#pennysparrow: MGK’s slaan vroeg toe met rasherrie oor swart strande

Deel op

MGK’s (maatskaplikegeregtigheidskrygers) het gisteraand op Twitter toegeslaan met die eerste rasherrie van die jaar, rondom kommentaar deur ‘n Natalse eiendomsagent, Penny Sparrow, oor Durban se strande wat deur swartes oorgeneem en met vullis bestrooi is. Sy het die kommentaar op haar Facebookblad gelewer, waarvan ‘n skermskoot viraal op Twitter versprei het. In haar Facebookplasing noem Sparrow die swartes op die strande “ape” (monkeys) wat “op Oujaarsaand en Nuwejaarsdag op openbare strande en dorpe losgelaat word en ooglopend geen opvoeding het nie dus om hulle los te laat is om enorme vullis en probleme en ongemak vir ander te verwelkom”.

pennysparrow_kommentaar

Nie lank daarna nie het MGK’s haar op Twitter van rassisme beskuldig en gemeen dat “sy nie op die Afrika-vasteland hoort nie”. Die antiblanke kleurlingmeningskrywer Eusebius McKaiser was voor in die koor en wou ook nie Sparrow se “verskoning” agterna aanvaar nie. Ene Jonathan Levin het die toon van ‘n daaropvolgende heksejag aangegee deur te sê dat sowel sy as die 15 mense wat die “hou van”-knoppie op Twitter gedruk het, vervolg behoort te word.

Vanuit die DA, oftewel die ANC Lite soos dié party deesdae genoem word, het beide Helen Zille en Mmusi Maimane hul skok oor Penny Sparrow se uitlatings uitgespreek en dit veroordeel.

Maimane het gesê dat uitlatings soos dié deur Sparrow “strafbaar gemaak moet word”.

Penny Sparrow het blykbaar die plasing van haar Facebook verwyder maar teen dié tyd was dit te laat want MGK’s het dit reeds oral versprei. Omdat sy vir die eiendomsagentskap Eskel Jawitz werk, is dreigemente onmiddellik van stapel gestuur om haar te laat afdank. Sparrow het probeer om “om verskoning te vra” deur die volgende verklaring op haar Facebookprofiel te plaas.

I apologize for my statement I made in reply to a statement i read about the dirty beaches on new years day. I did not mean it to be a personal insult to anyone. It was a statement I made in reply to comment on how littered the beaches and streets were on New Years Day . I’m sorry if you have taken it personally .its not meant to be a personal thing. If you read it properly you would have seen I’m not Racial , in fact I help underprivileged people of all races . please accept my apology I certainly didn’t mean to anger you.

Haar verklaring is op die oomblik dat dié berig geskryf is reeds 1722 kere gedeel, wat ‘n aanduiding gee van die belangstelling wat daar op sosiale media in dié eerste rasseherrie van 2016 heers.

Afgesien van bedekte en onbedekte dreigemente van geweld deur sommige swart Twittergebruikers, kan verwag word dat ‘n grootskaalse heksejag teen dié Natalse eiendomsagent gevoer gaan word. Groot druk word reeds op haar werkgewer, Eskel Jawitz, geplaas om sy verbintenis met haar permanent te beëindig. In reaksie het Herschel Jawitz, die HUB van Eskel Jawitz aan die media gesê:

“Sparrow is sedert November nie meer by die maatskappy nie, maar het die firma se embleem op sosiale media gebruik. Haar uitlatings het die maatskappy se reputasie skade aangedoen en sy moet tot verantwoordelikheid geroep word.

Ons sal elke vorm van optrede neem wat nodig is, waaronder strafregtelike, siviele of ander klagtes om dit verwyder te kry of om haar stil te maak. Ons beskou dit as baie ernstig, as ‘n baie ernstige saak.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.