Mbeki en Malema het mekaar blykbaar opnuut gevind.
Kort nadat president Jacob Zuma die president van die ANC-jeugliga, Julius Malema en sy kollegas tydens ‘n warm vergadering van die nasionale uitvoerende komitee uitgeskop het, het sy voorganger Thabo Mbeki, vertroue in hulle uitgespreek.
Mbeki het Maandag sy 70ste verjaardag gevier en die ANC-jeugliga het hom in ‘n gloeiende verklaring met sy verjaarsdag gelukgewens. Hulle het ook Mbeki geloof vir sy werk op die vasteland van Afrika.
Die ANC het ‘n oënskynlik halfhartige verklaring vrygestel later die aand, maar nie enige van Mbeki se prestasies tydens sy ampstermyn uitgelig nie.
Mbeki het in antwoord daarop ‘n brief aan sy jeugdige “comrades” gerig en hulle “opreg” bedank vir hulle “soort en kameraadskaplike” boodskap.
Mbeki se brief is ‘n klap in die gesig vir Zuma, wat effektief die jeugliga stilgemaak het.
Mbeki het die Jeugliga verseker dat hy sal probeer om sy bes te doen om al die doelwitte na te streef as ‘n aktivis vir die Renaissance van Afrika, in ooreenstemming met die historiese tradisies van die ANC.
By die ANC se eeufeesvieringe in Mangaung in Januarie, het Malema en Mbeki ‘n grap op die verhoog gedeel en die foto van hul lighartige oomblik was gou-gou viraal versprei.
