Rasherrie by skool op Witbank: wit onderwyser noem swart ouer ‘bobbejaan’

Deel op

‘n Blanke onderwyser op Witbank van Reynoparkhoërskool is uitgelok om op ‘n swart ouer oor die telefoon te vloek en haar ‘n “bobbejaan” te noem, waarna die Times-koerant die telefoongesprek woordeliks gepubliseer het, asook die opname op sy YouTube-kanaal geplaas het. Die opname sal verder as “getuienis” teen die onderwyser dien aangesien ‘n klag teen hom by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie aanhangig gemaak is.

‘n Sersant David Ratau van die polisie op Witbank sê dat die Reynoparkhoërskool vir hulle ‘n “kopseer” is. “Dis asof die kinders oorgegee het en glo wat die onderwysers vir hulle vertel, maak nie saak hoe hard ons hulle probeer aanmoedig en hulle anders probeer wysmaak nie,” sê hy.

Hier is die klankopname wat TimesLive op YouTube versprei:

Volgens Busisiwe Mokoena, wat blykbaar die opname met die onderwyser gemaak het, word haar dogter “fisiek, verbaal en emosioneel by die skool geteister”. Negegtig persent van die leerlinge by Reynopark is egter swart, hoewel die skool op ‘n stadium ‘n blanke skool was en steeds oor blanke onderwysers beskik. Daar word ook beweer en gekla dat die onderwysers lyfstraf toepas en leerlinge “uitvreet”.

Mokoena se dogter sê: “Sekere van die onderwysers noem ons name, soos “kaffer”, teef, slet en bobbejaan – dis so min of meer die norm, en dit is verkeerd. Die hoof se vrou het vir my gesê dat ek nutteloos en waardeloos is, en nooit iets in die lewe gaan word nie.”

Sy het verder teenoor die media gesê dat ‘n manlike klasmaat deur die skoolhoof voor die klas “gewurg is” omdat hy die verkeerde kleurbaadjie aangehad het.

Die swart ouers en leerlinge sou gisteroggend ‘n betoging reël om te eis (“demand”) dat die skoolhoof, sy gade en die hoof van graad 9 verwyder word.

‘n Saak van aanranding is ook verlede jaar teen die skoolhoof, mnr. Wolla Ras, aanhangig gemaak omdat hy na bewering ‘n leerling “geklap” het. Die Witbank-polisie het bevestig dat mnr. Ras verlede jaar in die hof verskyn het, maar die saak teen hom word steeds ondersoek.

Busisiwe Mokoena beskuldig die onderwysdepartement se distriksbestuurder daarvan dat hy die “teistering van leerlinge wegsteek” deur nie op haar griewe van verlede jaar ag te slaan nie.

In ‘n brief aan die onderwysdepartement beskuldig Mokoena die skoolhoof, mnr. Wolla Ras, daarvan dat hy “swart leerlinge beledig en fisiek mishandel”. Die distriksbestuurder het op 26 Mei verlede jaar in ‘n epos ontvangs van dié klagte erken.

‘n Woordvoerder van die onderwysdepartement in Mpumalanga, mnr. Jasper Zwane, het bevestig dat sy departement van die klagte deur Mokoena bewus is. Volgens hom word die beweringe tans ondersoek.

“Ons verwerp voorvalle waarin ouers nie deur skole met die nodige respek behandel word nie. Ons het ook voorvalle waar ouers nie met skole saamwerk nie,” sê Zwane. “Die verhouding tussen ouers en onderwysers behoort een van samewerking te wees, wat opvoeding bestendig.”

Lees ook: Menseregtekommissie op die aanval teen oorblywende blanke skole

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.