Sydney Gregan: ‘n Positiewe toekomsverwagting!

As long as whites continue to avoid and deny their own racial identity . . . [they] will have no chance to resist their dispossession and their eventual and possible physical destruction.
Samuel Francis

In ‘n vorige artikel is daarop gewys dat die Afrikaner opgesaal sit met ‘n negatiewe toekomsverwagting. Dit is die sleutel tot sy eie selfmoord aangesien geen volk dit kan bekostig om geen toekoms vir homself in sy eie land te sien nie. Dis tog voor die hand liggend — negatiwiteit kan niks positiefs voortbring nie.

Die vraag is nou of daar enige moontlikheid bestaan om hierdie situasie om te keer na ‘n positiewe uitkyk. Ek is van mening dat dit net kan gebeur indien die Afrikaner ‘n metamorfose ondergaan wat betref sy denke en persepsies oor meeste sake in hierdie land. Waarvan ek praat, is vir die meeste ‘n taboe. Bewys van hoe die nuwe stelsel die Afrikaner meegesleur het, is dat hierdie alternatiewe nie eers bedink (mag) word nie. Nogtans is dit noodsaaklik dat dit gelys en bespreek word.

Eerstens moet besef word dat die grondwet die grootste vyand van die Afrikaner is. Dis juis die grondwet wat elkeen verplig om binne die raamwerk daarvan te opereer en alles daarbuite te verban. Waarom is hierdie grondwet dan so heilig? Juis omdat die vyand van die Afrikaner weet dat binne die raamwerk daarvan uitwissing van die Afrikaner ‘n voldonge feit is. Daarom word alles en almal ingespan om binne die grense van die grondwet te dink en op te tree. Met die grondwet is nasionale (volksgerigte) politiek per se verban en is ‘n eenmalige en, wat die liberales hoop, finale oorwinning oor nasionalisme behaal. Dit is gewoon ontstellend om te sien hoe konserwatiewe Afrikaners die grondwet klakkeloos napraat (en aandring dat dit beskerm word!), sonder om te besef dat alles wat teen die Afrikaner ingespan word, juis deur die grondwet gemagtig word! Daarom moet ernstige vrae gevra word oor Afrikaners wat, ten einde die een of ander posisie of amp te beklee, ‘n eed aflê om die grondwet te eerbiedig.

Word voormelde besef, is ‘n belangrike stap geneem in die rigting van ware Afrikanervryheid. Dan kan die Afrikaner weer vry van skuldkomplekse oor sy verlede besin oor sy toekoms. Dan gaan die wêreld van nasionalisme weer vir hom oop waar die noodsaak van diskriminasie binne ‘n veelvolkige samelewing ingesien word. Diskriminasie? Maar dis mos verbode en onmenslik! Jy sien … Maar wat is diskriminasie? Dit is om voorkeur vir my eie te toon en afkeur van die vreemde. Voorkeur vir die eie is dus niks anders as diskriminasie nie. En om watter rede op hierdie aarde mag ‘n man nie voorkeur vir sy eie vrou, kind, mense, ras, taal, kultuur en goed hê nie? Net omdat die liberalis so sê en die liberale gedagte tans die botoon voer? Dink tog weer daaroor na: Wat is die teenkant van voorkeur? Gelykstelling van ongelykes, samevoeging van teenstrydiges, assimilering van onaanpasbares, versmelting van kontraste, en uiteindelik, vernietiging van identiteite.

Dit is tog onbetwisbaar so dat die trek van grense tussen mense en kulture wat wesenlik verskil, vrede en orde daarstel. Die wanorde en chaos van vandag is juis die gevolg van kulture wat in botsing met mekaar verkeer omdat hulle waarde-opvattings verskil. En dit bring my by ‘n belangrike punt: Jare gelede het ‘n goeie ou professor ons vertel van die boni mores in die gemeenskap wat die regsopvatting en uiteindelik die heersende reg van ‘n gemeenskap bepaal. En daardie opvatting is gesetel in kultuur — die visie wat ‘n gemeenskap vir homself in die oog het vir sy eie toekoms. Hoe verskil die visie van swart en wit nie in hierdie land nie! Watter regstelsel kan te midde van sulke verskille uiteindelik seëvier? Dis tog voor die hand liggend! Hoe verskil die boni mores van hulle wat standbeelde met (jy weet wat) besmeer nie van die volk waarvan ek lid is nie …

Waarom dan is die logiese oplossing vir die meeste nie aanvaarbaar nie? Omdat dit onmoontlik is? Tog nie, want die ganse geskiedenis is bewys van roemryke vryheidstryde van klein volkere teen magtige nasies, ryke en state. Nee, kom ons praat vir ‘n slag die waarheid. Dit is “onprakties” en “onwerkbaar” en onmoontlik omdat dit ‘n keuse is wat geweldige inspanning en opoffering van ons volk gaan vra. Dit is die waarheid van die nasionale strewe. Dit is ‘n moeilike keuse wat inbreuk maak op ons rykdomme, ons genot, ons vermaak, ons selfsug. Daarom is daar kwansuis “geen oplossing” vir hierdie land nie, want die teendeel is soos oom “John” (weliswaar in ‘n ander verband) gesê het “too ghastly to contemplate”.

En nou gaan ek ‘n teer puntjie aanraak. Baie konserwatiewe Afrikaners het in godsdiens nou die uitvlug gesien. Ja, ek noem dit ‘n uitvlug want die naïewe wyse waarop die saak benader word, hou beslis nie rekening met die werklikheid nie. Elkeen moet blykbaar net glo dat God ons sal red. Solank ons dit glo kan die land maar vergaan? Waarvan moet Hy ons red as ons nie in woord en daad ‘n breuk met hierdie stelsel wil maak nie? Ek dink ons moet van onsself gered word! Dink ons werklik dat die Here ‘n volk sal red wat nie die vaagste benul het wat hy wil wees te midde van ‘n godlose staat nie? Wat nie wil waag om op te staan teen ‘n godlose regstelsel nie? Wat nie bereid is om sy identiteit te beskerm nie? Wat steeds in kerke sit waar die Woord verkrag word ten einde die liberale gespuis (ja die Satan) ter wille te wees? Ek is jammer maar die Here wat ek ken, het geen behae in hierdie land, sy grondwet en sy klakkelose napraters nie!

Dit bring my by die aanhaling hierbo. Professor Samuel Francis was ‘n Amerikaanse konserwatief. Eintlik is die woord nasionalis meer gepas. Want hy het nie net bewaar nie, hy het die volkseie bewaar! Hy het vir baie jare die gevaar van integrasie in die VSA ingesien en daaroor geskryf. In ons land is integrasie en die vernietigende gevolge daarvan nou ‘n realiteit. Ons is gedoem tot uitwissing as ons nie insien dat die bewaring van ons blanke identiteit ons behoud gaan wees nie. Ons onteiening en uiteindelike fisieke uitwissing geskied juis omdat ons ons identiteit versaak het. En is dit nie ironies hoe die eise van politieke korrektheid mense van beide kante van die spektrum (liberaal en konserwatief) in een kraal gejaag het nie? En hoe hulle skielik so eensgesind is oor sake soos “rassisme”, “‘verdraagsaamheid”, en “menseregte” nie, Soos Francis dit stel:

“there is not a dime’s worth of difference between them on so many issues and a major reason why we are seeing the emergence, not just of a One Party State …., but also of a Single Ideology that informs the state and the culture”.

In plaas daarvan om die liberalisme na te praat en die universele gedagte van die dag na te jaag wat ons identiteit ondergrawe het en ons solidariteit geskaad het, moet die Afrikaner in die eerste plek sy blanke identiteit herbeklemtoon. Die aanslag teen ons is ‘n rasse-aanslag. Om derhalwe te midde van so ‘n verwoede aanslag weg te skram van ons rasse-identiteit is fataal. Besef ons dan nie dat deur ons skaam te maak vir ons ras juis die doel van die aanslag is nie? Ons kultuur het ‘n rasse-onderbou — die Afrikaner is geen basternasie wat ankerloos sy bestaan in Afrika gevind het nie.

Dit is alleen ‘n skuldgevoel, opgewek deur die ankerlose geslepe liberaal, wat gemaak het dat die Afrikaner dit nie wil erken nie. Die Westerse beskawing wat die voortou geneem het in die ontdekking en ontwikkeling van die wêreld, en waarvan ons erfgename is, was en is ‘n blanke beskawing. Waarom moet ons skaam wees daarvoor? Besef ons nie dat selfrespek vereis dat ons ons identiteit sal betuig teenoor andere juis om daardie identiteit te behou en uit te bou nie?

‘n Blote kulturele bewustheid is helaas nie voldoende nie. Dit beklemtoon net sosiale en kulturele faktore — so asof die kultuur wat ons verteenwoordig eenvoudig na ‘n ander groep oorgedra kan word; iets wat geheel en al onmoontlik is! Kulturele bewustheid alleen sal nie die rassegrondslag van ons blanke beskawing aan die suidpunt van Afrika bewaar nie. Ons word onteien en vermoor omdat ons blank is. Wat help dit dus om daarvoor weg te skram? Veel eerder kan ons solidariteit versterk word deur op hierdie waarheid te wys.

Nou lees ek dat Ernst Roets van Afriforum nie sy wit identiteit koester nie. Vir hom is die kleur van sy vel irrelevant. Probleem is net Ernst, die swarte wat die witman wil vermoor glo juis dat sy swart identiteit belangrik is! Dis uitlatings soos hierdie wat die groot skeiding binne Afrikanergeledere gaan bring.

Nog baie meer kan (en moet) geskryf word oor hierdie saak. Maar ‘n besef van die werklike bedreiging teen die Afrikaner is waar ons moet begin. Dit sal nie beter gaan in hierdie land onder enige regering met ‘n grondwet wat die Afrikaner se identiteit wil vernietig nie. Daardie besef is die saadjie wat in elke (ware) Afrikanerhart geplant moet word. En ons sal ons langsamerhand moet haas …

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Ray

    In die artikel dans die outeur versigting om sy versteekte erkenning dat god nie bestaan nie en probeer redes opmaak oor waarom die sogenaamde god menslike ingryping gaan benodig om die wit man te red.

    Die bybel spel dit duidelik uit dat die jode die uitverkore volk is. Gevolglik as jy in die christen mitologie inkoop, is dit net hulle wat ‘n ras-suiwer volk mag nastreef en is dit jou plig as christen om stilweg saam met die ander rasse uitgewis te word as jy nie jou joodse meesters wil dien nie.

    • jan

      Die ‘Jode’ is al die anti-Christe. veral metafories die Baalkultus. Hosea se eerste 5 hoofstukke kan kan direk van toepassing gemaak word op die Afrikaner van gister , vandag en die toekoms.

      Maar dis baie waar wat u sê van skrywer se dansery rondom godverlatenheid [ Nietzche]
      En u doen presies dieselfde rondom die ‘Jode’
      Baie skerp!!
      Oplossing ? Redding?
      My oortuiging is dat die APK se Calvinsme ons sal red – nie Praag en Naspers en Tsafendastan se Vrydemkers nie.

      • T

        Dit al ooit oorweeg dat daar AP Kerklidmate en AP gemeentes buite Orania kan wees, Jan? En dat dit ‘n wesenlike invloed op jou lamlendige argumente kan he?

        • jan

          Die Roomse kastrada Servetus het 3 kern kettery gepleeg:
          1. God drie-enig is veel afgodery = verwerp die hele nuwe NT
          2. God openbaar Hom in Sy skepping sodat die skepsel pleks van die Skepper aanbid kan word = Suiwer Satanisme en Heidendom self aanbidding dwaling van die eindtye.
          3. Die Kerk en Staat moet een wees = tipiese teokrasie

          Servetus het erken dat hy inderdaad niks anders as ‘n Satanis is.

          • Vuiluil

            Calvinisme soos opgesom in “TULIP” is nou nie eintlik Skrifgetrou
            nie. Daar is egter heelwat ware kinders van die HERE teenwoordig in Calvinistiese
            kerke, selfs dalk ook nog in die bose verloopte
            NG kerk. Dit is waarskynlik te danke aan die Reformasie leuse van “die Bybel
            aleen”. Die HERE red nog steeds deur SY Woord. Die geskiedenis van Calvyn
            reflekteer n briljante maar bose mens. Ek kon nog nerens n klinkklare getuienis
            van redding van Calvyn opspoor nie. (As iemand al so iets gesien het stuur aan
            asb.) Die redding van my volk le by n terugkeer na die HERE. Die APK is in
            essensie maar net nog een van die reformasie se dogters. Die Reformasie het
            goed begin maar baie te gou opgehou. (n Groot deel van Rome en die Vrymesselary
            (Jesuiete) is nog steeds deel van die protestanse kerke.) Om net te glo gaan
            verseker nie werk nie, Jakobus se geloof word weerspiel in werke.

          • jan

            ‘…. bose man …” ????
            Ja want hy het gesê almal is ewe boosaardig [LW nie skyn heilig nie soos die Nazis en Israelvise Servetus Baal Marx ISIS kettery = selfaanbidding]

            Volgens Calvyn is ons redding suiwer deur God se genadige liefde – onverdiend deiur die soenverdienste van Jesus se kruisdood.
            Almal is sondaars / geestelik gestremd en ons beste dade is ‘n gruwel in die oge van God.
            Ons beste werke is altyd tot eer van God en nie onsself nie. Dis die basis van Calvinistiese uitmuntende werksetiek en wetenskap.

            Ja Calvinisme erken ons almal se eie boosheid.

            Maar neeee die Afrikaner is mos hoog heilig en onaantasbaar verhewe bo gestremdes en swartes.en Jode. – veral hier op Praag.

            Ons sal weereens deur Calvinisme gered word uit hierdie Heidense Satanistiese Teokrasie van Tsafendastan soos wat Calvyn et al die hele wêreld bevry het van die Roomse satanistiese teokrasie tirannie en die lig gebring het in die donker eeue. Dis ons enigste hoop
            Vir die wat beslangstel alleen

      • Ray

        Ah Calvyn, daai teddiebeer wat die eerste man wat die bloedsomloop stelsel beskryf het op ‘n brandstapel verbrand het. Praat van op verkeerde plekke vir antwoorde soek!

        • Karel Combrinck

          Dit is waar dat Calvyn ‘n vervolging ingestel het teen Miguel Servetus, maar dit was op redelik obskure teologiese gronde en, na my wete, nie op grond van Servetus se beskrywing van die bloedsomloopstelsel nie. Maar die vervolging en teregstelling van Servetus op teologiese gronde was al erg genoeg.

          • Ray

            Punt is dat hy ‘n fundamentalistiese idioot was wat net soos die hedendaagse Mohammedaanse fundamentaliste opgetree het. Die enigste verskil tussen die Christendom en Islam is dat rasionele denkers die mag van die kerk gebreek het, waarskynlik omdat die menseslagting besig was om die skerpste intellekte in Europa begin uitwis het.

          • jan

            Rome het die wetenskap onderdruk ja – vandaar die donker eeue en Calvyn en Luther etal het die wetenskap bevry van ‘n Roomse teokrasie. 500 jaar gelede.
            Die 3 ketterse dwalinge van Servetus het die NWO voorspel wat die selfdood van die Weste sal beteken. Calvyn het die dag tot dusvêr na 500 jaar uitgestel
            Mein Kampf is die Koran van die Nazis. en Israel visie.

      • Rooikop

        Jan, jy het die kat aan die stert beet – “dat die APK se Calvinsme ons sal red” – net God kan red. Hoe Hy dit doen sal ons nie weet nie. Calvinisme kan ook baie maklik ons afgod word.

        • jan

          Rooikop ‘ …. net God kan ons red”… is dan suiwer Calvinisme jong!!….
          nie uit verdienste nie maar uit genade alleen…..
          Die enigste antwoord teen die Israel visie / Nazi kettery.

          • Rooikop

            Ja dit is wat Calvyn verkondig het – lees egter hoe jy dit bewoord het

    • ThysH

      Nou waar de hel het Gregan iets gese wat beskou kan word as “versteekte erkenning dat god nie bestaan nie”? En waar de hel het hy iets van die Jode gese?

      Ek herhaal wat ek annerdag gese het: Die Jode is nie ons probleem nie. Die swartes van Afrika wat alles wat hier opgebou is deur wittes, sal afbreek en vernietig en steel is ons probleem. En hulle is aan die bewind – of dit nou met ‘n ANC gesig is soos tans of selfs met ‘n DA Gesig as daardie armsalige spul genoeg swartes se steun kan werf – maar dalk vorentoe met ‘n EFF-gesig!

      Julle wat aanhoudend hierdie forum gebruik om die Jode aan te val is in werkliheid besig om die aandag af te trek van die werklike gevare wat die Afrikaner bedreig. Aan wie se kant IS julle eintlik?

      • Chrisjan

        Ek is Pro Israel.
        Ons is waar ons is want as ‘n land vervloek ons Israel. Die Bybel draai nie doekkies om oor die saak nie.
        “Seën Israel en jy sal geseën wees. Vervloek Israel en jy sal vervloek wees.”

        • eduard

          Israel was ‘n volk en nie ‘n land nie. U klink soos die John Hagee wat heeltyd pro-Israel twak bler.

          • Chrisjan

            Ek weet nie wie John Hagee is nie, maar dankie 🙂

    • T

      ‘n Inlegkundige bol mis wat jy kwytraak. Ekstrapolasie is ‘n atoompie teen wat jy pleeg. As straaltjie regtig jou naam is, is dit omdat jy een is wat na die urinekrip op pad is.

    • boerseun

      Wat mnr Gregan baie duidelik hier oor godsdiens probeer oordra is: Werk en bid! Ek het baie diesulkes geken wat hulle afgesonder het in die Bybel sonder om enige poging tot volksvryheid aan te wend. Wat geglo het dat God die uitkoms sal bring, en so wag hulle steeds op uitkoms … terwyl die volk bloei onder die hiel van die kommunis. God help net hulle wat bereid is om hulle self te help!!! En ons volkie sit in liberale kerke en draai die wang en betaal die prys daarvoor. (DA) Politiek en (NG) Kerk is ons Achillishiel, en ek sien nie dat dit veel en spoedig gaan verander nie. Klomp skape, my volk! Amen.

      • Rooikop

        ” God help net hulle wat bereid is om hulle self te help!!! ” – nie waar nie. God help waar ons besef dat ons so diep in die moelikheid is dat ons nie meer raad weet nie. Die sprekendste voorbeeld hiervan is Bloedrivier. Leer maar ook van Gideon en die Midianiete –
        As jy jouself ken help kom dit uit eie krag – dan vat jy as mens die roem vir die oorwinning.

    • eduard

      Waar in die Bybel se dit dat die jode die uitverkore volk is? Die Huis van Israel is beslis nie die jode nie. Ons lees van die jode – wat niks anders as ‘n gekaapte woord van Judeer is – in die Boek van Konings vir die eerste keer.
      ‘n Ander aspek, die Bybels wat uit Hebreeus vertaal is, is verdraaide vertalings. Voor 125 vC het Hebreeus nie ‘n alfabet gehad nie. Hebreeus is ‘n bastertaal van Fenisiers en Aramees. Die vierkantige alfabet van Hebreeus is eers in 1000AD ontwikkel en die Masoretiese Teks waaruit al die vertalings onstaan is in Hebreeus vertaal in 1009AD.
      Die oudste en juiste weergawe van die Ou Testament is die LXX Septuagint wat in 285vC in Koine Grieks vertaal is deur die Israeliete in Alexandrie aangesien Alexander die Grote grieks as die taal ooral afgedwing het. Jesus Christus het uit die Septuagint aangehaal in Sy prediking. Aramees was wel ook nog ‘n omgangstaal, maar nie ‘n litirere taal soos die Koine Grieks nie.

    • Krisjan Lemmer

      Ray daai twak wat jy rook is te sterk vir jou. Die 12 stamme van Israel is die uitverkorenes , nie die jood nie.

  • leonlemmer

    Die outeur stel ‘n kerngesonde standpunt. Soos in sy vorige skrywe formuleer hy sy idees uitstekend.

  • Chrisjan

    Vryheid van die Afrikaner is nie moontlik sonder om die kryg op te neem nie. Die Afrikaner gaan nog nie die kryf opneem nie, want hy kan emmigreer en hy het nog nie alles verloor nie. Die ANC het baie meer vure om dood te slaan voor hy hom oor die Afrikaner gaan bekommer.
    Vir nou kan ons ons belasting geld begin weerhou sowel as een keer ‘ jaar as een man ‘n dag verlof vat en vreedsaam parlement toe opmars.

  • Karel Combrinck

    Nog ‘n slag dr Gregan, is ek dit volmondig met u eens, behalwe miskien net vir die opskrif: Waar is die positiewe toekomsverwagting? Dit, is natuurlik so dat mense wel hulle rasidentiteit mag beklemtoon en ophemel en uitleef, solank dit ‘n swart identiteit is. Na aanleiding van die situasie in Amerika is die witmense die wêreldoor gemaak glo hulle is ‘n meerderheid wat die arme swart minderhede onderdruk. Intussen is daar globaal gesproke minstens twee keer meer swartes as wittes op die aarde. Ons praat nie eers van die Asiate nie. Dis waarom die swartes meen hulle moet die wêreld regeer. En die wittes kyk maar net gelate toe. In die westerse wêreld is die filosofie vandag: Daar is nie iets soos ras nie en daarom kan ons maar netsowel almal swart wees.

    • jan

      ”’…..minstens twee keer meer swartes as wittes op die aarde.’

      Nee juslaaik Karel dis nie waar nie – dis presies die teenoorgestelde.. wittes > 2x swartes globaal.

      http://census.gov/topics/population/race.html

      • Karel Combrinck

        Ek dink ons is albei verkeerd Jan. Daar is 1 miljard een honderd duisend swartes in Afrika en nog vyftig miljoen daarby in Amerika en sekerlik nog soveel in Suid-Amerika ook. Daarenteen is daar 700-miljoen wittes in Europa 150-miljoen in Rusland en 300-mijoen in Amerika. In Suid-Amerika is daar maar min! Dus ongeveer dieselfde.aantal wittes en swartes in die wêreld. Moet natuurlik bygesê word dat die swartes vermeerder teen ‘n koers van 13% terwyl die wittes se groeikoers so te sê stagnant is. Kortom, swartes is beslis nie in die minderheid nie en as ‘n mens bv die Indiërs sou byreken, is die koers natuurlik meer as twee teen een. Behalwe in Amerika, is die swartes nêrens anders in die wêreld na my wete in die minderheid nie en soos ek sê, die storie dat swartes ‘n onderdrukte minderheid sou wees, kom uit Amerika.

  • Andries Benade

    Opgesom: Apartheid = liefde.

  • Ou Transvaal

    So lank ons Volk die Amerikaanse doktrine glo dat die grondwet die begin en einde van alles daarstel sal die NSA se humanisties grondwet seevier.Dit is waarmee die mens die 10 Gebooie vervang het,Ons redding le in n werklike verootmoediging as Volk:nie groepeeringe nie!As van ons mense sy ras verwerp dan het ons die reg om die persoon as verraaier uit die volksgemeenskap teverjaag net soos hulle ons in die verlede uitgedruk het,hy het geen genade betoon nie so ons het geen genade,tot hy homself erken dat sy denkrigting volksvyandig was en daarvan afwyk.
    Rondom die soeke van ons Volk na die Skepper se wil;ons het almal n bybel en as n leraar van die skrif afwyk wat jy weet hy nie in die Skrif voldoen nie,wat maak jy nog in daardie kerk?Dink u werklik dat hy die enigste is wie u kan trou en begrawe???As u glo dat die reformasie n verbetering was,hoekom bly ons die bemagtig wat ons daarna terug neem?Is u n Protestant of n slaaf?
    Om die kunsmatige skuldgevoer van ons mense aan te spreek ,laat ons wat geskiedenis beleef het n bietjie ons monde oopmaak teen die rasbyters of is u bang hy is slimmer as u?Laat ons eerste vraag altyd aan hulle wees—-WAS JY DAAR HET JY DIT SELF BELEEF?Ek sien gereeld ons oudstryders stil in n hoekie hulle ondervindinge koester,want ons spog nie oor waartoe ons instaat is nie.DIE gevolg is dat ons nageslag geen ander verwysingsraamwerk het as net n pasifis wat nie beried is om vir sy nageslag te staan nie.
    Ons kinders het nie n toekoms verwagting nie want ons vertel altyd net vir hulle hoe sleg dit gaan;gee n bietjie vir hulle n geleentheid om te droom oor more soos ons in ons jong dae gedroom het.Die toekoms is donker omdat ons self die ligte afskakel.As ons aanhou om vir ons jeug tevertel hoe sleg hulle is ,dan moet ons nie kla as hulle ons glo nie.Hoe sou ons as jongmense die wereld van vandag hanteer?

  • Karel Combrinck

    Wil jy selfbeskikking hê op eie grondgebied met daardie vlag?

  • Chrisjan

    Ek is wakker. As ek in die nag my dief wering sluit, my alarm aansit en bid vir beskerming is dit nie teen die Jode nie. Ek is nie ‘n sendeling nie.

  • Gert Kruger

    Chris, dit waarmee die ANC met die Afrikanervolk sedert 1994 besig is word in die vertolking van die bygaande gesimboliseer.: onderdrukking en vernietiging! Jou redenasie hieronder is só waar en dis die enigste hoop om uit die huidige gemors te kom. Jou profielfoto vertolk egter nie jou sienswyse oor selfbeskikking waarvoor jy sê jy staan nie!