter hom staan en ’n lourierkransie bo die Heilige Nelson se kop hou. Agter hulle, slegs geklee in verflenterde langbroeke wat net onder die knieë afgeskeur is, kom die Verpletterde Versteende Verstande, die vyande van die nasie – daar is FW en Pik en PW en ’n tjankende Roelfie en al die ander eens selfvoldane lede van die voormalige regime. Hulle strompel en struikel, verwaarloos en verweer, oë wat wild staan in vrees en smeking, hulle arms voor hulle styfgetrek deur die dik kettings wat om hulle rougeskaafde polse vasgebout is en wat agter aan Madiba se strydwa gehaak is.

Agter die Oorwinnaar kom sy Dapper Manne, eers Thabo en Cyril in een strydwa met geel, groen en swart speke, en hulle wuif, vingerpunte na bo en kneukels na buite, vir die aanbiddende skare wat palmtakke voor hulle gooi.

Max was darem beskeie genoeg om te weet dat hy nie in daardie twee opsygesette strydwaens hoort nie, en ook nie in dié net daarna nie; die waens  van die volgende stratum helde, die Veertig, om dit met Koning Dawid se triomf te vergelyk, die bende helde: Slovo, Maharaj, Govan Mbeki, Selebi, Sexwale, Phosa, Lekota, Kasrils…

Nee, Max ken sy plek en dit is nie in die eerste paar eskaders  strydwaens nie maar, vervlaks, hy hóórt in daardie optog, het dit verdien, hy en die ander liberale blankes wat Afrikaners was in die tyd toe daar nog algemene sekerheid was oor wie die Afrikaners is. Hy en Van Zyl Slabbert en Daling en Eloff en die res van daardie kordaat Dakar-reisigers. Miskien kan hulle tog in so ’n los falanks agter in die stoet kom, amper soos ’n land se hele kontingent Olimpiese atlete wat die stadion tydens die openingseremonie binnekom en vir die skare wuif.

Maar daar was nie plek vir Max en sy baard in die heldeparade, nie regtig nie. So, toe wag hy maar vir die frenetiese wederkerige rugkloppery van die ANC om te vervaag, vir die eerste orgie van selfvoldaanheid om te kwyn, en hy wag vir die klop aan sy deur, vir sy eerste aansig van die presidensiële kavalkade in swart limousines wat teen die randsteen trek, wag vir die statige president om uit te klim om vir hom, Max du Preez met die baard, te kom bedank vir sy heldhaftige deelname aan die vrysetting van die mense van die hele Suid-Afrika. Maar hierdie held was bestem om onbesonge te wees.

Met die stilte van ongesonge ANC-lofliedere wat eggo’s trek in sy ore, moes Max vir homself ’n nuwe rol uitdink. Dit was nie maklik nie want, soos ’n gasmasker in vredestyd, het hy geen nut meer nie. Wie het ’n aanwending vir ’n skrywer van stuitige plakkaatkrete? O, daar was darem die outobiografie om sy aandag af te trek en toe ’n opportunistiese klikboek oor Louis Luyt en daardie opdragwerkie vir die ANC, ’n bydrae tot die samestelling van Turning Points, die herinterpretasie van Suid-Afrikaanse geskiedenis vir skoolkinders waarin hy so verbete probeer het om die Afrikaner weg te skryf. Hy het selfs ’n heel nuwe loopbaan probeer: Groenteboer in die Ficksburg-Rosendal omgewing, bedeel met status as soort van ’n afgetrede politieke ghoeroe. Maar, nadat ’n arbeiderskrisis sy boerdery ontwortel het, het hy na sy ou weë teruggestrompel.

Dis toe dat sy lewe krimp totdat dit inpas in sy studeerkamer, die een met daardie “Ja-Nee”-plakkate teen die muur; ‘n museum vir Die Vrye Weekblad, daardie astrante klein koerant vol van al daardie Dirk Coetzee-stories, gekraaiery oor Piet Koornhof (“Piet is te sexy vir sy volk”, was die plakkaatkreet) en, vervloekte noodlot!, publish-and-be-damned-stories oor Lothar Neethling, ’n mistasting waarvoor miljoene gehef is in hofonkoste, geld wat nóg Max nóg sy koerantjie gehad het en wat toe die tragiese einde van Die VWB was. Hy probeer so hard om die proto-Nuwe Suid-Afrikaner te wees, waar hy nie wit of swart is nie maar wit én swart en alles tussenin. Max du Preez het alles vir almal en niks vir enige iemand geword nie.

Vir die perswese in die land is hy sout wat laf geword het. Niemand weet regtig wat om met hom te maak nie. So dan en wan sal ’n koerant vir hom ’n afgekoude been gooi deur een van sy verontwaardigde meningsartikels te publiseer, maar die suspisie bestaan dat dit gedoen word in ‘n gees verwant aan regstellende aksie. Die koerantbedryf akkommodeer uiteraard deesdae skrywers met laerskoolvlakprosastyl soos Matshikiza, Qwelane, Wyngaard en Jeffreys net omdat hulle nie blank is nie. Hulle kan tog maar vir Max du Preez, uit erkenning vir sy lojale verraad van die Afrikaners, beloon deur hom toe te laat om vir hulle hier en daar ’n ietsie te skryf.

Die ou joernalistieke instink is nog daar… of… nee, dit is nie eintlik nie. Max du Preez is nou nie eintlik ’n joernalis soos ’n joernalis-joernalis nie. (Dis nou nie juis dat hy uitgaan en feite versamel en ontleed en rapporteer nie.) Nee, hy is ’n skepsel van die Nuwe Suid-Afrika se media. Hy is ’n “ontleder” of ’n “kommentator.” ‘n Ontleder/kommentator is ‘n koerantman met te veel ondervinding om koerantwerk te doen, met te veel status om deur nuuswerwing en persoonlike onderhoude besig gehou te word en te veel persoonlikheidswaarde om sy woorde te tel. Max, die kommentator/ontleder, is op ‘n spesifieke, doelvervaardigde kruisvaart. Dink aan hom as soort van die standaardeburo van die Nuwe Suid-Afrika, die sosiale nirvana wat hy en sy koerant, die een met die pittige lamppaalplakkate, help skep het, die land wat soos droë brood voor sy oë en tot sy hewige ontsteltenis verkrummel.

Al hoe meer iesegrimmig, al hoe meer ontgogel deur die minagting waarmee hy opsy geskuif is en deur die ANC se wanprestasie, onttrek hy dieper in sy studeerkamer, sy mausoleum vir die diepbetreurde Vrye Weekblad in, en hy wag dat hulle sal kom, die kader kamerade by wie hy homself met soveel ywer en broederskap ingewerp het, dat hulle kan kom en sit, dat hulle kan praat, dat  hy vir hulle kan sê om die geloof te behou. Soms dink hy hy sal vir hulle, selfdwepende swape wat hulle is, die Waarheid vertel; vertel wat die stemme vir hom sê wanneer hy stil is. Maar hy weet hy sal dit nie doen nie en, om brutaal eerlik te wees, hy kan dit nie doen nie want hy is self te  besig om die geraas van die mot in die oor te probeer ignoreer. Max du Preez het nie enige geloofsopsies oor nie. Hy móét in die Nuwe Suid-Afrika glo; het so lank daaroor gedroom en daarvoor gewerk, al daardie paalplakkate uitgedink en sy eie mense in die rug gesteek. As daar nie ’n Nuwe Suid-Afrika is nie… maar wag, wag-wag, hy hoef nie eers daaraan te dink nie. Die Nuwe Suid-Afrika, land van vryheid en plek vir almal om die pappot, waar elkeen skrander, sensitief en hardwerkend is, waar almal almal se broer is, daardie Nuwe Suid-Afrika bestaan, dis hiér vervlaks, hier om te bly en Max du Preez is die profeet daarvan en net soos wat hy in ‘n aanval van joernalistieke Tourette’s die skeptici verdryf, het hy ook die taak om die Oorwinnaar se dissipels se morele kompas gekalibreer te hou. Sy deur staan vir die afvalliges oop.

Terwyl hy vir ketters wag om in sy studeerkamer te kom sit waar hy vir hulle kan sê om terug te keer na die ware geloof, tas Max se rustelose oë deur die menings van die dag, soek-soek-soek na die spore van die ontkenners van die wonderwerk van die Nuwe Suid-Afrika, en as hy dit vind in die meningsblaaie van die koerante dan – hy kan dit nie help nie – dan slaan hy toe, dan trek hy daardie ou, welgeslete oranje Bic-pen en hy slaan verwoed om hom heen. As iemand, ’n salm wat nou stroomaf swem teen die stroom van die magtige rewolusie in, die Nuwe Suid-Afrika se waardigheid ontken, dan kan Max homself nie help nie –  daar ís nie pille vir sy Tourette’s nie – en hy moet die saak regworstel in die blaaie van die pers. Ongelukkig is hy deesdae soos ’n ou bokser wie se bene planke toe is en wie se tydsberekening oor die muur is. Hy is ’n maklike teiken en jonger, wakkerder, vinniger skrywers slaan hom maklik raak. Maar Max kan homself nie help nie. As hy nie skryf en raas nie, die stemme, daardie waarheid in die nag, sal hom tot raserny dryf. So, hy skryf maar.

Die gevolg is van die mees onsamehangende rubrieke in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse perswese – bewerig in logika, vol onverantwoordelike gevolgtrekkinge en flou toepassings.

En as jy eers iets geskryf het, kan jy dit nie as’t ware óntskryf nie. As hy kon, sou hy. Gereeld. Soos daardie rubriek van hom verlede jaar waarin hy gal kots oor “die blanke gekerm” wat hom “doof maak.” Daarin blyk dit dat hy verbaas en ontsteld is dat witmense kla oor sulke beuselagtighede soos plaasmoorde en die algehele, verpletterende wanbestuur van die land deur swartmense. Swartes kla nie, sê hy, miljoene van hulle kla.(?!) Hy redeneer dat witmense net die reg het om te murmureer as hulle eers kla oor moord op swart mense. Die Afrikaner mag slegs ontsteld wees oor die georganiseerde aftakeling van sy kultuur as hy eers, deur monde van Dan Roodt en Hermann Giliomee, kla oor die miskenning van Zoeloe en SeSotho deur die staat. Buitendien, stoom hy voort, toeskouers by ’n krieketwedstryd het ’n swart speler van Suid-Afrika ’n “kaffer” genoem en dit is baie meer skadelik en onhoflik, lei ons by hom af, as net nog ’n wit tannie wat verwurg word of net nog – gaap –  ’n blanke meisie wat deur ’n swart bende verkrag word. Eers as almal seker is dat Ntini nooit weer so getraumatiseer word nie, mag daar bedenkinge uitgespreek word oor die praktyk van rampokkers om wit boere uit te moor.

Onlogies, onsamehangend, ja, maar as die Tourette’s eers sy tikvingers geskaak het, kan hy dit nie keer nie. Hy skryf voor hy dink. By tye grinnik die lesers oor ou Max, trek hulle skouers op en ignoreer hom. Maar soms strompel hy in ’n debat in waarvoor hy glad nie toegerus is nie, soos toe hy met Dan Roodt slaags geraak het en as kampvegter vir die kultuur van Afrika probeer het om ’n saak daarvoor uit te maak dat dit superieur is bo die Westerse beskawing. Roodt het hom met soveel minagting afgestof dat ’n mens sou dink dat dit net ‘n ontleder/kommentator van die onnoselste soort kan wees wat sou terugkeer vir nog. As Max du Preez maar net in sy studeerkamer in kon verdwyn en daar bly. Maar hy kan nie. Hy kan doodeenvoudig nie.
 

Moenie môre se derde en laaste aflewering in dié reeks misloop nie! 

free casino bonus games slotsДанильченко Юрий прокурор

Die eenarmbandiet, ‘n toebroodjie op die Steppe en die baard van Max du Preez 1

ImageGustav Venter spreek die laaste woord oor Max du Preez, in 7240 woorde, in drie aflewerings… Vandag plaas ons die eerste aflewering waarin ‘Mad Max’ se voorgeskiedenis behandel word.

Max du Preez wil iets sê en hy gaan dit sê. Eintlik weet hy van beter want hy is in die onlangse verlede al so deeglik afgeransel in al wat ’n debat is. Maar hy kan, hy kán, homself nie help nie. Dit is soos die onwillekeurige gesigspluk van ’n persoon met ’n sekere soort spastiesheid. Dit is asof hy ly aan joernalistieke Tourette’s sindroom wat sy motoriese vaardighede oorneem. Die oomblik wat iemand net lyk of klink of maak of hy skepties oor die Nuwe Suid-Afrika is, dan spring die selfaangestelde bewaker van dié nirvana aan die werk. Hy skryf – tik, eintlik – en dis moontlik dat sy rubrieke en meningsartikels op ʼn stadium logika en struktuur bevat het, maar, nou ja, dis nie meer so nie. In hierdie tyd is emosie belangriker as denke en verontwaardiging gewigtiger as feite. En as daar iemand is met vragte en vragte se emosie en verontwaardiging, dan is dit Max du Preez.

Nee, nie almal sou dink dis nodig om hierdie dinge wat so skroei op sy tong, wat so bewe in sy tikvingertoppies, te sê nie. Maar Max moet praat; móét net eenvoudig woorde rangskik en uitmarsjeer in ’n enkellinie. Want, en hy kan maar net hoop, as hy praat, wie weet, miskien maak dit die gedruis in sy skedel stil.

Die geraas, die geraas! Dis soos ’n duisend kraaie wat op ’n sinkdak trap en krap. ’n Mot in die oor. John Hanning Speke, die ontdekkingsreisiger, het mos eenkeer iewers in Afrika ’n mot in die oor gekry en hoe meer hy hom met sy duim en wysvinger probeer vasgryp het, hoe dieper het die mot in die oorkanaal ingekruip. Dit het die dapper Speke amper mal gehad, kranksinnig van pyn en ’n sekere oervrees want die klank van elke spiertrilling van die insek is versterk omdat dit aan die oordrom geraak het. Elke miniatuur beweging het ’n donderstorting van onontvlugbare geraas en gegrom en geloei veroorsaak. En daarmee saam die yskoue wete dat die brein net millimeters van die mot se geknaag is.

Dit raas. Dit raas in Max se kop maar dit is nie die gekryts van kraaikloue op ’n sinkdak of van ’n mot in die oorkanaal nie. Dit is die geluid van ’n oerwaarheid, van ’n kennis wat hy het, ’n wete wat hy nie eers saggies aan homself wil erken nie. As dit stil is in sy binnekant, dan is dit wanneer dié waarheid keel skoonmaak. En deesdae, iewers in die agtergrond, sing ’n koor, ’n massiewe koor van honderde, van duisende, selfs miljoene, stemme. Hulle sing van ’n generaal wat hulle moet kom lei.

Die skrywer van paalplakkate

Daar was ’n tyd toe Max die stemme nie gehoor het nie; wat die geroesteskarnierklanke van sy eie stem elke ander in sy eie ore verdoesel het.

Wat ’n vuurvreter was ons Max in daardie dae nie, met ’n hart van gesmelte goud vir die verontregte en ’n buik vol suur teen die onderdrukker. A, as die gloriedae van die stryd maar net langer wou hou, net nog ’n dekade, kans vir nog vyfhonderd uitgawes van daardie stuitige klein Vrye Weekblad wat so rojaal vanuit Swede en Brittanje gefinansier is. Hoe maklik was dit nie in daardie dae om die onreg raak te skryf nie! Wit was NP en NP was verstok, onbehendig en vol kleinvrees, die mees verstokte organisasie in die geskiedenis van verstokte organisasies in Suid-Afrika. (Behalwe vir die AWB en die KP en die Volksfront en al die ander regse grotbewonerorganisasies, om nie van die HNP te vergeet nie –  maar wie onthou die HNP (die Ha En Pee!) deesdae? –  en red nou ’n volk, bring nou helderheid in soveel donkergrysheid van uitgediende, ingeteelde denke, in idees so dof dat die NP se flou lig eintlik blink daarin skyn.)

En daarteen die ANC. A, die ANC! ANC was fier en edel en vol volkshumor, dit was Nelson – Madiba! – en die Moeder van die Nasie met haar vuurhoutjies en halssnoere en dit was entoesiastiese skares en sagmoedige swart massas vol deernis en groot vergifnis en visies van nasiebou… Oliver en Govan en klein Thabo en Chris en Jay en Mac Maharaj wat lyk soos ’n Indiese Kolonel Saunders met daardie winkbroue en daardie spits baardjie. Kerrie! As die NP vaal vleis, rys en aartappels was, is die ANC kerrie, vol skroeiende geure en onuitkenbare smake, anys en knoffel en kadamom-sade en lourierblare, kerrieblare en danja, maar ook marôg en pap en ’n pot vol afval en kalbasse vol suur sorghumbier. Hoe kan hierdie Boerseun, hierdie Max du Preez, dit weerstaan? Die NP was so, so… so wit, as die lesers nie verkeerd sal verstaan nie, so smaakloos, en die ANC so vol kleurryke en geurige beloftes.

Om darem so aan die opmarsjeerkant van ’n rewolusie te wees! Sê wat jy wil, dit is anders, baie anders vir ’n Boerseun, ’n Du Preez, om met soveel ywer deel te neem aan ’n anti-Afrikanerrewolusie. Anders? Natuurlik, want andersheid is ’n belangrike element in Max se siening van homself. Hy het lankal geleer dat daar ’n uitsonderlike glorie in andersheid is. As jy wil hê mense moet oor jou praat – en hoe lekker is dít nie? – dan is dit belangrik dat jy anders is. Nie ’n frats nie, hoor. Net anders. Hoe om dit te verduidelik?. Anders, maar nie ’n frats nie is… dit is soos sy… baard!

Max du Preez se baard is anders. Nie uitspattig of fratsagtig nie, net anders. Dit is nie so ’n politieke bokkie soos wat Smuts, Hertzog en nou ook Mbeki het nie. Net so is Max ook nie ’n politieke dier in ’n bepaalde kamp nie; hy beweeg oor grense, soos ’n reuk, en oral waar hy kom, is daar iemand wat in die lug snuif en hom herken. Sy baard het ook nie die sluwe, kinderbybelduiwelswier van Maharaj of Jay Naidoo nie. Syne is eerder ’n opregte baard want Afrikanerstylintegriteit is so deel van Max as wat klipkoppies en grys bossies deel is van die Karoo. Maar darem nie boers nie, nie so ’n harige borslap soos President Brand of Piet Joubert of selfs die Ajatolla Khomeini s’n nie. Max se baard is so ’n presiese een, omlyn die kakebeen en trek ’n netjiese muilband om die mond. Eintlik het dit nie baie hare nie. Wys jou hoe baie met hoe min gedoen kan word. Soos die regte woord op die besliste oomblik. Dis hoe sy baard is. Dit is nie vergesog om te dink dat daar eendag van ’n Max-du-Preez-stylbaard gepraat sal word nie. Stylvol maar opreg.

Styl en opregtheid. Daar’s nou vir jou twee eienskappe wat jy nie in lyn kan bring met die Versteende Verstande van die verlede nie. Vreemd hoe die Nasionale Party hulle politiek sonder gesigshare bedryf het. Malan, Strijdom, Verwoerd, Vorster, Botha, De Klerk – almal sorgvuldig skoongeskeer, so al asof hulle hulle sluheid reg in die publieke oog wou versteek. Sluheid? Hmm. Nee. Nou goed, nie slu nie. Sluheid impliseer verbeelding en niemand sou die Natte van verbeeldingrykheid beskuldig nie. Verkramp. Verstok met versteende verstande. Versteende Verstande. Dis hoe Max aan hulle dink, mense wat in een of ander evolusionêre fase gefikseer het, waarskynlik in ’n versamelaar/jagter-era waar die oorlewingsdrang allesoorheersend was, toe die veg-of-vluginstink die basiese emosie was. Veg en as jy nie kan wen nie, vlug! Vlug in die grot in, die takkraal in, in die getalsterkte van die grotbewoners in. Of, as jy middeljarig en verstok is, ’n Versteende Verstand is, dan vlug jy in die laer in, agter die pantser van jou wit vel in. Dit is wat hulle sterk gemaak het, hierdie verbete verbeeldingloosheid, hierdie versteende verstande met ontsapte breinare waardeur geen oorspronklike gedagte kon beweeg nie.

Dit was hierdie ingelaerdheid wat die bevryders se opmars vir so lank gestuit het. Iemand moes die waagmoed – om nou P.W. se gepatenteerde term te gebruik – hê om in die bedompige grot in te gaan, die Versteendes aan die baard – maar baarde het hulle mos nie – aan die los nekvelle, dan, te gryp, as’t ware, en om hulle uit te sleep waar die orkaan  van die geskiedenis hulle kon omwaai. Iemand moes teen hulle opstaan om hulle te verslaan en as hierdie iemand ’n presies gekapte stylvolle baard het, nou ja, kom die tyd, kom die man. En jong Max du Preez rys op met sy gekose wapen in die hand – ’n pen.

Dat die pen magtiger as die swaard is, dít glo hy, maar in sy verbeeldingwêreld is dit letterlik so. Hy sien homself, ’n kwasi-sosialistiese William Wallace (met ’n Max-du-Preez-baard) uitgerus in ’n rooi T-hemp met ’n swart vuis daarop en bandeliere kruis en dwars, Che-styl, daaroor. Onderaan dra hy ’n Skotse rokkie – nee! –eerder ’n Afrika-kulturele herinterpretasie van die kilt; in sy ensemble  het hy ’n velromp,  soos Hoofman Tshwane s’n, aan, saam met mynstewels. Sy rewolusionêre baard, die Max-du-Preez-stylbaard, is net so effens langer sodat dit bietjie woes kan staan in die warm wind van die stryd. Hy staan so daar teen ’n bultjie uit en gluur na die aanploeterende horde Verwoerdiaanse Versteendes, elkeen van hulle styf in swart pakke en wit hemde en smal, donker dasse, die volle Broederbond uniform, en die ringkoppe dra sulke smalrand Homburg hoede, die soort wat John Vorster altyd so beleef getiep het in die rigting van die pers. En hy kyk hulle in die gesig, net hy, jong Max du Preez en in sy hande het hy ’n enorme pen so groot soos ’n dubbelhand Claymore swaard. Hierdie pen is ’n gewone balpunt – niks so aanstellerig soos ’n Parker of ’n Montblanc vulpen nie – ’n goeie proletariese Bic balpunt, die geel soort met die blou doppie, die ronde gaatjie in die sy en die spits punt met die blertsie donkerblou ink op die balletjie – ’n joernalispen! Hy swaai dit in wye, venynige sirkels voor hom, kletter die Versteende Verstande om maar hulle hou aan voortploeter in so ’n meedoënlose pas, een swaar voet na ’n ander en aan en aan en aan. Maar Max swaai sy pen, steek, dryf terug, kap, man-alleen, ’n verwoestende vestingheld teen ’n horde nasionalistiese Orks.

Diep asem. Wag. Max is genoeg van ’n letterkundige om te weet dat ’n metafoor ’n toepassing moet hê. Die held met die reusepen, ja dit is ’n opwindende beeld, maar hoe lyk dit in die regte wêreld? Die pen is magtiger as die swaard. Die pen is ’n tikmasjien, ’n woordverwerker, ’n bladuitleg en gewaagde inhoud. Die pen is ’n koerant, onafhanklik, op die spits, kloekmoedig. Die pen is… die pen is Die Vrye Weekblad.

Ja, Die Vrye Weekblad met sy parmantige paalplakkate. “Ja-Nee!” in kommentaar op FW se referendum. Kyk net, kyk net hoe pittig, so vol dubbelsinnige pret maar ook so vol regverdige gebelgdheid, so ’n kort, hewige uitblaas van die asem, vol aangeplakte geduld en winkbroue wat lig in die rigting van die remskoene en hulle kortsigtigheid. En in opvolg – maak reg hiervoor, dit is regtig baie goed – in opvolg ʼn plakkaat wat sê: “Ag nou ja!” Sien, sien, sien. Dit sê alles. As daar dan nou ʼn referendum moet wees, diep sug, nou goed, stem dan maar “ja.”

Those were the days, my friend, we thought they’d never end…

Lees môre verder aan aflewering twee: Die bewaarder van die rewolusie

 

сканер автомобильныйФільчаков Олександр Васильович

NALN: Kruip gaan nie help nie

ImageDie stryd rondom die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) is besig om te verhewig en ’n hele aantal skrywers en letterkundiges het reeds standpunt vir die behoud van NALN ingeneem.

Kommerwekkend is egter die kruiperigheid van sommige deelnemers aan die debat, soos Riana Scheepers en Charles Malan. Scheepers het ’n brief aan die anti-Afrikaanse burokraat in die Vrystaat geskryf wat vir die hele debakel verantwoordelik is, waarin sy probeer voorgee hoe polities korrek sy is deur geletterdheidsklasse vir Kaapse agtergeblewenes in Afrikaans aan te bied. Nogal met NALN se bystand. Asof Kaapse agtergeblewenes resensies oor die Jungiaanse element in Etienne Leroux se boeke gaan waardeer.

Van die burokrate wat nou in die Vrystaat oor NALN die septer swaai, beskik glo oor ’n standeragtkwalifikasie en lees geen woord Afrikaans nie. Watter indruk maak dit op hulle om, nadat hulle aggressief teen NALN begin optree het, kruiperige briefies van iemand soos Riana Scheepers te ontvang?

Charles Malan, wat voorheen hoof van SENSAL aan die RGN was, poog insgelyks om homself as ’n groot liefhebber van Xhosa voor te doen teenoor die agbare minister van kultuur, Pallo Jordan. Malan haal uit sy ope brief aan Jordan aan waarin hy sê:

“Ek en jy het in 1989 by die Victoria-waterval ontmoet toe ’n groep Afrikaanse skrywers met die verbode ANC gaan beraadslaag het. Ek was beïndruk met jou intellek, kultuursensitiwiteit en veral gematigde politieke standpunte. Jy was verbaas dat ek nie slegs van jou pa, die gevierde skrywer en taalheld AC Jordan, geweet het nie, maar inderdaad al in verskeie literatuuroorsigte oor hom geskryf het. Daarin is veral verwys na sy grootse roman, Ingquambo Yeminyanya, vertaal as The Wrath of the Ancestors, die viering van ’n trotse Xhosatradisie.”

Aan sowel Charles Malan en Riana Scheepers wil ek vra: dink u werklik dat Pallo Jordan genoegsaam beïndruk gaan wees met u liefde vir Xhosa dat hy reg teenoor Afrikaans gaan laat geskied? Indien ons oorkom as ruggraatlose mense wat, hoe harder jy op ons trap, hoe meer gaan ons by ons oorheersers flikflooi, kan ’n mens mos voorspel dat die huidige proses van anti-Afrikaanse verwoesting met naamsveranderings, vernietiging van monumente soos op Standerton en nou bose planne met NALN net gaan voortduur, nie waar nie?

Sedert 1994 is dit asof die kruipers onder die Afrikaners, wat voorheen so sterk onder die ou Nasionale Party en Broederbond gefigureer het, soos erdwurms na ’n goeie bui reën uit die grond gekruip het en oral om ons krioel. Waar het kruip ons ná dertien jaar van ANC-oorheersing gebring? Noem my ’n enkele geval waar die ANC positief op vertoë deur die kruiperkoor gereageer het en ek eet my hoed op.

As Riana Scheepers en Charles Malan werklik glo dat kruip die antwoord is, hoef hulle net ’n afspraak met Marthinus van Schalkwyk te maak wat die goeie woord by sy base sal gaan doen. Maar ons almal weet dat Van Schalkwyk geen snars omgee vir Afrikaans, NALN of die lot van Afrikaners nie.

Die Afrikanervolk – en dit sluit sy skrywers en letterkundiges in – moet besef dat ons in ’n oorlewingstryd gewikkel is. Net duidelike standpunte en moedige optrede gaan ons nou red.

Ons hoef nie Xhosa of Sotho by NALN te bewaar om sodoende ’n soort newe-reg op voortbestaan af te koop nie. Ons betaal ten minste R100 miljard per jaar aan belastings aan hierdie ANC-staat. Ons het die inhoud van NALN geskep, versamel en bewaar. Volgens alle norme, ook dié van die internasionale reg, is dit ons reg om ’n museum soos NALN te hê en na goeddunke te bedryf sonder ’n ANC-burokraat met standerd agt wat haar daarby inmeng.

Iewers sien ek ’n CD van jong Afrikaanse sangers wat sê: Genoeg is genoeg! Ons gaan nie langer agteroor buig of kruip nie. Ons vra ook nie om verskoning dat ons bestaan of dat ons voorouers die Afrikaanse kultuur geskep het nie.

Volgehoue protes en nie-gewelddadige versetaksies is nou nodig. Ruggraatloosheid en kruip is eenvoudig nie meer ’n opsie nie.

play casinoОлександр Васильович Фільчаков

Die ABO as onderwerp van postmoderne geskiedskrywing

ImageImageMax de Preez het die gemoedere op LitNet en elders weer laat opvlam oor sy skrywe in Die Burger betreffende die Anglo-Boereoorlog. ’n Aantal meningsvormers het van hulself laat hoor en die debat is weer lewendig.

Wat presies gebeur het, is dikwels die bron van baie omstredenheid. Bronne word betwyfel, feite word weggesteek of verdraai of gewoon nie geglo nie, en diegene wat ’n mening oor hierdie onderwerp het, word dikwels afgemaak as reaksionêre wat gemoedere wil laat opvlam. In hierdie geval is figure soos Max de Preez en Loammi Wolf voorlopers om die omvang van die leed van die Boere-Holocaust te versag of te ontken.

‘n Akkurate weergawe van die feite is uitermate belangrik, maar in gevalle waar daar baie twyfel bestaan, moet ’n mens oppas om nie die geskiedenis te gebruik om die huidige heersende tydsgees te bevestig nie. Sodra dit gebeur, loop ’n mens die gevaar wat, soos Herbert Butterfield in The Whig Interpretation of History geskryf het, as ’n mens die algemene geskiedenis herrangskik met verwysing na die hede, ’n mens eintlik besig is om ’n groot optiese illusie te skep.

Oor die presiese feite van die Anglo-Boereoorlog kan ek geen kommentaar lewer nie, maar die rigting waarin hierdie debat stuur, is onheilspellend om ’n paar redes.

– Ons leef in ’n wêreld waarin kulture hul eie waarde vind en heg aan simbole. Die konsep van universalisme is vervang deur die konsep van multiversalisme. Hoe meer ’n politieke orde streef om universeel geldende waardes te ontwikkel, hoe meer stuit hierdie bewegings teen ander volke en kulture wat geen deelname hieraan wil hê nie. Om na Huntington se stelling te verwys: Universalisme gaan imperialisme vooraf. Die ABO het ’n ander betekenis vir Afrikaners as vir Engelse, en die debat oor ontkenning of versagting van die omvang van die leed van die ABO pas goed in die huidige tydsgees waar “Kill a Boer, Kill a Farmer” die leuse is van die ANC.

– Die wêreld waarin ons leef, het geen direkte behoefte aan abstrakte feite en opvattings nie maar wil feite en opvattings slegs aanhang en debatteer as dit ’n bepaalde funksie het. “Wat is”, is vervang met “wat is nuttig?”.

Hierdie kultuurmentaliteit is so reg uit die kraal van die postmoderne denkers, en vanweë die rol van hierdie denke in die interpretasie van die ABO, kan ons konkludeer dat die oorlog ’n onderwerp van postmoderne geskiedskrywing geword het. Die ABO word nie gedebatteer in ’n vakuum nie, maar in ’n klimaat waarin dit ’n bepaalde funksie dien, naamlik die lot van die Afrikaner.

Grootse historici het tot dusver geen bewys gevind dat die ABO ’n volksmoord was nie, maar as ’n mens die huidige tydsgees van massahisteriese menseregteverheerlikings sou plaas op wat destyds gebeur het, sou dit aan die Verenigde Nasies se kriteria van misdaad teen die mensdom voldoen het.  Die Statuut van Rome, onderteken in 1998, beskou enige van die volgende dade as misdade teen die mensdom.

A)      Moord

B)      Uitwissing

C)      Slawerny

D)      Deportasie

E)      In gevangenis aanhou wat bots met fundamentele internasionale regte

F)      Marteling

G)     Seksslawerny en gedwonge prostitusie

H)   Vervolging van enige identifiseerbare groep op grond van politieke, rasse-, nasionalistiese, etniese, kulturele, geloofsgronde wat in botsing is met algemeen geldende internasionale regte.

I)         Verdwyning van persone

J)       Apartheid (oftewel hulle interpretasie daarvan)

K)      Ander onmenslike dade wat opsetlik ernstige lyding of leed aan iemand se persoon of psige aanrig.

(Bron: Wikipedia)

Die vraag is egter: Hoekom moet die wandade wat tydens apartheid plaasgevind het hemelsbreed uitvergroot word terwyl die ellende wat die ABO veroorsaak het, ontken word? Wat motiveer Max Du Preez om die Britte te beskuldig van “nalatigheid en ongevoeligheid” oor die 28 000 (oftewel 10% van die Boerebevolking – sy statistieke) Boere wat direk as gevolg van hul aksies dood is, terwyl dieselfde Max so haatlik is teenoor die voormalige polisie se 900 swartes wat hulle gedood het (uit ‘n bevolking van ongeveer 25 tot 30 miljoen swartes in die periode 1965 – 1994, oftewel rofweg geskat so 0,0003% van die swart bevolking)?

As ’n bepaalde groep mense se plase en kerke afgebrand word, in kampe aangehou word en omkom as gevolg van ekstreme ontberings soos slegte voedsel, siektes, blootstelling aan die natuur en derglike, sou dit nie kwalifiseer as ’n stelselmatige vervolging van ’n bepaalde groep nie? Is die skole, hospitale, tuislande, poskantore, inentings, universiteite ensovoorts wat swartes van blankes ontvang het erger misdade as die ABO met sy kampe?

Baie arm blankes wat woon in wyke soos Jan Hofmeyer, Newclare, Pretoria-Wes en Vereeniging (waar Afrikaans nog die voertaal is), het in baie gevalle hul armoede nog direk te danke aan die gevolge van die ABO en die “Dutch speakers need not apply”-diskriminasiemaatreëls wat teen hulle en hul voorouers in die stede gegeld het. Ter wille van versoening, sowel destyds tussen Boer en Brit as nou met versoening tussen blank en swart moet hulle steeds die onderspit delf. Hulle moet met lyding, onsekerheid en verdere diskriminasie die prys betaal van die pyprokende, whiskey-drinkende elite se histrioniese politieke korrektheid. Waar figure soos Sir Carruthers Beattie, rektor van die Universiteit van Kaapstad in die dertigerjare die Afrikaners onder groot gejuig van sy Engelse kamerade as ’n geneties minderwaardige ras uitgekryt het, doen Marlene van Niekerk dieselfde met haar draakstekery oor arm Afrikaners in Triomf en Jeremy Mansfield beskryf hulle ewe lughartig as “wit skorriemorrie” op die radio.

Waar dit op neerkom is dat historiese feite aangepas moet word om die huidige politieke elite se mag verder te versterk. Die geskiedenis word verdraai om Afrikaners in ’n slegte lig te stel en enige ander geluide wat hierdie orde wil versteur, moet verketter word. Deurdat linkse Afrikaners soos Max en kie. self help om sy eie mense te vernietig en hul geskiedenis te ontken, word die ANC se standpunt net verder versterk.

In ’n eerdere skrywe aan Johan Pienaar het ek verwys na ’n paragraaf in Erik van Ree, ’n gesoute kenner van kommunisme, se boek Wereldrevolutie (2005). As gevolg van die huidige debat en koers waarin Suid-Afrika beweeg onder die ANC vind ek dit noodsaaklik om dit weer hier aan te haal.

“Eintlik het die Leniniste geen moraal nie. Hulle het nie geglo dat daar so iets soos goed en kwaad bestaan nie, maar slegs nut en skade vir die saak. Hul taktiek was hul moraal. Hulle was hul eie maat en alles was vir hulle toegestaan. Origens het die uitoefening van geweld die kommuniste geen vreugde gegee nie. Hulle het dit gesien as ’n kwessie van goeie verstand. Oor die fascistiese kultus van geweld het hulle hulself ewe vrolik gemaak as oor die Christelike pasifisme. Gandhi en Mussolini was vir hulle een en dieselfde. Die brutale Italianer het hulle ewe belaglik gemaak met sy lofsange oor geweld as die Indiese heilige met sy geweldloosheid. As die doel die middele heilig, is geen enkele middel heilig in sigself nie. Nóg geweld, nóg geweldloosheid het enige intrinsieke waarde, maar word slegs ingesit na gelang van die omstandighede en die vereistes van die beweging. Dit is moelik om te sê aan watter moraal, die fascistiese of die kommunistiese, ‘n mens, indien hy aan die keuse gestel word, die voorkeur sou moet gee.”

Mense vrees rampe en karaktermoorde om pynlike geskiedenisse bloot te lê of te ontken. Aangesien pre-1990 Moskou die de facto-sentrum geword het van waar Suid-Afrika se beleid bepaal word, kan ons miskien die volgende Russiese gesegde vir die politiek korrektes onder ons meedeel: Hy wat in die verlede leef is blind in een oog. Hy wat die verlede vergeet of ontken is blind in albei.

сауна для домаОлександр Фільчаков прокурор

Max du Preez, apologeet vir Britse oorlogsmisdadigers?

ImageImageMax du Preez is skynbaar besig om nou te vorder van ywerige propagandis vir die ANC tot apologeet vir die Britse Ryk. Hy beskou die grootskaalse verkragting van Boerevroue en -meisies tydens die Tweede Vryheidsoorlog as ’n “detail van die geskiedenis” soos een Franse politikus se gewraakte beskrywing van die Nazi-vergrype gelui het. Of soos Du Preez dit self stel, dit was bietjie "nalatig en ongevoelig" van die Britte om 27 000 vroue en veral kinders te laat doodgaan.

Toe ek twee jaar gelede verwys het na die seksuele wandade van die Britse weermag in 1900 wat in Andries Raath se twee boeke, Moederleed en Kampsmarte voorkom, is daar aanvanklik sensuur toegepas. Ek herinner my dat ek ’n brief daaroor aan LitNet gerig het wat dit nie wou publiseer nie. LitNet publiseer gereeld bydraes waarin Afrikaners beswadder of verguis word, maar die Britse Ryk en sy soldate is skynbaar kroonwild.

Mettertyd het ek egter wel daarin geslaag om iets oor die verkragtings gesê te kry, wat ’n artikel van ene dr. Loammi Wolf op dieselfde LitNet ontlok het waarin sy dr. Wilhelm Vallentin se boek, Hunnen in Süd-Afrika, verdag probeer maak het. Omdat Vallentin ’n Duitser was – en alle Duitsers is mos boos in die lig van die Nazi-episode – is sy getuienis verdag, was min of meer die strekking van haar argument.

Toe Max du Preez my weer twee weke gelede in Naspers se By, wat in Beeld, Die Burger en Volksblad as bylaag versprei word, tot leuenaar maak, het ek gepoog om repliek te lewer, maar weereens het die sensuurbyl geval. Max du Preez, Antjie Krog, Jonathan Jansen, Wilhelm Jordaan, Hein Willemse en die ander klomp Boerehaatspuite wat in Nasperskoerante skryf, het carte blanche om ons volk aan die skandpaal te bind en ons as Nazi’s, rassiste en volksmoordenaars uit te kryt. Want haatspraak teen die Afrikaner, selfs die vryheidsliedjie “kill a Boer, kill a farmer” soos ons wonderlike Menseregtekommissie al bevind het, is mos “vryheid van spraak”.

Maar wee die persoon wat dit waag om die Britse geskiedenis in dié land, asook die oorlogsmisdade wat Haar Majesteit se troepe op ons grondgebied gepleeg het, in herinnering te roep. Dan is daar sensuur en versigtigheid. Terwyl die Afrikaner elke dag oor die kop geknuppel word met “die verlede” wat in Suid-Afrika al ’n konnotasie soos “die hel” of die “strafkamp” verkry het, moet ons liewe Engelse landgenote se gevoelens tog nie seergemaak word nie, om van die spul Britte op hul nat eiland nie te praat nie.

Hoe meer ek oor ons onlangse geskiedenis lees, hoe meer kom ek onder die indruk dat die Engelse, sowel plaaslik as in die moederland, ’n reuse-aandeel gehad het in die Afrikaner se ondergang en die totstandkoming van cie huidige rassistiese, korrupte, gewelddadige en onregverdige bestel. Die minagting wat die Britte vir die Afrikaner koester, is steeds teenwoordig. Kyk maar net na die histerie wat enkele jare gelede in die Britse pers rondom die rugbyspeler Geo Cronjé losgebars het toe dié nie ’n hotelkamer met ’n gekleurde speler wou deel nie.

Ons weet natuurlik dat Britse mans graag hotelkamers met mekaar deel, veral ministers in hulle regering wat af en toe moet bedank as hul homofiele eskapades op die lappe kom. Moontlik is dit die onderliggende rede waarom die Engelse pers so histeries oor Geo Cronjé tekere gegaan het. Die Britse leier van die wêreldwye anti-apartheidsbeweging, Trevor Huddleston, was self ’n man wat van kindermolestering aangekla is.

Tydens die bosoorlog het Suid-Afrikaanse soldate dikwels lede van Swapo gevang en hulle agterna deur ’n proses van sielkundige behandeling teen hul vorige gevegsmag “gedraai”. Sulke oud-Swapo’s het blykbaar van die beste soldate in Koevoet en 32-bataljon geword.

Mense soos Max du Preez is blykbaar op ’n soortgelyke wyse gebreinspoel en teen die Afrikaner “gedraai”. Min Engelse in dié land het al ooit soveel anti-Afrikanerpropaganda kwytgeraak soos Max du Preez. Selfs nie eens ’n hedendaagse Brit sal die wandade van die Britse Ryk in dié land met soveel passie probeer verontskuldig soos “Mad Max” in vandag se By doen nie.

Wat hy doen, is verwerplik en is gelykstaande aan sogenaamde “holocaust-ontkenning” wat in die meeste Europese lande, veral natuurlik in Duitsland, ’n strafbare oortreding is. Die Afrikaner het nog nooit ’n misdaad teen die mensdom gepleeg nie, die Britte wel deur hul volksmoord op ons kinders en verkragting van ons vroue honderd jaar gelede.

Twee weke gelede het Max du Preez die volgende in die By beweer: “Nie in een van die ooggetuieverslae of boeke deur oorlewendes van die kampe word verkragtings eers genoem nie.” Met ander woorde, daar was geen verkragtings deur die Britse troepe nie. Vandag skryf hy in die einste By: “Daar is geen twyfel nie dat daar wel Boerevroue en -meisies was wat deur die Britse soldate verkrag is.”

Duidelik stem die man se môre- en aandpraatjies nie ooreen nie. Of moontlik erken hy dat daar verkragtings plaasgevind het, maar net min en in elk geval was sulke dade na sy mening nie ernstig nie.

Max du Preez is ’n joernalistieke hoer sonder enige beginsels. Die vraag oor wie sy koerant, Die Vrye Weekblad, destyds gefinansier het, is nog nooit beantwoord nie. Daar was egter net een buitelandse organisasie wat in die tagtigerjare groot bedrae geld rondgestrooi het om die ou regering te ondermyn, en dit was die International Defence and Aid Fund waarvan Trevor Huddleston ’n trustee was.

Groot bedrae Sweedse en ander Skandinawiese geld is via ’n geldwassery-onderneming wat vanuit die Sint Pauluskatedraal in Londen deur ’n priester en kanon, John Collins, bedryf is, aan elke Jan Rap en sy maat in Suid-Afrika oorbetaal. Solank as wat ’n individu of ’n organisasie bereid was om geweld teen die vorige bewind te pleeg of aan die propaganda-oorlog deel te neem, is hy of sy rojaal vanuit Londen befonds.

Is Max du Preez en Die Vrye Weekblad ook destyds vanuit Londen via IDAF befonds? Op ’n manier werk “Mad Max” dus waarskynlik reeds dekades lank vir die Engelse as ’n soort joernalistieke askari en propagandis om sy eie mense se skuldgevoel te vererger en hulle te demoraliseer.

Voordat hy ’n marionet van die pedofiel-priester Trevor Huddleston geword het wat vanuit Londen honderd miljoen pond in Suid-Afrika rondgestrooi het, was Max ’n vurige ondersteuner van die NP en apartheid, soos Chris Louw al voorheen geskryf het. Dat die politieke prostituut wat Max sy lewe lank nog is, hom nou onthul as apologeet vir Britse verkragters en oorlogsmisdadigers, kan niemand verbaas nie.

силиконовые прорезыватели для зубов купитьtopcargo развод

Europa se demografiese ramp

ImageOp 22 April 2007, stem 85% van Frankryk se kiesers in die eerste rondte van die presidentsverkiesing om ’n opvolger vir Jacques Chirac aan te wys.  Frankryk, eens ’n dinamiese staat met vindingryke burgers wat eeue lank ’n sentrale rol in Europa gespeel het, is vandag ’n lustelose en onsekere land.  Die ekonomie doen swak; onluste in 2005 het Franse burgers ontsenu en die land se internasionale beeld baie skade aangedoen.  Met die telling van die stemme op 22 April, wen die regse kandidaat Nicholas Sarkozy die eerste rondte met ongeveer 30% van die stemtotaal.  Die sosialistiese kandidaat, die aantreklike Ségolène Royal, eindig tweede met 26% van die stemme.  Weens die verdeling van die stemme onder die ander kandidate, is die resultaat in die tweede en finale ronde geen uitgemaakte saak nie, en òf Sarkozy, òf Royal kan seëvier.

Met die verkiesing en uitslag merk politieke ontleders in die Weste op dat die Franse nou uiteindelik besef dat ’n nuwe rigting nodig is om die land uit sy stagnasie te red.  Frankryk, wat ’n kernmoondheid is en ’n vaste verteenwoordiger in die veiligheidsraad van die Verenigde Nasies, was na die Tweede Wêreldoorlog die sentrale moondheid in Wes-Europa. Terwyl die Verenigde Koninkryk se ekonomie deur stakings en sosialistiese beleide ontwrig is, en Italië la dolce vita verkies het, en Duitsland sy oorlogswonde gelek en selfvertroue ingeboet het, het Frankryk sy mag wêreldwyd geprojekteer, ’n kernmoontheid geword, en kultureel Frans uitgevoer via la Francophonie.

Maar eindelik was die na-oorlogse wêreld net ’n voortsetting van die status quo.  Europese moonthede het kollektief en individueel die wêreld oorheers, en sedert 1652 is Afrikaners gewoond daaraan om in ’n Europees gesentreerde wêreld te leef.  Dié feit was selfs waar in die onmiddellike jare na beide wêreldoorloë wat Europa op ’n kontinentale vlak verniel het.  Die vyf groot Europese moondhede (Frankryk, Italië, Duitsland, Spanje en Engeland) het telkens weer herstel om hul posisies as internasionale ekonomiese en kulturele reuse in te neem. Saam met die eertydse Engelse kolonies (die VSA, Kanada en Australië) oorheers Europa die wêreld steeds aan die begin van die 21ste eeu, en bly dit moeilik om ’n wêreld voor te stel waar Europese magte nie die leiersrolle speel nie.

Tog is dit presies wat nou mag gebeur. Verskeie politieke ontleders is vandag baie meer skepties oor die onmiddellike toekoms van sowel die Europese ekonomie as Europa se politieke toekoms.  Dié skeptiese houding word goed opgesom deur Mark Steyn in die voorwoord van sy boek America Alone, waar hy die volgende skryf:

“Let me put this in a slightly bigger nutshell: much of what we loosely call the Western world will not survive the twenty-first century, and much of it will effectively disappear within our lifetimes, including many if not most European countries.  There’ll probably still be a geographical area on the map marked as Italy or the Netherlands – probably – just as in Istanbul there’s still a building known as Hagia Sophia, or St. Sophia’s Cathedral.  But it’s not a cathedral; it’s merely a designation for a piece of real estate.  Likewise, Italy and the Netherlands will merely be designations for real estate.”

Afrikaners is baie vertroud met die idees wat Steyn hier verkondig. In die besonder bestaan die Suid-Afrika, en die Suidwes-Afrika, en die Rhodesië, en die Mosambiek, wat ons eens geken het, nie meer nie.  Ja, daar is steeds plekke op die kaart wat Victoria Falls heet, of Tsumeb, of Upington of Durban.  Maar die plekke het wesentlik verander.  Vandag is die stadsrade nie meer Afrikaans of Engels nie, word hulle regeer vanuit provinsies en vanuit sentrale regerings wat objektief vyandig staan teenoor die wit burgers wat die plekke gestig het, en is die kulturele Zeitgeist heeltemal vreemd teenoor kultuurgroepe wat so onlangs as 20 jaar gelede aan dié plekke as ’n tuiste gedink het. 

Die konvensionele aanname oor Europese geskiedenis is dat Griekse, Romeinse en Midde-Oosterse beskawings die toestande geskep het wat Europa op ’n merkwerdige reis tot by wêreldoorheersing sou neem.  Die Christendom, Griekse filosofie en politieke sisteme, wetenskap, die Romeinse idee van kolonisering, het tydens die Renaissance gekombineer om Europese moondhede te skep met enorme politieke, sosiale en militêre mag.  In kompetisie met mekaar, het die moondhede oorlog teen mekaar gevoer, alliansies gevorm, en uitgebrei om die wêreld te “ontdek”, te oorheers, te koloniseer, en het hulle op ’n sending vertrek om die Christendom en hulle tale te versprei.

Die vlak van wetenskaplike en tegniese oorheersing van Europese bevolkings sedert die Renaissance is steeds verbysterend, selfs vandag.  In die lys van die beste wiskundiges in die geskiedenis is byna almal Europees, met die uitsluiting van Chandrasekhar, wie se kort lewe sy bydraes kortgeknip het.  Euler, Gauss and Newton, waarskynlik die mees invloedryke wiskundiges sedert Archimedes, en omtrent al die ander merkwaardige wiskundige talent, is Europees, tot vandag toe.  Filosofie word steeds deur “dooie Europese mans” oorheers, ’n feit wat Westerse feministe erg ontstel. Kant, Nietzsche, of Hegel, en selfs Marx, onder andere, tel as dominante figure wat saam met die religieuse invloede van die Midde-Ooste, die Westerse kultuur geskep het.  In die beeldende kuns is die Europese erfenis sonder gelyke, ten spyte van wat mens soms hoor.  Die kunsskatte van Griekeland, Italië, Frankryk, Engeland, Duitsland en selfs Rusland vorm ’n gesamentlike erfenis sonder enige gelyke op aarde.

Moderne ekonomiese stelsels is alles die resultaat van Europese wysgere en ekonome, van Marx tot by Adam Smith. Die vryemarkstelsel, sosialisme, kommunisme, en al die ander moderne sosiale, politieke en ekonomiese sisteme is Europees, wat in Europa deur dooie wit mans uitgedink en getoets is. Selfs die begrip “nasiestaat”, en die idee dat so ’n staat lojaliteit van sy burgers verwag, is ’n Europese uitvinding.  Europeërs het die idee van militêre verowering en kolonisering vervolmaak, en figure soos Alexander die Grote, Napoleon en Admiraal Nelson word steeds onthou as van die beste militêre leiers wat die mensdom opgelewer het.

Oor die laaste 700 jaar het Europese magte uitgevaar om die wêreld te verower, om die Christendom te versprei, kolonies te vorm, en om die bevolkings van die ander kontinente te oorheers.  Die Britte het die grootste en mees komplekse Empaaier gebou wat die wêreld ooit gesien het.  Die Spanjaarde het anargie en uitsterwing na Suid- en Sentraal-Amerika geneem en domineer die kontinente vandag linguïsties en kultureel. Engelse en Franse setlaars in Noord-Amerika en Australië het hele bevolkings inboorlinge verdring en Europese kolonies gevorm wat die wêreld vandag steeds oorheers.

As die bostaande paragrawe te “Eurosentries” klink, dan is dit omdat die wêreld so oorweldigend en vir so lank ’n Europees oorheersde plek was.  Westerlinge, en veral Europëers, het die wêreld vir bykans 500 jaar absoluut gedomineer, met bitter min teëstand uit ander dele van die wêreld.  Selfs in die 20ste eeu, deur twee wêreldoorloë, het Europa en haar oorsese kolonies die sentrum van die wêreld gevorm, met die res van die mensdom as toeskouers onder die beste omstandighede, en as slagoffers van Europese inmenging en oorloë andersins.

Dié tydperk het nou blykbaar ten einde geloop. Etniese Europeërs, wat 30% van die wêreldbevolking aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog was, is demografies en kultureel uitgeput.  In die 50 jaar na die oorlog het die 30% tot 20% gekrimp, en vir die eerste keer het Europese weermagte begin om oorloë te verloor.  In die Koreaanse oorlog het die Westerse Alliansie grootliks misluk en die Verenigde State het haar oorlog in Viëtnam verloor. Tans lyk dit asof die oorlog in Irak ook verloor gaan word.  Israel, ’n staat wat deur ’n Westerse mandaat gevorm is en ondersteun word, is sedert 1970 in ’n skaakmatposisie met haar vyande.  Haar onvermoë om haar vyande te domineer en te verslaan raak nou ooglopend.

Sentraal in die pessimistiese vooruitskouing vir Europa staan demografie. Die toekoms behoort aan diegene wat daar opdaag, en bitter min Europeërs gaan dit regkry.  Hier is ’n paar harde feite. Die vrugbaarheidsverhouding in ’n bevolking is die gemiddelde aantal kinders per vrou.  Om ’n stabiele bevolking te handhaaf, moet elke vrou ’n gemiddelde 2,1 kinders baar.  Dus, die vrugbaarheidsverhouding in a stabiele bevolking is 2,1 kinders per vrou. In demografies robuuste bevolkings baar vroue meer as 2,1 kinders:  in Niger is dit byvoorbeeld 7,46, in Mali 7,42, in Jemen 6,58.  In Rusland is dit 1,14, en as die verhoudings nie verander nie, gaan Jemen ’n groter bevolking as Rusland teen 2050 besit.  Die groot getalle Jemeniete gaan emigreer, en hulle kultuur en godsdiens uitvoer.  Waarheen? Na lande wat demografies swak presteer, meestal in Europa.

Europese demografiese feite lees soos die handleiding vir ’n bevolkingselfmoord.  In Italië is die vrugbaarheidsverhouding 1,23.  Hoe laag is dit?  Hier is een verduideliking.  Teen 2050 word geprojekteer dat 60% van Italianers geen broers of susters gaan hê nie, en geen ooms of tannies of selfs neefs of niggies nie.  Met ander woorde, die groot spreekwoordelike Katolieke Italiaanse familie met ooms en tannies, neefs en broers en susters en niggies, is iets van die verlede, en hulle plekke gaan ingeneem word deur die Jemeniete, wat gaan migreer om die Italiaanse ekonomie as werkers en verbruikers te red.  Ander Europese lande lyk nie beter nie.  In Duitsland is die vrugbaarheidsverhouding 1,35, in Frankryk is dit 1,89.  Interessant genoeg, die Franse verhouding is bedrieglik.  Dink daaraan dat Frankryk ook die Europese land met die grootste Moslembevolking is.

Daar is dus meer en meer tekens dat die Westerse oomblik besig is om te eindig.  Demografiese ondergang in Europa, en die afname van die Christendom as die sentrale Europese godsdiens, blyk simptome te wees van ’n beskawingsonsekerheid en is ’n indikasie dat Europa verdwaald is.  Moslem-immigrante in Europa is die snel groeiendste bevolkingsgroep en die eksponensiële wette onderliggend aan demografie veronderstel dat verskeie Europese lande oorwegend Moslembevolkings voor die einde van die 21ste eeu gaan verkry.

ImageOnder dié lande tel Frankryk en Spanje, waar ’n heroorname deur Moslems die einde van ’n Christelike tydperk inlui.  Meer as 1300 jaar gelede het dit ook gelyk asof Europa se toekoms onverbiddelik Mohammedaans gaan wees.  Maar in die jaar 732 vind die belangrikste veldslag in die Europese geskiedenis plaas.  Die Slag van Tours, waar Karl Martel die Moslem Oemajaad se opmars gestuit het.  Die veldslag was die keerpunt in die Moslem-uitbreiding in Europa, en die More is uiteindelik in 739 uit Spanje verdryf.

Die Christendom was dus die vername religie in Europa, gesetel in Rome, vir meer as ’n duisend jaar.  Maar die demografiese omwenteling in Frankryk en Europa, asook die verval van die Kerk, maak voorspellings dat die Christendom voor 2100 uit Europa gaan verdwyn baie waarskynlik – met dramatiese gevolge vir Europa se inwoners.  Dit alles word nou openlik deur Europese kommentators erken, inkluis Melanie Philips in “Londonistan”, Bat Ye’or in “Eurabia”, en nog baie ander.  Mark Steyn en Bruce Bauer skryf ook beide breedvoering oor die toekoms van die baie liberale sosiale omstandighede in Nederland en in Wes-Europa, binne ’n omgewing waar die getalle streng godsdienstige Moslems demografies vinnig toeneem.

Dit is in dié opsig dat die huidige Franse verkiesing beoordeel moet word.  Kulturele en politieke realiteite maak dit onmoontlik vir die kandidate om die implikasies van Europa se demografiese projeksies eerlik te bespreek.  Nóg Sarkozy, nóg Royal, kan eerlik met Franse praat oor die volgende 50 jaar sonder om as doemprofete geteiken te word.  Daarom sal die Franse voortgaan en ’n leier kies wat die onmiddellike probleme in Frankryk sal probeer oplos. Miskien sal immigrante strenger gekeur word of sal met opheffingsprojekte in Frankryk se Moslem-voorstede gepoog word om die mense beter te integreer.  Maar oor die langer termyn beskou, is dit te min te laat.  Frankryk se demografiese werklikhede bewys dat Frankryk se Christelike bevolking se opvolgers reeds in posisie is.  Hulle is nie Christene nie, en kultureel verskil hulle hemelsbreed van dit wat ons verstaan as ons aan ’n Fransman dink met sy beret en ’n baguette onder sy arm.

Die ondergang van Europa as die sentrum van die Christendom, asook die demografiese swakheid in die Weste, roep natuurlik ’n reeks interessante en kwellende vrae op.  Vir Europese tale en bevolkingsgroepe in die res van die wêreld gaan Europa se ondergang waarskynlik traumaties wees.  Normale aannames oor veiligheid, ekonomiese en kulturele sekerheid gaan baie anders lyk in ’n wêreld waar die magsentra en demografiese sentra in die Verre Ooste en Midde-Ooste gesetel is, met die VSA en Australië wesentlik geïsoleerd, onder druk en waarskynlik defensief ingestel.  Afrikaners in Suid Afrika moet waarskynlik nou al begin dink hoe om in dié veranderde wêreld te oorleef.  In ’n sekere sin is Afrikaners Eurpoeërs reeds vooruit – die oorname en veranderde omstandighede het reeds in die periode tussen 1960 en 2000 plaasgevind.

Aanpassing en ’n defensiewe houding (dit is soms gepas om laer te trek) lyk in die toekoms onvermydelik.

для автомобильногоОлександр Фільчаков прокурор

Gevra: ‘n Afrikanerbevrydingsbeweging

Image

Kragtige simbole is nodig

Suksesvolle rewolusies word gewoonlik gevoer deur ’n voorhoedeparty wat die onderdrukte bevolking verteenwoordig en daarna streef om so ’n bevolking se ideale te verwesenlik. Terwyl nie alle rewolusies deur die geskiedenis so verwesenlik is nie, is dit vir seker die mees doeltreffende manier om ’n doelgerigte rewolusionêre uitkoms te bereik. Die kommunistiese wêreld het hierdie beginsel met groot welslae toegepas. Die kommuniste het ook die sielkunde van massamobilisering goed begryp en met dieselfde mate van sukses benut. Hoewel ons ideologies in opposisie teen die kommunistiese ideaal verkeer, moet ons kommunistiese metodes waar nodig gebruik en nie as’t ware probeer om die wiel te herontwerp nie.

In die onlangse nasionalistiese rewolusies in voormalige kommunistiese (-gesinde) state (Oekraïne, Joego-Slawië, Georgië, ens.) is populistiese rewolusionêre beginsels met groot sukses teen daardie bewinde aangewend. Hierdie ervaring is in diepte bestudeer en gedokumenteer, in so ’n mate dat gebruikersvriendelike leesstof geredelik beskikbaar is om kitsrewolusionêre enige plek ter wêreld gou op te lei en te mobiliseer.

Vir ons as Afrikaners is daar nou ’n volledige databank van bronne beskikbaar om vinnig ’n volksbeweging tot stand te bring. Wat ons egter sal moet aanvaar, is dat die tradisionele wyses waarop ons ons mense sou mobiliseer (die klassieke partymodel, wat tradisionele denkwyses vereis) nie gaan slaag nie. Ons sal vinnig ’n breë beweging op die been moet kry. Die aanslag moet populêr wees. Terwyl intellektuele struktuur van deurslaggewende belang is, moet dit nie die algemene beeld van die organisasie wees nie. Inteendeel, dit moet eerder ’n tipe popkultuurbeeld hê. Die aanwending van sterk, populêre simbole is byvoorbeeld net so belangrik soos die goed  beredeneerde ideologie wat dit ondersteun. Simbole wissel natuurlik van die grafiese, tot musikale en verskeie ander. Die Otpor!- (Weerstand!-)beweging in Joego-Slawië en die Oekraïne het hierdie beginsels suksesvol uitgebuit.  Hier te lande het Solidariteit die lig gesien deur sy naam van MWU na ’n meer populistiese en algemeen betekenisvolle naam te verander. Ongelukkig het Solidariteit nog nooit die moed gehad om ten volle te kapitaliseer op die aantreklikheid van sy nuwe identiteit en die regime werklik die stryd aan te se nie.

’n Daadwerklike Afrikanerbevrydingsbeweging sal die moed aan die dag moet lê om wel hierdie (nie-gewelddadige) stryd te betree. Dit moet geensins skroom om die regime te verneder nie en moet bereid wees om dit op alle gebiede uit te daag deur ’n verskeidenheid populêre aksies, waarvan voorbeelde reeds so goed geboekstaaf is. Deur intellektuele krag te versoen met populêre beelde en simbole sal dit die Afrikaner vinnig aantrek en wêreldwyd die aandag op sigself vestig. Van kardinale belang, sal wees om alle Afrikanerorganisasies wat tans ideologies belyn is onder een identiteit te verenig. Dit sal daartoe lei dat genoegsame kapasiteit bestaan om ’n verskeidenheid aksies te loods. So ’n identiteit sal ’n sterk en verenigde beeld moet hê eerder as losse alliansies. Blote alliansies skep nie genoegsame struktuur en geloofwaardigheid om ’n verskuiwing in die magsbalans ten gunste van die Afrikaner (wat hou van struktuur) te bereik nie.

Ook die naam sal ’n kragtig verstaanbare en populêre aanspraak moet hê. Solidariteit het die Poolse Solidarnosc-vakbondbeweging nageaap in die skepping van sy nuwe identiteit. Solidariteit het egter nie dieselfde tipe ruggraat en morele krag as wat die Poolse vakbond, in sy stryd teen die kommuniste gehad het nie. Wat die naam (soos in die geval van Otpor!) bewys het, is dat bekenis sentraal staan, maar ook dat uitspraak, spesifiek kort lettergrepe, kragtig moet wees. Otpor! het verder gegaan deur ’n uitroep by te voeg. Lg. dui op dringendheid, aggressie (nie te skroom vir konfrontasie nie), selfversekerdheid en verteenwoordig sowel ’n aanspraak op die onderdrukte bevolking as wat dit ’n aanslag op die regime is. Terwyl dit vertroue en belangstelling by die onderdrukte publiek skep, kan die regime sien dat dit deur ’n vasberade opponent uitgedaag word.

Otpor! het ook bewys watter sukses behaal kan word deur die opponent se histories suksesvolle simbole direk oor te neem en te omvorm in die beweging se eie kleure, begrippe, ens. So het Otpor! die kommunistiese vuis binne die nasionalistiese bevrydingsideologie geherinterpreteer en toegepas. Dit het was onmiddellik en wyd byval gevind. Die kommunisties gesinde regime is geïrriteer, tot op die punt waar hulle toenemend foute begin maak het, omdat die bevrydingsbeweging so ligsinnig en uitdagend met die regime se heilige koeie omgegaan het. Ook het dit dadelik tot die massa en veral die jeug gespreek, wat gehou het van die sarkastiese rebelsheid daarvan. Onlangs het PRAAG ook daarmee geëksperimenteer om die kommunistiese ‘vryheidsvuis’ in oranje-blanje-blou te “nasionaliseer” binne die organisasie se Genoeg!-veldtog. Die publieke terugvoer wat tot dusver daaroor ontvang is, is oorweldigend positief. Kapasiteitsprobleme lê egter die implementering van die veldtog aan bande. Gesprekke is tans aan die gang met belanghebbendes en kundiges om die konsep op groot skaal suksesvol uit te rol.

Mobiliseringstegnieke hou ook sterk verband met die tydperk waarin die veldtog plaasvind. Waar openbare vergaderings nog slegs twintig jaar gelede een van die mees populêre maniere was vir ’n politieke beweging om met ondersteuners te kommunikeer, is daar vandag sms’e, webtuistes, eposse, potgooie (podcasts), ens. Amper elke jaar neem elektroniese kommunikasietegnologie kwantumspronge vooruit en skep daarmee nuwe moonlikhede vir kommunikasie en mobilisasie. Met die koms van digitale televisie sal dit moontlik raak vir ’n bevrydingsbeweging om enige plek ter wêreld programme via die internet na sy ondersteuners uit te saai. Geen lisensies of regulasies sal dit kan keer nie.  Die onlangse Oos-Europese nasionalistiese rewolusies het ook die werklikheid van kommunikasietegnologie goed besef en suksesvol aangewend.

Ook simbole is tydsgebonde. So was die kruithoring na die Tweede Vryheidsoorlog ’n  betekenisvolle mobiliserende simbool. Vandag egter , hou dit vir die Afrikanerpubliek amper geen betekenis nie. Die  rewolusionêre “bevrydingsvuis”(waarna vroëer verwys is) daarenteen is oor die jare deur Hollywood en die res van die populêre media as simbool van opstand gewild gemaak en verromantiseer. Terwyl die jeug van vandag grotendeels nie die oorsprong daarvan ken nie, spreek die vertoon daarvan onmiddellik tot hulle en met emosie. So is dit dan niks vreemds om bv. Bok van Blerk te sien vuis in die lug gooi terwyl hy “De la Rey” sing nie.

Terwyl ’n Afrikanerbevrydingsbeweging waarderend moet kyk na historiese simbole en tegnieke, moet dit veral entoesiasites omgaan met eietydse populêre maniere om mense te mobiliseer.

Om ’n verskuiwing in die magsbalans te verkry, gaan primêr om openbare persepsie. Indien die publiek waarneem dat die magsbalans verskuif het vanaf onderdrukker na onderdrukte, dan het dit in werklikheid gebeur. So ’n verskuiwing kan alleen deur ’n doelgerigte en radikaal gemotiveerde beweging bereik word. Bevryding is nie ’n saak vir ’n demokratiese organisasie/forum nie. Om lg. rede sal die ontwikkelende Afrikanerraad nooit meer as ’n “geselsforum” wees nie. Effektiewe mobilisering sal slegs deur ’n ideologies gemotiveerde, populêre Afrikaner-entiteit behaal word. Met die verwesenliking van so ’n beweging raak die behoefte vir ’n “Afrikanerleier” van minder belang. Die organisasie, sy simbole en aksies is die mobiliserende faktor en nie een of ander De la Rey–tipe figuur nie. Met sterk simbole en naam (argumentsonthalwe: Vryheid!), ’n ideologies geïnspireerde bestuur, doeltreffende openbare optrede en kommunikasie, sowel as die bereidwilligheid om ’n breë aantal ideolgies belynde entiteite saam te snoer, kan ’n populêre Afrikanerbeweging vir die ANK-regime  daadwerklik opdraand verskaf.

As Afrikaners hang ons vryheid nie van ons getalle af nie, daarvoor is ons te min. Ons vryheid hang af van die mate waartoe ons bereid is om uit ander se ervaringe te leer, ons gesonde verstand te gebruik en populêre en beproefde konsepte by ons eie omgewing aan te pas en strategies te implementeer.

человек паукеtopcargo развод

‘n Afrikaner in Engeland

Image"Where you from, miss?"

"I’m from South Africa"

Sy gesig helder op.

"John here is from South Africa too, innit!" 

John laat sy kop moedeloos in sy hande sak, want hy is in Ghana gebore, waar sy ouers ‘n paar jaar gewoon het.  Maar vir my studente is daar net een Afrika, en ek en John kom daarvandaan.

Ek is ‘n musiekjuffrou en gee reeds drie jaar lank in die suide van Engeland onderwys.  As buitelander word mens vinnig gedwing om jouself volgens jou land van herkoms en velkleur te klassifiseer of tipeer.  Op al die duisende aansoekvorms vir werk, council tax, en by die Suid-Afrikaanse tandarts moet ek spesifieke inligting aangaande my herkoms verskaf, byvoorbeeld:  Is ek

A.  Blank             – Engels

                        – Skots

                        – Wallies

                        – Iers

                        – Enige ander blanke agtergrond, of

B.  Swart (nie "nie-blank" of "coloured" nie, swart!), of

C.  Asies, of

D. Sjinees, of

E. Gemengde ras of, helaas, 

F.  Gypsy. 

Ek maak ‘n netjiese merkie by "enige ander blanke agtergrond" en vul "South African" by die oop blokkie in – met gemenge gevoelens, want ek is ‘n Afrikaner, maar meeste Engelse sal dit nie verstaan nie, veral nie die burokrate wat my vorms moet verwerk nie.  Ek het in meeste van die klasse die vraag in my studente se oë gesien, maar hulle is reeds so polities korrek dat niemand durf vra "How come you’re white if you’re from Africa?" nie.

Die inwoners in suid- en suid-westelike Engeland is oor die algemeen beter ingelig en begryp dat Suid-Afrika ‘n ander geskiedenis as meeste ander Afrikastate het.  Mense wat al voorheen met Suid-Afrikaners in kontak was, vra my dikwels uit oor my Engelse aksent wat, volgens hulle, nie soos die Engels uit dié geweste klink nie.  Dan verduidelik ek geduldig dat ek ‘n Afrikaner is, of ‘n boer (uitgespreek "boor" – pun intended!) en dat Afrikaans my moedertaal is.  Soms speel ek duiwels-advokaat en verduidelik verder dat Apartheid deur my mense georkestreer is. Die arme, verbouereerde, Engelsman/vrou se reaksie wissel gewoonlik van ongeloof tot ‘n verleë laggie, en hulle is teen daardie tyd jammer dat hulle gevra het! 

My jong studente is meer spontaan – waarskynlik omdat hulle nie weet of omgee wat Apartheid is nie – en vra gewoonlik dat ek iets, verkieslik ‘n vloekwoord, in Afrikaans moet sê.  ‘n Beleefde "Goeiedag, hoe gaan dit?" word met groot entoesiasme nageboots en ek maak dan asof “dankie” ‘n vloekwoord is.  ‘n Paar kwajongens het summier die ander Suid-Afrikaanse onderwyser in die skool bestorm met verskeie “dankies”, tot sy verbasing.  My hoof was veral trots om my aan vreemdelinge voor te stel met "Our music teacher is from South Africa, she speaks Afrikaan."  Ek het nooit die moed gehad om hom te korrigeer nie, want hy het ten minste probeer!

Afrikaners in Engeland bevind hulle in die tipiese situasie van vreemdelinge.  Soos meeste buitelanders vergader hulle in groepe en woonbuurtes, en Saterdagaande word daar soveel Afrikaans op straat gepraat in Canada Water, Londen, dat jy jou verbeel jy is terug op Tukkies se kampus.  ‘n Opgewonde nuwe aankomeling in Londen het my onlangs, baie in sy noppies, vertel van die plek waar mens – in die einste Canada Water – kan gaan (alkoholvry) sokkie.  Wow!  Hy doen al die moeite om na Engeland te kom, waar hy nuwe dinge kan ervaar, maar verkies om moeiteloos terug in sy gemaklike kulturele dop te kruip.  In Putney is die Zoeloe Bar waar Afrikaanse vermaaklikheidsterre met groot sukses kom optree, en waar die dak gelig word tydens die rugby of krieket se eb en vloed.  Die Chakalaka-restourant word deur ‘n Afrikaanssprekende besit en beheer, en die berugte Springbok bar, in Covent Garden, is onlangs na The Bok Bar herdoop.  Die feit dat hierdie plekke hoofsaaklik deur Afrikaanssprekendes ondersteun word, maak die keuse van name en dekor (etniese motiewe) moeilik om te verstaan.  Is die Zoeloe-kroeg en Xhosa-dekor hier in Engeland ‘n aanduiding van ons Afrikanerherkoms?  Of is almal in Afrika dalk tóg van dieselfde plek, soos my studente duidelik dink? 

‘n Ander groep buitelanders, Somalies-Nederlandse vlugtelinge wat in Engeland woon, het by die skool onder my aandag gekom.  Die wedersydse kommunikasie in Afrikaans en Nederlands het ‘n eiesoortige band en begrip tussen ons geskep.  Op ‘n stadium het die einste “band en begrip” my amper in die moeilikheid laat beland toe ek ‘n vloekende meisie, in ‘n oomblik van ergernis, uitskel:  "Jou klein k*k!".  Haar oë het gerek.  "She called me a little sh*t!  Ik verstaat jouw, ik kom van Nederland!"  Ander kere het ons in die klas groot pret gehad deur in Afrikaans en Nederlands te praat, tot frustrasie van die ander kinders.  Tydens ‘n oueraand kon ek ‘n Somaliese ma in Afrikaans vertel hoe stout haar kinders is, en sy kon op haar beurt in Nederlands vir my vertel van hul moeilike omstandighede. 

Soms wonder ek oor die Engelssprekende Suid-Afrikaners se identiteit – waar hulle nou eintlik regtig tuis voel: as Suid-Afrikaners of as Engelse?  Ek het ten minste ‘n unieke taal om mee te identifiseer – met ‘n eiesoortige kultuur en geskiedenis as basis om die vreemde mee in te vaar.  Ons kom almal goed hier oor die weg, maar ek wonder of hulle nie soms besonder verlore voel nie.  Hoewel ek nou nie eintlik belangstel om op ‘n Saterdagaand te gaan sokkie nie, of op eerstenaamterme met die kroegknapie agter die Zoeloe Bar te wees nie nie, weet ek, ek is ‘n Afrikaner.  ‘n Aanpassing van Sting se liedjie:

"Oh-ho, ek’s ‘n vreemdeling, ‘n totale vreemdeling,

Ek’s ‘n Afrikaner in Lon-den!"

люстрыФильчаков прокурор харьков

Etnisiteit, ras en mag

ImageDis seker ’n gemeenplaas om te sê dat die bepalende faktor in die Suid-Afrikaanse politiek etnisiteit en veral ras is. Die ANC het die begrip “reënboognasie” gemunt, juis om sy naakte rassepolitiek te verdoesel en daarom het dit geen inhoud nie.

Histories het byna alle politieke konflik, mededinging en spanning in die land na gelang van etniese en taalverdelings verloop. Die belangrikste hiervan was natuurlik die Boer-Britstryd. Hoewel buitelandse ontleders die apartheidsproblematiek in rasseterme ontleed het, het ras eintlik eers ná 1994 met die ANC-oorname ’n sterk faktor geword.

Terwyl die ANC hom dikwels beroep op die stelling in sy Vryheidsmanifes, “Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon”, bedoel hy dit nie ernstig nie. Mbeki het al by meer as een geleentheid gesê dat blankes nie as Afrikane en as inheems beskou word nie en daarom net deur die rassemeerderheid verdra word as “setlaars wat (nog) nie vertrek het nie” – om sy beroemde dictum te herhaal.

Enersyds verkeer die ANC-bewind en ’n groot deel van die swart elite, wat ironies genoeg deur apartheid se goeie onderwysstelsels geskep is, onder invloed van die wêreldwye swart nasionalisme wat in die twintigste eeu na vore gekom het. Andersyds word die regime gedwing om weens sy interne etniese verdeeldheid tussen Xhosa, Zoeloe, Tswana, Sotho en die res, naarstig na ’n gemene deler te soek om hierdie mengelmoes van identiteite aanmekaar te hou.

Veral ná 1989 en die ineenstorting van die Berlynse muur, het die groot ideologiese “metaverhale” soos veral kommunisme, hul aantrekkingskrag verloor. In Suid-Afrika was die appèl van kommunisme en ’n werkerskultuur nog nooit sterk nie, behalwe onder Engelse intellektuele wat per defnisie nie self werkers is nie. Hierdie afwesigheid van ideologie dra verder by tot die versterking van die ANC se rasse- en “Afrika”-bewussyn.

Die Afrikaanse perswese, hoewel winsgewend, is vanuit ’n politieke oogpunt beskou vandag die swakste in die geskiedenis. In die blaaie van Rapport, Beeld en Die Burger word geen samehangende ontleding van ons politieke probleme aangebied nie. Trouens, in vele opsigte tree die Afrikaanse koerante as mondstukke vir die regime op deur, net soos die SAUK, aan ons presies te vertel “wat ons moet hoor”. In ’n neutedop: ons moet skuldig voel oor “die verlede”; ons moet verlief neem met rasse- en taaldiskriminasie; die woord “Afrikaner” is taboe en moet deur die onsinnige “Afrikaanse” vervang word.

Bowenal word Nasionale Pers gemotiveer deur ’n soort nuwe Boerehaat: die Afrikaner se nasionale bewussyn, kultuur en identiteit moet vernietig word en vervang word deur ’n “reënboognasiekultuur”. Hy moet Afrikaans praat met Engelse woorde tussenin, liefs met bruines of swartes ondertrou en Mandela eerder as God aanbid. Van die meningsvormers in die Nasperskoerante soos Max du Preez, Deon Maas, Koos Kombuis, Hein Willemse, Jakes Gerwel en ander is openlike Boerehaters wat ons sover moontlik probeer verguis en belaglik maak met as einddoel die vernietiging van die Afrikaner in ’n soort “finale oplossing” waar ons as nasie en as volksgroep in dié land moet verdwyn.

Waarom haat die grootbase van Nasionale Pers, Ton Vosloo en Koos Bekker, wat juis ryk word uit ons, die gewone Afrikaners, ons so? Niemand het nog mooi hieroor gedink nie, maar ons weet dat Nasionale Pers tans onder Engelse en selfs Britse invloed verkeer en die hele Britse en in ’n mindere mate Amerikaanse wêreldbeskouing sy eie gemaak het. Ook word die bestuur van Nasionale Pers geheel en al deur geld gemotiveer. Die feit dat daar vandag Afrikaners is wat weens die ANC se geïnstitusionaliseerde rassisme motors in parkeerruimtes oppas, dat daar van ons kinders is wat honger gaan slaap, dat ons mense op plase en stede uitgemoor word en selfs doodgemartel word, dat ons dikwels in die werkplek verbied word om ons taal te praat, ontlok nie die geringste emosie by die geldbaronne te Heerengracht 40, Kaapstad nie.

In hul verhouding met die ANC-bewind, verteenwoordig hul eie mense, die Afrikaners, merendeels ’n struikelblok en ’n verleentheid vir hulle. Daarom is hulle besig om met die Afrikaner se vyande saam te span om ons eers van alle mag en invloed te stroop en dan by die res van die sogenaamde “Suid-Afrikaanse nasie” te integreer, met geweld as dit moet. Hulle het die boodskap goed verstaan dat die Afrikaner in Suid-Afrika moet verdwyn en het hierdie fanatiese strewe na kultuur- en volksmoord hul eie gemaak.

Terwyl die ANC alles in sy vermoë doen om sy eie ondersteuners op grond van Afrosentrisme en swart rasse-ideologie te mobiliseer, word die boodskap aan die Afrikaner oorgedra dat hy “bloot individu” is en boonop ’n Engelse individu wie se moedertaal geen status meer het of behoort te hê nie.

Soos wat die ANC se interne etniese verdeeldheid styg, sal hy toenemend die klem op swart rassesolidariteit plaas en sal die vinger insgelyks na die Afrikaner gewys word, as “die ander” en die oorsaak van al Suid-Afrika se probleme. Ons is reeds die teiken van etniese geweld deur die ander groepe in die land, ’n situasie wat in die toekoms net kan vererger.

Wie dus die belang van etnisiteit in die Suid-Afrikaanse politiek miskyk, is óf ’n betaalde Britse agent óf ’n propagandis van Naspers, of albei. Die vraag is nou: hoe ontkom ons aan die drukgang na ons eie ondergang waarin ons geplaas is?

In die eerste plaas moet ons veg om ons interne binding en identiteit te behou, dit wat die ANC en sy propaganda-afdeling in die vorm van die SAUK en die Naspers-koerante so graag wil afbreek. Hulle het reeds ’n vername neerlaag gely toe die De la Rey-lied so gewild onder Afrikaners geword het.

Ten tweede, moet ons ook die ANC se swart rassebewussyn teenwerk en poog om alliansies aan te gaan met swart groepe wat nie heeltemal in die anti-wit haat en Boerehaat van die ANC-hoofstroom verval het nie.

Ons eie mense sal egter oorreed moet word om saam te staan, ongeag alle pogings om ons te verdeel en ook die lamsakkige sogenaamde Afrikanerleiers wat in die verlede deel van die Broederbond se baantjies-vir-boetieskultuur was en wat ons nou steeds op ’n dwaalspoor wil hou. Die onvermoë van Afrikanerorganisasies om met mekaar saam te werk, is geen genetiese defek onder ons mense soos daar so dikwels aan ons voorgehou word nie, maar die resultaat van die kleinlike ambisies en ego’s van mense wat nie kan sien dat dit drie minute voor twaalf vir ons volk is nie.

Die Afrikaner kan binne enkele jare weer die land tot almal se voordeel regeer indien hy ’n behoorlike ontleding van die etniese faktor gaan maak. Net die verraaiers in eie geledere weerhou ons daarvan om tot die nodige begrip en optrede te kom.

игрі для дивчатпрокурор Фильчаков

Die Rooivalk se nalatenskap

Image

Die Rooivalk

Die Suid-Afrikaanse Weermag se aanvanklike Angolese suksesse het mettertyd teenstand gekry vanaf die Kubane, veral nadat ‘n Russiese generaal radargebaseerde missiellugafweerstelsels, MIG 23’s, Sukoi 27’s,  vooraanvalmissiele en T72-tenks in die veld gestoot het.

Die Suid Afrikaanse regering se plotselinge Angolese inval sonder voorbereiding het nou gelei tot die ontwikkelling van Krygkor en daaropvolgende verbetering van anti-tenkmissielstelsels, artillerie, kommunikasiestelsels, duikbootprodukte, chemiese optimisering van plofstof en afleweringstelsels.

Deel van hierdie dryf was die Rooivalk wat ten doel gehad het om T72-tenks te vernietig. Maar net soos met die Amerikaanse Vlootsoldate se Osprey V-22 was daar nie ‘n ander bruikbare produk nie, ook nie ‘n organisasie wat so iets vinnig kon produseer nie. Dit het die Regering, die Departement van Verdediging en Krygkor dus genoop om iets van nuuts af te begin, ‘n poging om ‘n projek van die grond af op te bou sonder dat jy weet of jy suksesvol gaan wees. ‘n Trotse poging om Suid Afrikaanse soldate te help, Suid-Afrikaanse magte die voordeel te gee en Suid-Afrika te red van hierdie Russies geleide oorlog.

Om die Rooivalk te begin, moes ‘n sekere tipe werknemer met ‘n spesifieke persoonlikheid verkry word, iemand wat kreatief is, wat nie omgee vir salaris nie, wat verniet oortyd werk en ‘n internasionale houding het. Hulle doel was duidelik: vestig ‘n Suid-Afrikaanse organisasie wat ‘n gevegshelikopter so gou as moontlik kan produseer. 

Fasiliteite is oorgeneem van bestaande Franse helikopters in die SA Lugmag. Kennis is ingewin om helikopters te toets, spesiale materiale is ondersoek, aerodinamiese ondersoeke is gedoen, substelselargitekture is geëvalueer en kannone en vuurpyle is verkry.

Nou ja, wat anders as ‘n vliegtuig wat kon vlieg, wat terselfdertyd die vlieënier veilig hou en baie wapens kon saamdra, het toe die lig gesien. Die probleem was dat daar toe reeds vrede verklaar is; Namibië en Suid-Afrika het, anders as hulle vyande, aggressiewe aksie gestaak. Die Rooivalk was gelukkig te laat.

Die nuwe regering het heelwat geld in Rooivalk belê en Trevor Manual wou iets daarvan terug kry.  Maar anders as wat meeste mense gedink het, was die teiken nooit om Rooivalke te verkoop nie; dit was om die organisasie wat Rooivalk gevestig het te verkoop. Die probleem wat die regering gehad het, was dat niemand ‘n organsasie sal koop nie, veral nie as dit bankrot is nie.

Die organisasie kry toe die opdrag om die Rooivalk in die mark te sit ten spyte daarvan dat dit op sigself miljoene sou kos. Intussen het die beleggings voortgeduur om Rooivalk-substelsels te verbeter en te finaliseer. ‘n Nuwe teen-tenkmissiel is selfs ontwikkel om die persepsie te skep dat hier ‘n werkbare produk is. Die buiteland het hiervoor geval want ten spyte daarvan dat niemand Rooivalke gekoop het nie, is die organisasie se beeld erken.

Omdat geen ander Suid-Afrikaanse maatskappy die Rooivalk kon privatiseer nie, moes ‘n buitelandse firma gesoek word. 

Hierdie firma is nou gevind en as ons gelukkig is, sal ‘n nuwe variant van Rooivalk met ‘n ander naam die lig sien en sal die ou manne en vrouens wat Rooivalk gevestig het, die klein plesier ondervind om vir hulle kleinkinders te wys dat hulle moeite oor meer as twee dekades uiteindelik vir die land tot voordeel was. Dit sal verkry word deurdat 30% van die wins op wêreldwye verkope van die nuwe vliegtuig miljarde kan laat inrol, tot almal se voordeel.

Dit is die nalatenskap van Rooivalk. Almal wat dink dat geld vermors is, was dus verkeerd. Die oorspronklike doelwit is suksesvol behaal en nou sit privatisering net die kersie op die koek.

светодиодные торшерыФильчаков прокурор