Giliomee breek ‘n lansie vir Verwoerd

Deel op

{jathumbnail off}

Ek moet Hermann Giliomee gelukwens met sy artikel oor apartheid in Rapport Weekliks. Die ondenkbare moet inderdaad gedink word. Meer onlangs het ek begin wonder of demokrasie hoegenaamd ‘n voordeel in ‘n multi-etniese samelewing soos hierdie is. Dit lei noodwendig tot populisme, polarisering en geweld. Waarskynlik lê die ergste nog vir ons voor.

Wat Bantoe-onderwys betref, was dit waarskynlik die ideale stelsel vir 99% van die swart bevolking. Blykbaar het dit uit die Duitse sendingtradisie ontwikkel en was daarop gemik, soos in Duitsland, om nuttige ambagte en vaardighede aan mense oor te dra. Hierteenoor wou die Engelse sendelinge swart intellektuele van alle swart leerlinge maak, ‘n nasie van Tutu’s en Mandelas.

Ek ken iemand wat ‘n wiskunde-onderwyseres is, vir begaafde swart kinders, hoewel die skool toenemend deur Indiërs beset word (hulle is ook mos “swart”). Sy sien gereeld die statistieke in Gauteng en blykbaar is die gemiddelde prestasie in wiskunde onder swart leerlinge om en by 20%. Dis nou onder die klein groepie wat nog wiskunde as vak neem; Kader Asmal het mos met die afgewaterde “wiskundige geletterdheid” as alternatiewe vak begin.

White Identity Cover

Daar word tans so met statistieke en slaagsyfers gegoël dat ek byna seker is dat die prestasie met Bantoe-onderwys beter moes gewees het. Dink daaraan: ‘n matriekleerling moet tans 30% in drie vakke verkry en 40% in nog drie. Die veertigpersentvakke is gewoonlik: sy moedertaal waarin die standaard baie laag is en hy kan dit mos praat, wiskundige geletterdheid en lewensoriëntering. Blykbaar is Engels as “tweede addisionele taal” of wat dit ook al genoem word, ook ‘n grap.

As jy seker genoeg TV kyk, sal jy insgelyks geskiedenis op 30% kan slaag, want die skoolsillabus bestaan grotendeels uit die glorieryke verhaal van die ANC en Mandela. Vir die ander twee vakke kan jy ‘n paar feite uit jou kop leer en ook 30% aanteken en siedaar: jou “akademiese matriek” soos die Anglikaanse Kerk en Vader Trevor Huddleston daarvan gehou het, wink! Gooi bietjie Karl Marx en linkse retoriek by en jy kan ‘n loopbaan in die ANC maak. Geen wonder daar is soveel mededinging vir partyposte en “kaderontplooiings” in die staatsdiens nie, want dis al waarvoor die mense opgelei is!

Maar myns insiens was Bantoe-onderwys wel ‘n groteske onreg. Nie teen swartes, wat grotendeels daarby gebaat het nie, maar teen Afrikaners. Duisende Afrikaners het ná 1948 in die land se onderwysstelsel gewerk. Hulle het nie net swartes nie, maar ook blanke Engelse, van ‘n uitstekende skoolopvoeding voorsien. Op ‘n stadium was tot die helfte van alle onderwysers by blanke Engelse skole Afrikaners wat die bloedjies in hul moedertaal onderrig het. Asof hulle ooit vir ons dieselfde sou doen!

Kortom, Afrikaners het hulle tydens “apartheid” afgesloof om die totale bevolking van hierdie land te probeer opvoed, ophef en van waardes en dissipline te voorsien. Hiervoor het hulle stank vir dank gekry. Soos Hermann Giliomee ook suggereer, is die hele tydvak van 1948 tot 1994 as ‘n soort uitgebreide Nazistiese epog gebrandmerk. Die grotendeels vrye pers het histeriese Engelse en Joodse joernaliste toegelaat om in hul internasionale taal die hele wêreld teen die klomp “dom, rassistiese Afrikaner-Nazi’s” te vergiftig. Dis nou dieselfde idiote wat hul eie kinders onderrig en met die kennis bewapen het, om nie net ongekende professionele en materiële sukses te behaal nie, maar ook Afrikaners soveel beter agterna te verguis en te verkleineer.

Onder “apartheid” was die vier Engelse universiteite vir alle praktiese doeleindes volkstate waar die Union Jack, of soms die hamer en sekel, in die gees gewapper het. Rhodes, Wits, Kaapstad en Natal was geheel en al onafhanklik en kon doseer wat hulle wil, aanstel wie hulle wil, sê wat hulle wil – alles met rojale staatsubsidies van die sogenaamde “apartheidsregering” waarop hulle aanhoudend gespuug het. Elke jaar by Wits is daar ‘n luisterryke lesing gehou oor hoe daar “geen akademiese vryheid” bestaan het nie.

Een van die eerste dinge wat die ANC-onderwysminister, Kader Asmal, gedoen het, was om te sorg dat die Afrikaanse universiteite geensins hierdie mate van outonomie en akademiese vryheid geniet nie en voortaan deur die minister beheer sal word.

Elke jaar vier ons Sharpeville en Soweto met vakansiedae waartydens al die ou haat weer opgestook word, met allerlei propaganda-uitsendings op die SAUK-TV en -radio. Vanoggend wonder ek so ‘n bietjie: As ons ‘n vakansiedag moes hê vir elke datum in die geskiedenis waarop Engelse of swartes van ons mense gedood of onregte teen ons gepleeg het, sou ons nooit weer hoef te werk nie. Want daar sou nie genoeg dae in die jaar wees om elkeen van hierdie ongelukkige gebeurtenisse te herdenk nie!

Toe ek ‘n klompie jare gelede vaagweg oor Verwoerd, soos Giliomee, gesê het dat hy nie die monster was waarvoor hy vandag uitgekryt word nie, het Leopold Scholtz van Die Burger my as “rassis” en “apartheidsapologeet” getipeer. Giliomee moet hom waarskynlik teen soortgelyke uitbarstings staal.

Verblydend is egter dat by verre die meerderheid lesersreaksies op Rapport se webblad hom onomwonde steun. Daarom meen ek dat die stryd om die openbare mening onder Afrikaners reeds gewen is. Daardie “Afrikaanse” joernaliste en -akademici wat sedert 1994 en veral by Naspers die ANC se geskiedenissienings klakkeloos napraat, het in weerwil van hul magsposisies reeds invloed en geloofwaardigheid verloor.

Myns insiens is dit iets wat ons almal reeds kan vier, ‘n belangrike mylpaal wat in die huidige stryd behaal is.

Данильченео

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.