Met die huidige stand van sake in die land is die vooruitsig vir ’n meer versoenende benadering deur die ANC se uitsaai-arm (SAUK) gering. Daar is verskeie krisisse binne die ANC sowel as in die breë samelewing waarvan die aandag afgelei moet word. Tussen die ANC en sy alliansievenote heers groot spanning, daar is die presidensiële opvolgkwessie, verder is die swart publiek vanjaar nog meer ontevrede met die regering se nie-dienslewering op plaaslike en nasionale vlak. Onluste kom sporadies voor en tans heers daar ’n massastaking deur veral swart staatsamptenare.
Intussen stroom meer as 100 000 onwettiges per maand die land in en raak druk op die ekonomie en infrastruktuur onhoudbaar. Mededinging onder die armstes om werk en oorlewing is ook op breekpunt. Die gevolg is die onbeheersde misdaadsituasie wat blyk net verder te verdiep. Die onstellendste is die manier waarop veral blankes onder besonders wreed en moorddadige gedrag deurloop. Lg. situasie is waarskynlik reeds in ’n groot mate die regstreekse gevolg van die regime se demonisering van witmense.
Om die aandag van die ANC se krissise en die swart gemeenskap se desperaatheid af te trek, kan mens vanjaar verwag dat die SAUK ten minste met dieselfde intensiteit as verlede jaar die blanke as die boosdoener gaan uitwys. Dit is egter baie waarskynlik dat dit in ’n selfs erger graad sal geskied. Verlede jaar se blankehaatpropaganda het gewissel van die subtiele tot die mees blatante en het tot na 16 Junie geduur.
Televisiekykers kan hul gereed maak vir ’n stewige dosis van oorsentimentele en emosionele herskouings van Sowetodag en ander blanke ‘vergrype’, sowel as die beeldsending van films soos Amistad (asof Afrikaners verantwoordelik was vir die Amerikaanse slawehandel), Cry Freedom, Missisippi Burning en vele ander rolprente wat die blanke as diabolies uitbeeld. By verre die meeste van hierdie Hollywood-vervaardigde films, wat u in die volgende weke sal sien, het niks met Sowetodag te make nie, maar is gul in hul uitbeelding van wit boosaardigheid. Dat hierdie ou films nou al tot vervelens uitgesaai is, is irrelevant, want as jy swart is sal dit elke keer op jou emosies inspeel en verlossing van jou minderwaardigheidsgevoelens bied. Immers is jy nie die oorsaak van jou ellende nie…
Wat egter meer kommerwekkend is, is wat alles op swart radiostasies, wat nie deur blankes beluister word nie, uitgesaai en gesê word. Propaganda is egter nie alleen tot die uitsaaimedia beperk nie. Daar is ook die gedrukte media. Selfs nog meer kragtig, is die massasaamtrekke waar sprekers onbeperk staan in terme van die gal wat gebraak kan word. Boonop weet ons almal hoe maklik swartes in ’n kollektiewe emosionele beswyming meegevoer kan raak.
Dat ’n stortvloed van propaganda wat die blanke en veral die Afrikaner as die skurk en gevaar te midde van die huidige situasie uitbeeld, gevaarlik is, is seker nie nodig om te verduidelik nie. Die huidige situasie waarna hier verwys word, is nie alleen die misdaadvlaag nie, maar ook die onluste, stakings, ens. Afrikaners moet hulself regmaak vir ’n verdere toename in geweldsmisdaad, omdat elke swarte sal ‘weet’ dat ek en u die oortreder en die teiken is wat reggesien moet word. Die vraag is nou net: Gegewe die huidige onstabiliteit in die swart gemeenskap en die geweldsmisdaad wat reeds op breekpunt staan, hoeveel verder kan die massas se aandag nog “áfgelei” word, alvorens die situasie doodeenvoudig in ’n totale rasseoorlog oorkook?
