Dan Roodt en Steve Hofmeyr is van die skrywers by Pretoria-PEN, die skrywersvereniging wat more-oggend ‘n gesprek sal hou oor:
Afrikaanse letterkunde in die digitale tydvak
Wanneer: Saterdag 23 Junie om tienuur die oggend.
Waar: Centurion- munisipale raadsaal, Jeanweg, Centurion (ou Verwoerdburg)
Die volgende onderwerpe sal bespreek word:
- Oorsig oor e-boeke, met verwysing na die internasionale toneel
- Die veranderende rol van die skrywer en die uitgewer
- Poësie en sosiale media
- Die stand van e-boeke in Afrikaans
- Selfpublikasie: die nuwe mode?
- Identiteitsvorming op die internet
- E-boekstandaarde en apparatuur: e-lesers, tabletrekenaars, e-boekorganiseerders, ens.
Toegang is gratis. Laat weet asseblief indien u van plan is om dit by te woon deur ‘n e-pos te stuur aan: karin[aapstert]pretoriapen.co.za.
