Die ware parallel tussen Afrikaners en Nazi’s

ImageAnderdag kyk ek in ’n oomblik van ledigheid ’n program op DSTV se History Channel, by name “The Secret Nazi Aircraft of WW2” of iets dergeliks. Getrou aan die sensasionele aard van baie TV-programme, begin dit met ’n denkbeeldige Duitse bomwerper wat ’n atoombom laat val op New York in 1946, tydens spitsuur. Die aanbieder intoneer dramaties dat die oorlog natuurlik, en gelukkig vir die pendelaars van Manhattan, in 1945 reeds ten einde geloop het.

Die res van die program is gewy aan die briljante uitvindsels van die Luftwaffe en sy privaatsektorkontrakteurs soos Ernst Heinkel en Willi Messerschmidt.

Die denkbeeldige bomwerper wat van Hamburg na Manhattan en terug kon vlieg om sy atoombom te laat val, lyk op ’n druppel water soos die Amerikaanse B2 bomwerper. Die ooreenkoms is nie toevallig nie; die Duitse B2 het in der waarheid bestaan. Die Duitse Horten-broers het so ’n vliegtuig ontwerp sowat vyftig jaar vóór die B2 se ontstaan. Die B2 is ’n direkte uitvloeisel van die Horten-broers se vlieënde vlerk. In die jare tagtig het Amerikaanse wetenskaplikes die Smithsonian museum gaan besoek om die enigste oorblywende voorbeeld van die Horten-broers se vliegtuig te besigtig. (Vir diegene wat terloops ooit die geleentheid kry om Washington DC te besoek: die Smithsonian is driedubbel die besoek werd, veral omdat dit gratis is.)

Die program het voortgegaan om te noem hoe Duitse ingenieurs op ’n legio maniere leiers op hul gebied was. Die Russiese Mig 15 van die Koreaanse oorlog was byvoorbeeld ’n kopie van ’n vegvliegtuig wat deur die Nazi’s teen die einde van die oorlog ontwerp is. Wernher von Braun was instrumenteel daarin om Amerikaners op die maan te plaas, vanweë sy ervaring met die V2-vuurpyl wat in Londen terreur gesaai het. Dit was Von Braun wat byvoorbeeld die bekende 10-9-8-7-6-5-4-3-2-1 aftelling by die lansering van vuurpyle bedink het.

Die Nazi’s se talente was egter nie beperk tot vuupyle en vliegtuie nie. Hitler se Autobahns bestaan vandag nog, ten minste in konsepvorm. Hitler se padontwerpers het beginsels wat vandag nog gebruik word, in hul Autobahns aangewend, byvoorbeeld ’n maksimum vertikale helling van 4%, iets wat die Weste se padontwerpers tien of twintig jaar vooruit was. Om vandag nog op ’n Autobahn te bestuur, is ’n voorreg en ’n loutere plesier, behalwe as mens soos die uwe slegs ’n huurvoertuig kan bekostig wat nie met die Duitsers se Mercedesse en Audi’s se 180 km/h in die vinnige baan kan meeding nie.

Vandag word die Nazi’s egter oral gedemoniseer. Om iemand ’n Nazi te noem, is ’n erge belediging. Vir die meeste mense is alles wat met Nazisme geassosieer word ’n vloekwoord. So ook apartheid. Apartheid is volgens die meeste ’n privatio boni; niks daarvan was goed nie. Apartheid en Nazisme word dikwels vergelyk, indien nie gelykgestel nie. Apartheid is glo ook ’n misdaad teen die mensdom.

Die realiteit is natuurlik anders, indien nie presies die teenoorgestelde nie. Geen selfrespekterende Nazi sou ooit, onder enige omstandighede, aan die Jode op Duitsers se onkoste ’n tuisland, hospitale, skole en onderrig verskaf nie. ’n Kil soort rekeningkunde van die dood is in konsentrasiekampe toegepas: ’n Jood of Russiese gevangene kon óf produktief werk, óf hy is tereggestel. Vir ’n Nazi was die oplossing vir die “Joodse vraagstuk” eenvoudig die uitwissing van die Jode, nie sosiale hulpverlening aan Jode nie. Afrikaners, daarenteen, het uit blote medemenslikheid aan ander volkere soos Xhosas, Zoeloes en Tswanas hul eie grondgebied, skole, hospitale en regeringsgeboue gegee, alles vir die Afrikaner se eie rekening. Geen swartmens is ooit onder apartheid op ekonomiese gronde van die gras af gemaak nie. ’n Lynregte teenstrydigheid met die meer ekstreme vorme van Nazisme, dus.

Waar die Afrikaners en Nazi’s wel ooreenstem, is Afrikaners se rol as bouers en innoveerders. Te oordeel aan hoe die res van Afrika verval, is Afrikaners ’n unieke Afrika-stam, een wat sy omgewing verbeter en nie vernietig nie. The Economist berig dat die hoofpad tussen Nairobi en Oeganda in 1965 ’n gawe, gladde teerpad was. Vandag is dit egter ’n vervalle stuk grondpad vol slaggate, met hier en daar ’n enkele stukkie teer. Kontrasteer dit met die N3 tussen Johannesburg en Durban in 1994, of selfs die meeste deurpaaie in Suid-Afrika vandag nog. Dís die ware nalatenskap van apartheid: Afrika se heel beste infrastruktuur, paaie, plase, kragstasies en les bes, rioolplase. Alles stelsels wat werk. Afrikaners is die enigste skeppers van infrastruktuur, as’t ware die enigste bouers van Autobahns op die kontinent. Afrikane, aan die ander kant, is skynbaar die vernietigers van rykdom, effektief die termiete wat die struktuur inmekaar laat tuimel.

Ja, Afrikaners is soos Nazi’s: die bouers van die Volkswagen Kewer, die Autobahns en die staatsdiens wat bykans onveranderd deur Konrad Adenauer se regering ná 1945 oorgeneem is. Nee, ons is nie soos die bouers van Auschwitz of Belsen nie; inteendeel. Ons is die enigste opheffers van ander mense op die kontinent.

bananasалександр лобановский класс

Die verskil tussen Vlok en PW

ImageDie voorgenome vervolging van oud-minister Adriaan Vlok bied ‘n waardevolle les vir alle gatkruipers en meelopers. PW Botha het geweier om voor die bobbejaan in sy pers rok by die WVK te verskyn, en is dus in vrede gelaat. Gekonfronteer met ‘n bietjie vasberadenheid, sluip die regime stert tussen die bene weg. Vlok, daarenteen, gooi alle waardigheid oorboord en kruip letterlik voor die vyand, en word vir sy moeite beloon met vervolging.

Dieselfde met naamsveranderinge. Afrikanergroepe praat en soebat oor naamsveranderinge, maar Tshwane en Tlokwe bly. Inkatha blokkeer egter ‘n paar deurpaaie, en die regime skrik hom boeglam oor Durban se naamveranderinge. Skielik is die deure vir gesprekvoering in Durban weer oop.

Ek wonder hoe lank gaan die linkses en liberales nog neem om te verstaan dat Afrikane glad nie swakheid en kruiperigheid respekteer nie? Vir wie het die ANC die meeste respek, te oordeel aan sy optrede – Vlok of PW Botha?

Dis duidelik dat Afrikaners toenemend begin verstaan hoe om met die vyand te handel, terloops – vanoggend teem, skree en huil dit verskriklik op SAFM radio omdat "rassiste" glo ‘n klomp padtekens wat na die regime se "helde" vernoem is, in die Vaalrivier gaan gooi het, en ek lag my vrek vir die regime se hoogheilige gekerm. Tog snaaks hoe ferm optrede soos ‘n paar padtekens se verwydering kon regkry wat redelikheid, soebat en smeek nie kon nie, of hoe? Skielik is woordvoerders van Potchefstroom se stadsraad beskikbaar om oor die radio te praat, waar hulle in die verlede bloot op die verdrukking van die massas oor die minderheid in die naam van "demockracy" aanspraak gemaak het.

для шиномонтажалобановский обыск

Kragte dreig om SA Staat te vernietig

Vir die eerste keer sedert 1994 wil dit voorkom asof die ANC se ‘permanente’ heerskappy oor Suid-Afrika dalk binne afsienbare tyd ten einde kan loop.

Die huidige stakings is in werklikheid ‘n sosiaal-politieke sindroom in die sin dat dit wel oor salarisverhogings gaan, maar terselfdertyd ook heelwat meer behels. Onlangs het Helen Zille, die ultra-linkse leier, in haar brief op die DA webwerf beweer dat die staking ook in groot mate die simptoom van die magstryd binne die regerende alliansie is.

Zille wat nie die rassedinamika van SA politiek verstaan nie, sukkel skynbaar nie om die ANC se interne politiek te verstaan nie. Dit is waarskynlik omdat sy ‘n ideologiese sielsgenoot van veral die sosialistiese faksie in die ANC alliansie is.
 
Dit is ‘n redelike en miskien ‘n ooglopende aanname dat Cosatu en die SAKP deur die staking probeer om hul mag aan die Mbeki-faksie (Kapitalistiese Afrikaniste) van die ANC te toon.  In gister se Rapport lê Tim du Plessis ook die geweldige onenigheid en verdeeldheid binne die heersende party bloot.
 
Du Plessis, wat ‘n bewonderaar van die Suid-Afrikaanse ‘demokrasie’ is, het blykbaar oor die afgelope jaar ten minste ‘n gedeeltelike kentering rondom die regime beleef. Du Plessis se ontnugtering het meegebring dat hy oor die afgelope maande gereeld die ANC President skerp kritiseer.
 
In die afgelope Sondag se Rapport ontbloot hy die ANC in so ‘n mate dat ANC ondersteuners seker sal sê dat Du Plessis “galbraak”. Nogtans praat Du Plessis hierdie keer sin oor die ANC en is sy analise geregverdig.
 
In breë trekke lê hy bloot dat daar ‘n gebrek aan leierskap is, dat die party geen morele kern meer het nie (Volgens hierdie skrywer het dit natuurlik nooit so iets gehad nie) en dat die hebsug van ‘n elite groepie uitvoerende besluite sowel as die presidensiele opvolging sal bepaal.
 
Nouja, geen van hierdie punte is eintlik nuus nie, maar die punt waarop ek vir ‘n oomblik wil fokus is wanneer Du Plessis oor die ANC beweer: “ Sy organisasie en strukture op grondvlak is vervalle en disfunksioneel. Dit is nie ek wat so sê nie, sy eie ampsdraers erken dit in verslag op verslag”.
 
Tim du Plessis het verseker toegang tot meer inligting oor die heersende party as meeste van ons gewone burgers.  Naspers handhaaf  immers noue bande met die ANC. Dit maak ook dan geheel en al sin dat die ANC se takke in ‘n warboel verkeer.
 
As die landsadministrasie ‘n aanduiding is van die ANC se vermoë om te organiseer, dan kan die party beslis nie in ‘n beter toestand verkeer nie.Die logiese afleiding is dus dat die ANC nie meer in voeling het met sy ondersteuners is nie, want daarvoor het mens goeie organisasie op grondvlak nodig.
 
Weereens is ook dit ‘n ooglopende afleiding gegewe die ontevredenheid onder swartes oor dienslewering, wat veroorsaak dat onluste, plek-plek, soos vure uitslaan.  Die massas is al moeg vir leë beloftes en die bevoordeling van die BEE-miljardêrs.
 
Wat egter interessant is oor die vorige punt is die mate waartoe dit deur die sosialiste en populiste uitgebuit word om hul invloed in die alliansie te versterk. Hiervan is die stakings ook getuienis. Massas staatsamptenare is in opstand teen die ANC-regime se aanbevole salarisverhogings vir die amptenary en Cosatu is die voorbrandorganisasie wat die ontevredenheid ingespan het in die vorm van landswye stakings.
 
Terwyl Cosatu poog om die ANC (soos ten tye van die party se kongres) verder na links te probeer druk, is dit ook ‘n tegniek om te wys dat hulle (Cosatu) die ‘people’ agter hulle het en dus kan bepaal wie die volgende president sal word.
 
Vir Cosatu – en vir die ANC – het hierdie magstryd egter nou ‘n kommerwekkende rigting ingeslaan, aangesien die stakers nou selfs Cosatu se eie onderhandelaars met die dood intimideer indien hulle verder sou afstaan aan die regime.
 
Die situasie sorg vir addisionele stagnasie in die onderhandelings en kan veroorsaak dat die staking nog lank kan uitrek. Wat egter insiggewend hieromtrent is, is dat  net soos die ANC nie in voeling met die massa is nie, het Cosatu nie meer beheer oor die massa nie.
 
Intussen verdeel die magstryd in die ANC in verdere faksies sodat daar nou ‘n hele aantal aanspraakmakers op die presidensiële troon blyk te wees. Van binne word die ANC dus toenemend lamgelê deur faksionele binnegevegte. Verder het die organisasie dit te danke aan sy alliansie venoot ,Cosatu, dat die uitvoerende liggaam, nl. die staat , nou grotendeels staak sodat sekere belangrike staatsfunksies nie meer funksioneer nie. In elkgeval tot tyd en wyl die staking opgehef word.
 
Die situasie word vererger deur die sekuritietsmagte wat ook wil staak. Indien dit gebeur, het die ANC nie net beheer oor die betogende stakers verloor nie, maar ook alle beheer oor die land verloor. Indien die sekuriteitsmagte wel sou oorgaan tot ‘n staking sou die onluste weens ontevredenheid op gemeenskapsvlak ook in alle waarskynlikheid met rasse skrede toeneem.
 
Met Cosatu wat reeds nie die amptenary wat ‘n aansienlike deel van die swart middel en werkersklas behels, kan beheer nie, sou dit waarskynlik net so min beheer oor ‘n privaatsektorwerkersstaking kon uitoefen as dit eers uitbreek. Tans is daar sprake daarvan op die myne.
 
Ten beste sou die staking wel hierdie week tot einde kom en selfs dan lyk die situasie benard. Hordes ondergemiddelde, swak gekwalifiseerde amptenare moet dan terug om ‘n staatsdiens, wat reeds voor die staking sterk tekens van disfunksie getoon het, uit ‘n dieperwordende dilemma van agterstallige werk en ander verliese te lig. Laasgenoemde opsigself sal ‘n bomenslike taak wees.
 
Indien die staking egter nog 21 dae sou voortduur soos wat oorweeg word en indien die sekuriteitsmagte ook hulself daarby aansluit , te midde van groeiende ontvredenheid op gemeenskapsvlak, lyk die saak baie sleg vir die regime sowel as vir die land. In so ‘n onbeheerde situasie kan 21 dae net sowel 31 dae word ens.
 
Dan het SA slegs ‘n regering in naam en voldoen ook nie eintlik meer aan die vereistes om ‘n staat genoem te word nie. Die mate van wet en orde wat tans nog bestaan sal dan ook ten einde loop in ‘n samelewing wat oorloop van frustrasie weens armoede, ontevredenheid en onderliggende rassespanning.
 
Suid-Afrika kan dan waarlik ‘n gefaalde staat raak, want dit is te betwyfel of die ANC so ‘n chaos sou kon omkeer. So iets sal die ANC se Tsjernobil wees met ‘n totale afsmelting van die organisasie se mag en die baie sterk moontlikheid dat totale anargie sal losbars.
 
‘n Ontevrede etniese groep wat temidde van so ‘n magsvakuum voldoende georganiseer is sou baie maklik totaal onder die ANC se mag kon wegbreek en kon oorgaan tot een of ander vorm van selfregering. Dit sou ‘n blote saak van goeie tydsberekening en goeie organisasie wees.

 

 

you gambleлобановский супермаркет класс

Onthou!

Onlangs het ek die heerlike ontdekking van ’n ou Afrikaanse boek op my boekrak gemaak. Dit is een van die vele boeke wat my moeder versamel het en waarvan ek vandag heelwat besit: ’n outobiografie deur ene Hendrina van der Merwe (gebore Rabie), getiteld Onthou! In die skadu van die galg. Volgens haar vertelling het sy die teks in die laat dertigerjare geskryf en die boek is in 1940 gepubliseer.

Hendrina van der Merwe was ’n verpleegster tydens die Anglo-Boereoorlog. Sy en haar man was gebore Vrystaters wat tot met die uitbreek van die oorlog in die Oos-Kaap gebly het. Met die oorlogsverklaring het hulle inderhaas opgepak en met die laaste trein na die Vrystaat teruggekeer. Terwyl haar man aan die kant van die Burgers (Vrystaatse en ZAR-soldate) geveg het, het sy haarself eers na haar familie in Bloemfontein gehaas en van daar na die slagveld as Rooikruis-verpleegster aan die Republieke se kant. Onmiddellik het Hendrina van der Merwe haar in ’n avontuur van onvoorspelbare en dramatiese gebeurtenisse bevind, soos wat mens alleen in ’n oorlogsituasie te wagte kan wees.

Hierdie is geen fiktiewe relaas van ’n geskiedkundige gebeurtenis nie. Dit is ook nie ’n tweede- of derdehandse oorvertelling of selfs ’n geskiedkundige studie deur ’n professionele skrywer nie. Hierdie boek is ’n vrou se eerstehandse belewing van ’n oorlog wat die wese van ons volk en die toekoms van hierdie land ondenkbaar sou beïnvloed.

Wat hierdie vertelling so interessant maak, buiten die eerstehandse aard daarvan, is dat dit geskryf word vanuit die bewussyn en gemoed van ’n vrou en spesifiek iemand wat haar tot die verpleegkunde gewend het omdat menslike lyding en smart haar aangegryp het. Dit is hierdie ingesteldheid van Hendrina van der Merwe wat haar vertelling so uiters sensitief met die oorlogswerklikheid verbind en wat mens meermale ’n knop in die keel gee.

Uit die koers wat haar lewe tydens die oorlog neem, is dit duidelik dat Hendrina van der Merwe geen gewone mens was nie. Die feit dat sy self krygsgevangene word en nie ’n blote konsentrasiekampaangehoudene nie, dui op die feit dat sy reeds van die begin haarself deel gemaak het van haar mense se stryd om geregtigheid en vryheid.

Hendrina van der Merwe se vertelstyl is sekerlik oudmodies. Dit is egter opreg en gesellig asof sy met jou as leser persoonlik ’n gesprek voer. Wat ook opval, is hoe die Afrikaans van haar tydperk van ons s’n verskil. Sy gebruik somtyds bekende woorde in kontekste wat ietwat van vandag se gebruik verskil.

Wat my sterk in Van der Merwe se vertelling opgeval het, is dat sy nooit na die inwoners of die soldate van die Republieke verwys as “Boere” of “Boer(e)Volk” nie. Deurgaans praat sy van die “burgers” en dikwels van “Afrikaners”. Die enigste kere wanneer die begrip “Boere” vermeld word, is wanneer sy die Engelse aanhaal. Mens kry dan ook die indruk dat dit ’n begrip is wat deur die Engelse geskep is (natuurlik het hulle dit in konteks uit Hollands ontleen) en dat dit ’n meer neerhalende term soos “Kaffer” is. Volgens Van der Merwe se vertelling is dit duidelik dat die term “Boer” nie ’n benaming was wat tydens die AOB deur Afrikaners gebruik is om hulself te beskryf nie. Die alombekende en daaglikse benaming was onteenseglik “burger”.

Dit is egter veral die aanspreekvorme “boetie” en “sussie” wat gedui het op ’n band van gemeenskaplikheid tussen die burgers. Hierdie mooie aanspreekvorme kom heerhaaldelik voor en is ewe gemaklik tussen burgers gebruik wat vreemdes was as tussen familielede.

Hendrina van der Merwe vertel van vele smart en lyding wat sy tydens die oorlog ervaar het. Sy vertel egter ook van die wedervaringe van diegene wat haar belewenisse gedeel het. Hoewel Hendrina van der Merwe nie soveel tyd in die konsentrasiekampe spandeer het soos heelwat ander Afrikanervroue nie, gee sy nogtans ’n omvattende beeld van die trauma en lyding wat haar mense ervaar het deur al die verskrikkinge van die oorlog. As krygsgevangene wat vir ’n lang periode tronkstraf moes uitdien, is sy aan uiterste toestande van geestelike en fisieke verguising blootgestel wat haar menswaardigheid en gesondheid so afgetakel het dat sy op een stadium op die rand van die dood gehuiwer het.

Sy draai nie doekies om in haar beskrywing van die Kakies nie, maar erken tog menslikheid waar dit na vore kom. Hendrina van der Merwe ontbloot die verskriklike onreg wat die Britte en hul handlangers (swartes en joiners) teenoor die Afrikaner gepleeg het. Uiteindelik verklaar sy ook hoe baie van ons mense van grondbesitters tot armblankes verlaag is deur die verskroeide-aardebeleid.

Wat ook opmerklik is, is die gretigheid waarmee veral Engelssprekende Suid-Afrikaners en swartes saam met die Britte gewerk het. Sy vertel ook hoe swartes deur die besetters ingespan is om gesinne op plase aan te val. Sy noem verder hoe sy eens in die tronk moes aanhoor hoe swart gevangenes hulleself verlekker in wat hulle alles met die Boervroue “aangevang” het.

Alle Afrikaners behoort Hendrina van der Merwe se verhaal te lees. Daar is heelwat parallelle te trek tussen die tydperk van die AOB en die ANC se transformasieregime. Ten spyte daarvan dat die burgers die oorlog verloor het en amper totaal uitgedelg is, het hulle in 1910, met ’n Unie wat Britse heerskappy moes verseker, daarin geslaag om beheer oor die land te neem. Van der Merwe laat mens besef van watter voorsate ons afstam en dat ons ook die huidige verdrukking sal oorleef.

Met opset het ek my voorgeneem om nie te veel van die verhaal, selfs opsommenderwys, oor te vertel nie. Dit is my hoop dat hierdie waardevolle werk weereens uitgegee kan word sodat elke Afrikaner eerstehands Hendrina van der Merwe se vertelling kan lees. Sy het ’n beroep op Afrikaner-nasate gedoen om nie die verskriklike wreedhede wat teenoor ons mense tydens die AOB gepleeg is, te vergeet nie.

Opeenvolgende wit regerings het, ter wille van versoening, hierdie werklikheid verswyg. Nooit is die oorlewendes noemenswaardige erkenning vir hul lyding of vergoeding vir hul enorme verliese aangebied nie. Serdertdien het swart Suid-Afrikaners die Waarheids-en versoeningskommissie gehad en tans ontvang hulle grond wat nooit aan hulle behoort het nie.

Ons is dit aan ons voorsate verskuldig om hierdie publikasie te herdruk.

air flow чисткаФільчаков Олександр Васильович прокурор

Blanke skuldgevoel word gemanipuleer

ImageThomas Jackson skryf in sy oorsig oor rasseprobleme in Amerika:

 “Until it is possible to discuss racial differences openly, black failure – of which there will always be plenty – will be laid at the feet of white racism.  As long as whites are thought to be collectively guilty, there will be few tears for the ‘invisible victims’ of affirmative action, the white man’s burden”.

Die verwekking van ’n skuldgevoel by die blanke is ’n metode vir uitwissing van die blanke ras wat  dwarsdeur die wêreld aangewend word. Blankes is die slagoffers van die magsbeheptheid van ’n groepie geldmagnate, en anders as swartes wat wêreldwyd deur skatryk organisasies gedra word in die poging tot wêreldoorheersing, staan die blanke geïsoleerd op hierdie slagveld.

Omdat dit eerstens deur middel van ‘regstellende aksie’ geloods word teen die blanke man, die tradisionele broodwinner en hoof van die huis, word die gesin –  die kern en voortbestaan van ’n volk – lamgelê. Indien die man se selfrespek in so ’n mate hierdeur aangetas word dat hy nie meer in sy eie vermoëns glo nie, is die kans op oorlewing van sy gesinsverband bitter skraal.  So word die skans vir beskerming van die gesin verpletter, en so word die moontlikheid vir uitwissing van ’n nasie versterk. Hierdie resep is noukeurig deur die wêreldgeldmag saamgestel en word reeds vir baie jare wêreldwyd gebruik.

Die afgelope 24 jaar het regstellende aksie ook in Amerika teenoor blanke mans (“invisible victims”) neerslag gevind in feitlik elke deel van hulle samelewing. Navorsing is daaroor gedoen deur die Earhart Foundation and Institute for Educational Affairs. Dit het die skokkende gevolge daarvan onthul. Nog is daar geen oplossings voor nie en blyk dit dat die breinspoeling onder die blankes daar net so volmaak geslaag het as onder die meerderheid blankes in Suid-Afrika.

Dat die Kaliforniese Snelwegpatrollie werksgeleenthede slegs vir ander applikante as blankes adverteer, of dat die Los Angeles skoledistrik opdrag gee vir “mixed-raced teams in scholastic contests because it looks bad when all-white teams win”, is geen vreemde verskynsel nie.  Dit word dáár net so geredelik aanvaar soos hier waar daar by voormalige blanke skole sedert 1994 tydens sportbyeenkomste die swart verloorder in die blanke wennertjie se plek gestel word met die blatante erkenning van regstellende aksie tot voordeel van die ‘agtergeblewene’. So ken ons ook in Suid-Afrika die toepassing van diskriminasie teen die blanke man deur die kommunistiese ANC met sy swart bemagtigingsprojek waar blanke mans heel laaste geag word by indiensneming van enige aard.  Ons het ook begin sien watter effek dit op die huisgesin en die moreel van ons Afrikanervolk uitoefen.  Ook ons moraal word soortgelyk aan die bevindinge van die navorsing in Amerika, waar huwelike en vriendskappe as gevolg daarvan eindig, drankmisbruik daardeur plaasvind en ’n sinisme oor politiek ontstaan het. So het ’n algehele morele verval met ’n gevolglik hoë misdaadsyfer die laaste spyker in die doodskis word.

Die enigste ligpuntjie vam hierdie navorsing het getoon dat ’n klein persentasie mans ’n meer behoudend-konserwatiewe siening van die politiek ontwikkel het, juis as gevolg van die regstellende aksie en diskriminasie teen hulle blankeskap. Die hoop vir Suid-Afrika in hierdie verband beskaam nie, en begin reeds in ’n mate realiseer, maar dit sal eers werklik sigbaar word wanneer die anargie op sy hewigste woed en blankes gedwing word om vir hulleself te dink.  Dan sal hulle besef dat hulle misbruik is en die skuldgevoel van ‘wit rassisme’ ten volle afskud. Dan eers sal blankes erken dat ‘wit rassisme’ nie die oorsaak van die ‘agtergeblewenes’ se agterstand is nie, maar wel die genetiese erfenis van swartes.

Mag die Afrikanervolk die insig en die moed hê om uit te styg bo die Amerikaner se kapitulasie soos beskryf deur Frederick Lynch: 

          “…many people in America think that if white racism is not what makes non-whites fail, genetic inferiority must be the cause.  Since that is officially unthinkable, white racism is the only possible culprit”.

Dalk moet ons weer Willis Carto van Duitsland se woorde in herinnering roep:

“The Communists know that our susceptibility to the feeling of guilt is their greatest asset…once a predator can convince a victim that he is guilty, the victim becomes the slave of the predator”.

Blanke mans moet ophou glo dat diskriminasie teen hul blankeskap hul verdiende loon is en dat hulle verantwoordelik is vir die lot van die agtergeblewenes. Weet dat dit ’n polities beplande strategie is vir wêreldoorname tot ’n een-wêreldregering, en dat die swart element slegs ’n instrument daartoe is.  Anders sal Baba Zulu van die Afro-sentriese skool in Washington se woorde binnekort met dade oor ons spoel: “People, get ready, there’s a war a-coming . . . The last white dog must die!”

купить кухня киевФильчаков

Hulp aan Afrika

ImageEn weereens vra Afrika hulp, en belowe die G8-lede hulp. Dié keer in 2007. Laas keer was dit Tony Blair wat sy klere geskeur het en hulp belowe het, en voor hom was dit die Pous, en voor hom … Wel, ons ken die storie goed.

Om Afrika te help is nie ’n nuwe idee nie. Op ou landkaarte wat Afrika as terra incognita beskryf, was daar ook dikwels verwys na “barbare” wat die kontinent sou bewoon. Die woord “barbare” is ’n kontaminasie van “Berber”, ’n etniese groep wat eens in Noord Afrika wes van die Nylvallei gewoon het.  Die Berbers het ook bekend gestaan as “More” in Spanje, of as “Libiërs” in antieke Griekeland, maar die term “Berber” is later as ’n versamelnaam vir alle Noord-Afrikane gebruik, om uiteindelik in “barbaar” te ontwikkel, ’n woord wat na alle onbeskaafte mense verwys.

Die Christelike sendingsopdrag het Europeërs genoop om Die Woord onder barbaarse stamme in Afrika te versprei en sendingstasies is reeds in die 1780s in Suidelike Afrika deur die Morawiërs gestig.  Hulle is opgevolg deur ander Europese sendinggenootskappe, onder andere die “Church Missionary Society” en die Londense Sendinggenootskap. Uiteindelik het bekende sendelinge, onder andere Robert Moffatt, David Livingston en John Smith Moffatt, sendingstasies in Suidelike Afrika gestig, met die uitsluitlike doel om te kersten, om “horde[s] of bloodthirsty savages” in mense te verander wat kuns en beskaafde lewe waardeer, en wat kan lees en skryf.

Die idee dat “Afrika gered moet word”, en dat historiese Afrikane ongeletterde en onskuldige barbare is wat [nog] nie deur Westerse denke besmet is nie of dat Afrikane die onskuldige en ongekunstelde slagoffers is van Westerse Imperialisme, is dus omtrent so oud soos die Weste se ontdekking van die kontinent Afrika. Die Westerse begrip van die onbesmette “edele barbaar” word aan die wysgeer Rousseau toegeskryf, maar miskien was Rousseau se denke net ’n weerspieëling van die sendelingopdrag onder Christene, wat berge sou versit om aan “barbare” en “savages” Die Woord van God te bring. Vandaar die invloedryke sendelinge en die belangrike geskiedkundige rol wat hulle in die koloniale tydvak gespeel het.

Daar bestaan steeds sendelinge en as hulle prominensie afgeneem het, is die sendelingopdrag nog steeds sterk in die Weste gevestig. Westerse leiers wat hulle klere figuurlik oor Afrika skeur, wat hulp belowe en mildelik uitdeel en wat Afrika se ellendes gebruik om hulle morele waardigheid te hervestig, kom in alle geure. Westerse leiers het die sendelingopdrag so verinnerlik dat hulle vandag die verpersoonliking van die 18de-eeuse sendeling is. Nie meer Livingston en Moffatt nie, maar Blair, Bush en die Pous. Nog nooit het soveel Westerse leiers van soveel lande soveel hulp so gretiglik onder Afrikane verdeel nie. Planne, begrotings, internasionale hulp, word weekliks, indien nie daagliks nie, aangekondig terwyl Westerse aktiviste soos die handewringende Bono en Stephen Lewis leiers aanmoedig en verdoem as ongevoelige rassiste wat Afrika se pyn nie genoeg voel nie.

En vergiffenis vir die Weste se koloniale vergrype, wat kwansuis Afrika se armoede veroorsaak het, kom uit die beursie. “Gee geld!”, mnr. Blair, mnr. Bush, mnr. Sarkozy, en Frau Merkel, en dan sal julle sondes oor Afrika gewas word. En dan reën die geld, mildelik en aanhoudend. En dan dans Afrika se leiers rond van blydskap, tot die volgende keer as nog meer hulp beloof en gegee word.

Afrika die hopelose en hulpelose. Afrika die verhongerde en sterwende kind. Afrika wat bakhand staan terwyl die groot wit Westerse helde, omtrent deur die bank manlik, geld uitdeel, geld wat verduister word en later in Switserse bankrekenings beland. Dit alles ’n bose kringloop van geveinste bekommernis oor hopelose Afrika se nood; die wit helde wat Afrika soos sendelinge sal kom red; en wat aanspraak op morele hoogtes maak deur geld uit te deel; geld wat uiteindelik in Afrika se leiers se sakke eindig om hulle skatryk te maak. Die deursnee-Afrikaleier besit reeds alles wat hy aanskou. Al die vroue, al die motors, al die geld en natuurlik ook al die grond. En natuurlik ook die bankrekeninge in Switserland, en die goue trone, en die vlote motors en vliegtuie en vakansiehuise. Dít terwyl Tony Blair en George Bush en John Howard hulle onsteltenis oor Afrika se hopeloosheid verkondig en nog planne maak om soos die kavallerie Afrika binne te galop en te red.

En Afrika het plan na plan ingesluk. Die Kanadese het kom ploeg. Westerse hulp om hongersnood in Etiopië te stop het uiteindelik in ’n bloedige burgeroorlog in Eritrea ontaard. Hongersnood en oorlog het Soedan en Somalië toe verskuif. Westerse inmenging in Rhodesië het Zimbabwe en Robert Mugabe met die gepaardgaande katastrofe gebaar. Westerse geld en kundigheid in Nigerië, in die Ivoorkus, in Kenia, in Tanzanië, in Zambië, het net armoede en geweld gebaar, dít terwyl siekties soos malaria en vigs hulle dodemars oor die kontinent laat weerklink in ’n makabere dans met tuberkulose.

Dat Westerse hulp Afrika glad nie help nie, maar eerder skaad, word vermoed. Maar die Westerse hulpnywerheid is so invloedryk en die Westerse sendingopdrag so oorweldigend dat kritici doodeenvoudig opsygeskuif word en nog meer planne beraam word om nog meer geld te gee. Dat geen mate van skenkings aan Rusland, ’n land wat 99% geletterd is, toestande daar kon verbeter nie, maak skynbaar geen indruk op diegene soos Blair, Carter, Bono en Lewis nie. Afrika, wat kwalik 50% geletterd is, met ten minste ses keer Rusland se bevolking, kan deur Westerse vrygewigheid gered word. Dit is beter om goed te wees as om reg te wees en om skenkings vir Afrika te bepleit, maak mens goed.

“Afrika is hopeloos, en aan haar is daar geen salf te smeer nie”, pleit Westerse skeptici as hulle vyftig jaar van mislukking en ekonomiese verval, ten spyte van miljarde dollars se hulp, aanskou. “Miskien moet Afrika aan haar eie lot oorgelaat word – Westerse hulp veroorsaak net ’n bevolkingsontploffing wat toestande vererger in ’n bose spiraal: meer hulp, meer geboortes, meer monde, meer nood”, sê die meer siniese beleidmakers. “Ons moet Afrika red!” meen Tony Blair en Jimmy Carter en Stephen Lewis en Bono, asook die Verenigde Nasies, van oorloë en pestilensies en hongersnood, en gedurende die apartheidsjare, ook red van wit Suid-Afrikaners, wat die sendelingopdrag nie wou uitvoer nie.

Dit is die Weste se groot aanklag teen Afrikaners. Afrikaners wat Afrikane kwansuis nie opgevoed het nie, maar wat skynbaar net Bantoe-onderwys aangebied het. Dít, nieteenstaande die feit dat dit ’n onmoontlike taak vir ’n minderheid is om ’n vinnig groeiende meerderheid op te voed. En nieteenstaande die feit dat Bantoe-onderwys geletterdheid gebring het, waar daar voorheen niks was nie. En ten spyte van hierdie geskiedenis is daar nog ’n groot Afrikaner-elite wat glo dat Afrikaners sendelinge moet wees, om Afrika te kersten en verantwoordelikheid te aanvaar vir die opvoeding van Afrikane, en wat gewillig Afrikaanse skole en universiteite herdefineer om Afrikane ten koste van Afrikaners te akkommodeer. Die sendelingopdrag is inderdaad sterk gevestig in die Westerse lewensuitkyk van Afrikaners. Maar miskien raak dit nou tyd om dit te verwerp.

бардолино италия вино красное сухоеалександр лобановский харьков класс

Intussen moet ons moed hou

ImageDie Afrikaners moet oorleef tot die jaar 2009. Dan sal ons met meer sekerheid weet dat die Wêreldbekersokker-debakel nie gaan plaasvind nie. Op daardie stadium behoort die middelpunt-vlietende kragte in ANC-geledere ook naastenby uitgewoed te wees. Bekwame en ervare mense sal dan genoodsaak word om die landsregering oor te neem. Hiervoor is geen bevolkingsgroep beter geskik as die Afrikaners nie. Ons moet voorbereid wees hiervoor.

Die barste in die ANC-muur kan nie veel langer toegeplak word nie. Een van die drie vennote van die ANC-alliansie het reeds te kenne gegee dat hy sy eie paadjie met die eerskomende verkiesing wil loop. Maar veel erger is die onderlinge wantroue en gevegte wat in ANC-geledere onbelemmerd voortwoed. Neem byvoorbeeld die Suid-Afrikaanse Polisie wat uit groot, vet polisiemanne bestaan waarvan die oorgrote meerderheid te vet is om ʼn misdadiger aan te keer en in elk geval nie ʼn verklaring van ʼn klaer kan uitskryf nie. Die Skerpioene lê oorhoop met die kommissaris van polisie Jack Selebi, en hy is weer oorhoops met die Nasionale Intelligensiediens waarvan die voormalige hoof, Billy Masethla, deur Mbeki ontslaan is en sodoende het Mbeki nog ʼn vyand van ʼn senior ANC-lid verwerf. Dan is daar ook spioene van die vorige vryheidsvegters en vryskut-intelligensie-agente van buitelandse organisasies en multi-nasionale maatskappye in die polisiediens bedrywig. Voeg hierby dat Jackie Selebi tot bokant sy ore betrokke is by die rampokkerwêreld van sy vriende Agliotti wat teregstaan op die moordklag van Kebble.  Dit gebeur alles in een enkele staatsdepartement. ʼn Mens kan in hierdie trant ten opsigte van alle staatsdepartemente voortgaan met Finansies enigsins as uitsondering. Oor al die ellende word gereeld in die pers verslag gedoen maar dit sluit natuurlik nie Naspers in nie want hulle is polities korrek. Die onbeholpenheid van die polisie wat nie in staat is om naastenby die misdaadgolf te bekamp nie, is as enkele faktor voldoende om die Wêreldbekersokkertoernooi in 2010 te kelder. Ja, MacBride is nie deel van die SAPD nie, maar hy word nie aangeklae dat hy van die fuifparty lekker-lekker in sy ampsmotor gery het nie.

Een van die probleme wat die ANC-bewind het, is die feit dat mag korrupteer en absolute mag korrupteer absoluut (om ʼn Engelse uitdrukking letterlik te vertaal). Dit is later ook nie meer lekker om te regeer nie aangesien die probleme steeds meer word en die oplossings word omgekeerd eweredig minder. Nog later word daar nie meer aan oplossings gedink nie en op daardie stadium word probleme geignoreer soos Mbeki doen. In stede daarvan om na die landsprobleme om te sien, bestyg hy sy duur en deftige vliegtuig om in Viëtnam sement te gaan koop of om in Europa by sy blanke vriendjies in Londen, Parys en Berlyn en nou by die G8 lande se byeenkoms in Rostock te gaan rinkink. Intussen bly hy ʼn volslae kommunis en het as sy hegte vriende Mugabe, Aristide en die spul kommuniste van Viëtnam en Sjina.

Nou is dit die plig van elke Afrikaner, om in plaas daarvan om die duisternis te vloek, ʼn kers aan te steek wat in die duisternis brand. Daar is egter ook, soos Langenhoven gesê het, die briekaandraaiers teen die steil bult uit. Daar is gelukkig mense wat iets positief wil doen; vyf-en-twintig Afrikaners het in 1995 bydraes ten opsigte van die meeste portefeuljes in die staatsbestel onder die naam ‘N LAND VIR DIE BOEREVOLK gepubliseer. Dit bevat positiewe riglyne vir die Boerevolk. ʼn Aantal Afrikaners het besluit om hierdie publikasie op te dateer en elke portefeulje tot die huidige by te werk. Afgesien daarvan dat dit ʼn nuttige publikasie kan wees, gaan dit tenminste die bydraers verplig om na te  dink, diep na te dink en om met positiewe en rigtinggewende gedagtes na vore te kom. Ons kort slegs nog ʼn de~la~Rey-liedjie en dan sal die Boerevolk weer marsjeer.

Die Afrikaners word daaraan herinner dat hulle die magtigste volk in Afrika is. Dit is die mense wat die modernste staat in Afrika uit die grond opgebou het. Dit is hulle wat die eerste in die wêreld was om ʼn hartoorplanting te doen, wat ʼn kernbom kon vervaardig, wat die modernste paaie en die beste weermag in Afrika gehad het, goeie skole en universiteite gebou en talle ander voortreflike instellings gevestig het. Dit kan alles weer ge-ewenaar word, mits soos Jan Brand gesê het, elkeen sy plig doen deur vasberade en moedig die toekoms tegemoet te gaan. Ons het polities alles om te wen en niks om te verloor nie. Ons moet maar net insien dat die toekoms aan ons behoort.

производственная мебельФильчаков прокурор

Voor ons o?, Naspers, die monster wat sy eie voete eet

ImageLand sonder Insig

FW het die land opgeasteriskasterisk. So sê Nina Overton-de Klerk sê haar veertienjarige seun sê ‘n ongepoetste Afrikanerseun vir hom by sy “gewone Afrikaanse staatskool.” Haar presiese woorde, wat drup van die konvensies van selfgeregverdigte Afrikaner liberalisme, is: “Daarteenoor het my veertienjarige seun (in ’n gewone Afrikaanse staatskool), onlangs beleef dat ’n mede-leerling vir hom, geaksentueer met die middelvingerteken, gesê het: ‘Gaan sê vir jou Oom (FW) hoe hy die land opgef** het.’ Gevolg deur al daai soort van beskuldigings oor hoe die land aan swart mense oorgegee is, ensovoorts.”

Ons word met hierdie gruwelstaaltjie bedien in Ta’ Nina se geveinsde, aanstellerige rubriek oor die aanstellerigheid van geveinsde Afrikaners. Hierdie letterkundige aanbieding van haar sal weliswaar nie deur die gemiddelde leser onthou word teen die tyd wat hy verbygeblaai het tot by die sportblad nie, maar dit hét ‘n nut. Ons kan dit as ‘n  soort lakmoespapiertjie gebruik wat presies wys hoe kalkerig die grootste Afrikaanse koerantgroep ter wêreld die grond gemaak het waarin hy spit.

“As Afrikaners met die mond seën en in hul binneste vloek,” soos haar stukkie vir verveelde lesers opgedoen is in “By”, is een van daardie opgesmukte prekies wat so geliefd is deur Naspers-redakteurs. ‘n Mens kan dit Tippex-joernalisme noem; so onbenullig en onopvallend soos verlede maand se Lotto-nommers wat met wit ink op tikpapier geskryf is. Dit begin as ‘n pamflet teen die skynheiligheid van Afrikanersnobs en eindig as ‘n selle-ou, selle-ou brosjure vir ‘n politieke stelsel – Nuwe Suid-Afrikanerisme –  wat gevrek het voordat dit behoorlik uit die ideologiese broeikas kon kom. Nina se betoog is gebrekkig aan intellektuele vesel en proteïene en daar is meer te wen daarin om motreën te probeer eet as om dié rubriek te herkou. Wat dit wel demonstreer – as demonstrasie nog enigsins nodig is – is hoekom Naspers se koerantbedryf (daardie behemot wat besig is om sy eie voete te eet) se emfisemiese gehyg so roggelend word vanuit sy korporatiewe spelonk in Heerengracht 44, Kaapstad. Hierdie soort selfvoldane menings wat aangebied word in ongeërgde styl, sonder agting vir die behoorlike ontwikkeling van argumente en met karige respek vir Die Taal is cholesterol in die are van enige koerant. Die Burger, net soos die res van die Naspers-koerante, het juis nou dringend nuwe vitamines en minerale nodig. Hulle uitgewer, daardie monster wat so oorvreet is aan sukses, is merkbaar besig om van sy skubbe te verloor.

Verlede maand het daar iets met die mediamonster gebeur, op die oog af niks ingrypend nie, nie iets wat regstreeks die grond in die mediawêreld verskuif het nie en wat minder indruk op die leespubliek se bewussyn gemaak het as die kleur van Victor Matfield se mondskerm. En tog het dit die ingeligte waarnemer sy ken laat krap en sy kop laat knik asof dit iets is waarvoor hy gewag het: Die pretensieuse tydskrif, Insig, nog altyd maar net  ‘n klein, tengerige ponie in die Naspers-stal, het weens gebrek aan belangstelling gevrek. Dit is nie iets waaroor lank en roerend in walms van nostalgie oor getreur sal word nie. Die uitgewers veral, en hulle telraamjokkies in besonder, sal nie na die tydskriffie verlang nie. Insig het begin as ‘n soort van literêre vergaderplek vir verbitterdes waar iesegrimmige liberales mekaar se menings kon bewonder. Die enigste hitte in die oond was hulle verontwaardiging oor apartheid en met die afsterwe van dié politieke beleid, het Insig, van meet af nie juis vol spiere en lewenslus nie, bepaald bloedarmmoedig en traag geword. Sonder apartheid het dit niks gehad om op te teer nie. Vir die laaste paar jaar was dit as’t ware op ‘n korporatiewe hartlongmasjien, gesubsidieer deur sulke platvloerse maar ontsaglik winsgewende publikasies soos Die Huisgenoot. Die poging om Insig oor te doen as ‘n avante garde dissekteerverslag van sosiale transformasie, het uiteindelik ook misluk.

Ewe lusteloos was die nabetragting wat oor die saai lewe en onopvallende afsterwe van Insig in die blaaie en webruimtes van oorlewende Naspers publikasies gehou is. Natuurlik het die meerderheid kommentators presies geweet waar die blaam vir hierdie verlies hoort: Vierkantig voor die deur van daardie ongepoetste skobbejak, die Afrikaanse leser. Rian Malan noem hulle in ‘n aanhaling van Olive Schreiner “’n nasie van laer-middelklas-Filistyne.” “Filistyn,” soos dit hier diens doen, beteken ‘n dowwe persoon, iemand wat ‘n boek se waarde meet aan die hoeveelheid prentjies wat daarin is en wat sy lippe beweeg en sy vinger onder die woorde skuif as hy lees. Duidelik is ‘n diep, gesofistikeerde publikasie ver bo dié spul doffels se begrip.

‘n Tydskrif wat vir die Filistyne voorsiening maak is soos “gangreen of frostbite,” fulmineer Antjie Krog, jou werklikwaar nog dikvellig onder die indruk dat daar wraggies nog so ‘n frats bestaan soos iemand wat ‘n ingeduikte Coke-proppie omgee vir haar menings. Haar definisie van Filistynisme is enige iets wat keel skoonmaak in die omgewing van haar verbitterde liberalisme. “Sedert alles wat Afrikaans-links en konfronterend was deur Afrikaner-apatie doodgedruk is,” teem sy, “moet ‘n mens naweke deur bladsye kaf waad van gay-wees-is-sonde en die-Bybel-is-‘n-wetenskaplike-handboek om iets van gehalte in Afrikaans te lese te kry.”

Gehalte Afrikaans is, dus ‘n onhaalbare ideaal indien dit enigsins verskil met die Lewe Volgens Antjie Krog. Wel, Insig het nie. Dit het omtrent letters deur die omslag gelek so vol was dit van die uitgediende, muwwe, ontblote en uitgelagte idees van Krog en haar kader mantramompelaars. Maar, nie net was Insig se blare te hoog vir die Afrikaanse renosters om by te kom nie, hierdie Afrikaanse tydskrif het boonop die liberale uitgewersonde begaan om te maak asof die Afrikaner bestaan. Sê wie? Ag, kom aan… julle weet… wie anders as ons eie joernalistieke dorpsidioot, Max du Preez? As gevolg daarvan het hy – nè, julle wou mos – twee uit elke drie uitgawes van Insig geboikot, en – vatso! –  hoe kan enige publikasie só ‘n terugslag oorlewe? “(Daar was altyd te veel van ‘n fokus op ‘Afrikanersake’ na my smaak,)” skryf Du Preez op sy selfveragtende beste.

Nadat hierdie vername taalkundige erken dat hy “nie so mooi” weet wat ‘n wetenskapstaal is nie, pleit hy vir ‘n nuwe intellektuele Afrikaanse publikasie sodat ons kan voorkom dat “Afrikaans net ‘n huistaal en ‘n skindertaal en ‘n rugbytaal en ‘n gekerm-oor-minderheidsregte-taal word…” So ‘n tydskrif, droom hy hardop, moet “’n rouheid, ‘n vreesloosheid, ‘n verrassendheid, ‘n varsheid, ‘n onvoorspelbaarheid” hê. Wat hy duidelik in gedagte het, is die inhoud op PRAAG se webblad.

Hierdie nuwe, mitiese tydskrif, hierdie joernalistieke reënboogpot goud is iets waaroor die liberales aanhoudend mymer. Daar moet iets nuut wees, beduie hulle vir mekaar; vol vars idees, vertel hulle aanhoudend sonder om te erken dat so ‘n publikasie dan iets sal bevat wat net so min as ‘n tydmasjien kan bestaan: ‘n Vars liberale idee.

Vra jy dat hulle moet uitwei oor so ‘n tydskrif, rol die hoepelsinne. (Vir ‘n bondige beskrywing oor hoepels en hoepelsinne, kyk na “Max du Preez se hoepelsin” op PRAAG se webblad.) Dié nuwe tydskrif moet-vreesloos-wees-moet-polities-korrek-wees, dit moet-eerlik-wees-moet-nie-die-waarheid-praat-nie, moet-nuut-wees-mag-net-ou-stof-hersirkuleer, moet-verdraag-saam-wees-mag-nie-Afrikaners-verdra-nie… Dit moet genadiglik gereinig wees van alle logika, moet gesteriliseer wees van enige verwysings na enige Afrikaner-voortreflikhede, moet gesuiwer wees van enige simpatie met daardie verfoeilike minderhede wat hulleself aanmatig deur hulle te verbeel hulle het regte.

Wat hulle nalaat om vir mekaar te verduidelik is dat dié tydskrif ook nooit onafhanklik sal kan asemhaal sonder om weg te kwyn nie. Dit sal net so ‘n sawwe mislukking soos wyle onbetreurde Insig wees en vir dieselfde rede: Die redaksie se algehele, halsstarrige onsensitiwiteit vir hulle gehoor se emosionele klimaat, frustrasies en  ideale. Duidelik is hulle onbewus daarvan dat ‘n tydskrif ook maar net ‘n produk is, dat die langlewendheid van ‘n produk afhanklik is van die gehalte daarvan en dat die eerste reël van gehaltebeheer is om seker te maak wat dit is wat jou kliënt wil hê.

Miskien sou Naspers dringende aandag aan sy benadering gegee het as dit nie Insig was wat gesink het nie maar ‘n meer omvangryke publikasie soos, sê nou maar, Die Huisgenoot. Dan was daar ‘n verlies in die enigste werklike sin – meetbaar in Rand en sent. Daar sou ‘n geween en ‘n gerouklaag in die raadsale van Naspers gewees het. Soos dit is, het Insig maar ‘n klein geluidjie by afsterwe gemaak, en tog was dit ‘n onheilspellende klank, iets soos die gedempte knal van ‘n buikplank wat onder die waterlyn van ‘n groot skip op die oseaan losspring. Dit behoort suur te drup in die maagholte van ‘n ingeligte Naspersamptenaar. Insig mag miskien ‘n klein plankie gewees het maar dit is van dieselfde hout gemaak en is met dieselfde houtnaels geheg as die res van die skip. Dieselfde tekorte wat Insig laat wegkwyn het, is in elke ander Afrikaanse publikasie van Naspers ingeënt. Insig moes eintlik die langste geleef het want dit is ‘n liberale tydskrif vir liberale mense terwyl Rapport, Die Beeld en Die Volksblad liberale leesstof is vir konserwatiewe mense. Dit behoort die Antjie Krog/Max du Preez kaders se monde droog te laat.

Maar die liberalis het ‘n tradisionele onvermoë om enige iets sinvol te lees al is dit die skrif teen die muur. So “gis” Irna van Zyl, wat die professionele swartmerkie verdien dat sy eens Insig se redakteur en uitgewer was, dat die heersende Naspers wysheid is dat intellektuele behoeftes deur bylaes in koerante gedien word, soos Perspektief in Rapport en… By… in Die Burger.

En wat By ons in Die Burger gee, geagte en minder geagte lesers, is: Nina Overton-de Klerk.

In die land van die kaalkopopfopper

Al die swakhede van Naspers-styl Tippex-joernalisme is ingebind in Nina Overton-de Klerk se aanbieding, vir ons verheldering, van die woord “opgeasteriskasterisk” en haar opgesmukte verslag van die voorval waarin dit gebruik is. Dit is hoe sy die woord skryf: “… opgef**…” Wat irriteer is die inherente oneerlikheid van haar spellingkeuse. Kyk, ons wéét die veertienjarige aktivis het nie die uitdrukking “opgeasteriskasterisk” teenoor haar spruit gebruik nie. (Hy is in ‘n Nuwe Suid-Afrikaanse staatskool so dit is te betwyfel of hy weet wat ‘n asterisk is.) Ons almal weet presies wat dit is wat hy gesê het. Maar in egte Naspers-preutsheid word die krasheid van die waarheid verdoesel, in dié geval deur die gebruik van leestekens. Hier is ‘n fundamentele tegniese luiheid ter sprake. Die probleem – om die klein skobbejak se agtertangse karakter te ontbloot sonder dat Nina haar sawwe letterkundige handjies besmeer – verdien darem ‘n minuut van die skryfster se oorweging. Die leser is dit werd, sou ‘n mens dink.  As dit goed genoeg is vir Nina Overton-de Klerk om ons in te lig dat ‘n seun ‘n kras uitdrukking teenoor haar seun gebruik het, sonder dat sy vir ons die presiese woord hoef op te dis, laat Nina Overton-de Klerk ‘n manier bedink om dit so aan haar lesers oor te dra.

“Hierdie klein skermunkel,” kan sy skryf, “het in skeltaal vir my seun gesê hy moet vir sy Oom FW gaan kritiseer oor die algehele verval van die land as gevolg van sy ruggraatlose oorhandiging van mag aan die ANC.” Daar’s hy. Dit was nie moeilik nie en die sin is genadiglik vry van die onooglike selfsensuur van die asterisk.

Maar dit is nie goed genoeg vir Overton-de Klerk nie. Sy wil die kru uitdrukking voor ons oë hê om ons te oortuig van haar verbondenheid tot proletariese wortels. Nie net is sy ‘n verhewe liberalis wat ons begunstig met haar epistel uit die heuweltoppe van linkse Afrikanerdom nie, sy dra ook die kentekens van iemand wat bereid is om neer te daal om tussen die prole te wandel. “Daarom,” skryf sy in haar sub-teks, “kan julle my vertrou. Ek weet wie julle is en wat julle nodig het want ek…ken die f-woord.” Maar sy is nie bereid om daarvoor te betaal deur die woord uit te skryf nie. Sy los dit aan die leser oor om sy eie gedagteland te besoedel met die innerlike verklanking van die woord.

Dit is presies wat sal gebeur. Letters is simbole wat gebruik word om sekere klanke te verteenwoordig. ‘n Asterisk is nie ‘n letter nie en stel nie ‘n klank voor nie. Die aanwending daarvan in ‘n woord stel ‘n raaisel daar; nie enigsins ‘n ingewikkelde raaisel nie maar die verstand dring tog onwillekeurig daarop aan om dit op te los. Hierdie oplossing is ‘n suksesvolle mnemoniese werktuig en so word die oorspronklike woord net nog fermer in die bewussyn gevestig. Soos gewoonlik word die gewone burgers gelos om die selfvoldane liberalis se gemors te absorbeer. Nina Overton-de Klerk wil gewaagd maar nie waaghalsig wees nie. Sy wil in die openbaar p**p (en ons leen hierdie woord uit haar leksikon) maar wil nie hê ander moet dit ruik nie.

Sy wil haarself vrywaar met die argument dat daar soveel ander woorde saamgestel kan word uit haar konstruksie, dat dit nie te sê is dat sy enige gruwelwoord in gedagte gehad het nie. Miskien sal ons dink die seun het gesê “opgefyt,” “opgefim” “opgefus” of  “opgefez”? Nou maar goed. Kom ons akkommodeer maar Overton-de Klerk se skynheiligheid en kies vir ons twee letters – maar net nie “O” en “K” in daardie volgorde nie – om haar woord uit te lê. Ek persoonlik sal die aanstootlike “K” nie aanwend nie. Dit word te maklik gebruik om ‘n bruin woord, “k*k” te vorm, of, nog baie erger in Naspers se oë, die swart woord, “k*ffer”. So, geen “K” vir my nie maar ek hou van die “O”. En, ag nou ja, gee dan vir my ‘n “P”. Daar het ons dit: “Opgefop.” En dit is passend.

FW het, in die volle sin van die woord, ons goeie ou Suid-Afrika, daardie land wat so “wonderskoon” was soos Hanru Niemand sielvol sing, properlies opgefop.

Hy het dit opgefop met sy foppen plakkate wat “eie skole, eie woongebiede” in sy verkiesingsveldtog van 1989 waarborg. En watter fopop was sy referendum nie toe hy die Afrikaner so ver gekry het om homself op te fop deur “ja” te stem nie. En toe fop FW voort met die onderhandelinge en fop sy volk deur die ore deur nooit, soos hy belowe het, vir hulle die kans te gee om sy foppen oorgawe te ratifiseer nie. En daardie regering van nasionale foppen eenheid, dié was nou eers vir jou ‘n foppen klug. Toe fopof FW mos daaruit en los ons om rond te fop in die gemors. As daar Afrikaners is wat hom nou wil opfop verstaan ek dit. En as daardie knaap by die “tipiese Afrikaanse staatskool” sy foppen middelvinger vir Nina se seun se oom wys, moet ons seker begrip hê vir hom.

Ek wens Overton-de Klerk wil vir ons vertel wie dié jong man is. Ek beskou hou as skrander en met baie meer politieke insig as sy maatjie se ma met die dubbeldoor van. En ek stem saam met hom; foppen al die pad. Die land is opgefop. Dis nie net ek en hy wat so dink nie. Deesdae is die Groot Fopper homself, FW foppen de Klerk, self “besorgd” oor die land, oor regstellende aksie en landbou en só aan. Dis nou nie juis ‘n noodgil in die nag nie maar, fop’it alles, dis die naaste wat hy ooit aan ‘n erkenning dat hy opgefop het sal kom.     

As hierdie besef sy “kale ou kop”, soos Eugene Terreblanche dit noem, binnegedring het, is FW die enigste van hierdie De Klerks wat die lig gesien het. Skoonsus Nina is, in egte Naspers-styl, vasbeslote om blind te bly vir die werklikhede van die Nuwe Suid-Afrika en, met ‘n geïrriteerde gefladder van haar pen, maak sy  die desperate krete oor die groeiende nasionale katastrofes af as “daai soort van beskuldigings.”  Blykbaar is sy erg koud gelaat deur die nasionale paaienetwerk wat verkrummel, elektriese toevoer wat elke dag meer wisselvallig word en munisipale dienslewering wat nou net in ‘n vlaag van nostalgie onthou  kan word. Onderwysstelsel waarvan die hoofproduk ‘n verwarde, verbitterde en ongeletterde geslag kinders sonder vaardighede en hoop is? Suiwer piffel. Diefstal, kapings, moorde en willekeurige verkragtings? Dis maar net “daai soort van ding”, my dier. Nina Overton-de Klerk kan nie daardeur geroer word nie, nie terwyl sy erns maak van ‘n veel gewigtiger onderwerp nie: Die skynheiligheid van sommige Afrikaners.

Haar sentrale betoog – dat daar liberale Afrikaners is wat lippediens doen teenoor die Nuwe Suid-Afrika terwyl hulle dit eintlik in hulle harte verpes – is so alledaags dat ‘n blok blanke papier in die koerant dit ewe goed kon gestaaf het sonder om soos Overton-de Klerk vir die trotse Afrikaanse leser aanstoot te gee. Al was hier nie menings oor homoseksuele mense en verwysings na die Bybel nie, sou Antjie Krog verniet hierin gesoek het na “gehalte Afrikaans.”  Nina Overton-de Klerk, “kommunikasiekonsultant” wat sy nogal is, is ‘n lustelose en onbeholpe skrywer met karige eerbied vir taalreëls en geen aanvoeling vir die inherente ritmes en uitdrukkingsrykdom ons Taal nie. By haar kry ons geen deernis vir Afrikaans nie.

Ek, net soos haar spruit kom uit ‘n “gewone Afrikaanse staatskool” en daar was niks fatsoenlik aan Hoërskool Stoffberg in Brakpan nie. Maar selfs daar het ons geleer dat die standaardsin ‘n onderwerp, werkwoord en voorwerp bevat. Hierdie is basiese elemente van taalgebruik en, as jy enigsins respek vir jou taal het, sal jy dit in gedagte hou wanneer jy skryf. Baie skrywers, ter wille van klem of vir effek, verontagsaam soms hierdie reël. Soos ek in hierdie sin. Ek glo dat geen skrywer met enige respek vir sy ambag hierdie foefie sonder deeglike oorweging sal aanwend nie. Nina Overton-de Klerk, daarenteen, het skynbaar so ‘n lae dunk van haar lesers en voel haarself so verhewe bo enige taalkundige konvensies dat sy hierdie reël in bykans twintig persent van haar sinne breek. Dit is maar net slordige skryfwerk en behoort nie die sensuur van ‘n hoërskoolonderwyseres, wat nog te praat van ‘n subredakteur, te ontduik nie.

Hierdie gehawende skryfstyl vol galsterige menings en met clichés wat flap in die wind is, helaas, nie ‘n afwyking van Naspers se redaksionele beleid nie. Hier geld ‘n ander basiese impulse as ‘n aandrang op gehalte. Die subredakteurs en bladontwerpers is gedienstige meelopers. Die opskrif vir Overton-de Klerk se storie is: “As Afrikaners met die mond seën en in hul binneste vloek.” Opskrifte is die subredaksie se verantwoordelikheid. Selfs al sou die skryfster ‘n titel vir haar storie voorstel, het sy nie die bevoegdheid om te verseker dat dit gebruik sal word nie. Opvallend genoeg gaan haar storie oor sommige Afrikaners, eintlik ‘n piepklein groepie, maar in die hande van die subredaksie is dit alle Afrikaners wat by geleentheid so huigel. Miskien is dit nou maar weer net die tipiese agterlosigheid van vandag se Afrikaanse pers maar ek sou dink dit is eerder ‘n Freudiaanse glipsie wat vir ons wys wat Naspers se redaksionele hart van vol is.

Dit is ‘n arrogante hart, oorgerus in die kennis dat dit binne ‘n onaantasbare behemot klop. Onaantasbaar? Dit is so dat Naspers nie soseer die grootste vis in ‘n klein poeletjie is as die enigste seekat in ‘n koffieblik nie. Daar is geen noemenswaardige teenstaanders om dié mediareus se posisie te bedreig nie. Maar uit hierdie situasie kom ‘n sekere ongeërgdheid oor sy lesers se behoeftes. Die maatskappy maak die onverantwoordelike aanname dat wat goed is vir Naspers, goed is vir die land. In plaas daarvan om te vra wat sy lesers se ware opvattings en behoeftes is, neem Naspers dit op homself om vir hulle te besluit. Sy aanbod aan hulle is: Dé, lees dit of los dit. Daarom is dit onvermydelik dat, sodra enige alternatiewe aanbod ontstaan, die lesers toenemend gaan kies om Naspers te los.

Dit is ‘n algemene bemarkingswysheid dat ‘n hardewarewinkel nie 8mm-bore verkoop nie maar 8-mm gate. Die leser koop ‘n koerant en ‘n tydskrif nie bloot om ingelig of vermaak te word nie maar vir bevestiging van wie hy is. Maar Naspers se uitgewers neem dit nou al heeltemal te lank op hulleself om vir die Afrikaner te besluit nie net wat hy mág nie, maar wat hy wíl lees. En elke uitgawe van elke Naspers-koerant en –tydskrif bombardeer die Afrikaner met beelde en menings wat steurend met die volk se herkoms, opvattings en waarnemings is.

Die Huisgenoot, byvoorbeeld, wat van ‘n betroubare, soliede Nasionale Pers-gesinstydskrif na ‘n smerige Napers- skinderblad gemorfeer het, voer ‘n onsubtiele veldtog om die ideologie van veelrassigheid aan die Afrikaner te verkoop. Of dit nou gemengde paartjies op die voorblad is of die aanwysing van Brian Lara as die “seksiesste krieketspeler van die Wêreldbekertoernooi,” die grondfilosofie is dat daar géén verskil tussen rasse is nie en as Lara se “kom-hierso” ogies dit nie vir jou doen nie, is jy ‘n verfoeilike rassis. Hier is nuus wat Naspers in hulle eie koerante kans skryf: By verre die meerderheid lesers van Die Huisgenoot wil nie lees dat Brian Lara die seksiesste krieketspeler op aarde is nie. Dis miskien nie polities korrek nie, maar hulle dink ‘n goeie, vars, blanke jongman, AB de Villiers byvoorbeeld, is baie aantrekliker. En, ja, hulle dink so juis omdat hulle wit is en hý wit is. Vandag se wetenskap bewys wat ons almal nog altyd instinktief geweet het: Die ras waarin jy grootword vorm die maatstawwe wat jy aan fisiese skoonheid stel. Dit was altyd so en so sal dit altyd wees. Net Die Huisgenoot en sy makers het dit blykbaar nog nie gehoor nie.

Alle Afrikaanse Naspers-publikasies is besig om in gehalte en getalle te kwyn. Maar in die monster se grootheidswaan, en omdat hy nie noemenswaardige teenstaanders het nie, ignoreer hy die tekens. Hoogmoed kom voor ‘n val en geen maatskappy in Suid-Afrika is meer selfvoldaan as Naspers nie.

Niemand hoef vir die mediamonster voor te lig wat om te doen om homself te vernietig nie. Hy doen dit vanself.

‘n Miljoen voete, met slaai en ekstra kaas

Tom Wolfe, die weergalose betragter en woordskilder van die Amerikaanse sosiale landskap, het New York, die stad, in een van die mees invloedryke opstelle oor die Nuwe Joernalistiek as ‘n “miljardvoetige ondier” beskryf. Ons is van geaardheid meer bedeesd en sal daarom net ‘n miljoen voete aan Naspers toeken.

Hierdie miljoenvoetige monster van ons is ‘n indrukwekkende verskynsel want nie net het hy die ontsaglike massa van ‘n dinosourus nie maar ook die aanpasbaarheid van ‘n knaagdier en die gedyvermoë van ‘n kakkerlak. En tog, hierdie kolos, baie soos ‘n seekoei wat ballet, sukkel toenemend om fyntjies te trap.

Sy sukses en oorlewing weerskante van ‘n nasionale politieke rewolusie was ‘n peillose besigheidsprestasie. Deur skrander bestuur, met ‘n sekere waaghalsigheid en met onweerstaanbare beslistheid het dié mediamaatskappy homself losgewoel van sy herkoms. Dié sou hom skynbaar onvermydelik onder die oppervlakte gesleep het, reg die maalkolk in wat ontstaan het met die wegsinking van Afrikaner-heerskappy. Naspers het daarin geslaag om homself te herontwerp maar, baie soos ‘n mens wat net een keer van geslag kan verander, gaan hierdie mediamonster uitvind dat sy identiteit nou finaal ingemessel is in die huidige politieke bestel en dat sy voortbestaan onlosmaaklik verbind is met die lot van die Nuwe Suid-Afrika. As veelrassige politiek in Suid-Afrika misluk, sal Naspers swaar gekwes word.

 So lank as wat Groot Besigheid ‘n werkbare verhouding, hoe ongemaklik ook al, met ‘n swart meerderheidsregering het, kan Naspers vanuit hierdie skans funksioneer om internasionaal sy ryk te vestig en te onderhou. Maar daar is ‘n natuurlike teenstaander van die Nuwe Suid-Afrika en die spanning tussen ‘n rassistiese, onderdrukkende regering en hierdie opponent kan Naspers se transaksie met die spreekwoordelike duiwel befoeter. Hierdie speek in die wiel is, ironies genoeg, die Afrikaner en Naspers het juis uit die Afrikaner gekom om die Afrikaner te dien. Naspers loop op Afrikaner-voete maar dit is die Afrikaner se herontdekking van sy volksidentiteit en –trots wat Naspers se invloed en posisie moet bedreig. ‘n Sielsgesonde Afrikaner sal noodwendig met Naspers se belange bots. Om in sy huidige florerende inkarnasie te oorleef, het die monster geen keuse nie: Hy moet toesien dat die Afrikaner verdeeld, verward en onderdruk bly. Die monster moet sy eie voete eet.

Dit was nie so lank gelede nie wat die hele Naspers ––  toe nog Nasionale Pers ––  voete, geraamte, buik, kop en arms, die ganse dier, uit die Afrikaner bestaan het. Die maatskappy is in die twintigerjare gestig met die tiekies en halfkrone van die Afrikanervolk wat toe nog gehawend en uitgeteer was na die verskrikking van die Tweede Vryheidsoorlog. Die mediamaatskappy het sterk en gesond gegroei in pas met die Afrikaner se herrysenis en met sy konsolidering van die politieke mag. Nasionale Pers het ‘n deurslaggewende aandeel gehad in die vestiging van Afrikaans as ‘n sterk, dinamiese taal. Hierdie was ‘n volksmaatskappy in die beste sin van die woord.

In 1948, met D.F. Malan se verkiesingstriomf, het Nasionale Pers se lojaliteit in klem verskuif van volk na politieke party. Hierdie verbintenis tussen Nasionale Pers en Nasionale Party was heen-en-weer ‘n voordelige een. Pers het die volk gekondisioneer vir die Party se politieke maneuvers en met die Party se guns kon die mediamaatskappy uitbrei deur die totstandbringing en oorname van ‘n gesonde stal koerante, tydskrifte en boekuitgewers. Wanneer daar gesê word dat, in die era tussen Malan en De Klerk, die aarts-Afrikaner Nasionale Party gestem het, in die N.G. Kerk gebid het en by Volkskas gebank het, moet bygevoeg word dat hy Nasionale Pers gelees het. Die Nasionale Party het die volk gelei en Nasionale Pers het die volk gedien.

In die tagtigerjare, egter, het die dienaar godsdienstig geword toe hy die groot geldgod ontdek het. Die Mammonsprofeet wat sekerlik die nuwe evangelie met die grootste fanatiesisme aan Nasionale Pers gebring het, was ‘n jong regsgeleerde wat homself nie tuis gevoel het in die regsbedryf nie. Die storieskrywer kan beswaarlik ‘n beter fiktiewe karakter saamstel as wat Koos Bekker in die werklike lewe is. Hy is deels internasionale, merkantiele held en deels volksrampokker. Hy is ‘n vaardige onderhandelaar, ‘n sterk leier en het die ekonomies hoog aangeslaande vermoë om patrone in die mark te sien en die vermoë om sy visies te laat materialiseer, die soort wat eerder vra “hoekom nie?” as “hoekom?”

Ontgogel deur die regsberoep, het die jong Bekker afgesit Amerika toe ter wille van ‘n MBA by Columbia Universiteit in New York. Satelliettelevisie was aan die posvat in die VSA en hy het met die oë gesteel en homself deeglik ingegrawe in die nuwe tegnologie. Bekker en twee Afrikaanse makkers het die stang vas gebyt en ewe kordaat opgemarsjeer na Ton Vosloo, toe aan die hoof van Naspers, om hom te oortuig om hulle te ondersteun om betaaltelevisie te loods in Suid-Afrika. Uit hierdie dramatiese ontmoeting sou MNET gebore word. Dit het ‘n hele verskuiwing van die tektoniese plate binne Naspers veroorsaak. Die volksgerigte uitgewersmaatskappy het ‘n internasionale mediaswaargewig geword met indrukwekkende belange in satelliet-TV, selfoonnetwerke en elektroniese mediaplatforms.

Hierdie oorgang het saamgeval met ‘n ander, en nog groter, verskuiwing – die nasionale een van ‘n apartheidsbewind na meerderheidsoorheersing. Dit was ‘n onsekere tyd en het fyn ewewig en ratse voetwerk geverg. Indien daar enigsins ‘n debat binne die raadsale van Naspers was, het die Mammoniste die nasionaliste getroef. Die maatskappy sou gedien word, ongeag van die omvang van die offer. Naspers kon weer daarin slaag om hulle lojaliteite te verplaas, dié keer van die kwynende Nasionale Party af na die Nuwe Suid-Afrika. Die grootste potensiële bedreiging vir die reënboognasie is ‘n sterk blok Afrikaners met eie aspirasies en wat aandring op hulle regte. Vir die voortbestaan van die Nuwe Suid-Afrika en derhalwe vir die oorlewing van die maatskappy, moes Naspers ‘n besluit neem wat moontlik bitter, maar beslis drasties, was: Die Afrikaner moes verdwyn, absoluut net verdwyn.

Die Volk wat nie wou saamwerk nie

Naspers het, soos Frankenstein se monster, venynig omgeswaai om sy maker te verslind. Die maatskappy wat deur die Afrikaner met soveel sorg en trou gebou is, het nou die ywerigste advokaat geword vir die aftakeling van die volk. Deur hulle meningsveldtogte en propaganda te ontleed, kan die Naspers-strateë se Endlösung vir die Afrikaner vasgestel word. Dit is vervat in vier stappe:

Eers Abdikasie, dan Transformasie, daarna Integrasie en, uiteindelik, Annihilasie.

Die aanvanklike stap was ‘n maklike een, gechoreografeer deur FW de Klerk en Roelf Meyer se papperige oorgawe in Kempton Park. Naspers het nie geleentheid gehad om te wys hoe manhaftig hulle die Afrikaner kan rangeer om nasionale sepoekoe te pleeg nie. Maar die tweede fase in die genadedood van die Afrikaner het Naspers met entoesiasme op homself geneem. In elke uitgawe van Rapport, die drie susterskoerante (Beeld, Die Burger en Die Volksblad) en elke week in Die Huisgenoot en in elke ander tydskrif, het Naspers redakteurs, verslaggewers en rubriekskrywers die Afrikaner oortuig om ter wille van die utopiese transformasie van die land, homself te verag.

Die handleiding vir hierdie aanslag is uit die werk en filosofie van ‘n obskure Italiaanse kommunis, Antonio Gramsci, geknip. Nadat hy tot sy ontnugtering deur Benito Mussolini opgetronk is, het Gramsci probeer ontleed hoekom die verwagte Marxistiese rewolusie so ‘n patetiese flop in Italië was. Sy insig was dat ‘n kommunisme  nie ‘n Westerse land deur geweld kan oorrompel nie. Daarvoor is die Weste te bedrewe in die verfoeilike kunste van geld- en oorlogmaak. Gramsci se voorstel was dat so ‘n land tog kan val deur die leefwêreld van die inwoners daarvan – hulle kultuur – die teiken van ‘n strawwe maar subtiele en deurlopende veldtog te maak.

Naspers het dit op hulleself geneem om die Afrikaner as’t ware te gramsci. Die volk is bykans onvernietigbaar deur eksterne aanvalle, maar as sy geskiedenis, tradisies, prestasies en gemeenskapslewe aangeval word en intellektuele molekule vir intellektuele molekule weggekalwe word, sal die Afrikaner homself uiteindelik van binne af vernietig. Naspers, met sulke gewillige bondgenote soos die nuwe SAUK en die land se onderwysstelsel, het met die grootste en geduldigste beslistheid aan die werk gespring.  Die Afrikaner, prewel Naspers se publikasies soos ‘n duiweltjie op die volk se skouer, is, met die moontlike uitsondering van die Nazi’s, die grootste monsters wat nog ooit uit die geledere van homo sapiens gekom het. Die Afrikaner sal nooit kan vergoed vir drie eeue se onreg teen die saggeaarde, mensliewende swart ras van Afrika nie en daarom is die minste wat hy kan doen om te verdwyn. Die huidige slagting onder veral die boere is die Afrikaner se verdiende loën en hy moet dit sonder teëspraak verduur. Daar is niks beredderingswaardig  aan die Afrikaner nie; nie sy taal, sy geskiedenis, sy letterkunde, sy kerk, sy eertydse militêre trots nie. Niks. En hy moet homself net voortdurend begenadig ag dat hy nog voete op die land het in dieselfde tyd as sulke barmhartige halfgode soos Mandela, Tutu, Mbeki…

Hierdie filosofie is onverdedigbaar in die lig van gesonde verstand en tog het Naspers se poging om die onverkoopbare aan die Afrikaner te verkwansel ontstellend na aan algehele sukses gekom. Agtien maande gelede het kommentators nog gesmaal dat die “Afrikaner stoom verloor het,” en het hulle gegrinnik oor die stomheid waarmee die volk voor die skeerder saamgedrom het. Maar  uiteindelik het hierdie poging gefaal: Dit is inherent vals en het nie geresoneer met die waarheid in die gesamentlike hart van die Afrikaner nie. Die Afrikaner wéét wie en wát hy is: ‘n Taai, skrander, vredeliewende, wetsgehoorsame, gelowige en deernisvolle volk wat nog altyd net die ruimte en geleentheid wou hê om homself te regeer sodat hy sterk en vooruitstrewend kan word en in die posisie sou wees om die swakkere volke om hom te help. Naspers se bombardement onwaarhede het soos metaangas onder die volk se kors opgebou en uiteindelik was dit ‘n oënskynlike onskuldige verskynsel wat deur hierdie laag geboor en suurstof en ‘n vlammetjie by die gas gevoeg het. Dit was ‘n sagte-rock liedjie oor ‘n afgestorwe generaal en ‘n volk se pleidooi aan hom. Vlamme, rook, magma, verskroeiing. Naspers ontken dit nog, maar hulle het die stryd om die volk se hart verloor.

Die enigste rede hoekom Naspers nog hoegenaamd suksesvol is om enige leesstof onder die volk te versprei, is die stelling wat hy ingeneem het teen die ANK. Naspers het homself haarfyn geposisioneer as ‘n Nuwe Suid-Afrika voorsanger eerder as om homself te verbind tot die heersende politieke party. Dit gee vir redakteurs soos Jonathan Crowther, Tim du Plessis en Henry Jeffreys die geleentheid om hulle duime te byt in die rigting van die rassistiese Mbeki-regime sonder dat hulle die Afrikaner enige bestaansreg gun. Dit is net hierdie venyn teenoor die ANC wat vir die Afrikaanse Naspers-publikasies nog enigsins geloofwaardigheid in die volk se oë gee. Maar hierdie sorgvuldig ingerigte posisie het ‘n prys: Dit is ‘n statiese een. Koerante en tydskrifte gedy op vernuwing maar met die Bresjneff-tipe stagnering waarin die Nuwe Suid-Afrika vasgeval het, kan daar niks nuuts in Naspers se lyfblaaie wees nie. In Suid-Afrika is net een van twee politieke modelle beskikbaar: Multi-kulturalisme of  selfbeskikking. Naspers het sy wa gehaak aan die multi-kulti trekker en die onvermydelike mislukking van veelrassigheid gaan ongetwyfeld ‘n einde bring aan Naspers se greep op die Afrikaner se siel.

Naspers, die judasbok wat die Afrikaner deur die slagproses van Abdikasie en Transformasie begelei het, gaan nou tot sy afgryse sien hoe die slagskaap vassteek by die derde stap, Integrasie. Die Afrikaner begin nou toenemend weer besef wie en wat hy werklik is. Wanneer daardie kennis sterk genoeg in die volksbewussyn is, gaan die Afrikaner omdraai en dan ook die eerste twee stappe, Transformasie en Abdikasie, omkeer. Die Afrikaner sal weer die meester van sy eie land en volk en die kaptein van sy eie lot wees. En waar sy lot afwyk van Naspers s’n, is dit die mediamonster wat onafwendbaar sal moet verval.

Selde was so ‘n groot mediagroep so kwesbaar deur klein mededingers soos wat Naspers vandag is. Twee jaar gelede het ‘n onafhanklike groep redakteurs en verslaggewers die eerste Afrikaanse Sondagkoerant, Die Wêreld, uit die niet tot stand gebring en, met ‘n meer gefokusde redaksionele beleid en noukeuriger beplanning, kon hulle Die Rapport erg gekwes het. Soos wat dit was, moes Naspers, volgens agter-die-hand stories in die mediawêreld, van bedenklike tegnieke gebruik maak om die nuwe japsnoet te pootjie. Hierdie koerant was ‘n kordaat poging om Naspers te takel waar die mediamonster nie net ‘n ontsaglike gewigsvoordeel gehad het nie  maar ook die omgewing van die stryd kon beheer.

Daar is wel een publikasiepyp wat Naspers nie verstop kan kry nie: Die internet. Daarop gedy klein, onafhanklike verspreiders van inligting en kommentaar. PRAAG is die vernaamste van hierdie uitdagers. PRAAG het ‘n indrukwekkende getal besoekers op die webwerf. Tans steek dit nog af teen die enorme hoeveelheid Naspers-lesers, maar PRAAG het twee dinge wat Naspers nooit weer sal hê nie: ‘n Groeiende leserstal en die instinktiewe ondersteuning van ‘n herrysende Afrikanervolk.  

PRAAG is uitstekend geposisioneer om die sprong van elektrone na ink te maak, van kwartaalblad en boeke na tydskrif, weekblad, dagblad… wie kan sê… en Naspers het die volk moerig genoeg gemaak sodat ‘n nuwe aanbod, een wat praat soos wat die volk voel, onherstelbare krake in die monster se pantser sal slaan.

Naspers het nog nie hierdie nuus gekry nie. Vir hulle is dit besigheid soos altyd, met die klem op “besigheid.” Hulle koerante en tydskrifte kan nie iets rewolusionêr of nuut ondersteun nie. Daarom vloei die wit ink in liters en liters Tippex-joernalisme. Meningskrywers word nou juis gekies vanweë die sufheid van hulle denke en die kortsig van hulle waarnemings. Die enigste vereiste om ‘n rubriek vir Naspers te hanteer, is dat die skrywer se verstand nie vertroebel sal wees deur enige vurigheid, forsheid of verfrissendheid nie. “Onbehoorlike denke,” soos deur George Orwell voorgeskryf as die enigste teengif teen die oormagtige aanslag van totalitarisme, word nie by Naspers geduld nie. Daarom vul hulle voortdurend hulle span rubriekskrywers aan met sulke onbeduidende persoonlikhede soos Koos Kombuis, Max du Preez en… Nina Overton-de Klerk.

Sy vertel, met ‘n spatsel grootdoenerigheid, dat haar seun, een wit vriende en een swart vriend, die venynige kritikus van haar swaer “uitgesorteer” het. Presies hoe hulle dit gedoen het, weier sy om te sê, anders as om op te merk dat dit “genadiglik vuisloos” was.  “Einde van storie,” soos sy weereens in ‘n sin sonder ‘n werkwoord skryf.

Dit word aan ons oorgelaat om te bespiegel oor hoe hierdie jong aktivis reggesien is. Omdat haar seun ‘n De Klerk is, is dit instinktief om te glo dat die seun afgedreig, omgekoop of belieg is. Maar dit is onregverdig om Nina se seun so te belaai met die sondes van sy vaders. Daar is ‘n ander manier waarop die jong De Klerk die venyn van die ontstoke seun teenoor hom kon getrek het, ‘n benadering wat insig, kloekmoedigheid en ‘n sin vir regverdigheid, alles so jammerlik tekort in die De Klerk-familie, sou toon:

Hy kon met hom saamgestem het.

игри для детеилобановский политик

FIFA-jakkalse verniel SA se wingerd

ImageAs iemand dink dat die R188 730-vermorsing van belastingbetalersgeld buitensporig was toe Charles Nqakula Europese beleggers gaan paai het met die “persepsie” van misdaad in Suid-Afrika, of dat die R400 miljoen van die mislukte eNatis-stelsel fataal was, gaan hy in die volgende paar jaar skokterapie benodig wanneer die waarheid omtrent die FIFA-jakkalse onthul word. Aan een van die grootste jakkalse, die Gautrein-projek, word nog nie ’n totale koste gekoppel nie.  Verskillende afdelings daarvan word wel bespreek en mens kan maar net twee en twee daaruit bymekaar tel om vier te kry. Die moontlikheid dat die koste daarvan saam met die ander groot en klein jakkalse van die Wêreldbekersokkertoernooi in 2010, Suid-Afrika totaal ekonomies kan kelder, is nie uitgesluit nie.

Eers moes die tekort aan vaardigheid vir die Gautreinprojek aangespreek word deur dit vir 39 Suid-Afrikaners wat geëmigreer het, die moeite werd te maak om terug te keer hiervoor. Hierdie siviele ingenieurs, kwaliteitsinspekteurs en konstruksievoormanne is reeds besig met hulle goedbetaalde taak.  Ook was Bombela genoodsaak om ervare werkers van onder andere Brittanje, Filippyne, Indië en die SAOG-lande in te voer.  Dit maak dat een van die staat se groot beloftes naamlik grootskaalse werkskepping as gevolg van die Wêreldbekersokkertoernooi, reeds gedeeltelik misluk het.

Bombela, die konsortium wat nou die konstruksiebeplanning vir die Gautrein-projek behartig, vorder glo fluks daarmee teen sowat R3 miljoen per uur; hulself beraam dit op ongeveer R20 miljoen per dag.  En dan praat hulle van twee fases waarin hulle die projek gaan voltooi.  Die eerste fase sluit in die netwerk tussen Johannesburg se lughawe, Sandton en Midrand, wat 45 maande behoort te duur.  Die tweede fase, wat die res van die spoor tussen Sandton en Johannesburg, asook die roete van Midrand na Hatfield insluit, sal in 54 maande voltooi word. Altesaam is dit 99 maande wat op 8,25 jaar te staan kom.  Dit klink asof Bombela beoog om minstens die eerste fase af te handel voor die sokkertoernooi, maar 45 maande is 3,75 jaar, en die sokker skop af op 11 Junie 2010. Voeg daarby dat die Gautreinprojek tot stilstand gekom het met die landswye stakings, dan raak dit effens moeilik om te bereken wanneer dit voltooi kan word…

Nietemin, 99 maande het, konserwatief bereken, 2 475 werksdae waarin R20 miljoen per dag bestee word wat ons by R49,5 miljard bring. Hopelik sluit dit die kostes van al die stasies en die sewe noodskagte in. Belangrik is die Marlboro-portaal waar die spoor vanaf Rosebank, Sandton en Marlboro-stasie sy verskyning sal maak.  Dan is daar ook beplan om binnekort in Pretoria naby die N14-kruising by Salvokop die tonnel te begin grou. Die skag van die Parkstasie-tonnel is glo reeds 75% voltooi.

En nie die minste nie is Rosebank waar nog pas begin is met die skag, en ’n driekilometertonnel gebou moet word. Hier is ontdek dat die grond baie sag en vol water is, maar met al die belastinggeld tot beskikking, was dit nie ’n probleem om die hulp van die Franse konstruksiereus Bouygues Travaux Publics, een van die vennote in die Bombela-konsortium wat die hele treinstelsel bou en gaan bedryf, in te roep nie.  ’n Reusetonnelboormasjien (TBM) word tans in Duitsland hiervoor gebou wat letterlik onder water gaan boor terwyl dit die tonnel agter met sement uitvoer en afseël, ’n monster wat 885 ton weeg en in Oktober per skip glo in Suid-Afrika sal arriveer.  Die TBM se wiel word aangedryf deur net 2 450 kW elektriese krag, iets waarvan Suid-Afrika ’n oorvloed het wanneer Eskom die krag elders afskakel (hul vyfjaarplan vir kragnetwerkverbetering ook mosterd na die maal), en hy kos maar net R300 miljoen, dit beteken R100 miljoen per kilometer.  Wat is dit tog in vergelyking met die R49,5 miljard?  Saam is dit slegs R49,8 miljard vir die Gautrein. Maar sluit dit die trein self in?

Dan kom nog groot jakkalse by, die stadions: Kaapstad R2,95 miljard, Port Elizabeth R1,3 miljard (daar kort nog R2 miljoen), Durban R1,83 miljard, Pietersburg R870 miljoen (reeds R73,6 miljoen meer as wat in Februarie berig is), Johannesburg R215 miljoen, Bloemfontein R241 miljoen, Pretoria R90 miljoen, Nelspruit R875 miljoen, Rustenburg R250 miljoen, en Soweto R1,5 miljard, sommige waarvan die BTW nog uitgesluit is. Maar wat dit die belastingbetaler in Suid-Afrika werklik gaan kos, weet geen siel blykbaar nie want in Suid-Afrika word die somme gemaak as die projek reeds ver gevorder het of afgehandel is. Daarvan is die sooispitseremonie vir die sokkerstadium in Nelspruit ’n sprekende voorbeeld waar daar uiteindelik R1,45 miljoen in plaas van die beplande R850 000 spandeer is, dit teenoor Durban se R300 000 en Kaapstad se R35 000. En niemand weet wat dit Pietersburg en Port Elizabeth gekos het nie…

Dan is daar ook die klein jakkalsies. Om alternatiewe vervoer vir 2010 gereed te hê, is daar R22 miljard begroot. Dit sluit klaarblyklik nie die boukostes van die lughawens se opgradering in nie. Daarby gaan die polisie se mannekrag vermeerder van 165 000 tot 193 000, maar daar word nog nie oor salarisse gepraat nie. En om ons polisie te beskerm teen die sokkerboewe, is die Britse polisiediens betrek om te kom help.  Mens wonder of hulle ook salarisverhogings gaan vra. Verder word Suid-Afrika se analoog-uitsaainetwerk met digitale tegnologie en nuwe dekodeerders vervang (’n FIFA-vereiste). Die bykomende elektriese krag wat Botswana gaan verskaf sal ook nie gratis wees nie, net soos die kragopwekkers wat by al die stadions gereed moet staan volgens FIFA se voorskrifte. Niemand rep nog egter ’n woord oor hoeveel dit gaan kos om die 5 miljard liter brandstoftekort as gevolg van die gebrekkige pypleidingsvermoë tussen die kus en die binneland, voor 2010 aan te spreek nie.

Of die adjunk-polisiehoof, André Pruis, se versekering dat al die stadions en infrastruktuur op skedule is en “tot die fynste besonderhede beplan” is, die papier werd is waarop dit staan, hoef ons nie oor te twyfel nie. Maar as daar enigsins getwyfel word wie die sokkerskade van 2010 gaan betaal, moet ons net die inhuldiging van die ANC in 1994 in herinnering roep toe selfs die Ontvanger van Inkomste opdrag gekry het om alle belastinggeld wat terugbetaalbaar was aan besighede en sommige individue, terug te hou sodat die ANC hulle miljoene-dollarfunksie kon hou. Die verkil is net dat 2010 se “funksie” nader aan biljoene grens.

Die gevolge van die sokkertoernooi in 2010 kan Zimbabwe se verval na ’n kinderpartytjie laat lyk. Dit het tyd geword dat daar dringend besin word oor wat met Suid-Afrika se ekonomie in die volgende paar jaar kan gebeur.детский магазин игрушкиДанильченео

Pole midde-in nuwe Koue Oorlog

Image

Bush omhels Kaczynski

Geen woord oor die Russiese voorstel om in Azerbaidjan ‘n missielafweerstelsel op te rig nie. Dit was duidelik tydens die ontmoeting met Poolse president Lech Kaczynski Vrydag in Danzig, dat George W. Bush hom nie gaan steur aan Russiese versoeke nie. Vladimir Poetin, wat ook voorgestel het dat die VSA na Irak of Turkye kyk om só ‘n stelsel in gebruik te stel, het nog nie op die Amerikaanse stilte gereageer nie.

Die VSA wil ‘n missielafweerstelsel in Pole bou en ‘n radarstelsel in Tsjeggië om ‘n moontlike aanval uit Iran die hoof te bied. Vir vele EU-lidlande is die nuwe planne ‘n steen des aanstoots en kritici betwyfel of die reikafstand van Iran se missiele ooit naby dié lande sal kom. Die weiering van Amerika om die Russe se aanbieding van samewerking ernstig te oorweeg, lui waarskynlik die volgende rondte skermutselings tussen die twee eertydse Koue-oorlogveterane in.

Bush is skynbaar onder die indruk dat hy ‘n tweede na-oorlogse Amerikaanse segetog in Europa kan laat herleef met behulp van lande wat moeilik met Duitsland kan meeding. Sy taal en verwysings was tipies van die konteks wat ná afloop van die Tweede Wêreldoorlog geheers het.

Pole se sukkelende verhoudinge met buurlande Duitsland en Rusland is bekend. Die Poolse minister van Verdediging, Radek Sikorsky, het al by geleentheid na die "Hitler-Stalin-pakt" verwys om die Noordeuropese-gaspypleiding wat sy bure onderneem het, aan te val. Ook die lot van Duitse minderhede in Pole is ‘n teer punt en die Pole wil nie graag daaraan herinner word nie.

Pole word deur ‘n konserwatiewe regering gelei. Die identiese tweelingbroers, Lech en Jaroslaw Kaczynski is onderskeidelik tot president en eerste minister verkies. Die Kaczynski’s is, in navolging van die Republikeinse Party in die VSA, bekend vir hul onverdraagsaamheid teenoor homoseksuele huwelike en hul aanmoediging van die doodstraf. Die Gay Pride-optogte is in 2004 en 2005 in Pole verbied.

Alhoewel albei broers uitgesproke homofobe is, het die koerant die "Rzeczpolita" berig dat die Poolse geheime diens in 1992 ‘n ondersoek teen Jaroslaw gelas het om sy seksuele voorkeur te probeer bepaal. Jan Lesiak, die ondersoekbeampte, was van mening dat dit raadsaam sal wees aangesien Jaroslaw steeds by sy moeder gewoon het en oënskynlik nie veel in vroulike geselskap belang gestel het nie.
 
Die identiese broers is sedert hul kinderjare in Pole bekend omdat hulle die hoofrolle in ‘n kommunistiese film vertolk het. Die film by name "Die twee wat die maan gesteel het" was destyds op massaverspreiding gemik.

Die Kaczynski’s het ook ‘n berugte naamgenoot in die VSA, bekend as die Unabomber wat kampusse en lughawens vir ongeveer 20 jaar lank met briefbomme geteiken het. Ted Kaczynski, ‘n talentvolle wiskundeprofessor van Berkeley, is uiteindelik deur die FBI aangekeer. Kaczynski wou deur sy terreurveldtog die oorheersing van tegnologie verhoed omdat dit blykbaar teen die menslike natuur sou wees.

Bush is met ope arms Vrydagaand deur die Poolse leier in die geskiedkundige hawestad ontvang. Hy het die Pole vir hul ondersteuning van die missielafweerstelsel op hul grondgebied tydens ‘n gesamentlike perskonferensie bedank. "Ons wil ‘n regverdige uitkoms onderhandel, wat die veiligheid van Pole en die veiligheid van die hele kontinent sal verhoog teen skurkbewinde wat in die versoeking kom om vrye nasies te wil onderdruk."

In Tsjeggië het die ongewilde Amerikaanse leier gesê: "Die Koue Oorlog is oor. Dis verby. Die mense van die Tsjeggiese Republiek hoef nie te kies tussen vriendskap met die VSA of vriendskap met Rusland nie, julle kan altwee kies."  Hy het nietemin vroeër by ‘n konferensie vir demokrasie wat deur oud-president Vaclav Havel en Nathan Sharansky gereël is in dieselfde vertrek waar die Warskou-pakt ontbind is, Rusland en China weens ‘n gebrek aan demokrasie gekritiseer.

Op hul kenmerkende sikofantiese manier, het Naspers se Pieter Malan vandeesweek in ‘n patetiese rubriek in Beeld ook gepoog om die Russe op dieselfde wyse as Bush te kritiseer. Dit kom nadat Mbeki tydens sy besoek aan Heiligendamm homself soos ‘n handpop vir Bob Geldof gedra het en hy woordeliks clichés oor Afrika herhaal het wat sy Britse meesters van hom verlang het.

Bush beplan ook om in Albanië en Bulgarye aan te doen wat die VSA se belangstelling in Rusland se agterplaas nog verder sal beklemtoon.

диагностический сканер для автоАлександр Фильчаков

Suid-Afrika weer by Derdepoort

ImageSoos Helen Zille, is daar menige blanke mense wat glo dat Suid-Afrika waarlik ’n vreedsame, nie-rassige land van melk en heuning kan word.  Dit hoor en sien ons ook by elkeen wat nie glo dat die swart kultuur ligjare verwyderd staan van die blanke ras s’n nie; wat nie verstaan dat wit nie swart durf vertrou nie en daarom nooit suksesvol sal kan saamwerk of -woon nie.  Dit bewys maar net dat die meeste wit mense nie hulle geskiedenis ken nie.  Vir hulle sal die verrassingselement net so groot en net so fataal wees soos vir die talle goedvertrouendes in ons geskiedenis. 

Onthou u die wreedheid by Derdepoort in 1899 toe die ‘goeie verhouding’ wat die boere met die Bagatlastam gehad het, blitsvinnig omgeswaai het na onmenslike moorde op die blanke inwoners daar? Dit het die Britte nie veel moeite gekos om die Bagatlas om te haal om die boere en polisie uit te moor nie. Kom ons leer weer uit daardie stukkie geskiedenis:

Om die Transvaalse noordwestelike grens langs die distrikte Rustenburg en Marico behoorlik teen ’n vyandelike aanval te beskerm, is daar op 9 Oktober 1899 ’n sterk afdeling Rustenburgers onder bevel van kommandant Casper du Plessis te Derdepoort gestasioneer. Tot 25 November was daardie boere oortuig dat die opperhoof van die Bagatlastam, Linchwe, hulle goedgesind was, Linchwe wie se hoofstat, Mochudi, geleë was tussen die Limpopo- en Notwaniriviere.

Op 31 Oktober het ’n patrollie van 17 manne onder leiding van polisiekommandant Riekert selfs in Mochudi oornag waar hulle baie gasvry deur Linchwe onthaal is.  Riekert het tydens hierdie tog met verskeie ander kapteins van die Bagatlas gepraat en die indruk gekry dat die boere langs die Transvaalse wesgrens niks te vrese het nie omdat die Bagatlas neutraal sou bly in die stryd teen die Engelse.  Selfs president Paul Kruger het geglo dat hulle betroubaar genoeg is en gereël dat Linchwe met sy volk teen Khama moes optrek indien die Bamangwato’s, wat vroeg in die Anglo-Boere-oorlog ’n vyandige houding jeens die boere ingeneem het, weer moeilikheid sou maak.

Al wat dit die Britte gekos het om Linchwe teen die boere te laat optree, was ’n groot voorraad ammunisie aan die Bagatlas om “Linchwe se volk teen die boere te beskerm”. Verder het die Engelse die steun van Segale, halfbroer van Linchwe wat self in stryd met sy broer was vir opperhoofskap van die Bagatlastam, gewerf.  Ook is ’n sekere kaptein Griffiths na Linchwe gestuur om hulle te wys op die noodsaaklikheid om hul grense en statte te beskerm deur al die boere uit hul gebied te dryf, kwansuis omdat die lojaliteit van die kapteins gemeet sou word aan hulle ywer om Haar Majesteit die Koningin se gebied te beskerm. Daarmee het Linchwe se goeie gesindheid teenoor die boere soos mis voor die son verdwyn!

Van die skielike vyandskap het die boere by Derdepoort niks geweet nie en was hulle slegs op hulle hoede vir Nicholson se troepe. Toe generaal Snyman aan kommandant Du Plessis op 4 November opdrag gee om die grootste deel van sy manskappe by Gaberones te gaan vestig, het net sowat 100 burgers by Derdepoort oorgebly.

Op 22 November begin die Britte toe met Linchwe en Segale asook die assistent-magistraat van die destydse Betjoeanaland, die heer J Ellenberger, beplan om die aanval op Derdepoort ’n sukses te maak. Op Vrydag 24 November vertrek die gedugte sameswering vanaf Motchudi met ook 130 berede troepe, 10 fietsryers en ’n maxim na Derdepoort, en later sluit Segale met sy impi van 500 man aan.

By Derdepoort is die walaer deur 100 burgers van die kommando Rustenburg beman terwyl die inwoners van die dorpie Derdepoort ongeveer ’n kilometer noord in verskeie geboue gehuisves is.  Daar was ook ’n polisiekantoor, twee winkels en ’n skooltjie.  Niksvermoedend het hierdie mense die nag van Vrydag 24 November 1899 tegemoet gegaan, so ook die 100 burgers in die walaer.  Ongeveer ’n uur voor dagbreek het die Britte en impi’s die rantjies langs die Marico bereik.

Met dagbreek bulder die maxim almal by die walaer wakker, knetter die Engelse se Lee-Metfords en die Bagatlas se Martini-Henry’s, en weerklink die demoniese krygsgeskreeu van die impi’s. Die verbouereerde burgers het in alle rigtings gevlug terwyl die barbare ’n paar van hulle wreedaardig om die lewe gebring het, dog die meeste het daarin geslaag om te ontkom. Op bevel van kommandant Kirsten het die boere op twee rantjies weerskante van die laer posisie ingeneem en die wêreld ook vir die Britte en hul maxim so warm gemaak dat hulle en die swart barbare om 10:00 finaal geretireer het.

’n Groot aantal van die krygers het egter koers gekies na die huise van Riekert, die winkel van die heer Pieters en die woning van Early, die fotograaf.  Pieters se winkel en woonhuis is geplunder, mev Pieters is summier doodgeskiet en haar man is saamgevoer deur die rivier na die statte toe. Toe die skreeuende barbare op die polisiestasie en woonhuis van Riekert toesak, is dit sonder meer geplunder en afgebrand.  Die paar polisiemanne wat hierop na die laer probeer hardloop het vir hulp, is deur die swart barbare omsingel en doodgemartel waarna hulle liggame in ’n gruwelik verminkte toestand agtergelaat is. 

By een van die woonhuise het vyf polisiemanne ’n aantal vroue en kinders probeer beskerm totdat al hulle ammunisie opgeskiet is.  Daarna het mev JJ Potgieter ’n stuk laken aan ’n riet vasgemaak om as wit vlag op te steek, maar telkens is die riet in haar hand stukkend geskiet.  Totaal omsingel en radeloos hardloop die vroue en kinders toe hulle vyand tegemoet om genade te gaan smeek, maar die skote bly op hulle reën waartydens die seuntjie van Paul Potgieter, asook mev Potgieter, gewond is.  Nadat hulle gevange geneem is, het die honende marteltog begin waarin hierdie sestien vroue en kinders vir vier dae soos diere mishandel en aangejaag is, sonder voedsel of water.  Die genade was groot toe hulle die Dinsdagmiddag deur luitenant Surman na Mochudistasie geneem is waar daar oor hulle lot besluit sou word.

Vandag staan Suid-Afrika weer by Derdepoort en kan ons na ons eie Bagatlas (die ANC en sy meelopers) verwys wat met omkopery en breinspoeling deur die internasionale geldmagte beheer word.  Intussen is die blanke inwoners in hierdie land, en veral die Afrikaners, steeds die teiken vir uitwissing en uitdrywing oor grense as gevolg van enersyds goedvertrouendheid, en andersyds verraad. Hoeveel maal moet die geskiedenis herhaal word voordat die werklikheid finaal inslag vind?

21 and overЛобановский Харьков

Maak reg vir Sowetodagpropaganda

In aanloop tot 16 Junie (sogenaamde Jeugdag) het die regime reeds met sy jaarlikse intensifisering van haatpropaganda teen die Afrikaner begin. In die week wat verby is, is Snuki Zikelala, hoofuitvoerendebeampte van die SAUK, genooi om op SABC3 se Three Talk die biografie van Albert Luthuli te bespreek. Die pseudo-intellektule snert wat hierdie diktotariele staatsmediahoof  kwytgeraak het  was niks minder as die verdere aanwakker van rassehaat nie. Hierdie ANC-kommisaris in die Sowjetsin, wat beter bekend is vir die opstel van joernalistieke swartlyste,  is waarskynlik die hoofdryfveer agter die SABC se blankehaatpropaganda.

Verlede jaar is 16 Junie ook voorafgegaan deur die beeldsending van anti-witmateriaal. Die aard daarvan was meer rassisties as die jaar tevore. Hierdie aanhitsing deur die SAUK het sekerlik ’n rol gespeel in die dramatiese opswaai in geweldsmisdaad sowat ’n maand na 16 Junie.

Met die huidige stand  van sake in die land is die vooruitsig vir ’n meer versoenende benadering deur die ANC se uitsaai-arm (SAUK) gering.  Daar is verskeie krisisse binne die ANC sowel as in die breë samelewing waarvan die aandag afgelei moet word. Tussen die ANC en sy alliansievenote heers groot spanning, daar is die presidensiële opvolgkwessie, verder is die swart publiek vanjaar nog meer ontevrede met die regering se nie-dienslewering op plaaslike en nasionale vlak. Onluste kom sporadies voor en tans heers daar ’n massastaking deur veral swart staatsamptenare.

Intussen stroom meer as 100 000 onwettiges per maand die land in en raak druk op die ekonomie en infrastruktuur onhoudbaar. Mededinging onder die armstes om werk en oorlewing is ook op breekpunt. Die gevolg is die onbeheersde misdaadsituasie wat blyk net verder te verdiep. Die onstellendste is die manier waarop veral blankes onder besonders wreed en moorddadige gedrag deurloop. Lg. situasie is waarskynlik reeds in ’n groot mate die regstreekse gevolg van die regime se demonisering van witmense.

Om die aandag van die ANC se krissise en die swart gemeenskap se desperaatheid af te trek, kan mens vanjaar verwag dat die SAUK ten minste met dieselfde intensiteit as verlede jaar die blanke as die boosdoener gaan uitwys. Dit is egter baie waarskynlik dat dit in ’n selfs erger graad sal geskied. Verlede jaar se blankehaatpropaganda het gewissel van die subtiele tot die mees blatante en het tot na 16 Junie geduur. 

Televisiekykers kan hul gereed maak vir ’n stewige dosis van oorsentimentele en emosionele herskouings van Sowetodag en ander blanke ‘vergrype’, sowel as die beeldsending van films soos Amistad (asof Afrikaners verantwoordelik was vir die Amerikaanse slawehandel), Cry Freedom, Missisippi Burning en vele ander rolprente wat die blanke as diabolies uitbeeld. By verre die meeste van hierdie Hollywood-vervaardigde films, wat u in die volgende weke sal sien, het niks met Sowetodag te make nie, maar is gul in hul uitbeelding van wit boosaardigheid. Dat hierdie ou films nou al tot vervelens uitgesaai is, is irrelevant, want as jy swart is sal dit elke keer op jou emosies inspeel en verlossing van jou minderwaardigheidsgevoelens bied. Immers is jy nie die oorsaak van jou ellende nie…

Wat egter meer kommerwekkend is, is wat alles op swart radiostasies, wat nie deur blankes beluister word nie, uitgesaai en gesê word. Propaganda is egter nie alleen tot die uitsaaimedia beperk nie. Daar is ook die gedrukte media. Selfs nog meer kragtig, is die massasaamtrekke waar sprekers onbeperk staan in terme van die gal wat gebraak kan word. Boonop weet ons almal hoe maklik swartes in ’n kollektiewe emosionele beswyming meegevoer kan raak.

Dat ’n stortvloed van propaganda wat die blanke en veral die Afrikaner as die skurk en gevaar te midde van die huidige situasie uitbeeld, gevaarlik is, is seker nie nodig om te verduidelik nie. Die huidige situasie waarna hier verwys word, is nie alleen die misdaadvlaag nie, maar ook die onluste, stakings, ens. Afrikaners moet hulself regmaak vir ’n verdere toename in geweldsmisdaad, omdat elke swarte sal ‘weet’ dat ek en u die oortreder en die teiken is wat reggesien moet word. Die vraag is nou net: Gegewe die huidige onstabiliteit in die swart gemeenskap en die geweldsmisdaad wat reeds op breekpunt staan, hoeveel verder kan die massas se aandag nog “áfgelei” word, alvorens die situasie doodeenvoudig in ’n totale rasseoorlog oorkook?

цены на сухие смесиФильчаков прокурор

‘Scheinheiligendamm’

Sir Bob, nie van Zimbabwe nie, maar die langvergete Boomtown Rats, se Afrika-inisiatief het blykbaar weer nuwe asem geskep. As nie-amptelike Britse buitelandse gesant, is Bob Geldof deesdae in die geselskap van hooggeplaastes soos Angela Merkel en probeer hy Duitse beursies dmv morele afpersing oopdwing vir die “armoede” wat Afrika teister.

Soos Beeld Saterdag op hul tipies sikofantiese en onkritiese manier berig het, het die sanger as gasredakteur van die geelperskoerant Bildzeitung opgetree om Afrika se “roerende hulpkreet” aan lesers te bring. Die Bildzeitung, berug vir sy regse politieke menings, skinderstories en kaalfoto’s, het 12 miljoen lesers in Duitsland.

Bob het sy kans benut om 24 bladsye van linkse, naïewe en sensasiebelaaide Britse propaganda aan die Duitse bouer, vragmotorbestuurder en handearbeider op te dis. Die voorbladopskrif en foto van ‘n uitgeteerde swart gillende kind, was alles behalwe skugter: Dertigduisend mense sterf elke dag in Afrika van armoede.
In nog groter letters, swart, wit en rooi: Hou op daarmee, NOU!, asof elke Duitse leser persoonlik verantwoordelik is vir die haglike toestand. Trouens hy vra sommer ‘n bladsy of wat later reguit of die Duitsers hulle nie erg skaam nie.

Om die polities-korrekte inhoud beter te onderstreep moes die gebruiklike kaalmeisie ook verdwyn om plek te maak vir halfgeklede en honger swartes. Die enigste erotiese boodskappe was van Duitse sterre wat skynbaar ‘n liefdesverhouding met Afrika vertroetel.

Vir model Bettina Zimmermann (28) is dit “Afrika mon amour”, terwyl die brandmaer Claudia Schiffer nie genoeg kan kry van die “towerstof” wat die kontinent aan modemateriaal produseer nie. Loréal-meisie Schiffer was onlangs in die nuus nadat daar bespiegel is dat sy ‘n anoreksie-lyer is.

Dit was alles te lese onder ‘n foto van ‘n poedelnaakte Alek Wek, wêreldbekende model wat spog met ‘n huidkleur wat blouswart is. Akteur Matt Damon kon sy “woede” elders skaars beteuel toe hy verneem dat ‘n kind in Afrika elke 15 sekondes sterf omdat skoon drinkwater ontbreek.

‘n Hele paar moes by die lees daarvan sekerlik gedink het dat die Axel Springer-koerant al lankal ‘n verleentheid is, al is dit net vir die skaamtelose manier waarop hulle daagliks enige onderwerp behandel. Maar die oormaat selfvertroue waarmee die Britte die Duitsers takseer, was waarskynlik ‘n groter bron van irritasie as die gewone kitsch waartoe Bild in staat is.

Die Rat van Boomtown het ná afloop van die oefening dit as harder werk as wat hy gedink het beskryf, maar sy blinde selfvoldaanheid was steeds onaangetas. “Ek dink ons het vandag ‘n koerant geskep wat die Duitse politiek en die lewens van miljoene mense kan verander,” het hy in sy skik gesê.

Bob het byvoorbeeld nie eers die moeite gedoen om uit te vind watter Duitse hulporganisasies reeds in Afrika betrokke is nie, maar eerder gesteun op sy eie, soms irrelevante, visuele materiaal. By die voorbladfoto is van die wêreld se prominente gesigte uitgestal waaronder dié van George Bush. Natuurlik een en almal vriende van Blair, maar geen Duitser sal Bush vir ‘n Afrika-vriend aansien nie.

Die Amerikaanse president se gewildheid is tewens besonder laag in Duitsland vanweë die feit dat hy wegskram van klimaatsbestuur en sy afgelope toespraak daaroor is met groot teleurstelling begroet. Desnieteenstaande is die Bild ook versier met drie bladsye van die ongewilde Bush wat so veel vir Vigs in Afrika doen. Dat dit op ‘n fiasko afstuur in SA agv van die eiesoortige benadering waarvoor ons gesondheidsminister bekend is, word nêrens genoem nie.

Die Bild-gasredakteur se kinderlike kragtoer waaroor Beeld – die name is ook dieselfde! – so positief berig, was sonder einde. Hy het weer herhaal dat hulp “belowe” is en beloftes moet nagekom word. Dit weet elke drie-jarige kind. Behalwe Naomi Campbell en Kofi Annan is elke ander swarte in Afrika volgens die Live Aid-organiseerder beslis sonder ‘n krieseltjie kos.

Gelukkig het Bob nie ‘n dag honger gely nie en breedvoerig is oor sy regte-egte kantienkaartjie en ete by die koerant se restaurant berig. Die hele maaltyd van beesvleis, aarbeie en room, afgesluk met skoon water en afgesluit met koffie, was nog ‘n volkleur nuuswaardige selfbeheptheid.

Danksy Brittanje se besliste aandrang dat Bob, dis nou Mugabe, tot Zimbabwe se leier verkies moet word, is daar vandag ‘n dringende voedseltekort in daardie land, maar Sir Bob, Bild en Beeld stel nie in oorsake belang nie. Trouens noudat SA weer deel van die Gemenbes is, is voedselsekuriteit ook nie meer ‘n uitgemaakte saak hier nie, maar dit skeel ons pop-politici en jingo-pers ewe min.

Onderliggend aan die skrille boodskap is dat alle wittes, behalwe vanselfsprekend die Britte, die oorsaak van Afrikaprobleme is omdat hulle nie rojaal genoeg gee en help nie. Praat van agter die deur staan!

Bildzeitung se lomp poging het vir kritiek uit vele oorde gesorg, en Der Spiegel het droogweg opgemerk dat Merkel se ingenomenheid met Bob Geldof die komende spitsberaad van G-8 lande na Scheinheiligendamm verander het. Die Kanselier het heel skynheilig met die propaganda-oefening saamgespeel.

free casino online no downloadДанильченко Юрий Брониславович

‘n Afrikaanse sokkerspan?

ImageVanmiddag het ek die eerste helfte van die Springbokke se rugbywedstryd teen Engeland gekyk en dit agterna afgesit omdat dit my nie werklik kon skeel wie wen nie. Nietemin het dit my weereens getref hoe die ANC sport en sportboikotte teen ons gebruik het om die Afrikaner ten eerste te isoleer en ten tweede van sy identiteit te ontneem sodat hy tans byna volkome oorheers word.

Dis opvallend hoeveel Engelse spelers daar in die Springbokspan ingesluit word, hoofsaaklik van Natal. Selfs vir ’n leek soos ek is dit ooglopend dat daar deur Jake White teen Afrikanerspelers gediskrimineer word as dit by die samestelling van die nasionale span kom, dis nou nog afgesien van rassekwotas.

My vrou sê toe so ewe: “Ons moet begin sokker speel.” Waarom nie? Tans is daar bloedweinig Afrikaners wat sokker speel, daarom is daar geen gevestigde belange wat dié sport betref nie. Die rugby-unies is vrekbang vir die ANC en sal niks doen om die outoritêre sportadministrateurs van die regerende party te ontstel nie. Die Suid-Afrikaanse sokkerspan is hoofsaaklik ’n swart span en Afrikaners stel nie werklik in sy vordering belang nie.

Ons mense doen goed in feitlik elke vorm van sport: rugby, krieket, atletiek (in die dae toe daar nog atletiek in Suid-Afrika was), tennis, gholf, noem maar op. Ons stamlande soos Nederland, Duitsland en Frankryk het van topsokkerspanne ter wêreld. Met ’n bietjie moeite en afrigting behoort ons ’n gedugte sokkerspan te kan oplewer. So ’n nuwe span sal heeltemal onafhanklik van bestaande verpolitiseerde sportstrukture kan funksioneer.

Gestel nou ons kon ’n Afrikanersokkerspan vir die komende wêreldbeker inskryf? Klink dit vergesog? Ek het bietjie oor die probleem begin dink. Dit mag dalk selfs ’n oplossing vir ons algemene sportprobleem onder die ANC bied waar politiek en politiekery sport oorheers.

My plan is eenvoudig: ons moet een van die kleiner landjies of eilandgroepe in die wêreld wat nie self oor die bevolking of die middele beskik om internasionale sport te bedryf nie, oorreed om onder hul vlag te kan deelneem. Omdat al die lede van die span egter Afrikaners sal wees, sal ons eie mense plaaslik onmiddellik die span begin ondersteun. En natuurlik moet die oranje-blanje-blou Prinsevlag by wedstryde geswaai word.

Ek het my voorgeneem om van aanstaande week af briewe en diplomatieke boodskappe te begin skryf aan elke potensiële land of selfregerende gebied ter wêreld wat nie ’n span vir 2010 ingeskryf het nie. Moontlike kandidate vir ’n Afrikaanse sokkerspan vir 2010 is:

Wallis en Futuna: ’n selfregerende eilandgroep onder Franse beheer (’n sogenaamde TOM of territoire d’outremer) met ’n bevolking van 16309 mense. ’n Ander Franse TOM, Nieu-Caledonië het wel ’n eie nasionale span vir 2010 ingeskryf, dus behoort dit moontlik te wees vir Wallis en Futuna om dieselfde te doen.

Tokelau: Hierdie selfregerende eilandgroep in die Stille Oseaan het ’n bevolking van slegs 1449 mense en word tans deur Nieu-Seeland geadministreer. Heel moontlik sou hulle verheug wees om aan die Wêreldsokkerbeker te kan deelneem met spelers wat vanuit die Afrikanervolk van 3 miljoen mense afkomstig is.

Die Marshall-eilande: Hierdie onafhanklike eilandgroep in die Stille Oseaan het ’n bevolking van 61 815 siele en sou met ons spelers aan die Wêreldbeker kon deelneem.

Gefedereerde State van Mikronesië: Hierdie eilandgroep in die Stille Oseaan het in 1986 van die VSA onafhanklikheid verkry en het ’n bevolking van 107,862. Met ’n Afrikanerspan sou hulle maklik aan die Wêreldbeker kon deelneem.

Saint Lucia: ’n Karibbiese eiland wat in 1979 onafhanklikheid van Brittanje verkry het. Hoewel hulle oor ’n bevolking van 170 649 beskik, is hulle nie lid van FIFA nie.

Hierdie lys is nie volledig nie, maar indien Afrikaner-diplomate met genoemde eilandvolkere kontak maak en hulle oorreed om namens hulle lande aan internasionale sport, waaronder veral sokker, deel te neem, mag ons die sportisolasie waaronder ons spelers tans met rasse- en taalkwotas verkeer, verbreek.

Dis nodig dat ons lateraal begin dink.

игрушки my little ponytopcargo