praag.co.za

Nuwe ANC-wet sal mense tronk toe stuur wat apartheid goedpraat of ‘rassistiese’ taal gebruik

Written by

in

,

Die ANC in die parlement sê dat hy spesiale wetgewing wil instel om enige gesprek of siening van apartheid wat met dié van sy eie marxistiese geskiedskrywers verskil, strafbaar sal maak. Daarmee saam sal taalgebruik deur blankes wat as “rassisties” geag word, insgelyks strafbaar gemaak word.

In ‘n verklaring gister deur die kantoor van sy hoofsweep uitgereik is, sê die party:

“Die huidige wetlike bepalings is nie voldoende om rassiste te straf en af te skrik nie. As die meerderheidsparty in die parlement, sal ons binnekort die skepping van ‘n spesifieke wet ondersoek of bestaande wetgewing wysig om te verseker dat rassistiese dade of die bevordering van apartheid gekriminaliseer en met tronkstraf strafbaar gemaak word. Ons sal belanghebbendes oorreed en met hulle werk om te verseker dat die parlement so ‘n wet aanvaar.”

 

Die ANC en SAKP beskou die beleid van vorige Afrikanerregerings in Suid-Afrika as “nazisties” en daarom wil hy wette soortgelyk aan dié in Duitsland instel wat dit onwettig maak om selfs net die amptelike siening op ‘n akademiese wyse te bevraagteken. Duitsers wat byvoorbeeld vrae stel oor die spesifieke aantal Jode wat in konsentrasiekampe gesterf het, word summier in hegtenis geneem en tot tronkstraf veroordeel. Selfs advokate en prokureurs wat sulke oortreders in die hof probeer verdedig of om hul vonnisse versag te kry, word in die howe self in hegtenis geneem en summier tot tronkstraf veroordeel. Die advokaat Sylvia Stoltz is in Januarie 2008 tot drie en ‘n half jaar tronkstraf gevonnis omdat sy die holocaust-ontkenner Ernst Zündel in die hof in haar beroepshoedanigheid verdedig het. In Februarie 2015 is sy weereens 20 maande tronkstraf deur ‘n hof in München opgelê omdat sy ‘n lesing teen sensuur in Switserland gelewer het en in die lesing beswaar gemaak het teen Duitse sensuur oor die feite van die tweede wêreldoorlog.

Die ANC beoog nou soortgelyke wetgewing in Suid-Afrika om sy morele gesag op die bevolking af te dwing en enige debat oor “die verlede” wat van sy voorskrifte afwyk, onwettig te maak.

In ‘n duidelike verwysing na die Duitse wetgewing, sê die ANC se hoofsweep:

“Elders word die verheerliking van nazisme en die ontkenning van die holocaust as misdade beskou en oortreders word verhoor en tot tronkstraf gevonnis. Apartheid is deur die Verenigde Nasies as ‘n misdaad teen die mensdom verklaar. Dit het ongehoorde lyding en onreg vir miljoene swartmense veroorsaak, waaronder moord, foltering, die vernietiging van gesinne, teistering en ontvoerings. Enige persoon wat so ‘n stelsel verheerlik, bevorder en vier wesentlik misdade wat teen swartmense gepleeg is.”

Blykbaar kyk die ANC ook na Britse wetgewing wat “aanhitsing tot rassehaat” tot ‘n strafbare oortreding maak. Die Wet op strafreg en openbare orde van 1994 in Brittanje (Criminal Justice and Public Order Act) verklaar “die publikasie van stof wat rassehaat aanblaas” as ‘n oortreding wat met tronkstraf strafbaar is. Garron Helm, ‘n Britse “trol” wat die parlementslid van die Arbeidersparty, Luciana Berger, as ‘n “kommunistiese Jodin” op Twitter beskryf het, het ‘n ligte vonnis van vier weke tronkstraf in Oktober 2014 ontvang. Strawwe vir anti-Semitiese uitlatings in Brittanje het egter intussen swaarder geword, want die Times of Israel het verlede maand berig dat nog ‘n jong Brit, Joshua Bonehill-Paine, tot meer as drie jaar tronkstraf gevonnis is vir ‘n pamflet oor ‘n anti-Joodse betoging wat hy versprei het.

 

Die ANC se reaksie volg op die uitlatings deur Penny Sparrow en Chris Hart wat vanweë verspreiding op Twitter en Facebook oor die afgelope paar dae voorbladnuus in Suid-Afrika was.

Volgens die kantoor van die ANC se hoofsweep,

“…is dit helder uit dié voorvalle dat daar steeds elemente bestaan wat weerstand bied teen pogings ten gunste van rasse-eenheid en onvermoeid werk om die rasseverdelings en -spanninge te vergroot wat deur apartheidverdrukking geskep is, meer as 21 jaar na die koms van ons demokratiese bedeling wat op die edele beginsels van vergifnis, versoening en genesing in die belang van ‘n verenigde, nie-rassige, nie-seksistiese en voorspoedige SA gegrond is.

“Ons kan nie langer sulke verontmenslikende oortredings, waar die swart meerderheid soos submenslikes behandel word en as ape, bobbejane en ander beledigende rasseterme in hul geboorteland getipeer word nie.

“In die konteks van ons pynlike verlede, moet rassisme en apartheid as ernstige menseregteoortredings beskou word wat met tronkstraf gestraf behoort te word.”

Regskenners met wie PRAAG gesels het, meen dat, indien die ANC se voorgenome wetgewing aanvaar word, sou die roman Disgrace deur die Nobelpryswenner J.M. Coetzee moontlik verbied word weens die negatiewe voorstelling van swartes daarin, terwyl die geskiedkundige prof. Hermann Giliomee tronk toe sou moes gaan vir sy artikels waarin hy aantoon dat Bantoe-onderwys nie so sleg was as wat algemeen aanvaar word nie.

 

Comments

68 responses to “Nuwe ANC-wet sal mense tronk toe stuur wat apartheid goedpraat of ‘rassistiese’ taal gebruik”

  1. boerseun Avatar
    boerseun

    Is terrorisme, volksmoord (en aanhitsing daartoe), rassistiese werksreservering, rassistiese ekonomiese dwangmaatreels, ens. nie ook misdade teen die mensdom nie? Die ANC/SAKP-regime en sy ondersteuners (op Facebook) maak hul hieraan skuldig sonder dat ‘n haan kraai! Hoekom le Afriforum nie onmiddellik klagtes teen ‘n paar dosyn van die swart rassiste wat op Facebook volksmoorde teen blankes bepleit nie? Dan word die speelveld weer gelyk gemaak, want op die stadium word daar net klagtes teen sg. wit rassiste gele, terwyl swart-op-wit-volksmoordaanhitsers maak soos hul wil! Kom Afriforum, Solidariteit, Vryheidsfront+!!! Staan op vir die witman wanneer dit saak maak!!!

  2. Loeis Pretorius Avatar
    Loeis Pretorius

    Kan wetgewing soos hierdie die toets van die grondwet staan?

    1. Thys Human Avatar
      Thys Human

      Ja, as die hele regbank van die grondwetlike hof swart is!

    2. Hans Onrust Avatar
      Hans Onrust

      via Karlsruhe in Dld wel ! ‘Gruppenzwang’ in de VN !

  3. Guest Avatar
    Guest

    Fat lot of good that will do! The military incompetence of the brown race is breathtaking, all they are good at is assaulting women in large groups. Serbs had Kosovars defeated and cleansed in a matter of 48 hours until the proxy Muslim airforce (a.k.a.USAF) intervened.

  4. Gustav Avatar
    Gustav

    Wonderlik! Ek sien uit daarna om te sien hoe die Zoeloe-koning, Mamphela Ramphele, Desmond Tutu, Moeletsi Mbeki en ander gevierdes gearresteer word omdat hulle aspekte van Apartheid in vergelyking met lewe onder die ANC goedpraat. Natuurlik is Zooma en Mantashe en Malema en Ramaphosa ewe vatbaar vir vervolging vanweë aanhitsing tot rassisme. Ek sien ‘n skare prokureurs wat regstaan om groot geld te maak.

    1. Hans Onrust Avatar
      Hans Onrust

      hoho in bv, Nederland en Duitsland is door aanklagers nog nooit een niet blanke aangeleverd bij en veroordeeld door een ‘rechter’…….

  5. Krisjan Lemmer Avatar
    Krisjan Lemmer

    As dit nie so eensydig was nie kon n paar prokureurs n ton geld gemaak het. As die wet deurgevoer word sal jy n swart prokureur moet kry om jou te verdedig en dan sal die kans seker nog goed wees dat die arme siel saam met sy klient toegelsuit kan word.
    Die grootste aanklag ,behalwe vir jou “rassistiese” uitsprake/haatspraak ens, sal natuurlik nog steeds jou wit vel wees en ter ondersteuning daarvan die feit dat jy n Afrikaner is.
    Daar sal op die einde van die dag net een van twee opsies wees : gaan hof toe of gaan bos toe.

    1. Ou Transvaal Avatar
      Ou Transvaal

      Nie so eensydig nie!Die cANCer beskuldig die DA daarvan dat hulle n nes van rassiste is, DA stem duidelik saam want hulle vervolg hulle eie lede dat dit bars,dan is die vervolgdes nog engels ook!

  6. Krokodil. Avatar

    This could just as easily have been the DA passing this new legislation, they are just as racist as the ANC, if not worse.

  7. Hans Onrust Avatar
    Hans Onrust

    en het aan de kaak stellen van de ontelbare doden en gewonden door nalatigheid en opzet en gebrekkigheid en onzuiverheid en kwaadwillendheid van de aan de macht gebrachte corrupte zelfgenoegzame zelfverrijkende zelfvoldane heersende macht is verboden. Begraaf jouw doden na Plaasmoord als deel van Genocide en een traan is strafbaar !

    De 84 jarige Ursula Haverbeck is nou in de democratische rechtstaat Duitsland in de tronk geslingerd vanwege haar uitlatingen in het volgende vraaggesprek waarbij u zelf kunt denken en oordelen https://www.youtube.com/watch?v=WPa_QeV9KDM

    p.s. merkel heeft recent al met ‘wonderkind suikerberg’ van FB gesproken om de vrijheid van meningsuiting, dus met name gerede kritiek op het anti duitse anti christelijke anti blanke bewind, op deze ‘sociale media’ te beperken.

    Bolsjewistische dictatuur in den extremen waarbij zelfs het recht op verdriet om getroffen naasten wordt ontnomen.

    1. Lets discuss Avatar
      Lets discuss

      It is very sad that she, a woman who only asks questions, is/was put in jail. Some of us here will probably also be in the same position when we are old and questioning the lies that would have been taught about the Afrikaners past as well as what really happened during Apartheid.

  8. Lets discuss Avatar
    Lets discuss

    We must be very careful that we dont end up with the same situation that was evident in Post nazi Germany and Europe for that matter. There it was impossible to ask reasonable questions about the past that does not align with the party line that was imposed on the europeans.

    Now if these laws gets implemented in RSA, it will definitely be used to witch hunt any non-black person saying anything against the ANC party. Since the ANC party is mostly black, this law can be used in prosecuting any person criticizing ANC/government actions.

    Chris Hart did not make a racist comment. It is simply a comment that criticizes the current sentiment of the ruling party and a observation as to what is happening in this country.

    The ANC will use this law to perpetuate many lies about the past that will be impossible to refute under fear of persecution. It has happened in Post war Germany.

    History should always stay open to interpretation.

    1. Vrystaat Avatar
      Vrystaat

      “The ANC will use this law to perpetuate many lies about the past” . This is already happening

    2. JESSEJAMES Avatar
      JESSEJAMES

      “We must be very careful”….?? Hoekom sê jy óns moet versigtig wees? Moet ons, ons monde toehou? Mag ons nie eers sê wat Hart gesê het nie? Nee wat… ek dink ons moet eerder paraat wees want hier is ‘n groot aanslag op alles wat behoudend is. Dus, dit wat die nwo kommies wil hê moet gebeur, gaan gebeur… of ons nou “careful” is of nie.

      1. Lets discuss Avatar
        Lets discuss

        Jammer, ek het dalk nie reg verduidelik nie en nou verstaan jy my verkeerd Jessejames. Ek bedoel ons moet versigtig wees anders raak dit net soos post nazi duitsland voor ons ons oe uitvee. Seker al klaar te laat!

        1. JESSEJAMES Avatar
          JESSEJAMES

          Ek dink dit is soos jy sê, klaar te laat. Hierdie is ‘n heksejag, en hul doen hul bes om hekse te kry. Die feit dat Hart sy werk verloor het is belaglik en dit is al klaar ‘n bewys dat dit klaar te laat is.

  9. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Wel as hierdie wetgewing sou voortgaan is een elk en al die kommentators hier op Praag ook in die fisier.

    Hierdie is absoluut wat in 1984 beskryf word – denkepolisie met “new speak” waarin alles verdraai word.

    Wat hierdie eintlik is, is maar ‘n wet om mense die mond te snoer sodat die wandade van die wat in beheer is nie aan die kaak gestel kan en/of mag word nie. Dan is daar diegene wat glo ons woon in ‘n demokrasie. Hierdie is koning ANC wat gepraat het en die gepeupel moet luister en daarby inval.

    1. Hans Onrust Avatar
      Hans Onrust

      Goedemorgen Rooikop. Uw hoofd zal nu inderdaad nog wat roder geworden zijn 😉

      waarbij opgemerkt dat wat men u politiek aanwrijft wat u denkt ook zal worden bestraft met de harde hand van de ‘democratische anc sacp rechtstaat’.
      Dus ‘als wij denken wat u denkt’………(as ons denk wat u denk…..)

    2. Jonas Van Die See Avatar
      Jonas Van Die See

      Gaan lees gerus Ayn Rand se “Atlas Shrugged”…
      Tyd om die stelsel te verlaat.

      1. Rooikop Avatar
        Rooikop

        Dit is een van die boeke op my rak – dit is miskien tyd om die stelsel te verlaat.

      2. Vrystaat Avatar
        Vrystaat

        Ek is oppad!

    1. Hans Onrust Avatar
      Hans Onrust

      hoho Apollo, da’s niet arrogant maar (zelf)verzekerd = regiem verzekerd……..
      Uw uitlating heeft een racistische ondertoon. De koppeling van arrogantie en zwart kan zodra u door een uitzinnige menigte in gele rode en blauwe t-hempies wordt aangedragen bij de ‘rechtbank’ worden uitgelegd als…….

    2. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Ja daar is ‘n lekker bekgeveg aan die gang. Ek het ook al ‘n paar sulkes gehad, selfs hier op Praag. Die spul dink dat afrika aan hulle behoort – die mens is maar net rentmeester vir ‘n stukkie aarde vir ‘n baie kort tydjie. 100 jaar is eintlik niks.

  10. Ou Transvaal Avatar
    Ou Transvaal

    1. As nie -rassigheid so natuurlik is hoekom moet daar wette gemaak word om dit af te dwing?
    2.Hoe gaan jy n verkiesingstryd stry sonder om die regime tot taak te neem?
    3.Die gevolg van Smuts se beleid om alle andersdenkendes tydens WO2 te interneer was n bewinds verandering na nationalisme,die mense het tyd saam gekry om resepies uit te ruil.
    4.Waaroor gaan DA gerigte media soos Carte Blanche dan berig, geen platform vir opstokery nie.
    5.Alle fluitjieblaasers sal onmiddelik opgesluit word.
    6.Om effektief te wees sal die wetgewing terugwerkend van aard moet wees om die sogenaamde vaders van apartheid ,oeps. afsonderlike ontwikkeling by te kom net om DR Verwoerd ook in tesleep.Wat gaan dan gebeur met die menigde manteldraaiers uit die NP.?
    Die lys kan eindeloos uitgebrei word.

  11. totius Avatar
    totius

    Sien nou die stompste potlood is almal anc. En hulle naak beleid.

  12. Des Andriesse Avatar
    Des Andriesse

    Solank dit grondwetlik is
    het ek nie ‘n probleem nie. Die ANC met hul tiepiese kortsigtigheid besef nie dat hulle eintlik ʼn ekstragroot lat
    vir hul eie agterente pluk nie.

    1. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Die grondwet is net ‘n parlementêre stemming weg van verandering af. Die grondwet bied nul tot geen beskerming nie. Die enigste wig en teenwig daarin vervat is die sosatiestokkie wat hulle nou deur ons wil druk voor hulle ons braai.

    2. Vrystaat Avatar
      Vrystaat

      Ek stem saam Des. Die ding kan vir hulle ‘n lekker dik lat vir hul eie basse veroorsaak. Dit sal tien ten een boemerang. As mens die regering genoeg tou gee sal hulle hulself uit eindelik hang.

    3. JESSEJAMES Avatar
      JESSEJAMES

      Verduidelik asb hoekom jy só sê? En hoekom klink dit of jy vertroue in die grondwet het?

      1. Des Andriesse Avatar
        Des Andriesse

        Hallo Jesse, op die oomblik is dit al wat ons het en moet daarmee werk so goed moontlik. Huidiglik is daar geen ander opsies waarvan ek weet nie.

  13. Hot Dog Avatar
    Hot Dog

    Wonder of die Universiteit van Zurich nie ‘n onafhanklike beoordelaar in die hele kwessie kan word nie. Jy kan glo deur die internet ‘n foto van jou stuur en dan bepaal ‘n blikbrein jou aantreklikheid. Nou, die ding werk glo ook vir honde, lees dit maar by Washingtonsblog. Al wat jy saam met jou foto moet stuur is jou ouderdom. En die antwoord wat die hond ontvang het? Hy is “hot”. My veronderstelling is dat as die stelsel vir honde werk, ape ook daarvan gebruik kan maak. En sekerlik natuurlik mense. Maar na al die bohaai oor die verwoestende baaiery aan Natalse kus, wonder ek of die blikbrein enige navrae uit daardie geweste sal hanteer, daardie omgewing het hopeloos te omstrede geword.
    So terlooops. Ek sien daar word op ‘n ander webwerf naarstig na Penny Sparrow gesoek, geen inkomstebelastingnommer of ander persoonlike verwysings oor so ‘n persoon wat by owerheidsinstellings gevind kan word nie. Die vraag wat uiteraard nou gestel moet word is of dié Penny Sparrow-insident ‘n valsvlag-, of eerder dan valspesoonoperasie is nie. Anders gestel: ‘n Siek DA-publisiteitsfoefie is nie.
    En dit laat ‘n mens opnuut met vrae oor Diane Kohler-Barnard se rassime-kleitrappery, ‘n randvoorval van rassisme as daar ooit een was. En net so maklik soos sy skuldig bevind is, so maklik is sy vergewe en terug om die belange van Spaans as twaalfde amptelike taal in die land te bevorder.

    1. Vrystaat Avatar
      Vrystaat

      In my opinie is die hele herrie (en die beplande wetgewing) net ‘n slim truuk van die regering met die verkiesing om die draai. Stemwerwing op sy beste!

      1. Chrisjan Avatar
        Chrisjan

        Die ANC vergeet dat net hy/sy/hulle sosialisties en rassisties is. 99% van SA is nie.
        Die ANC is oppad uit.

        1. JESSEJAMES Avatar
          JESSEJAMES

          Wat van die DA? O, en amper vergeet ek van die EFF? Is jy sarkasties of naïef?

  14. FR2P Avatar
    FR2P

    David Sanger at the New York Times debunks the NWO ‘humanitarians’:

    “The United States has usually looked the other way or issued carefully calibrated warnings in human rights reports as the Saudi royal family cracked down on dissent and free speech and allowed its elite to fund Islamic extremists.”

    In the same vein the US will support the ANC even if they start eating white children.

  15. Riempies Avatar
    Riempies

    Ons hoef niks goeds van aparthaid te sê nie daar is genoeg
    Afrikaners in die buiteland wat hulle sê sal kan sê sonder vervolging deur die
    ANC veral met al die probleme wat die buitelande nou mee sit met die
    vlugtelinge en dit nou aan hulle eie bas voel.

  16. Wouter Christiaan Pretorius Avatar
    Wouter Christiaan Pretorius

    http://www.politicsweb.co.za/news-and-analysis/education-in-sa-is-verwoerd-to-blame

    Lees gerus die artikel en deel dit sommer met u kennisse. Dalk sien ons mekaar in die tronk?

    Hier is n uittreksel van Prof Giliomee se artikel ;

    Yet Bantu education was not out of line with what many Western scholars regard the best educational practice. Developed countries teach their children in the mother tongue because they are convinced that such a policy is pedagogically much sounder. They also believe that it improves people’s ability to make a contribution to the economy than those taught in a second or third language. Many developing countries, by contrast, tend to use the colonial language of instruction because they believe, incorrectly as it happens, that it is a short cut to a good education and job opportunities.

    In South Africa the results of Bantu education between the mid-1950s and mid-1970s was positive, measured by pass rates. Kathleen Heugh, an acknowledged authority on language use in education, writes: “Between 1955 and 1975, there was a steady improvement in the achievement in literacy and numeracy… Eight years of MTE resourced with terminological development, text-book production, competent teacher education and competent teaching of English, resulted in a school-leaving pass rate of 83.7% for African students in 1976. This is the highest pass rate to date.”[16]

    Vergelyk dit met die ANC se huidige slaagsyfers van net bo 70 persent.

    Dit is verder baie belangrik om navorsing te doen oor die VN resolusie wat apartheid as n “Crime against humanity” verklaar het. Ek gee n kort uittreksel van verraaier De Klerk se toespraak aan die Afrikaner Bond by die Voortrekker monument :
    http://www.politicsweb.co.za/news-and-analysis/afrikaans-identity-under-huge-pressure–fw-de-kler

    But was apartheid a ‘crime against humanity’ as the ANC so frequently insists?

    The Institute for Justice and Reconciliation reported earlier this year that 52.8% of whites still think so -­ but are they correct?

    First we have to look at the origins of the charge:

    In November 1966 the UN General Assembly declared apartheid to be a crime against humanity -­ and in 1973 it adopted the Convention on the Suppression and Punishment of the Crime of Apartheid.

    Both the resolution and the Convention were political initiatives of the Soviet Union -­ which had itself committed real crimes against humanity that involved the slaughter of millions of people. In 1976, when the Convention came into force, 23 of the 31 signatories were, according to Freedom House, “not free”. Six were “partly free” -­ and only two were “free”. Ironically, South Africa was classified as “partly free” -­ and had a better human rights score than 27 of the signatories.

    The 109 states that subsequently joined the Convention included none of the core democracies -­ not even staunch supporters of the ANC like Sweden and Norway. According to the United States delegate:

    “Deplorable as it is, we cannot, from a legal point of view, accept that apartheid can in this manner be made a crime against humanity. Crimes against humanity are so grave in nature that they must be meticulously elaborated and strictly construed under existing international law…”

    The idea that apartheid was ‘a crime against humanity’ was, and remains, an ‘agitprop’ project initiated by communists to stigmatise white South Africans by associating them with genuine crimes against humanity -­ which have generally included totalitarian repression and the slaughter of millions of people.

    By contrast, 23 000 people died in South Africa’s political violence between 1960 and 1994 -­ of whom fewer than 4 000 were killed by the security forces. Most of the rest of the deaths occurred in the conflict between the IFP and the ANC. In Kenya, the British interned more than 320 000 people during the Mau-­‐Mau uprising and hanged more than a thousand Mau-­Mau members. In Algeria the French killed more than 140 000 people in a war that claimed some 700 000 lives.

    Also, it is not usual -­ where genuine crimes against humanity are involved – that

    The share of the oppressed in national income almost doubles within 25 years -­‐ from 28% in 1970 to almost 50% in 1994;

    Far-­‐reaching reforms -­ including trade union rights -­ enhance the power of the oppressed;

    The oppressed are given enclaves -­ including a third of their population -­‐ where they are free of the oppressor’s laws;

    Education levels of the oppressed improve rapidly -­ with more than 12 times as many blacks passing matric in 1994 as in 1980 -­ and with more blacks at university than whites by 1994; or that 65% of the oppressors’ tax is spent on social services for the oppressed.

    Dit sal dalk n goeie ding wees as ons regsgeleerdes nou al begin om hierdie resolusie van die VN as onwettiglik onder Internationale wetgewing verklaar te kry.

  17. Piet Avatar
    Piet

    Net JM Coetzee en Herman Giliomee? Gaan die ANC-wetgewing ‘n afsnydatum vir uitsprake hê soos met die grondgrypwetgewing. En dan die afsnydatum ook ‘n bietjie rondskuif? Gaan hy sy teikengroep-oortreders besonderlik as Blankes identifiseer? Ek dink hulle wil wildsbokke kaalhand in ‘n oop kamp vang. Geen verantwoordelike mens of staat wil mense toelaat tot ‘n oop seisoen om ander mense te beledig nie maar daar bestaan mos reeds gemene- en wetteregtelike oortreding soos strafregtelike laster en ek dink ek onthou ‘n wetteregtelike een ook. En crimen injuria. Of hou hulle nie van die redelik-bewysbare gronde wat die regspleging in geval van sulke klagtes voor howe vereis nie. Hoe meer ‘n mens aan die ANC-planne dink, hoe duideliker blyk dit dat met die aanvaarding van sulke wetgewing die SA piesangstaat dan behoorlik op dreef sal kom.
    Wat elke vryheidsliewende Afrikaner moet weet is dat binne die raamwerk van die Grondwet sulke wetgewing wel moontlik.
    (Enkele opmerkings deur ‘n regsgeleerde wat ook artikels op Praag gepubliseer het) Afrikanernasionaliste het reeds sedert 1994 verklaar dat die grondwet (1994 en 1996-weergawes) geen beskerming vir die Afrikaner inhou nie. Die “waardes” wat deur die grondwet van hierdie land onderskryf word, word geïnterpreteer deur regters wat deur die vyandelike regime aangestel word. Die grondwet as die hoogste wet van ons land versinnebeeld die waardestelsel en opvattings van die meerderheid — die swartes. Wat (Koos) Malan (grondwetlike kenner) nie sal sê nie (en Sollidariteit ook nie) is dat die waardestelsels van die swart meerderheid drasties verskil van die Afrikaner. Reeds in hierdie opsig bied die grondwet niks goeds vir die Afrikaner nie.
    Word gekyk na die besondere bepalings van die grondwet en hoe dit liberale dogma verskans en onaanvegbaar maak, is die boodskap duidelik: Die Afrikaner moet ontman, onteien, verbaster, ontchristelik word. Die grondwet is onaanvegbaar en maak die bestaan van politieke partye eintlik oorbodig aangesien alles en almal moet dans na die pype van die grondwet. So is ‘n eenmalige oorwinning oor die Afrikanervolk behaal. En geen politieke party kan dit verander nie.
    http://praag.co.za/?p=35087 : Daarby verklaar die grondwet die Afrikanervolk as ‘n klomp misdadigers deur dit wat die Afrikaner gedoen het (die beleid van apartheid) as ‘n “ongeregtigheid” te beskou, en word die huidige bewindhebbers in heroïese terme uitgebeeld — wat geëer moet word omdat hulle geveg het vir “geregtigheid en vryheid” in hierdie land. So is dr Verwoerd ‘n skurk en Robert McBride ‘n held. Geen Afrikaner wat enige selfrespek het kan met hierdie leuen saamleef nie. Dus, vanuit sy uitgangspunt is die grondwet vyandig teenoor die Afrikaner. Die grondwet verklaar dus uit die staanspoor oorlog teen die Afrikaner.
    Word gekyk na die besondere bepalings van die grondwet en hoe dit liberale dogma verskans en onaanvegbaar maak, is die boodskap duidelik: Die Afrikaner moet ontman, onteien, verbaster, ontchristelik word. Die grondwet is onaanvegbaar en maak die bestaan van politieke partye eintlik oorbodig aangesien alles en almal moet dans na die pype van die grondwet. So is ‘n eenmalige oorwinning oor die Afrikanervolk behaal. En geen politieke party kan dit verander nie.

  18. Jandre Kroeze Avatar
    Jandre Kroeze

    Geld net vir Blankes natuurlik, Die hotkoppe mag mos se wat hull wil.

    1. Kalium_Chloraat Avatar
      Kalium_Chloraat

      ‘n Prentjie spreek ‘n 1000 woorde

  19. Zapata Avatar
    Zapata

    Kort skrywe- Dark Utopia –
    Chris hardloop so al as wat hy kan om sover as moontlik weg te kom van die kabaalwat in die straat agter hom afspeel, blou uniforms en ander geklee in swart met rooi pette gil hard op die groep blankes wat hulle agter in vangwaens inprop. Een ou oom wat nie betyds kon buk nie stamp sy voorkop teen die polisiewa se kajuit dat hy n sny opdoen en die bloed vloei vrylik oor sy vertrekte gesig en vlek sy hemp. Wit moer – Ek het jou gese jy moet koes ! ..Dis jou eie saak as jy wil vrek nog voordat jy in die jail is ! ..snou die polisiebeampte hom toe en terselfdetyd gryp hy die ouman aan sy oor en gooi-trek hom agter in die vangwa in. Vroue en kinders gil histeries en mens hoor hoe party van hulle snotklappe deur n verskrikte gesig kry en dan die gebrommel van n poliesieradio – Bravo 26 ..report to the station when you are done..n swart polisiesersant gryp na die mikrofoon..’ Roger control we are almost finshed with gathering these rebels..we will be there is about ten mikes as soon as we capture the whitey who ran away..can we get a dog unit here to assist us ?
    n Ent verder het Chris nou skuiling bereik en hy loer ietwat verlig terug na die straat en sien hoedat die laaste van sy familie weggery word polisiestasie toe. Eenkant staan die swart sersant by sy BMW motor en kyk heen en weer in die straat terwyl hy wag vir die honde eenheid wat in die verte met luiende sirens gehoor kan word….

  20. jan Avatar
    jan

    Die OGOT van Hans Pieterse saam met die magtige steun van Perskor en Naspers is besig met presies dieselfde vendetta. Hulle wil Christen onderwys verbied in 6 Afrikaner skole – aldus kriminaliseer . omwettig maak.

    Godsdiensvryheid en vryheid van spraak kan onmoontlik nie geskei / onderskei word nie.
    Die swart Christene in die ANC sal nou die Wittes se lot bepaal… Hmm?
    Vraag aan al die anti-gotters:
    Wat is die statistiek ? : hoeveel ateiste Boere en Wittes is vermoor deur swartes sedert die einde van apartheid. Daar was al sowat 40,000 moorde – hoeveel van hulle was Wit Christene? en hoeveel wit Ateiste?

    1. Laura van Rensburg Avatar
      Laura van Rensburg

      Irrelevant tot die punte in die artikel geopper. Dra tog om hemelsnaam iets meer sinvol by in die toekoms of bly dan maar eerder stil.

      1. jan Avatar
        jan

        Lara nou wat van ons Christene se spraakvryheid?
        Of tel dit nie vir julle Baal Nazi rassiste nie?
        Jou beswaardheid is presies dit waarvan ek aspres skryf.
        Dink Sussie dink!

        Iets oor die Nazis.
        Van die begin af het ek julle bitter ernstig gewaarsku teen die dodelike Nazi Rassisme wat deur prokureur John en Ds Koot Vorster OB in ‘n NGK teokrasie omskep is na die moord op Verwoerd.

        Verwoerd se apartheid en sy moordenaars syne was totaal en al verskillend.

        Verwoerd se volkekundige demokrasie is deur die Nazis vervang met ‘n rassistiese minderheids diktatuur met die volksvreemde AWB Nazi vlag op die agtergrond.

        Wat ‘n absurde sirkus soos die narre Tsafendas en Pratt julle idool en afgotte kompleet met vingertaal anti-gotter tolke van voorvaderlike geeste van Perskor.

        Ateisme het nog nooit enigiets vir ons volk opge-offer of opgerig nie – inteendeel –Absoluut niks waarvan ek bewus is nie.
        Help my reg met verwysings.asb.

        Nee julle ‘ go with the flo’ soos altyd Hmm

        Los die dodelike rassistiese gemors van die verlede en bou die lewende vredevolle toekoms soos ons Afrikaner Christen Orania.

        1. Wouter Christiaan Pretorius Avatar
          Wouter Christiaan Pretorius

          Nou hoe beskuldig jy vir Laura van Rensburg van n baal Nazi rassis wees net omdat sy die relevansie van jou bydrae bevraagteken het. Bly kalm en verduidelik eerder.

          Die aanslag teen die Afrikaner is diep gewortel en ons Christen geloof gaan ons nie vryspreek van hierdie aanslag nie. inteendeel het Zuma dit onlangs gebruik as een van die dinge wat die swarte se lot versleg het.

          Die Westerse “beskawing” het ook sy rug op die Christendom gedraai en hang eerder die teorieë van die wetenskap aan. Die Kerke hoereer met die leiers van die wêreld en verander die dogmas en leerstellinge om aan te pas by die multikulturele goddelose tendense van die wêreld. Ek glo die tyd van die Afval en die mens van sonde soos beskryf in 2 Thessalonicencse 2 het aangebreek.

          Die wetgewing wat die ANC beoog om in te stel gaan ook juis plekke soos Oranje teiken. Dit is dan n wit dorp en hulle sien dit as rassisties. Vir die ANC is daar geen verskil tussen Oranje of die Nazi rassiste nie en geen hoeveelheid beeld-poets gaan dit verander nie.

    2. Ou Transvaal Avatar
      Ou Transvaal

      Hoeveel van die moordenaars was Christene?Hoeveel van die wat jag maak op blankes in die pers is Christene?

  21. Chrisjan Avatar
    Chrisjan

    Die ANC kan nie eers die president se swembad wat hy verniet gekry het skoon hou nie, hoe gaan hulle daai wet implementeer?

  22. Regverdigheid Avatar
    Regverdigheid

    Daar word basies daagliks gepraat van wit dit en wit dat en wittes is skelms wat hulle grond
    gesteel het. En kill the farmer word orals gesing deur hulle en pamflette word op universiteite versprei om te se hulle moet ons uitmoor. Mense moet wakker raakm zuma het self al oorlog verklaar teen afrikaners met sy uitlatings van bloeddorstige liedjies wat hy op tv sing dat miljoene der miljoene van HULLE mense dit kan hoor dat ons is die vyand en moet vermoor word. Ons afrikaners loop nie in troppe rond en is op soek na goed om te steel nie. Kyk maar mooi,as die wittes in hulle areas uitgaan werk toe dan kom die troppe in en loer orals en besteel mense rot en kaal. Daar is nou bykans drie keer meer afrikaners/boere vermoor vandat mandela oorgevat het as wat in die boere oorlog was vermoor was. Ons word afgemaai onder die ilusie en leun van n nie rasse,group hugging, civilized rainbow nation. Dis als behalwe n goeie rainbow nation. Ons is op die oomblik l.w die geweldadigste en wreedste demokrasie op die gesig van Gods aarde en maklik 95% van al die misdade is nie blankes.

  23. Ray Avatar
    Ray

    Ek sien nie die probleem nie? Oral word ek vertel dat Westerse lande toonbeelde is van vryheid en eerlike regering. As die ANC die weste dan nadoen is dit mos ‘n goeie ding dan nie?

  24. jan Avatar
    jan

    Ek het ‘n HELSE probleem met Nazi Rassisme. Hierdie boepens bullebak bombastiese antigotter Boere met Black Labour in die hand en Dunghill tussen die twee voortanne
    En die wêreld walg ook daarvoor.. Militaristiese smal snor Samjoor beeld met ‘n vervloekte rooi vlag en f** perd soos op die standbeelde. – was die grootste ramp ooit vir ons en die Duitsers —- en onthou my voorspelling—— – ook vir die Woestyn joggies se ISIS

    Hierdie Nazis ISIS psigopate is een moerse verleentheid vir die Westerse Christendom en beskawing
    Die Nazi Rassiste is niks anders as minderwaardig kleingeestig tot die uiterste toe.
    Want
    Grootheidswaansin / megalomanie is baseer op ‘n minderwaardigheidskompleks.

  25. Ou Transvaal Avatar
    Ou Transvaal

    Wat wil die struikelende gefaalde Regime wegsteek deur die fokus te verplaas na n kontroversieele onderwerp soos die?Ons moet rondkyk na wat agter die skerms wegkruip en dit is nie om stemvee te werf nie,depressie miskien?

  26. Thys Human Avatar
    Thys Human

    Die Engelse wil maar net nie leer nie! Ek sien die TV-oproeper (ENews) Andrew Barnes is lekker in die moeilikheid omdat hy die spot gedryf het met die swart minister van onderwys se uitspraak van sekere engelse woorde soos onder meer “epitome”. Presies hoe sy die woord uitgespreek het, weet ek nie, maar Barnes word deur swartes van rassisme beskuldig omdat hy haar op haar gebrek aan “the Queen’s English” gewys het!

    Maar dis lankal duidelik dat Suid-Afrikaanse Engels vinnig besig is om van die ou “seffefrican english” na die “new efriken inglish” te verander met woorde soos “debben” vir Durban en “we^k” vir work. En hulle sukkel maar met sommige vreemde uitsprake – soos juis iets soos “epitome” (Ou grappie van die swart omroeper in Kenia wat wou oorskakel na die groot Britse sokkereindstryd en toe reggewys moes word dat dit die EF-A-Cup is en die “Fakap” nie).

    ‘n Hele klomp mense – veral die Kaapse DA Engelse – spot dikwels met Zuma omdat hy so ‘n ruk gelede vasgehak met die lees van ‘n goot syfer – iets in die miljoene en duisende. Zuma het die getal toe wel reggekry – maar met groot gelag, onder meer deur homself. Maar die ingilse spot te lekker – tot noun toe want enige spot van die aard gaan nou as rassisme gebrandmerk word.

    Eintlik kry ek lekker daaroor!

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Ai Thys tyd dat ons moedswillige Boere nou witgeskrik in n hoekie êrens loop sit – dink jy nie?

      1. Thys Human Avatar
        Thys Human

        Riempies, ek kry lekker oor die engelse wat nou begin deurloop. Ons boere kan maar aangaan soos altyd – ons moet net nie in die strate rondhol en “k…..” skreeu nie!

      2. Piet Avatar
        Piet

        Wonder of hulle vir Julias Malema voor stok gaan kry. Hy het mos destyds Naledi Pandor se Amerikaanse Engels nagemaak.

        1. Riempies Avatar
          Riempies

          Piet ek dink nie so nie – Die ANC is bang vir Julius – hy beheer die onbeheerbares (in die volle sin van die woord) – wat niks het om te verloor nie.

      3. Kalium_Chloraat Avatar
        Kalium_Chloraat

        Nee wat Riempies, hierdie ANC – DA ding is soos ‘n boksgeveg waarin ek nie een bokser ondersteun nie – ek geniet net die geveg.

        1. Riempies Avatar
          Riempies

          Kalium Chloraat ek is mos nou nie n outjie vir bloedsport nie en hulle doen dan soveel moeite om ons te laat bleekskrik met allerande soorte grappies – waar jou hart?

  27. Thys Human Avatar
    Thys Human

    Hier kom ‘n ding tussen die ANC en die hoofsaaklik witbeheerde en DA-gerigte media. Sien Carien du Plessis (is sy dalk Tim se dogter?) is deur die ANC verbied om hulle feesvieringe die naweek in Rustenburg by te woon omdat sy na diegene wat dit gaan bywoon verwys het as “pantypreneurs en tenderpreneurs” – vermoedelik ‘n woordspeling om aan te dui dat hulle net seks en geldmaakkanse soek.

    Die kwaai reaksie teen Barnes van ENews en selfs Chris Hart, die ekonoom, dui op ‘n nuutgevonde of dalk net nuutgeopenbaarde ongeduld en woede binne die ANC teen enige vorm van kritiek of negatiewe houding teenoor hulle. Dit kan toeneem.

    Hou maar die tendens dop!

    1. Thys Human Avatar
      Thys Human

      En net om die siening te bevestig: Die DA het groot advertensieborde opgesit wat se^ dat werkloosheid in die land is Zuma se skuld. Die ANC het pas ‘n verklaring uitgereik om te se die borde is “rassisties”!

      1. Kalium_Chloraat Avatar
        Kalium_Chloraat

        Hmm, Adam sê dis Eva en Eva sê dis die slang.

        1. Thys Human Avatar
          Thys Human

          Almiskie, maar die vraag is: was daar ‘n pratende slang?

          1. Riempies Avatar
            Riempies

            Ag man Thys jy verstaan net nie die slang se taal nie – nou sê jy sommer hy kan nie praat nie – ek hoor hom redelik gereeld maar ek antwoord hom net nie.

          2. Kalium_Chloraat Avatar
            Kalium_Chloraat

            Virseker

    2. Kalium_Chloraat Avatar
      Kalium_Chloraat

      My hart bloei nie vir hierdie mense nie.

  28. Kalium_Chloraat Avatar
    Kalium_Chloraat

    Stuur aan vir Standard Bank met CC vir almal

Leave a Reply