Terwyl Suid-Afrika nuwe hoogte- (of laagte-)punte bereik in sy nabootsing van Amerikaanse politieke korrektheid en die obsessie oor ras en rassisme, het die Gautengse provinsie aangekondig dat sy werknemer Velaphi Khumalo glo ‘n tugverhoor in die gesig staar weens sy onlangs oproep om blanke volksmoord op sosiale media (skermafdruk hierby). Khumalo is ‘n werknemer van die departement kuns en kultuur in die provinsie Gauteng.
Die volledige aanhaling van Khumalo se plasing op Facebook lui soos volg:
“We must act as Hitler did to the Jews. I don’t believe any more that the is a large number of not so racist whit people . I’m starting to be sceptical even of those within our Movement the ANC. I will from today unfriend all white people I have as friends from today u must be put under the same blanket as any other racist white because secretly u all are a bunch of racist fuck heads. as we have already seen.”
Gister het hy om verskoning gevra deur blanke rassisme die skuld vir sy uitbarsting te gee:
“I would like to apologiese (sic) to the Gauteng government for my emotional comments that I made on a public platform. I further want to apologise to the ANC for the comments I made that do not reflect the ideologies of a Democratic society that are our ideals.”
Dit is egter onduidelik of Khumalo werklik geskors is, hangende ‘n tugverhoor, aangesien daar bloot van ‘n “interne proses” by die provinsie Gauteng gepraat word. Dit mag dalk net ‘n waarskuwing of iets dergelike behels.
Intussen woed die rasseherrie rondom Penny Sparrow se uitlatings oor swart “ape” wat Durban se strande met vullis bemors steeds en dit lyk asof sy, soos die Reitz-studente voorheen, strafregtelik van crimen injuria aangekla gaan word. Geen verder nuus is oor die Chris Hart-geval bekend nie en Hart handhaaf intussen ‘n “lae profiel”.
Vandag verskyn daar in die Mail & Guardian ‘n meningstuk deur die bekende swart nasionalis en voormalige EFF-bestuurslid, Andile Mngxitama onder die titel: Penny Sparrow: Racism’s sacrificial lamb. Daarin lyk dit asof hy ‘n argument vir radikale grondhervorming uitmaak wat glo die enigste “oplossing vir rassisme” sou wees. Weens die betaalmuur wat die M&G deesdae op hul webblad het, is die artikel nie tans vir nie-intekenaars leesbaar nie, maar sal waarskynlik oor ‘n paar dae wel aanlyn beskikbaar wees.
Waarskynlik weens die verwysing na Hitler, het die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes aangekondig dat hy “in die komende dae ‘n formele klag by die SA Menseregtekommissie sal indien”.
Terwyl die hoofstroommedia fokus op Penny Sparrow en Chris Hart se uitlatings, bestaan daar ‘n hele horde swartes op Twitter en Facebook wat gereeld anti-blanke boodskappe plaas, waaronder oproepe om blankes uit die land te verdryf of om alle blankes dood te maak.
Die redakteur van Netwerk24, Adriaan Basson, het ‘n beroep op blankes gedoen om mede-blankes in die openbaar uit te skel as hulle hul aan “rassistiese” taal of houdings skuldig maak. Hy skryf:
2016 is die jaar wat wit mense wat glo in ’n toekoms vir Suid-Afrika nie langer kan stilbly nie. Anders gaan rassiste soos Penny Sparrow namens jou praat.
Die redaktrise van Die Volksblad, Johanna van Eeden, betreur dit dat “rassisme met rassisme beveg word”, asook die heengaan van die liberale “nasiebouprojek”:
Dit dra niks by tot ’n oplossing nie en pogings om brûe te bou is nie volhoubaar nie. Ons móét ’n manier kry om die klowe tussen rasse te oorbrug.
Vir die hoofstroommedia bly “rassisme” dus ‘n “blanke probleem” en verseg hulle om aandag te gee aan swart rassenarsisme wat besig is om handuit te ruk, ‘n narsisme wat jare lank al deur linkse en liberale joernaliste, asook akademici gevoed word…
Die ANC in die parlement sê dat hy spesiale wetgewing wil instel om enige gesprek of siening van apartheid wat met dié van sy eie marxistiese geskiedskrywers verskil, strafbaar sal maak. Daarmee saam sal taalgebruik deur blankes wat as “rassisties” geag word, insgelyks strafbaar gemaak word.
In ‘n verklaring gister deur die kantoor van sy hoofsweep uitgereik is, sê die party:
“Die huidige wetlike bepalings is nie voldoende om rassiste te straf en af te skrik nie. As die meerderheidsparty in die parlement, sal ons binnekort die skepping van ‘n spesifieke wet ondersoek of bestaande wetgewing wysig om te verseker dat rassistiese dade of die bevordering van apartheid gekriminaliseer en met tronkstraf strafbaar gemaak word. Ons sal belanghebbendes oorreed en met hulle werk om te verseker dat die parlement so ‘n wet aanvaar.”
Die ANC en SAKP beskou die beleid van vorige Afrikanerregerings in Suid-Afrika as “nazisties” en daarom wil hy wette soortgelyk aan dié in Duitsland instel wat dit onwettig maak om selfs net die amptelike siening op ‘n akademiese wyse te bevraagteken. Duitsers wat byvoorbeeld vrae stel oor die spesifieke aantal Jode wat in konsentrasiekampe gesterf het, word summier in hegtenis geneem en tot tronkstraf veroordeel. Selfs advokate en prokureurs wat sulke oortreders in die hof probeer verdedig of om hul vonnisse versag te kry, word in die howe self in hegtenis geneem en summier tot tronkstraf veroordeel. Die advokaat Sylvia Stoltz is in Januarie 2008 tot drie en ‘n half jaar tronkstraf gevonnis omdat sy die holocaust-ontkenner Ernst Zündel in die hof in haar beroepshoedanigheid verdedig het. In Februarie 2015 is sy weereens 20 maande tronkstraf deur ‘n hof in München opgelê omdat sy ‘n lesing teen sensuur in Switserland gelewer het en in die lesing beswaar gemaak het teen Duitse sensuur oor die feite van die tweede wêreldoorlog.
Die ANC beoog nou soortgelyke wetgewing in Suid-Afrika om sy morele gesag op die bevolking af te dwing en enige debat oor “die verlede” wat van sy voorskrifte afwyk, onwettig te maak.
In ‘n duidelike verwysing na die Duitse wetgewing, sê die ANC se hoofsweep:
“Elders word die verheerliking van nazisme en die ontkenning van die holocaust as misdade beskou en oortreders word verhoor en tot tronkstraf gevonnis. Apartheid is deur die Verenigde Nasies as ‘n misdaad teen die mensdom verklaar. Dit het ongehoorde lyding en onreg vir miljoene swartmense veroorsaak, waaronder moord, foltering, die vernietiging van gesinne, teistering en ontvoerings. Enige persoon wat so ‘n stelsel verheerlik, bevorder en vier wesentlik misdade wat teen swartmense gepleeg is.”
Blykbaar kyk die ANC ook na Britse wetgewing wat “aanhitsing tot rassehaat” tot ‘n strafbare oortreding maak. Die Wet op strafreg en openbare orde van 1994 in Brittanje (Criminal Justice and Public Order Act) verklaar “die publikasie van stof wat rassehaat aanblaas” as ‘n oortreding wat met tronkstraf strafbaar is. Garron Helm, ‘n Britse “trol” wat die parlementslid van die Arbeidersparty, Luciana Berger, as ‘n “kommunistiese Jodin” op Twitter beskryf het, het ‘n ligte vonnis van vier weke tronkstraf in Oktober 2014 ontvang. Strawwe vir anti-Semitiese uitlatings in Brittanje het egter intussen swaarder geword, want die Times of Israel het verlede maand berig dat nog ‘n jong Brit, Joshua Bonehill-Paine, tot meer as drie jaar tronkstraf gevonnis is vir ‘n pamflet oor ‘n anti-Joodse betoging wat hy versprei het.
Die ANC se reaksie volg op die uitlatings deur Penny Sparrow en Chris Hart wat vanweë verspreiding op Twitter en Facebook oor die afgelope paar dae voorbladnuus in Suid-Afrika was.
Volgens die kantoor van die ANC se hoofsweep,
“…is dit helder uit dié voorvalle dat daar steeds elemente bestaan wat weerstand bied teen pogings ten gunste van rasse-eenheid en onvermoeid werk om die rasseverdelings en -spanninge te vergroot wat deur apartheidverdrukking geskep is, meer as 21 jaar na die koms van ons demokratiese bedeling wat op die edele beginsels van vergifnis, versoening en genesing in die belang van ‘n verenigde, nie-rassige, nie-seksistiese en voorspoedige SA gegrond is.
“Ons kan nie langer sulke verontmenslikende oortredings, waar die swart meerderheid soos submenslikes behandel word en as ape, bobbejane en ander beledigende rasseterme in hul geboorteland getipeer word nie.
“In die konteks van ons pynlike verlede, moet rassisme en apartheid as ernstige menseregteoortredings beskou word wat met tronkstraf gestraf behoort te word.”
Regskenners met wie PRAAG gesels het, meen dat, indien die ANC se voorgenome wetgewing aanvaar word, sou die roman Disgrace deur die Nobelpryswenner J.M. Coetzee moontlik verbied word weens die negatiewe voorstelling van swartes daarin, terwyl die geskiedkundige prof. Hermann Giliomee tronk toe sou moes gaan vir sy artikels waarin hy aantoon dat Bantoe-onderwys nie so sleg was as wat algemeen aanvaar word nie.
MGK’s (maatskaplikegeregtigheidskrygers) het gisteraand op Twitter toegeslaan met die eerste rasherrie van die jaar, rondom kommentaar deur ‘n Natalse eiendomsagent, Penny Sparrow, oor Durban se strande wat deur swartes oorgeneem en met vullis bestrooi is. Sy het die kommentaar op haar Facebookblad gelewer, waarvan ‘n skermskoot viraal op Twitter versprei het. In haar Facebookplasing noem Sparrow die swartes op die strande “ape” (monkeys) wat “op Oujaarsaand en Nuwejaarsdag op openbare strande en dorpe losgelaat word en ooglopend geen opvoeding het nie dus om hulle los te laat is om enorme vullis en probleme en ongemak vir ander te verwelkom”.
Nie lank daarna nie het MGK’s haar op Twitter van rassisme beskuldig en gemeen dat “sy nie op die Afrika-vasteland hoort nie”. Die antiblanke kleurlingmeningskrywer Eusebius McKaiser was voor in die koor en wou ook nie Sparrow se “verskoning” agterna aanvaar nie. Ene Jonathan Levin het die toon van ‘n daaropvolgende heksejag aangegee deur te sê dat sowel sy as die 15 mense wat die “hou van”-knoppie op Twitter gedruk het, vervolg behoort te word.
Besides her racist comments I note that 15people actually “Liked” her post.It’s unfortunate those names were not exposed also #PennySparrow
Vanuit die DA, oftewel die ANC Lite soos dié party deesdae genoem word, het beide Helen Zille en Mmusi Maimane hul skok oor Penny Sparrow se uitlatings uitgespreek en dit veroordeel.
Penny Sparrow het blykbaar die plasing van haar Facebook verwyder maar teen dié tyd was dit te laat want MGK’s het dit reeds oral versprei. Omdat sy vir die eiendomsagentskap Eskel Jawitz werk, is dreigemente onmiddellik van stapel gestuur om haar te laat afdank. Sparrow het probeer om “om verskoning te vra” deur die volgende verklaring op haar Facebookprofiel te plaas.
I apologize for my statement I made in reply to a statement i read about the dirty beaches on new years day. I did not mean it to be a personal insult to anyone. It was a statement I made in reply to comment on how littered the beaches and streets were on New Years Day . I’m sorry if you have taken it personally .its not meant to be a personal thing. If you read it properly you would have seen I’m not Racial , in fact I help underprivileged people of all races . please accept my apology I certainly didn’t mean to anger you.
Haar verklaring is op die oomblik dat dié berig geskryf is reeds 1722 kere gedeel, wat ‘n aanduiding gee van die belangstelling wat daar op sosiale media in dié eerste rasseherrie van 2016 heers.
Afgesien van bedekte en onbedekte dreigemente van geweld deur sommige swart Twittergebruikers, kan verwag word dat ‘n grootskaalse heksejag teen dié Natalse eiendomsagent gevoer gaan word. Groot druk word reeds op haar werkgewer, Eskel Jawitz, geplaas om sy verbintenis met haar permanent te beëindig. In reaksie het Herschel Jawitz, die HUB van Eskel Jawitz aan die media gesê:
“Sparrow is sedert November nie meer by die maatskappy nie, maar het die firma se embleem op sosiale media gebruik. Haar uitlatings het die maatskappy se reputasie skade aangedoen en sy moet tot verantwoordelikheid geroep word.
Ons sal elke vorm van optrede neem wat nodig is, waaronder strafregtelike, siviele of ander klagtes om dit verwyder te kry of om haar stil te maak. Ons beskou dit as baie ernstig, as ‘n baie ernstige saak.”
Claude Bartolone, die Sosialistiese kandidaat vir die Île-de-France, die streek van 15 miljoen mense wat die hoofstad Parys insluit, het die “rassekaart” gespeel. In ‘n onderhoud met die linkse tydskrif Le nouvel observateur het hy sy opponent van die sentrum-regse Republikeine, Valérie Pécresse, daarvan beskuldig dat sy “agteraf Versailles, Neuilly en die blanke ras verdedig… Sy gebruik dieselfde taal as die Front National, sy gebruik dieselfde subliminale beeld om vrees te saai.” Versailles en Neuilly is albei duur, welgestelde voorstede van Parys wat deur blanke Franse bewoon word, terwyl Bartolone ‘n verteenwoordiger van die gekleurde buurt Seine-Saint-Denis ten noorde van Parys is.
In reaksie het die kandidaat van die Front National, Wallerand de Saint-Just volgens die TV-kanaal BFMTV gesê: “Ons verwerp die buitensporige en kinderagtige beskuldigings van meneer Bartolone. Niemand praat oor ras in dié veldtog nie.”
Valérie Pécresse, wat in die eerste rondte die meeste stemme in die Ile-de-France gekry het, is egter hewig onsteld deur Bartolone, wat van Italiaanse afkoms is, se uitlatings. Sy het op Radio classique gesê:
“Dis ellendig. Ek is skaam vir politiek. As die middele die doel heilig, dink ek die Fransiliane (inwoners van die streek) sal dit straf. Dié verklarings wat my van rassisme beskuldig het ‘n reeks reaksies ontketen. Ek het so pas ‘n telefoonoproep van Calixthe Bevala, die stigter van Africains de France (en ‘n swart skryfster) ontvang, wat my ondersteun. Sy het teenoor my gesê: “Ek vind dit ongevraag, oneerlik, dis verguising.”
‘Die afstammeling van Mussolini en Eva Braun?’
Pécresse het ondersteuning van haar party ontvang, wat ook ‘n verskoning van Bartolone eis. Haar woordvoerder Geoffroy Didier het verklaar:
“Nie net behoort Claude Bartolone nie president van die streek te word nie, maar hy is nie gepas om aan te bly as president van die Nasionale Vergadering (die Franse parlement) nie. Hy verloën reeds sy beloftes: terwyl die slagspreuk van sy veldtog ‘n “menslike Île-de-France” is, gee hy hom oor aan aanvalle wat van haat spreek.”
Die voorsitter van die UDI-party, Jean-Christophe Lagarde, is van mening dat “Claude Bartolone oorverhit is. Hy doen ‘n beroep op kiesers om vir Xavier Bertrand (teen Marine Le Pen in Nord-Pas-de-Calais-Picardie) en Christian Estrosi (in PACA) te stem om die Front National te versper. Hy verduidelik dat regs en verregs nie dieselfde ding is nie. En in die Île-de-France wil hy die indruk skep dat Valérie Pécresse die afstammeling van Mussolini en Eva Braun is? Ek eis van hom dat hy om verskoning vra en terugtrek wat hy gesê het… Die vrees om te verloor regverdig nie sommer enigiets nie. Ons moet mekaar respekteer.”
Intussen het die sentrum-regse koerant ‘n meningsopname van Ipsos gepubliseer wat bevind dat Marine Le Pen slegs 47% stemme teenoor Xavier Bertrand se 53% Sondag in die tweede rondte gaan behaal, wat sou beteken dat die gesamentlike Links-Regse front teen haar daarin kan slaag om haar uit die presidentstoel van Nord-Pas-de-Calais-Picardie te hou. In die verlede het meningsopnames egter die omvang van die Front National se steun onderskat. Ook geniet die FN die meeste steun onder jongmense wat gewoonlik traag is om te stem. Indien die Front daarin slaag om genoeg jongmense na die stembusse te lok, kan hy steeds die knoop deurhaak, volgens sommige waarnemers.
Die sakekoerant Les Echos staan ook skepties teenoor die meningsopname en meen die “republikeinse front” van Links en Regs teen Marine Le Pen, is reeds besig “om te kraak”, waarvan Bartolone se rassismebeskuldiging ‘n voorbeeld sou wees.
Volgens die koerant se politieke rubriekskryfster, Cécile Cornudet, “kry ‘n mens drie dae na die FN se 28% tydens die eerste rondte van die streeksverkiesings die indruk van ‘n ‘red wat daar te redde is’ by die hoofstroompartye, waar bitterheid en weerwraak oorheers”. Sy wys op die verdeeldheid van beide die regse en die linkse partye, terwyl die Front National as die opkomende party verenig in sy strewe en waardes is.
Die boek deur Ferial Haffajee wat vandeesweek met fanfare vrygestel is, What if there were no whites in South Africa? het ‘n soort taboe verbreek in die sin dat dit ons noop om Suid-Afrika suiwer in rasseterme te beskou. So iets is sover ek weet, nog nooit vantevore gedoen nie, behalwe miskien deur Amerikaners vir wie dit sedert die dae van Lothrop Stoddard se Rising tide of color of Madison Grant se The passing of the great race al tradisie geword het. (Albei dié boeke kan gratis op die internet gelees word by laasgenoemde skakels of selfs gratis op Amazon.com as Kindle-boeke “gekoop” word.) Toevallig is my nuuskierigheid deur Stoddard se Rising tide of color geprikkel en dit is werklik interessant om te lees hoe die rasseprobleem destyds in die 1920’s reeds bespreek is. Stoddard is meer van ‘n geostrategiese ontleder van die groot “rassewêrelde” (wit, geel, bruin en swart), terwyl Madison Grant op biologiese ras fokus. In die voorwoord by Grant se The passing of the great race sê Henry Fairfield Osborn:
European history has been written in terms of nationality and of language, but never before in terms of race; yet race has played a far larger part than either language or nationality in moulding the destinies of men; race implies heredity and heredity implies all the moral, social and intellectual characteristics and traits which are the springs of politics and government.
Waarskynlik sou Ferial Haffajee en haar geesgenote hiermee saamstem: alle boosheid in Suid-Afrika is te wyte aan die aangebore tekortkominge van die blanke ras. Vir Haffajee, iemand wat in Suid-Afrika se gangbare tiperings as ‘n “kleurling” gereken sou word, sou Suid-Afrika sonder blankes ‘n utopie verteenwoordig. Vermoedelik sou die land baie meer suksesvol gewees het en niemand sou deur “blanke heerssug” of “rassisme” gekwel word nie. Nêrens in haar teks wat ek in Ferial Haffajee: an affirmative-action princess who lacks antiwhite courage geresenseer het, verduidelik Haffajee egter vir ons presies hoe ‘n swart Suid-Afrika sou gewerk het nie. Feit is egter dat sy dit as ‘n idee in die openbare domein invoer.
Op die Engelse PRAAG verskyn vandag insgelyks ‘n ander reaksie op Haffajee deur ‘n jong student, John White. Terwyl Haffajee vanuit die hoofstroommedia applous ontvang vir haar gewaagde droom van ‘n Suid-Afrika sonder blankes, sou dieselfde horde polities korrekte propagandiste waarskynlik minder geesdriftig wees oor die teenoorgestelde utopie: ‘n Suid-Afrika sonder swartes.
‘n Toneel in Durban tydens die tydvak van Suid-Afrikaanse segregasie
En as ons nou praat van “swartes”, gebruik ek “swart” in dieselfde sin as Ferial Haffajee, as die broederskap (of susterskap, om my nie die argwaan van al my fanaties feministiese lesers op die hals te haal nie) van alle nie-wittes. Of nie-blankes, daardie gewraakte term wat in die ou Suid-Afrika so dikwels op bankies in parke, by stasies en op strande verskyn het en sedertdien in duisende foto’s verewig is. Natuurlik het die suidelike VSA oor dieselfde bordjies beskik, maar Amerikaners word dit minder verkwalik as ons.
Haffajee is nie eens baie donker van gelaat nie en soos ek in my Engelse resensie noem, is sy nie swart nie:
For she herself is not black, and with her Muslim name would pass for a light-skinned Arab, such as an Egyptian. Or an Indian.
Nietemin identifiseer sy met die term “swart”: in haar wêreld loop die verdelingslyn tussen alle gekleurdes (= “swartes”) en die suiwer blankes of mense van Europese oorsprong. In haar swart Suid-Afrika sal daar steeds Indiërs, kleurlinge en Chinese wees, maar geen blankes nie. Hoe dit presies daar sal uitsien, weet ons nie. Dit sal net “beter” wees, synde bevry van blanke oorheersing, rassisme, Afrikaans (hoewel sy nie veel oor Afrikaans sê nie, is haar koerant, City Press, baie anti-Afrikaans), “witheid” en die “apartheidserfenis”.
Voorbeelde van lande in Suider-Afrika wat eensklaps “verswart” is, is Mosambiek en Zimbabwe. Albei lande het nie lank nadat die etniese suiwering van blankes plaasgevind het nie, tot die vlak van “armste land ter wêreld” teruggesak, met ‘n BNP per kop van ongeveer $200 per jaar. Maar vir Haffajee en ander aanhangers van “swartheid” maak sulke ekonomiese kwessies nie eintlik saak nie; wat tel, is die beginsel van ‘n suiwer swartheid wat utopies verwesenlik moet word. Julius Malema en baie ander hang insgelyks dié utopiese beginsel aan, van Suid-Afrika wat geheel en al swart moet word en alle aspekte van die maatskappy wat deur swartes besit of beheer moet word, soos plaasgrond byvoorbeeld.
In die lig van die voortdurende ophemeling en pleidooie vir ‘n swart utopie in Suid-Afrika, trek ek daarom vandag die stoute skoene aan en vra: Hoe sou ‘n blanke utopie in ons land lyk? Gestel daar was nooit enige swartes in Suid-Afrika nie of ons het reeds vroegaan ‘n soort Israelse muur op die Limpopo-grens gebou sodat geen swartes oor ons grense kon kom nie? Of andersins, pleks van tuislande te ontwikkel, het die Verwoerd-regering eenvoudig die reusebedrae wat destyds al aan swart onderwys en gesondheid bestee is, gebruik om swartes te betaal om na die nuut “bevryde” Afrikastate te emigreer? Indië sou ook die Suid-Afrikaanse Indiërs met ope arms ontvang het, as die staat maar net hul passaat per skip terug Indië toe sou betaal het.
As ek enigiets van swart denke verstaan, is dit die gedagte dat daar niks erger as blanke regering is nie. Daarom sou dit mos net logies wees dat elke swart man of vrou met blydskap na Ghana, Zambië, Tanzanië of Mobutu se Zaïre sou wou vertrek om die wondere van swart regering te gaan ervaar. Waarom het die ou NP dít nooit ingesien nie? Miskien was hulle te “rassisties” en het nie mooi na die boodskap geluister wat reeds van oral in Afrika en vanuit die raadsale van die Verenigde Nasies begin opklink het nie. In die Rand Daily Mail van destyds waarvan Helen Zille en Allister Sparks sulke trotse redaksielede was, is swart regering vir Suid-Afrika ook konstant bepleit omdat dit beter as blanke regering sou wees. Tans veg sowel Zille as Sparks steeds daarvoor om ons daarvan te oortuig dat swart regering die summum van menslike bestuur verteenwoordig, met die verskil dat hulle vandag in Beeld en Die Burger skryf.
Hoe dit ook al sy, hoe Suid-Afrika blank geword het, is nie vir my argument so belangrik nie. Feit is dat ons ‘n blanke land kon gewees het, met al die voordele daaraan verbonde. Dink ‘n bietjie daaraan:
Geen rassekonflik
Daar is van die Amerikaanse en Franse teoretici wat beweer dat oral waar twee of meer menslike rasse dieselfde grondgebied deel, rassekonflik onvermydelik is. Dis eenvoudig biologies, sê hulle. Sonder om egter die “harde” biologiese verklaring te aanvaar, kan ons empiries waarneem dat lande met beduidende rassediversiteit almal rassekonflik ervaar. Suid-Afrika en die VSA is sekerlik die mees voor die hand liggende voorbeelde. Maar ook Brasilië, Meksiko en die hedendaagse Frankryk en Brittanje waar rasseonluste en -terreur gereeld plaasvind.
Trouens, ‘n mens kan selfs sê dat, hoe meer rassediversiteit daar bestaan, hoe groter die konflik. Elke dag vind daar in Suid-Afrika iets soos 15 “betogings” plaas, waarvan ten minste twee in onluste of openbare geweldpleging ontaard. In die kleiner, homogene blanke lande van Europa of die blanke state van Amerika, is so iets ongehoord. Mense kla as jy skeef parkeer of nie jou huis se vensters skoon gehou nie. Trouens, in Switserland bestaan daar munisipale regulasies wat bepaal dat jy eenkeer per maand jou vensters moet skoonmaak. In sulke lande sien mens nooit enige vullis op straat nie; alles is netjies en skoon, georganiseerd en ordelik.
Geen ‘rassisme’
Suid-Afrika, asook die VSA, word gekenmerk deur histeriese openbare uitbarstings en obsessionele toesprake, artikels en referate oor “rassisme”. Trouens, rassisme word as die vernaamste maatskaplike probleem getipeer, nie die gebrek aan elektrisiteit of skoon water of eerlike regering nie.
In ‘n blanke Suid-Afrika sou die hele probleem van “rassisme” en al die energie wat daarin gestort word, soos mis voor die son verdwyn. Ek kan my kwalik voorstel dat daar in ‘n homogene samelewing soos Japan oor “rassisme” gewroeg word. Waarom sou een Japanner ‘n ander van “rassisme” wou beskuldig? Net so sou ons nie ons kosbare tyd en aandag op ‘n probleem soos “rassisme” in ‘n homogene blanke Suid-Afrika verkwis nie.
Baie min of geen misdaad
Dis nie meer omstrede om te sê dat swartes meer misdaad as blankes pleeg nie. Sowel in die VSA as in Suid-Afrika, is daar duisende statistieke wat dit oor en oor bewys. Slegs 2% van ons gevangenisbevolking van ongeveer 200 000 bestaan uit blankes, terwyl ons 9% van die bevolking verteenwoordig. In oorwegend blanke woonbuurte in Suid-Afrika word min of geen moorde gepleeg nie, terwyl honderde moorde in swart of bruin buurte in die Wes-Kaap per jaar gepleeg word. Die gevaarlikste tien polisiedistrikte in Suid-Afrika is almal in swart of bruin buurte geleë.
Die voordeel van ‘n blanke land met min geweldsmisdaad lei logies tot:
Net ‘n paar tronke
Met slegs 4000 blanke misdadigers, sou ons net ‘n paar tronke nodig hê. Vyf-en-negentig persent van die gevangenisowerheid of “departement van korrektiewe dienste” soos dit tans bekendstaan, sou onnodig wees. Dink aan die belastingbesparings. Met meer aandag en fondse vir maatskaplike werk, sou daardie paar duisend blanke misdadigers verder gerehabiliteer kon word en op die ou end sou ons dalk amper glad nie tronke nodig hê nie. Dit is die geval in Ysland, met sy homogene bevolking waar daar in die meeste jare nie ‘n enkele moord gepleeg word nie.
Goeie onderwys
Tans gaan onderwys in Suid-Afrika konstant agteruit omdat die hele stelsel vir swartes aangepas moet word. Minder wiskunde en spelling, en meer politiek en verdomming. Alles word makliker gemaak sodat ons kinders die skole verlaat sonder om behoorlik te kan lees en skryf of somme maak.
Almal van ons wat in die ou Suid-Afrika op blanke skole was, kan getuig van die hoë standaarde wat toe gegeld het. Ons het punte verloor as ons verkeerd gespel het, en almal moes wiskunde doen, selfs diegene wat nie universiteit toe sou gaan nie. In ‘n blanke land sou dié voortreflike standaarde terugkeer en sou ons kinders weer met die beste ter wêreld kan meeding.
Die lande met die beste skoolresultate is almal homogene Oosterse of Europese lande sonder rasseprobleme. Hier is die toptienlande ter wêreld wat skooluitslae betref, almal min of meer etnies homogene lande:
Singapoer
Hong Kong
Suid-Korea
Japan
Taiwan
Finland
Estland
Switserland
Nederland
Kanada
Op dié toptienlys is dit slegs Kanada wat na “veelrassig” of multikultureel neig, maar ons moet onthou dat ongeveer 80% van Kanada se bevolking steeds uit blankes bestaan.
Geen kultuurkonflik
Suid-Afrika, die VSA en ander veelrassige lande word deur intense kultuurkonflik gekenmerk. Standbeelde word gevandaliseer, skole word afgebrand, mense skree letterlik in die openbaar op mekaar omdat hulle gebelg voel oor die ander ras of groep se kultuur of geskiedenis. Hier is ‘n voorbeeld afkomstig vanaf Princeton, wat veronderstel is om een van die drie beste universiteite in Amerika te wees, maar waar swart studente wil hê dat die voormalige blanke president Woodrow Wilson se naam van ‘n gebou verwyder moet word:
Nêrens in Finland, Estland of Switserland wat oor redelik homogene blanke bevolkings beskik, is so iets denkbaar nie. Hoewel Switserland oor vier verskillende amptelike tale (Duits, Frans, Italiaans en Romansch) beskik, het die land in onlangse tye nog geen konfklik geken wat voertaal in skole of universiteite betref nie.
Net so is die taalkwessie in Suid-Afrika reeds in 1925 besleg toe Afrikaans en Engels as amptelike tale naas mekaar erken is. Daardie wet van 1925 is sonder ‘n teenstem in die parlement aanvaar, met ander woorde, selfs geharde blanke Engelssprekendes van Britse afkoms het dit ondersteun.
Afrikaanse skole en universiteite
Rondom ons stort Afrikaanse onderwys in duie soos wat die land se rassekonflik hom op Afrikaanse skole en veral universiteite laat geld. Miskien moet ek liewer sê: wreek. Omdat dit hoofsaaklik blankes is wat verkies om in Afrikaans onderrig te word – Afrikaanssprekende kleurlinge verkies universiteitstudie in Engels – spreek dit vanself dat Afrikaanse skole en universiteite in ‘n blanke Suid-Afrika sou gedy. Soos in die verlede, sou daar vier Engelse universiteite wees en omtrent sewe Afrikaanse universiteite, met min of geen konflik oor taal nie.
100%-matriekslaagsyfer
Dit is bekend dat die blanke matriekslaagsyfer in privaat- of voormalige model-C-skole naby aan 100% is. In ‘n blanke Suid-Afrika sou dié syfer gehandhaaf word of selfs verder verbeter omdat ons beter skole van ‘n hoër standaard sou kon onderhou en nie meer afwaarts getrek sou word deur swart onderwys nie. Gevalle van onderwysers wat hul leerlinge seksueel molesteer, dronk by die skool opdaag of glad nie opdaag nie, sou verdwyn of hier en daar as ‘n absolute uitsondering op die reël aangeteken word.
Geen vullis op straat
Gaan kyk ‘n bietjie hoe lyk enige straathoek waar minibustaxi’s swartes af- of oplaai. Gewoonlik baai die hele gebied in vullis en papiere wat net daar gestort word. Dan praat ‘n mens nie eens van die toestande in plekke soos Alexandra, Diepsloot, Soweto, asook die hedendaagse Hillbrow en Berea nie. Onlangs met die Sandton-fietswedren, wat ironies genoeg aan Mandela gewy is, het ek 27 kilometer deur Johannesburg, waaronder Hillbrow, Berea en Yeoville gery. Van ‘n fiets af is jy baie meer in kontak met jou omgewing as knus in ‘n motor. Dit is plekke waar ek as student gewoon het en waar ‘n mens kafees of boekwinkels kon besoek. Die hoeveelheid vullis op straat in daardie eens blanke, Westerse omgewings is onbeskryflik en ‘n stank van ou vullis en urine vul die lug, so anders as in blanke stede oorsee waar die strate daagliks gewas word en die strooi van vullis jou ‘n boete kan oplê.
Dink net hoe ons stede kon lyk indien dit ‘n blanke land was! Skoon, netjies, versorg, aangenaam, misdaadloos en veilig.
Geen probleme by Eskom, by SAL, Transnet, Telkom en die Poskantoor nie
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens was eens een van die beste rederye ter wêreld, ‘n openbare maatskappy wat in die publiek se belang sonder enige korrupsie en selfverryking bestuur is. Tans gaan daar nie ‘n dag verby dat SAA soos dit deesdae eentalig Engels bekendstaan, nie die nuus haal weens korrupsie, wanbestuur en knoeiery nie. Tegnies is die swart SAL bankrot.
As die Poskantoor nie staak nie, word daar berig oor sy finansiële probleme en ‘n mens wag dae lank vir briewe om afgelewer te word. In die EU word 85% van briewe en pakkies binne 24 uur afgelewer. In ‘n land soos Swede word 92% van alle briewe binne 24 uur afgelewer en is die poskantoor so doeltreffend dat privaatkoeriers geen markaandeel by die poskantoor kan afneem nie!
Hoe lekker sou dit nie wees om weer ‘n blanke poskantoor soos dié in ‘n EU-land te kon hê nie? Wat nie jaarliks groot finansiële verliese ly en telkens deur die belastingbetaler gered moet word nie.
Indien Telkom vroeg genoeg begin het om in die internet in Suid-Afrika te belê, sou ons nie met stadige, duur internetverbindings gesukkel het nie.
Hoe minder oor Transnet en Eskom gesê word, hoe beter. Onder blanke ingenieurs en bestuurders, sou dié twee maatskappye egter weer kon gedy.
Beter sport sonder korrupsie
Suid-Afrika is die enigste land ter wêreld wat rassekwotas op sport afdwing. Uiteraard sou dit in ‘n blanke land nie nodig wees nie. Niemand sou bekommer oor die aantal swart spelers in die span nie, want daar sal net blanke spelers wees en niemand sou dit vreemd vind nie.
Sport in Suid-Afrika draai net om geld en politiek, in daardie volgorde. Atletiek is in ons land vernietig en korrupsie vier hoogty by vele sportliggame. In ‘n blanke Suid-Afrika sou sport weer ter wille van die spel en prestasie beoefen word. Ons sou weer topatlete en -swemmers lewer, en dalk die wêreldrugbybeker wen.
Geen minibustaxi’s nie
Die minibustaxi is die grootste euwel wat daar is. Hierdie onpadwaardige voertuie met hul vermetele, aggressiewe, onbeskofte en roekelose bestuurders veroorsaak tienduisende ongelukke per jaar waarin duisende mense sterf of vermink word.
Sowel die bestuurders as die passasiers is swart, dus sou daar in ‘n blanke Suid-Afrika geen minibustaxi’s wees nie en ons almal sou die paaie met ‘n lied in die hart kon bestyg, sonder om op die uitkyk te wees vir ‘n maniak wat jou van die pad wil afdruk of eensklaps sonder waarskuwing in die middel van die pad stilhou.
Geen terreur nie
In Suid-Afrika het 200 voorvalle van terreur vanaf 1960 tot 1994 plaasgevind. Dít alles kan met nie-blanke politiek verbind word. Immers het die Natte en die Sappe mekaar nooit met bomme bestook nie, al het hulle hewig oor allerlei sake verskil.
In ‘n blanke land sou daar geen terreur plaasvind nie en nêrens sou ons hoef te vrees dat iemand ‘n bom op straat of in ‘n winkelsentrum gaan stel nie.
Geen plaasmoorde nie
Plaasmoorde verteenwoordig insgelyks ‘n vorm van terreur wat ná 1994 toegeneem het. Geen blanke waarvan ek weet, het al ‘n plaasmoord gepleeg deur goedsmoeds ‘n boer of sy gesin te gaan aanval nie. In ‘n blanke Suid-Afrika sou daar geen plaasmoorde wees nie, boere sal nie hul huise met hoë heinings hoef te omring en met wapens hoef rond te loop nie.
Geen diefwering, lae versekeringspremies, minder polisiestasies
Trouens, in ‘n blanke Suid-Afrika sou geweldsmisdaad op dieselfde vlak as in Europese of Verre-Oosterse lande verkeer. Ons sal nie meer diefwering, alarms of hoë mure met elektriese heinings of lemmetjiesdraad nodig hê nie. Ons sal veel minder polisiestasies benodig en die privaatveiligheidsnywerheid sal grootliks verdwyn.
Versekeringspremies sal baie laer wees, sowel op huise as op motors en sodoende sal groot hoeveelhede geld meer produktief aangewend kan word.
Openbare hospitale sou weer uitstekend wees
Hospitale soos die Johannesburgse Algemeen of die HF Verwoerd in Pretoria was in die tyd toe hulle gebou is verstommende prestasies wat met die beste ter wêreld kon vergelyk. Streng susters en aanvallige blanke verpleegsters het daar gewerk en ‘n mens het amper na ‘n verskoning gesoek om hospitaal toe te gaan!
In ‘n blanke Suid-Afrika sou ons weer trots wees op ons openbare hospitale, net soos op ons skole en kampusse.
Kuns, letterkunde en musiek sou floreer
Soos in Europese lande, sou die owerheid sy bes doen om kultuur, kuns, letterkunde en klassieke musiek te bevorder. Die Staatsteater of die Johannesburgse Stadskouburg sou weer vir die doel aangewend word waarvoor sulke teaters gebou is, naamlik die opvoering van ernstige teater en operas. Daar sal weer simfonie-orkeste wees en die SAUK sal musiek bevorder soos dit onder Anton Hartman die geval was.
Boeke sal heen en waar na Afrikaans vertaal word en ons sal weer ‘n land van lesers in plaas van TV-kykers word.
Groter gelykheid en maatskaplike samehorigheid
Afrikanersosialisme soos dit onder die Nasionale Party in die vyftiger- en sestigerjare gewerk het, met goeie onderwys en goed bestuurde openbare maatskappye, asook ‘n hoë premie op wetenskaplike navorsing en ontwikkeling, sou waarskynlik in ‘n blanke Suid-Afrika terugkeer. Pleks van in die rigting van Zimbabwe te neig, sou ons veel meer soos ‘n Skandinawiese land wees, met ‘n hoë lewenstandaard, goeie skole en hospitale, asook vrede, voorspoed en veiligheid.
Anders as tans, waar die land deur ‘n klein oligargie van korrupte superrykes beheer word terwyl die grootste deel van die bevolking krepeer en die middelklas stelselmatig verarm en uitgeroei word, sou daar in ‘n blanke Suid-Afrika groter gelykheid wees en rykdom sou teen meriete en met harde werk bekom word, nie deur knoeiery en korrupsie nie.
Deur gesonde patriotisme en lojaliteit aan die eie land en volk, sal maatskaplike samehorigheid heers, met selfs Engelse wat Die Stem uit volle bors saam sing.
So ‘n land is die antitese van dít wat tans heers en wat swart nasionaliste en antiblanke skryfsters soos Ferial Haffajee bepleit.
Hoe ‘n mens dit kan bereik, is natuurlik ‘n ope vraag. Indien daar enige logika by swart nasionaliste en afrosentriste was, sou hulle almal môre die minibustaxi Zimbabwe toe gehaal het om die voortreflikheid van ‘n volkome swart land te gaan ervaar. Hulle sou graag wou wegvlug van “rassisme”, Westerse kultuur en argitektuur, die apartheidserfenis, Afrikaans en Afrikaners.
Dog, as Malema, Haffajee en soveel ander die reg het om hul swart ideaal na te streef, mag ons seker maar droom van ons wit ideaal?
Baie van die euwels waarmee ons vandag moet saamleef, kom van die Franse rewolusie en meer spesifiek van die Verklaring van Menseregte (Déclaration des droits de l’homme et du citoyen) van 1789. Hierin is die beginsels van «vryheid, gelykheid en broederskap » vervat wat die Franse leuse gebly het tot vandag.
Eerstens was daar van vryheid, gelykheid en veral broederskap in die skrikwekkende bloedvergieting van die Franse rewolusie wat op hierdie verklaring gevolg het, maar min sprake. Dit lyk asof die « droits de l’homme » alles ingesluit het behalwe die « droit » om te mag lewe. Maar nou ja, wanneer dit by ideologie en rewolusie kom, is slagspreuke altyd goedkoper as die waarheid. In Frankryk is dit ongeveer ‘n nasionale sport om mekaar elke nou en dan op groot skaal uit te roei, net sodat hulle dan later hulle genepoel met die invoer van Afrikane moet probeer versterk.
Die linksliberale media, politici en ander lede van die dekadente gemeenskap is baie lief om hoog op te gee oor hulle « waardes ». As ‘n mens egter ‘n bietjie begin ontleed, dan kom jy gou agter dat die « waardes » nie veel meer om die lyf het nie as bloot net gelykheid en dan spesifiek rassegelykheid.
Maar in watter mate word die groot « waarde » van gelykheid dan nou eerbiedig? ‘n Boom word tog spreekwoordelik geken aan sy vrugte. In die eerste plek sou dit lagwekkend wees om te beweer dat ongelykheid tussen ryk en arm aan die afneem is of dat gelykheid tussen die rykes en die armes hoegenaamd nagestreef word. Soos almal weet is ongelykheid tussen die rykes en armes groter as ooit in die geskiedenis en word dit by die dag net groter. Enige regdenkende mens sou hom kon vereenselwig met groter gelykheid tussen rykes en armes, maar dit is alles behalwe die oogmerk van die linksdekadente media wat trouens alles in hulle vermoë doen om hulle meesters, die rykes, nog ryker te maak.
Dus as ons die « waarde » van ekonomiese en finansiële gelykheid nie kan verwesenlik nie, kom ons val dan maar terug op die ou gunsteling, rassegelykheid.
As hierdie waarde minstens opreg en konsekwent nagevolg was, dan kon ‘n mens miskien nog vrede hê daarmee, maar dis alles behalwe die geval. Hierdie kernwaarde van die fatsoenlikes is trouens deurspek met teenstrydighede en geveinsdheid.
‘n Treffende illustrasie van die raserny waartoe die rasse-obsessie in die Weste in staat is, is die gewolt in Frankryk tans rondom Nadine Morano. Nadine Morano is ‘n senior lid van die MPU-party van Nicolas Sarkozy (die sg. « regses » in die Franse politiek) wat tydens sy bewind minister was. Sy het haar naamlik pas die toorn van die hele politieke klas in Frankryk op die hals gehaal deur te sê Frankryk is ‘n « land van witmense » ! (La France est un pays de blancs). Haar eie party het selfs haar kandidatuur in die komende streeksverkiesings teruggetrek. Vir ‘n verandering het sy nie die normale patroon gevolg deur ‘n dag later verskoning te maak en te sê sy « het dit nie so bedoel nie ».
Want kyk, daar bestaan mos nie iets soos « rasse » nie. Daar bestaan wel iets soos « rassisme », maar nie ras nie. Die logiese onbestaanbaarheid van so ‘n houding gaan by die linksdekadentes net verby. Logika is nie een van hulle sterk punte nie. Hulle sterkste punt is histerie.
Dus is alle rasse volgens die linksdekadentes gelyk. Nie alleen gelyk nie, maar dieselfde. Dit is die ideologiese posisie, maar wat is die praktyk ? In die praktyk is dit moontlik en inderdaad wenslik om tussen rasse te diskrimineer, d.w.s. deur swartes bo wittes te bevoordeel, wat betref arbeidsgeleenthede, opvoedingsgeleenthede, behuising, mediese voordele en wat nog. Dit is ook heeltemal in orde om in films en die ander media klem te lê op die gebiede waar swartes dan « meerderwaardig » sou wees soos bv. sport. Die linksdekadentes het ‘n verbale foefie daarvoor ontwerp: « Transformasie » of « regstellende aksie ». Volgens dié ideologie is dit verkeerd om te diskrimineer, maar wanneer swartes daardeur bevoordeel kan word, bestaan rasse ewe skielik en op wonderbaarlike wyse weer.
Intussen stroom die derdewêreld by hulle honderdduisende Europa binne danksy willose en lamsakkige Europese leiers en dis nog maar net die begin.
Is daar in hierdie haglike situasie nog enige hoop vir die witman? Sekerlik nie veel nie, maar daar is tog. In Amerika bestaan daar nou die vooruitsig dat daar weer ‘n witmens in die Withuis mag wees en nogal ‘n redelik konserwatiewe een daarby. Hoe konserwatief hy is, sal die tyd maar moet leer. En in Frankryk is die Front National van Marine Le Pen nou besig om reusevordering te maak. Moet egter nie die fout maak om te dink dat enigeen van hierdie persone of partye openlik vir die witman in die bres gaan tree nie, maar hulle konserwatiewe benadering tot sake soos nasionale grense, beheer van immigrasie en die selfbeskikking van volkere, mag tog wel ‘n bietjie help.
In sy jongste rubriek, “Grond skuif onder Maties” (Die Burger, 29 deser, p 11), jubel Max du Preez eintlik oor die verhoogde transformasiedruk wat daar op die Universiteit Stellenbosch (US) uitgeoefen word. Dit is duidelik dat hy verkies dat die US van weleer met wortel en tak uitgeroei word. Hy verwys na die “eeu oue mantra, ‘Stellenbosch staan vir ‘n idee’”. Hy wil hê dat daardie idee “fundamenteel … herondersoek” en tot ‘n val gebring word. Wat begrawe moet word, is die onomstootlike feit dat die US in die vorige eeu daarop geroem het dat hy die bakermat van Afrikanernasionalisme en Afrikaans (veral as universiteits- en vaktaal) was.
Daar is historiese gronde vir hierdie aansprake, dus dat die US van weleer ten minste in ‘n mate sodanige bakermat was. Du Preez wil nie ‘n voorsetting van hierdie bakermat-idee hê nie en ook nie dat die US steeds as ‘n Afrikaanse universiteit bekend moet staan nie. Selfs die beskrywing “Afrikaans geöriënteerde universiteit” is vir hom eintlik te dik vir ‘n daalder. Waarom sou Max (wie se naam as ‘n afkorting van “maksimaal” vertolk kan word) hom maksimaal van hierdie US-“idee” distansieer? Omdat hy ‘n anti(e) is wat (in ruime mate) anti-Afrikaner en anti-Afrikaans gesind is. Dit is só omdat hy hierdie twee verskynsels assosieer met wat sleg is. Afrikaner en Afrikaans is metonieme vir apartheid, wat glo mos net sleg was. Ook omdat Du Preez sy (openbare) siel (in groot mate) aan swart nasionalisme en Engels verkoop het.
Waarom wil Du Preez teen wil en dank hê dat die US ‘n spieëlbeeld van die nuwe Suid-Afrika moet wees? Omdat hy die Luister-video gekyk en bevind het dat dit “heel besadig en geloofwaardig” is. Voorheen het Du Preez, as die “apartheidsregime” teks of foto’s uitgereik het, dadelik propaganda herken en krities beoordeel. In die nuwe politieke bedeling vreet hy alles vir soetkoek op, mits dit uit een van sy gunsteling oorde kom. Hierdie video bevorder Du Preez se politieke agenda. Daarom verwelkom hy die publikasie daarvan. Hy reageer op die video soos hy dink die kykers in “Luthuli-huis, die parlement en die Uniegebou” daarop reageer. Hierdie mense is mos almal televisie- en dus ook video-geletterd, wat nie heeltemal dieselfde is as om funksioneel teksgeletterd te wees nie.
Tot watter gevolgtrekkings het die video vir Du Preez laat kom? Heel voorspelbaar: anti-blanke en anti-Afrikaanse gevolgtrekkings. Byvoorbeeld: “Is rasse-antagonisme nie eenvoudig onvermydelik op ‘n kampus wat oorwegend Afrikaans en oorwegend wit-met-‘n bietjie-bruin wil wees nie?” Ja, dit moet noodwendig ‘n mens se gevolgtrekking wees as daardie mens verkeerdelik uitgaan van die standpunt dat Afrikaanssprekendes “onvermydelik” (dus noodwendig) rasse-antagonisme (rassehaat?) aanblaas. ‘n Wins is Du Preez se insig dat dit nie net die wit minderheid is wat deur die swart meerderheid kultureel bedreig voel nie, maar ook die bruin minderheid. Dit is waarom bruin ouers onlangs in opstand teen ‘n swart skoolhoof gekom het.
Voorts vind Du Preez dit nie so maklik om voort te borduur op wat hy probeer staanmaak nie. Op Potchefstroom mag die blankes, volgens Du Preez, glo nie daarop aanspraak maak dat hulle die universiteit gebou het en dat dit daarom hulle s’n is nie. Die historiese juistheid van die blankes se aanspraak staan egter vas. Dieselfde feite is net so geldig vir die US. Die blankes moet dit gereeld ontgeld as Du Preez en sy geesgenote dinge selektief uit die verlede opdiep. Maar geldige historiese aansprake mag nie tot voordeel van blankes opgehaal word nie. Een van die Max du Preez-wette lui: Swartes mag maai waar blankes gesaai het.
Vervolgens wend Du Preez hom tot leuens deur presies die teenoorgestelde te beweer van wat as die absolute waarheid bekend is. Swart studente word glo ontmoedig om aan die US te studeer, terwyl die universiteit in werklikheid oorboord gaan om op allerhande maniere swartes na die kampus te lok. Daardie werwingsaktiwiteite kan in baie opsigte glad nie akademies geregverdig word nie. In hierdie prosesse word op skandalige groot skaal teen blankes gediskrimineer. Swart dosente word volgens Du Preez glo ook nie gelok nie, terwyl die teenoorgestelde ook hier ongetwyfeld die waarheid is. In iedere US-advertensie om poste word swartes verseker dat hulle aansoeke voorkeur sal geniet. By implikasie word erken dat, indien enigsins moontlik, teen blanke kandidate gediskrimineer sal word.
Du Preez lys die argumente wat dikwels teen die verswarting en verengelsing van die US geopper word, bv dat nie alle bruines Engels magtig is nie, dat daar twee (eintlik drie) uitsluitlik Engelse universiteite in die Wes-Kaap is, dat Afrikaans volgens die grondwet beskerm en bevorder moet word, “ensovoorts”. Ek vra my af: Waarom bruines in die argument gebruik en nie die feit noem dat sommige blankes ook Afrikaans as onderrigmedium verkies nie? Myns insiens mag blankes maar voorkeure hê en dit behoort billikheidshalwe aan hulle gegun te word, bv op grond van die ongeëwenaarde bydrae wat hulle tot die ontwikkeling en voorspoed van die land gelewer het.
Sonder om enige teenargumente aan te voer, skryf anti(e) Du Preez: “Jammer, kêrels, dit is gister se argumente. Jul meedoënlose agitasie het Afrikaans en Stellenbosch geen guns gedoen nie. Julle praat nie regtig van taal nie, julle praat van identiteit.” Volgens Du Preez is taalaktivisme en groepbeskerming taboe. Wat Du Preez hiermee erken, is dat hy en sy geesgenote die irrasionele era betree het, dat argumente geen waarde meer het nie; dat “agitasie” (bv deur vir Afrikaans se stry) teenproduktief is; dat blankes sonder slag of stoot in die FW de Klerk-tradisie moet toelaat dat swartes met hulle harde stewels oor hulle loop en opeis of vernietig wat hulle opgebou het, of wat ook al (bv kultureel) waardevol vir blankes is. Hoekom? Op grond waarvan kan swartes regte opeis wat vir blankes misgun word?
Du Preez ontken ook dat dit om taal gaan. Maar dit is so helder soos daglig dat dit om taal, naamlik Afrikaans, gaan en meer as net taal, want dit gaan ook om Afrikanerkultuur, dus om identiteit. Op grond waarvan mag swart of Afrikakultuur op die US losgelaat word, bv in die vorm van Open Stellenbosch se onwrigtende bedrywighede, maar Afrikanerkultuur, wat bykans ‘n eeu lank aan die US ingebed is, kan maar verswelg word en verdwyn?
Hoe gaan anti(e) Du Preez se ideale (of in elk geval beter) US lyk? Aan die begin van sy rubriek “Skuinskyk”, wat myns insiens erg skeef is, skryf Du Preez: “Is daar nog genoeg ruimte om iets soos ‘n ‘Afrikaans-georiënteerde’ universiteit te wees wat die taal se ‘hoër funksies’ gaan help bewaar? Miskien.” Hy bevraagteken dus die nodigheid van Afrikaans as bv universiteits- en vaktaal. Die behoud van Afrikaans op hierdie vlak is vir Du Preez opsioneel. Afrikaans kan volgens hom maar afgegradeer en verwater word tot die vlak van omgangspreek- en skryftaal. Blykbaar twyfel hy of Afrikaans tot iets in staat is wat tereg “hoër” genoem kan word, want hy plaas die frase “hoër funksies” al drie keer tussen aanhalingstekens.
Later krabbel Du Preez ‘n bietjie terug: “Die ‘hoër funksies'[van Afrikaans] kán [nie móét nie] nog bevorder word” in die nuwe “idee” wat hy vir ‘n getransformeerde US voorhou. “Afrikaanse voorgraadse studente kán [nie móét nie] nog in Afrikaans bedien word.” Hy wil nie onderrig in Afrikaans op nagraadse vlak toelaat nie. Daarvoor is Afrikaans se funksies seker nie hoog genoeg nie. (Sover ek weet, het hy nie eerstehandse ondervinding van nagraadse studie nie.) Du Preez sê nie in watter mate sy voorgestelde US voorgraads Afrikaans gaan wees nie. Hy voorsien en begeer klaarblyklik nie dat al die vakke op al die voorgraadse vlakke in Afrikaans aangebied moet word nie. Maar dít is sekerlik wat hy vir Engels verlang. Dan skryf hy vaagweg: “Stellenbosch moet liefs nie net nóg ‘n Engelse universiteit word nie,” al is dit presies die soort US wat Du Preez bevorder. Net soos die US tans, volgens hom, ‘n “bietjie bruin” is, sal Du Preez se US hom seker van ander Engelse universiteite onderskei deur (aanvanklik) ‘n bietjie Afrikaans te wees.
Du Preez wil hê dat sy voorgestelde US-model ernstig bejeen word. Daarom probeer hy om gesag daaraan te verleen deur na Nelson Mandela te verwys. Dit is mos ook ‘n geykte manier geword om ‘n rubriek op ‘n twyfelagtige hoogtepunt te laat eindig. Mandela se ideaal was glo dat “Afrikaners en Afrikaanse instellings nooit weer [dus: hulle het dit voorheen gedoen] dikbek en eenkant gaan staan nie, maar vervleg gaan word in die vernuwing wat ons Suid-Afrikaners besig is om te skep.” “Vervleg” is ‘n nuttige eufemisme vir gedwonge rasse-integrasie, asook vir blanke (veral Afrikaner en ook Afrikaans) verswelging, onderploeging, vernietiging en uiteindelike uitwissing.
Die gereg wat anti(e) Max voorsit blyk ‘n mengsel van maksimale Engelse taalimperialisme en Afrikakultuur gegrond op maatskaplike ingenieurswese/manipulasie te wees. Die brousel word nie meer verteerbaar gemaak deurdat die sousie aanvanklik ‘n bietjie wit en ‘n knypie Afrikaans bevat nie. Wanneer hy sy skepping bedien, vra Du Preez met ‘n tikkie trots: “Hoe klink dit vir ‘n nuwe ‘idee’ [vir die US]?”
Die wêreld, en veral natuurlik lande soos die VSA en Suid-Afrika, is besig om rasmal te raak. Enkele dae gelede het ‘n 21-jarige blanke Amerikaner, Dylann Roof, in ‘n kerk op swart gemeentelede losgebrand en nege van hulle doodgeskiet. Enkele ure later is hy aangekeer en intussen is ‘n eienaardige Facebook-foto van hom met die ou Suid-Afrikaanse en Rhodesiese vlae daarop gepubliseer. Dis heeltemal moontlik dat dit ‘n gemanipuleerde foto kan wees, want ons weet almal dat Photoshop en ander grafiese programme ‘n mens in staat stel om enige digitale foto te kan omskep in enigiets. Trouens, in aksiefilms word motors en geboue digitaal “opgeblaas”, dus is die aanbring van twee vlaggies op ‘n baadjie sommer kinderspeletjies. (Ek het nie eens Photoshop op my rekenaar nie, maar sal dieselfde met ‘n gratis Linuxprogram genaamd Gimp kan doen.) Daar is ook berig dat Dylann Roof psigiatriese medikasie gebruik wat gewelddadige gedrag by ander pasiënte veroorsaak het.
Die verhaal wat die hoofstroommedia aan ons opdis, is die volgende: dat Dylann Roof weens blootstelling aan “rassistiese” of “haatgroepe” op die internet daarvan oortuig geraak het dat ‘n blanke volksmoord voor die deur lê en daarom het hy tot die massamoord oorgegaan. Die New York Times se korrespondent in Suid-Afrika, Lydia Polgreen, het laas nog oor die “geslaagde grondhervorming in Zimbabwe” gepopel – terwyl Zimbabwe tans weer hongersnood in die gesig staar al ontvang die land rééds $1 miljard aan hulpgeld, asook voedselhulp vir drie miljoen mense. Dieselfde Polgreen het nou in die blaaie van die New York Times losgetrek en blameer sommer alle blankes vir Roof se daad, behalwe dat sy die “twee rassistiese state”, Suid-Afrika en Rhodesië, aan hom verbind. Die veelseggende titel van haar stuk is: From Ferguson to Charleston and beyond, anguish about race keeps building. Let op die gebruik van die woord “anguish” of “angs”. Nadat die Berlynse Muur afgebreek is, was linkses vir ‘n dekade of so ‘n bietjie in hul dop gekruip, maar “ras” blyk ‘n veel vrugbaarder propagandaterm te wees as “klas”. Daarom word ons elke dag met die soveelste “rassevoorval” in die hoofstroommedia begroet: of dit nou laerskoolkinders by die Curro-skool Roodeplaat is wat nie “gemeng genoeg” uit die bus uit klim nie is, of ‘n versteurde blanke wat nege swartes in ‘n kerk in Charleston, Suid-Carolina, doodskiet.
Op 25 Julie 1993 het vier “vryheidsvegters” van APLA tydens ‘n erediens by die St. James-kerk in Kenilworth, Kaapstad, ingestorm en met outomatiese wapens op die gemeente losgebrand. Hulle het ook handgranate gebruik om die weerlose kerkgangers aan te val. Elf mense is gedood en 58 gewond. Indien een van die kerkgangers, Charl van Wyk, nie met sy .38-kortlooprewolwer begin terugskiet het nie, sou selfs méér mense gesterf het. In daardie geval was die aanvallers swart en die slagoffers blank. Die aanval is egter geensins aan alle swartmense of “swart rassisme” jeens blankes verbind nie. Trouens, die swart Amerikaanse leier, eerwaarde Jesse Jackson van die “Rainbow Coalition” (waarvan Suid-Afrika se “reënboognasie” afkomstig is) het besoek aan die Suid-Afrikaanse ambassade in Washington gebring en die daad aan “apartheid” toegeskryf! Jackson het volgens ‘n berig in Beeld van 29 Julie 1993 verklaar:
”As deel van die internasionale gemeenskap rou ons oor die verlies van hierdie jongste slagoffers van die barbaarse apartheidstelsel, soos ons in die verlede gerou het oor die duisende slagoffers van staatsgeborgde terrorisme wat in tronke dood is weens marteling, wat in Bantoestans dood is weens verhongering, of doodgeskiet is ten tyde van vreedsame betogings’.”
As swart terroriste moor, is diegene wat hulle doodskiet bloot “slagoffers van die barbaarse apartheidstelsel”, maar as ‘n blanke – na bewering, want ons het nog geen regstreekse getuienis dat hy wel die daad gepleeg het nie – op swart kerkgangers skiet, is alle blankes aandadig, weens “internasionale blanke rassisme en wit heerssug”. Dus, dit maak nie saak wie die sneller trek of wie die slagoffers is nie, die blankedom sal altyd die skuld kry. Vandaar dus ook Lydia Polgreen se treurmare oor die groot aantal (meer as ‘n miljoen) swart Amerikaanse misdadigers wat tans in die gevangenis verkeer en, soos sy dit stel, “if current trends continue, one in three black men are expected to spend time in prison at some point in their lives”. Dis nie hul gedrag of die misdade wat die probleem is nie, dis “blanke heerssug”. Trouens, die jongste term wat deur rashisterici rondgeslinger word, is “strukturele rassisme”. Polgreen haal ‘n swart aktivis en “styldeskundige”, Michaela Angela Davis, aan wat dié term gebruik. Soos alle slagspreuke uit die VSA klakkeloos deur plaaslike linkses oorgeneem word, kan ‘n mens maar seker wees dat dit binnekort in die blaaie van Beeld of Die Burger ook sal verskyn, uit die pen Adriaan Basson of Max du Preez. Berei dus maar voor om “strukturele rassisme” nog sommer baie te hoor; dis die boetie van die kulturele marxis, Herbert Marcuse, se begrip dóér uit die sestigerjare, toe hy gepraat het van die “strukturele geweld” van kapitalisme. Eers was daar “strukturele geweld”, nou is daar “strukturele rassisme”. Hoe meer dinge verander, hoe meer bly hulle dieselfde.
Volgens beskikbare meningsopnames glo die meerderheid Amerikaners nie meer die amptelike weergawe van die gebeure op 11 September 2001 toe twee vliegtuie in die World Trade Center vasgevlieg het nie. ‘n Aansienlike persentasie meen dat dit óf die Israeli’s óf die Bush-regerings self is wat agter die terreur van daardie dag sit. Hoe gebeur dit dat ‘n 21-jarige jongman sommer by ‘n swart kerk inloop en nege mense doodskiet? Direk daarna word foto’s van hom by die ingang van die kerk en van sy baadjie met ou SA en Rhodesiese vlae wêreldwyd gepubliseer. En hy word binne enkele ure in hegtenis geneem. Indien hy werklik ses maande lank aan sy daad beplan het, sou hy hom tog kon vermom het, vals nommerplate op sy motor gehad het, ens., tensy hy gevang wóú word. Of tensy een van die VSA se 18 duistere geheime dienste wat mense in kampe oral ter wêreld martel en allerlei sielkundige eksperimente op hulle uitvoer, ‘n handjie daarin gehad het… Wie weet?
Oor die egtheid van die voorval en van die vlae op die baadjie, sal ons seker tydens die hofsaak wat kom, moet oordeel. Bygesê: as daar ‘n hofsaak is, want soms word sulke “massamoordenaars” mos gerieflikheidshalwe deur ander gevangenes om die lewe gebring. Aangesien die meerderheid gevangenes in Amerikaanse tronke swart is, kan ons nou al voorspel dat Roof, die “wit, rassistiese moordenaar” nie baie gewild by sy medegevangenes gaan wees nie. Hopelik oorleef Roof totdat hy in die hof kan verskyn.
Roof se borgaansoek op die moordklagtes is reeds afgekeur, dus verkeer hy incommunicado in die tronk. Intussen gaan die “vertelling” rondom hom egter ongesteur in die hoofstroommedia voort. Die jongste bewering is dat hy glo ‘n webblad by die domein lastrhodesian.com bedryf het, waarop hy, soortgelyk aan die Noorse skieter Anders Breivik, ‘n “rassistiese manifes van 2000 woorde” sou gepubliseer het. Ek het intussen ondersoek ingestel en, hoewel die domein lyk my intussen vanlyn gehaal is, met behulp van Google se kasgeheue wel die teks kon aflaai. Volgens “Whois”-inligting is die domein op 9 Februarie 2015 geregistreer, maar nêrens kon ek sien dat die domein spesifiek aan Roof verbind word nie, aangesien die privaatheid van die ware eienaar deur die registrateur beskerm word. So iets word gewoonlik teen ekstra koste gedoen. Indien Roof sy manifes wou publiseer, waarom sou hy lastrhodesian.com se eienaarskap wou verdoesel?
In sy (beweerde) manifes sê Roof die volgende oor die Amerikaanse Suide en oor Suid-Afrika:
Some people feel as though the South is beyond saving, that we have too many blacks here. To this I say look at history. The South had a higher ratio of blacks when we were holding them as slaves. Look at South Africa, and how such a small minority held the black in apartheid for years and years. Speaking of South Africa, if anyone thinks that think will eventually just change for the better, consider how in South Africa they have affirmative action for the black population that makes up 80 percent of the population.
It is far from being too late for America or Europe. I believe that even if we made up only 30 percent of the population we could take it back completely. But by no means should we wait any longer to take drastic action.
Is Roof se verhaal eg of verteenwoordig dit een groot manipulasie? Die redes vir so ‘n manipulasie is voor die hand liggend: Regoor die wêreld is daar ‘n ontwaking van patriotiese gevoelens onder blanke volkere, veral in Europa. Terwyl die swartman in Suid-Afrika slegs 20 jaar gelede as ‘n onskuldige slagoffer van blanke boosheid beskou is, met Mandela as ‘n soort heilige en martelaar, is die bordjies redelik onlangs verhang en word die swartman deesdae as die dader gesien wat op ongekende skaal in ons land moor, roof en verkrag. Die Zuma-bewind se korrupsie en spandabelheid het ook die “morele kapitaal” van die ANC selfs in die hoofstroommedia uitgeput. Die stelsel van swart oorheersing in Suid-Afrika, asook regstellende aksie in die VSA en immigrasie na Europa, is gegrond op die idee dat swartes en Arabiere eintlik net onskuldige slagoffers van Westerse boosheid is wat verdien om in magsposisies oor blankes aangestel te word. Beleefde versoeke van Afrikaners dat ons taalregte en menseregte eerbiedig moet word, word byvoorbeeld honend deur linkses met uitroepe van “verlange na blanke heerssug” begroet.
In meerdere of mindere mate, geld hierdie situasie dwarsdeur die Westerse wêreld en by uitstek in die VSA waar blankes in sommige stede en deelstate reeds in die minderheid verkeer. Linkse blankes en swartes is met ‘n onophoudelike propaganda-oorlog rondom die begrippe “ras” en “rassisme” besig, wat dié tussen die Weste en die ou USSR tydens die koue oorlog na ‘n vulletjie laat lyk.
In haar kommentaar op Dylann Roof se beweerde massamoord het mev. Hillary Clinton na “Amerika se lang stryd met ras” verwys:
“It’s tempting to dismiss a tragedy like this as an isolated incident, to believe that in today’s America bigotry is largely behind us, that institutionalized racism no longer exists. But despite our best efforts and our highest hopes, America’s long struggle with race is far from finished.”
Elke rassevoorval, gefabriseer, gemanipuleer of nie, sal as ammunisie in dié konstante sielkundige en inligtingstryd gebruik word.
Dit geld veral ‘n geval soos dié van Dylann Roof en sy aanval op die Emanuel African Methodist Episcopal Church in Charleston, Suid-Carolina.
Die ANC-regering het ‘n nuwe manier uitgedink om nie-wittes en vroue te bevoordeel en by implikasie blankes en veral wit mans te benadeel. Dit word die New Generation of Academics Programme (nGAP) genoem. Tipies ANC het hierdie uitvindsel nie ‘n Afrikaanse naam nie. Die staat (eintlik die belastingbetalers) betaal vir die eerste drie jaar die salaris van sulke bevoordeeldes ten volle. Daarna subsidieer die staat vir die volgende drie jaar die salaris in afnemende mate. Na verloop van hierdie ses jaar word daar van die universiteit verwag om sulke kandidate vir eie rekening permanent as dosente aan te stel. In die praktyk sal die opsie van nie-aanstelling seker nie bestaan nie. Sulke kandidate sal tydens daardie ses jaar van vakleerlingskap ‘n geringe doseerlas hê en elkeen sal ook deur ‘n mentor bygestaan word. Daar word van hierdie kandidate verwag om gedurende hierdie ruim tydperk van ses jaar ‘n magister- of doktorsgraad te voltooi. Die opset is sodanig dat so ‘n graad feitlik sonder uitsondering toegeken sal word, bv hetsy deur verlaging van akademiese standaarde of onregverdigbare oorvloedige hulp. Daarna sal so ‘n n-GAP-dosent in die posisie wees om bo sy/haar blanke kollegas, wat akademies sterker kan wees en minder gepamperlang is, bevorder te word. Nog nooit in die geskiedenis van die universiteitswese is dosente in so ‘n mate op nie-akademiese gronde (te wete ras- en geslag) bevoordeel nie.
Toe ek ‘n dosent was, het die universiteit waaraan ek verbonde was, besluit om die demografie van sy dosentekorps te “verbeter” deur addisionele poste te adverteer waarin slegs nie-wittes aangestel kon word. Vir aanstelling in my departement is meer as ‘n halfdosyn aansoeke van kansvatters ontvang. Anders as ander departementshoofde was ek nie bereid om so ‘n ekstra dosent te akkommodeer nie omdat hy/sy op nie-akademiese gronde (ras- en geslag) pleks van akademiese gronde (formele kwalifikasies, ondervinding, publikasies) aangestel sou word. Omdat daar meer departemente as sodanige addisionele poste in my fakulteit was, is my departement van hierdie skandalige praktyk vrygestel. Ek het ook beswaar geopper teen die laakbare voorwaarde dat ek as departementshoof verantwoordelik gehou sou word as so ‘n dosent misluk.
Die ANC-regering se jongste skuif is dus eintlik net ‘n verfyning van wat ek in die vorige paragraaf beskryf en in die tweede helfte van die jare negentig plaasgevind het. Vyf nGAP-poste is pas aan die Universiteit Stellenbosch (US) toegeken (US-webwerf 10 deser). Omdat die US-bestuur sterk nie-akademies, selfs anti-akademies, ingestel is, word hierdie aalmoes (met bybedoelings) van die ANC-regering amptelik deur die US verwelkom. Die US stel immers in elk geval by absolute voorkeur nie-wittes en vroue aan. Wat ook soos ‘n paal bo water staan, is dat die ANC-regering met sy nGAP-program sy vasbeslotenheid toon om al die plaaslike universiteite te verswart en verengels. Akademiese standaarde en Afrikaans as onderrigtaal sal ongetwyfeld ernstige skade lei, maar dit is klaarblyklik deel van die ANC se strategie. Al die universiteite wat nGAP-kandidate aanvaar, is mede-aandadig aan akademiese ondermyning.
Mmusi Maimane, Helen Zille se opvolger en gunsteling, het die leierskapsstryd by die DA se verkiesingskonferensie in Port Elizabeth met ‘n oorweldigende meerderheid gewen wat daarop dui dat Zille steeds die party agter die skerms sal beheer.
Die 34-jarige Maimane het minder as vyf jaar gelede by die DA aangesluit. Maimane het gister die amptelike opposisie se eerste swart leier geword.
Dit het Sondag duideliker geword dat daar klaarblyklik geen ander projek vir die DA is behalwe verswarting nie. Die DA het wit kiesers gemaan om nie teen verswarting op te staan nie. Die nuutverkose DA-leier sê die party moet daarna streef om “ware nie-rassisme” te bereik.
Hy het ontken dat hy Zille se marionet is. Hy het gereageer op kritici wat gesê het hy is nie “ervare” genoeg om die amptelike opposisie te lei nie.
Hy het gesê hy sal sy eie styl van leierskap na die party bring en niemand sal die toutjies trek agter die skerms nie.
Die byeenkoms het meer aan ‘n sirkus herinner, met lede in blou narre-uitrustings geklee wat onsinnighede en gemeenplase voor die kamera resiteer.
‘n Gillende Zille is luid toegejuig toe sy die aankondiging van Maimane se oorwinning met ‘n ooglopende selfvoldaanheid gemaak het, op ‘n wyse wat Maimane se marionet-status verder beklemtoon het.
Maimane het sonder ironie gewaarsku dat daar geen verdraagsaamheid sal wees teenoor lede van die party wat “op grond van ras mobiliseer nie”. Hy het bygevoeg dat die DA “nie vasgevang moet word in ‘n “rassistiese verlede nie”.
Ten spyte van die gewone saai ontkennings oor hul deursigtige swart rasse-projek bekend as “nie-rassigheid”, het die nuwe ja-broer leierskap eweneens die verswarting en rasmobilisering van die opposisie geprys.
Die “verskrikking” van Verwoerd is oudergewoonte op ANC-wyse nadergesleep om aandag van die verswartingsprojek af te lei sodat wit kiesers eerder op “hul” skuld van die verlede kan fokus en nie op huidige swart onvermoë en wanprestasie nie.
“Skuld” is reeds met groot vrug deur die ANC en Mandela gebruik teen Afrikanerbelange, die Afrikaans taal en eie instellings. Dit word vandag selfs teen anti-koloniale wit leiers ingespan.
Mandela, ‘n voormalige internasionale terroris wat nie geweld wou afsweer nie, word steeds voorgehou as “vergewensgesind”.
Maimane het nalv veteraan-Boerhater Allister Sparks se opmerking oor Verwoerd gesê Sparks het sy lewe daaraan gewy om teen Verwoerd se nalatenskap, apartheid te veg.
Dit is nodig om te skets wat as agtergrond vir Wim de Villiers se intreerede as rektor van die Universiteit Stellenbosch (US) gedien het. Kort na sy aanstelling het Murray la Vita ‘n onderhoud met hom gevoer (Praag 13 Desember). De Villiers het toe gesê: “Ek moet dadelik ook vra waar die ondersteuning van buite is vir die ontwikkeling van Afrikaans as akademiese taal. Waar is die groot pryse vir akademiese skryfwerk in Afrikaans, waar is die finansiële aansporing vir navorsingswerk in Afrikaans?” (Die Burger, 5 Desember, p 11). Hiermee eggo De Villiers die standpunt van Dan Kgwadi, die rektor van die Noordwes-Universiteit, wat reken dat sy universiteit nie verantwoordelikheid vir die voortbestaan van Afrikaans kan aanvaar nie. Albei wek die indruk dat hulle onsimpatiek teenoor Afrikaans is. Die ergste is dat daar in ‘n hoofartikel in Die Burger (1 deser, p 10) staan: “Die toekoms van Afrikaans nie staan of val na gelang van wat by Maties gebeur nie.”
Die wortel van die kwaad, soos in die geval van baie dinge, is die ANC. Daar mag nie van swart studente verwag word om deur medium van Afrikaans aan ‘n histories Afrikaanse universiteit te studeer nie. Afrikaans word met uitsluiting, oftewel apartheid, geassosieer. Die ANC-regering se beleid is: “Die staat voorsien nie geld vir die verdubbeling van lesings nie” (JC Steyn, Ons gaan ‘n taal maak, Centurion: Kraal Uitgewers, 2014, p 457). Dit is met hierdie slinkse knyptangstrategie dat die ANC-regering universiteite wil verplig om tussen Afrikaans en Engels as onderrigtaal te kies. Willie Esterhuyse was moontlik eerste met die volgende vertolking, waarby De Villiers aansluiting vind. Esterhuyse het “die ryk Afrikaners veroordeel omdat hulle nie geld vir onderrig deur Afrikaans wou voorsien nie” (Pieter Kapp, Maties en Afrikaans, Pretoria: Protea Boekhuis, 2013, p 158). Op kenmerkende wyse veroordeel Esterhuyse Afrikaners en nie die ANC nie.
Hieruit spruit die gevolgtrekking, wat deesdae wyd aanvaar word, dat die ANC-regering net klasse befonds wat deur die medium van Engels aangebied word. As onderrig deur die medium van Afrikaans geskied, is die universiteit op aalmoese, bv skenkings uit die private sektor, aangewese. Uit ‘n hoofartikel blyk dat Die Burger (1 deser, p 10) hierdie propaganda sluk: “Meertaligheid kos geld en moeite. ‘n Deurslaggewende vraag gaan wees of the universiteit die hulpbronne gaan hê om dit behoorlik te doen.” Die koerant bied hiermee aan die US en ander eens Afrikaanse universiteite ‘n verskoning om eentalig Engels te word. Jonathan Jansen, die rektor van die Universiteit Vrystaat, het nie op hom laat wag nie. Twee onderrigtale plaas ‘n dubbele werklading op dosente en afsonderlike klasse in Afrikaans en Engels lei tot rasseskeiding (dit was ook Russel Botman se argument), terwyl die universiteit se beleid dieselfde as dié van die ANC is, naamlik gedwonge rasse-integrasie (Die Burger, 7 deser, p 16).
Sikhulekile Duma, ‘n tweedejaarstudent wat die Universiteit van Stellenbosch wil verengels en verswart
‘n Ander faktor wat De Villiers se toespraak beïnvloed het, is die aktivis Sikhulekile Duma, ‘n tweedejaar US-student in die sosiale wetenskappe. Dit is Duma wat deur blankes in die dorp “aangerand” is toe hy skoorgesoek het. Daarna het hy geëis dat die US teen rassisme moet optree. Vir hierdie doel het hy valslik voorgegee dat dit wit US-studente is wat hom reggesien het. As ‘n uitvloeisel hiervan is ‘n Menswaardigheidsoptog op die kampus gehou en versoeke en eise is aan die US se tussentydse bestuur gerig (Praag 14 Maart). Op 15 April is ‘n massavergadering op die Rooi Plein op die kampus deur die Duma-groep, wat daarna die naam Open Stellenbosch aangeneem het, gehou. Dit het oor transformasie met toespitsing op kritiek op Afrikaans as onderrigtaal gehandel. Studente van die Universiteit Kaapstad (UK) se Rhodes Must Fall-veldtog het ook by die byeenkoms gepraat. Geen aansoek is vooraf, soos vereis, by die universiteitsowerheid gedoen om die byeenkoms te hou nie. Nogtans het De Villiers die geleentheid bygewoon en gesê “die US is sterk tot transformasie verbind” (Die Burger, 16 April, p 3). Hierna weet die swart studente dat hulle met De Villiers as rektor nie by die reëls hoef te hou nie.
Op dieselfde dag as die Rooi Plein-byeenkoms het die US in ‘n amptelike verklaring gesê: “Voortgesette transformasie [myns insiens wesenlik ‘n nie-akademiese, politieke, ANC-gedrewe saak] is deel van die ‘kernwese’ van die Universiteit” (US-webwerf 15 April). Transformasie gaan glo bespoedig en verdiep word. Dit herinner aan Dan Kgwadi se “deep transformation”. Aan die US is daar glo “taalsoepelheid” – iets wat Kgwadi ook van die Noordwes-Universteit gesê het. Taalsoepelheid maak dit myns insiens moontlik om die Engelse aanbod te verhoog en die Afrikaanse aanbod af te skaal. Die aanwesigheid van UK-studente het die US genoop om te verklaar dat hy reeds lank bewus daarvan is “dat visuele elemente en simbole ‘n voortdurende herinnering is aan ‘n pynlike [!] geskiedenis en dus ‘n onvriendelike omgewing skep.” Hierna is daar berig dat Duma se Open Stellenbosch-groep binnekort ‘n verdere lys griewe en eise aan die US-bestuur gaan voorlê (Die Burger, 18 April, p 6).
In reaksie op aktivistiese druk het die US op 25 April op sy webwerf inligting oor sy personeelsamestelling verstrek. Daarvolgens bevorder die nuwe taalbeleid die werwing van nie-wit dosente omdat vaardigheid in Afrikaans nie meer vereis word nie. “Die doelwit is gestel dat die US se personeelkorps [dus nie net die studente nie] teen 2018 meer as 50% swart moet wees.” Nie-wit dosente word op ‘n “versnelde loopbaanpad” geplaas, wat sekerlik beteken dat hulle vinniger as blankes deur die doseerrange bevorder word. “Strategiese [rassistiese?] werwing vir alle senior posisies, ook professorale aanstellings,” word gedoen. “Diversiteit is ‘n noodsaaklike voorvereiste vir volhoubare akademiese uitnemendheid en juis om hierdie rede en op grond van die morele noodsaaklikheid daarvan, is die Universiteit verbind tot ‘n verdieping en versnelling van sy sistemiese transformasie.”
As iemand nog daaraan getwyfel het of die De Villiers-US hom op ‘n nie-, selfs anti-, akademiese pad begewe het, behoort daar nou geen onseker meer te bestaan nie. Byvoorbeeld, Akademikus, Stellenbosch skryf in Die Burger (1 deser, p 10) oor “waansin” by die aanstelling van dosente: “Die US is ‘n universiteit en derhalwe veronderstel om akademiese verdienstelikheid skaamteloos te onderskryf … Dit is nie ‘n rasse-aangeleentheid nie; dit is ‘n akademiese saak … Al wat die US met ‘n oop gemoed moet kan stateer, is dat by sy aanstellingskomitees geen rasvoor- of -nadeel is nie. Dit is ‘n beginselsaak, en elke aansoeker moet weet hy of sy word suiwer op akademiese verdienste oorweeg.” In werklikheid is daar ‘n voorskrif dat iedere kortlys vir aanstelling die naam van minstens een nie-wit kandidaat moet bevat. Dit stel die US in staat om by elke aanstelling te kyk of hy daarmee kan wegkom as voorkeur aan ‘n nie-witte pleks van ‘n blanke (wat dikwels die akademies beste kandidaat is) gegee word ten einde sy demografie- (dus ANC-politieke-) profiel te “verbeter”.
Is Duma en sy Open Stellenbosch hiermee tevrede? Nee. “Daar is 296 wit, 10 swart, 31 bruin en 12 Indiër-professore, asook 24 uit die buiteland by die US. Van 2010 tot 2015 het die getal swart professore van drie tot tien gestyg” (Die Burger, 25 April, p 1 – ja, Duma haal die voorbladsy). Die US se verweer teen die Duma-aanvalle is dat dit ‘n “groot uitdaging [is] om senior akademiese aanstellings uit onderverteenwoordigende groepe te maak … alle Suid-Afrikaanse universiteite ding mee vir dieselfde klein groepie.” Is dit nie ‘n sotlike, anti-akademiese situasie nie? Die ANC se kwantitatiewe demografie-dogma word sonder meer aanvaar.
Op 29 April, kort voor De Villiers se inhuldiging as rektor, het Open Stellenbosch, met Duma wie se naam tot Khule verkort is, ‘n onwettige byeenkoms teen “wit oorheersing” op die Rooi Plein op die kampus gehou. Hulle eis swart studente en dosente. Ramabina Mahapa, van Rhodes Must Fall-faam en die voorsitter van die UK-studenteraad, het gesê “as die universiteit nie wil verander nie, moet julle dit onregeerbaar maak.” De Villiers het hierna op ‘n mediakonferensie, soos die UK-rektor, Max Price, gesê hy ondersteun studentedeelname en -aktivisme (Die Burger, 30 April, p 3). Reeds op 15 April is amptelik op die US-webwerf verklaar: “Vir die US-bestuur is die al hoe sterker kultuur van robuuste debat by die instelling verblydend.” Soos Price doen De Villiers wat die swart studente wil hê. Dit is ‘n geval van “Forward!” na die akademiese afgrond. De Villiers is soos FW de Klerk met sy toegeestrategie.
Na hierdie byeenkoms op die Rooi Plein het die Open Stellenbosch-groep en Chumani Maxwele, wat ontlasting op die Rhodes-standbeeld gegooi het, na die plek van De Villiers se inhuldiging gegaan en daar onwettig met plakkate betoog. Die betoging het in stilte verloop totdat Maxwele en ander studente geskree het: “Down with white power, down!” (Die Burger, 1 deser, p 3). Duma sê: “Ons wou skok … Ons gaan nooit jammer sê vir die wyse waarop ons teen wit oorheersing veg nie.” De Villiers het die uitroepe aan nie-Maties toegeskryf en gesê dat geen optrede teen die betogers beplan word nie.
Waarteen sal die De Villiers-US dan wel optree? Sekerheid hieroor is gou verkry en Duma het daarvoor gesorg. Duma beweer dat ‘n blanke US-dosent aan hom die volgende teksboodskap gestuur het: “Jou swart moer van die wit boer.” (Rapport, 3 deser, p 1 en 2 – ja, die berig haal die voorbladsy). Die US het bevestig dat die saak “in ‘n baie ernstige lig” beskou word en “stappe ingevolge die universiteit se formele dissiplinêre prosesse het reeds begin” (p 2). Die Burger (4 deser, p 5) het grootliks dieselfde inligting gepubliseer. Duma het die vermetelheid om te eis dat die betrokke dosent sonder betaling weens die “rassistiese” teksboodskap geskors moet word.
Die volgende dag het Die Burger (5 deser, p 1 – ja, die voorbladsy) min nuwe nuus gehad, behalwe dat die betrokke dosent voorlopig geskors is, Duma per e-pos hieroor deur die US ingelig is en dat ‘n komitee saamgestel is om Duma se bewerings te ondersoek. Die Higher Education Transformation Network (HETN), wat by elke moontlik geleentheid pro-swart en anti-wit druk op universiteite uitoefen, het ook op die dosent se skorsing aangedring. “Die netwerk sal nie huiwer om in te gryp as die universiteit sy voete met die ondersoek sleep nie.” Rassevoorvalle het na bewering sedert De Villiers se aanstelling toegeneem. Dit is substansielose afdreiging deur die HETN.
Die lesers van Die Burger het sekerlik op die verslegtende US-situasie gereageer, maar net twee briewe met substansiële kommentaar is gepubliseer. Oud-Matie van die Kaap is van mening dat die aandrang op onderrig in Engels “is nie om die universiteit soseer toeganklik vir almal te maak nie, maar eerder om Afrikaans in die grond in te vertrap … Is dit nie ironies nie dat almal teen Cecil J Rhodes se standbeeld gil, maar die taal aanhang wat hy saamgebring het?” (Die Burger, 22 April, p 10). Pieter van der Merwe van Bellville verwys na die Randse Afrikaanse Universiteit wat nou “YouJay” is. “Ek voorspel dat die US teen 2018 ‘YouEss’ sal wees en later die naam van ‘n struggle-held gaan kry. Wat het van voortreflikheid geword in hierdie gejaag na politieke korrektheid? Kies die beste studente en personeel, ongeag uit watter rassegroep hulle kom. Los die kwotas; dis omgekeerde rassisme” (Die Burger, 29 April, p 15).
Ek het reeds lank gelede voorspel dat die US die Steve Biko University kan word en dat die US-studentesentrum, die Neelsie (genoem na die Afrikaanse taalstryder, JC Langenhoven, ook bekend as Sagmoedige Neelsie), die Nelson (genoem na Nelson Mandela) kan word. So ‘n kampus sal dan seker een wees waar die mitiese “almal” meer tuis as op die huidige een voel. Dalk is dit die enigste twee voorstelle in my skrywes wat ernstig deur De Villiers oorweeg sal word. Die UK-senaat (‘n liggaam wat tradisioneel uit professore bestaan) het 181 teen 1 ten gunste van die verwydering van die Rhodes-standbeeld gestem. In Bybelse taal (Lukas 11:35) roep ek oor die stand van die akademie in Suid-Afrika uit: Hoe groot is die duisternis nie! Dit is om van te ween.
Gestel die betrokke US-dosent het wel daardie teksboodskap aan Duma gestuur. Gestel verder dat De Villiers primêr eerder op akademiese as politieke leiding ingestel was. Wat sou hy as rektor gedoen het? Hy sou die dosent onvoorwaardelik om verskoning gevra het omdat hy tot dusver sy plig om teen Duma op te tree skromelik versuim het. De Villiers sou onomwonde gesê het dat hy begrip het vir die frustrasie wat daar in die geledere van die ware akademici aan die US opgebou het. Hy sou nie toegelaat het dat Duma verdere ontwrigting saai deur daardie dosent se onderrigaktiwiteite op te skort nie. De Villiers sou begrip getoon het vir die feit dat dit hier gaan om ‘n hoogs intelligente dosent met gespesialiseerde kennis; iemand wat oor skaars vaardigheid in kernfisika beskik. Hy sou diep bewus gewees het van die kolossale kloof wat daar tussen die bewese akademiese prestasie van die dosent en die relatief prestasielose akademiese rekord van Duma bestaan.
As ‘n keuse tussen ‘n onrusstokende, aktivistiese laspos en die akademiese bate wat die dosent vir die US inhou, gemaak moet word, is dit voor die hand liggend dat enige rektor wat, soos dit hoort, akademies geöriënteerd is ten gunste van die dosent sou besluit. De Villiers sou dit eienaardig gevind het dat die beweerde teksboodskap sonder meer as “rassisties” geëtiketteer word en nie as “robuuste debat” nie, terwyl Duma se byeenkoms teen wit oorheersing en die daaropvolgende uitroepe van “Down with white power” glad nie met rassisme geassosieer word nie. Hy sou dit ook eienaardig gevind het dat Duma se pa vermoënd genoeg is om in Amerika te wees terwyl sy kind met ‘n US-beurs studeer. De Villiers is dus in ‘n uitstekende posisie om Duma stil-stil van die kampus te verwyder deur sy studiebeurs in te trek; sy finansiële kragprop uit te trek. Nog beter, Duma moes as student lankal die trekpas gekry het. Sy gedrag is primêr die van ‘n aktivis en nie die van ‘n student wat op die kampus is om te studeer nie. Sy manewales sou nie van ‘n blanke student geduld word nie. Oor hierdie en die vorige paragraaf kan De Villiers gerus nugter en werklik sê: “We can do it.”
Daar is ‘n lighartige, internasionaal bekende studentelied, Gaudeamus igitur (Laat ons bly wees). Vir die Latynse lirieke bestaan daar talle improvisasies; ook in Afrikaans. As akademikus en as Afrikaner is ek uiters teleurgesteld met Wim de Villiers. Hy blyk ‘n epigoon te wees. Ek voel lus om te sing:
Gaudeamus igitur,
nog ‘n universiteit is in sy moer.
‘n Blanke paartjie, Zoran Ramos en Natalie Spence, is op Sondag 1 Maart deur ‘n tierende groep van 15 tot 20 swartes in die East Rand Galleria aangerand.
Die twee is deur die aanvallende groep swartes “wit varke” genoem. ‘n Woordewisseling het plaasgevind waartydens die blankes “wit varke” (white pigs) genoem is. Toe daar aan Spence geslaan is, het Ramos haar probeer beskerm deur terug te slaan.
Natalie Spence ná die aanranding
Binne oomblikke het die skare swartes van omtrent twintig egter op die twee weerlose blankes toegesak en hulle begin aanrand.
Volgens ‘n ooggetuie, Jessica Smith, het Spence en Ramos op die vloer beland en kon nie wegkom nie. “Die twee het op die vloer gelê en kon nie beweeg of wegkom nie – hulle het om hulp geskree, maar nie eens die veiligheidswagte van die winkelsentrum wou hulle help nie,” sê sy.Teen dié tyd het ‘n bebloede Natalie Spence die trop swartes gesmeek om op te hou.Maar die aanranding het net aangehou, sê Jessica Smith. “Ek het selfs ‘n swart vrou gesien wat haar skoen uittrek om Spence mee te slaan en, ja, ek het ook ‘n swartman gesien wat haar teen die kop skop, wat die erge sny veroorsaak het.” (Sien foto hierby.)
“Die res van die gepeupel was besig om Ramos te skop en aan te hou om hom te slaan.
”Hy kon hulle nie almal terugslaan nie, en ek kon sien hy het probeer om Spence te verdedig.”
Smith het die polisie tydens die voorval geskakel, maar niemand het opgedaag nie. Dit het ‘n hele ruk geduur voordat enige hulp sou opdaag. Sy is deur die voorval geskok en het gesê: “‘n Paartjie is in ‘n openbare winkelsentrum aangerand sonder dat enige poging aangewend word om hulle te help; dis skokkend en heeltemal afstootlik!”Smith het ook gepoog om met die bestuur van die winkel te praat waar die onderonsie begin het, maar is vertel dat aangesien die fisieke aanranding buite die winkel se deure plaasgevind het, hulle geen verantwoordelikheid aanvaar nie.
“In vandag se tye behoort so iets nie plaas te vind nie,” meen Smith.
Kort ná die histerie oor die Curro-skool Roodeplaat, beplan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie nou ‘n groot aanval op “rassistiese” skole. Dit gaan oor skole wat nog nie na ‘n swart meerderheid getransformeer het nie, en selfs skole wat wel oor ‘n swart meerderheid beskik, maar waar blanke onderwysers steeds standaarde probeer handhaaf. By sulke skole is daar klagtes dat die skool self “getransformeer” het, maar nie die onderwyserskorps nie.
Volgens die woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, Isaac Mangena, “oorweeg die kommissie ‘n nasionale ondersoek na rassisme in openbare en privaat skole”. Blykbaar is die kommissie “bekommerd” oor klagtes wat hy ontvang het, vanuit Mpumalanga, die Vrystaat en die Wes-Kaap, veral waar onderwysers ter sprake is.
“Klagtes is vanuit Mpumalanga, die Wes-Kaap en die Vrystaat ontvang,” sê Mangena.
“Dit is onaanvaarbaar dat onderwyers, wat in die afwesigheid van ouers beheer oor die kinders neem, hulle op so ‘n manier gedra.”
Mangena is van mening dat die departement van basiese onderwys bewerings van rassisme behoort te ondersoek. ‘n Woordvoerder van die SA raad van opvoeders, Thembinkosi Ndhlovu, sê dat dit “hoog tyd is dat rassisme op skool volwaardig gekonfronteer word”.
Hy het ‘n beroep op leerlinge en ouers gedoen om rassistiese voorvalle aan die owerheid te rapporteer.
“Dié onderwysers bederf die reputasie van die beroep,” sê Ndhlovu.
Ons het ook die volgende vrae – in Afrikaans – aan mnr. Isaac Mangenya, woordvoerder van die SA menseregtekommissie gestuur en sal die antwoorde publiseer sodra ons dit van hom ontvang:
Geagte mnr. Isaac Mangena,
Ons publiseer ‘n daaglikse aanlynkoerant, praag.co.za en het die volgende vrae aangaande u onlangse verklarings rondom rassisme in skole:
Beskou die SA menseregtekommissie skole waar daar ‘n meerderheid blanke kinders in klasse of op die speelgrond is, as per se rassisties?
Hoe voel die SAMRK oor Afrikaanse skole? Is daar steeds plek vir Afrikaanse skole of moet alle skole nou Engels word om sogenaamd “toegang” te verseker?
Is daar iets soos die reg op moedertaalonderrig of beskou die kommissie ras as ‘n maatstaf wat alle ander kwessies (moedertaal, gehalte, kultuur) troef?
As u so gou moontlik op dié vrae sal antwoord, sal ons bly wees.
‘n Blanke onderwyser op Witbank van Reynoparkhoërskool is uitgelok om op ‘n swart ouer oor die telefoon te vloek en haar ‘n “bobbejaan” te noem, waarna die Times-koerant die telefoongesprek woordeliks gepubliseer het, asook die opname op sy YouTube-kanaal geplaas het. Die opname sal verder as “getuienis” teen die onderwyser dien aangesien ‘n klag teen hom by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie aanhangig gemaak is.
‘n Sersant David Ratau van die polisie op Witbank sê dat die Reynoparkhoërskool vir hulle ‘n “kopseer” is. “Dis asof die kinders oorgegee het en glo wat die onderwysers vir hulle vertel, maak nie saak hoe hard ons hulle probeer aanmoedig en hulle anders probeer wysmaak nie,” sê hy.
Hier is die klankopname wat TimesLive op YouTube versprei:
Volgens Busisiwe Mokoena, wat blykbaar die opname met die onderwyser gemaak het, word haar dogter “fisiek, verbaal en emosioneel by die skool geteister”. Negegtig persent van die leerlinge by Reynopark is egter swart, hoewel die skool op ‘n stadium ‘n blanke skool was en steeds oor blanke onderwysers beskik. Daar word ook beweer en gekla dat die onderwysers lyfstraf toepas en leerlinge “uitvreet”.
Mokoena se dogter sê: “Sekere van die onderwysers noem ons name, soos “kaffer”, teef, slet en bobbejaan – dis so min of meer die norm, en dit is verkeerd. Die hoof se vrou het vir my gesê dat ek nutteloos en waardeloos is, en nooit iets in die lewe gaan word nie.”
Sy het verder teenoor die media gesê dat ‘n manlike klasmaat deur die skoolhoof voor die klas “gewurg is” omdat hy die verkeerde kleurbaadjie aangehad het.
Die swart ouers en leerlinge sou gisteroggend ‘n betoging reël om te eis (“demand”) dat die skoolhoof, sy gade en die hoof van graad 9 verwyder word.
‘n Saak van aanranding is ook verlede jaar teen die skoolhoof, mnr. Wolla Ras, aanhangig gemaak omdat hy na bewering ‘n leerling “geklap” het. Die Witbank-polisie het bevestig dat mnr. Ras verlede jaar in die hof verskyn het, maar die saak teen hom word steeds ondersoek.
Busisiwe Mokoena beskuldig die onderwysdepartement se distriksbestuurder daarvan dat hy die “teistering van leerlinge wegsteek” deur nie op haar griewe van verlede jaar ag te slaan nie.
In ‘n brief aan die onderwysdepartement beskuldig Mokoena die skoolhoof, mnr. Wolla Ras, daarvan dat hy “swart leerlinge beledig en fisiek mishandel”. Die distriksbestuurder het op 26 Mei verlede jaar in ‘n epos ontvangs van dié klagte erken.
‘n Woordvoerder van die onderwysdepartement in Mpumalanga, mnr. Jasper Zwane, het bevestig dat sy departement van die klagte deur Mokoena bewus is. Volgens hom word die beweringe tans ondersoek.
“Ons verwerp voorvalle waarin ouers nie deur skole met die nodige respek behandel word nie. Ons het ook voorvalle waar ouers nie met skole saamwerk nie,” sê Zwane. “Die verhouding tussen ouers en onderwysers behoort een van samewerking te wees, wat opvoeding bestendig.”