Gauteng-LUR wil Afrikaanse skole vernietig

Deel op

Die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, het gister ‘n nuwe aanslag op Afrikaanse skole in dié provinsie aangekondig. Hy het die “weerstand” teen die samesmelting van top- Afrikaanse skole met lokasieskole verwerp en gemeen sulke weerstand word “gemobiliseer”.

Lesufi dreig reeds lankal om teen Afrikaanse skole op te tree, nadat sy voorganger, Barbara Creecy, daarmee begin het. Creecy het verskeie skole in Johannesburg en omgewing, soos Randburg, Linden en Florida gedreig dat sy hulle sou verengels deur swart leerlinge in te bus. Die nie-regeringsorganisasie, Section 27, wat deur die marxistiese Brit, Mark Hayward, bedryf word en vanuit die buiteland befonds word, het ook gepoog om onderrig by Fochville-hoërskool te ontwrig deur ‘n honderd swart leerlinge skielik by die skool af te laai en hulle daarna teen die wit Afrikaanse leerlinge op te steek.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng
Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng

Tydens sy aankondiging oor skoolgereedheid vir aanstaande jaar, het Lesufi gesê dat hy teen Januarie die Afrikaanse skole met Engelse lokasieskole wil saamsmelt. Hy beoog ook om dié “beleid” in die Provinsiale Koerant te publiseer en dit so verpligtend vir skole te maak.

Lesufi wil veral die beheer wat ouers tans deur beheerliggame oor die skole uitoefen, ongedaan maak deur die proses te verpolitiseer en beheerliggame met kunsmatige beheerliggame van lokasieskole saam te smelt. Sulke beheerliggame sal na alle waarskynlikheid met anti-Afrikaanse kultuurmarxiste van Section 27 en ander organisasies gepak word. Nie net moet beheerliggame “saamsmelt” nie, maar skole moet ook “kennis en hulpbronne deel” wat kan behels dat ANC-kaders toegang tot Afrikaanse skole se bankrekeninge kan verkry.

Terugvoer vanaf Afrikaanse skole is oorwegend negatief en Lesufi het gister gekla dat “die meerderheid van die Afrikanerskole nie met ander skole wil saamsmelt nie”.

“Wanneer jy die een skool raadpleeg en na die ander skool gaan om hulle te raadpleeg, word dieselfde bekommernisse as by die eerste skool gelug. ’n Mens kan agterkom iemand het die skole gemobiliseer om weerstand te bied,” meen Lesufi.

Tydens ‘n vergadering het twee voorsitters van Afrikaanse skole se beheerrade glo “uitgeloop”.

Lesufi is egter nie daaroor bekommerd dat hy op die duur daarin sal slaag om Afrikaanse onderwys af te takel nie. “Ek het geweet dit sou nie maklik wees nie. Die kwessies wat hierdie skole het, is geldige bekommernisse,” het hy aan die media gesê.

Onder andere vrees die skole sterk dat hul bankrekenings deur kaders geplunder mag word as hulle “binnegedring” word. In ‘n poging om vrese te besweer, het Lesufi volgens berigte gesê:

“Ek het dit duidelik gestel: dit sal nie die geval wees nie. Ek het wel ’n probleem wanneer ’n skool met ’n reklamebord langs die hoofweg R1,4 miljoen daaruit maak. Daardie skool behoort aan die staat. Álmal in Suid-Afrika moet voordeel trek.

“Wys my ’n townshipskool met ’n aktuaris, ’n regter of ’n rekenmeester in die beheerraad.

“As dié vaardighede gedeel word, sal dit net goed wees.

“Dit is nie ’n maklike pad wat voorlê nie, maar ek is nie bereid om nou kop uit te trek nie.”

Indien die skoolhoofde en beheerrade nie voor hom buig nie, dreig hy om hofsake teen hulle te bring. “Sê my watter hof gaan sê die bates wat aan die staat behoort, behoort nie aan al sy mense nie?”

Lesufi wou egter nie die name bekendmaak van skole wat weerstand bied nie.

Die model wat die Gautengse onderwysdepartement volg, is reeds met sukses deur Kader Asmal op die Afrikaanse universiteite toegepas toe hy hulle met sukkelende swart universiteite en kolleges saamgesmelt het. Die voormalige Randse Afrikaanse Universiteit is byvoorbeeld volledig verengels en verswart.

In sy kommentaar het dr. Dan Roodt van PRAAG gesê:

Die LUR vir opvoeding in Gauteng, Panyaza Lesufi, wil Afrikaanse skole met lokasieskole saamsmelt, volgens berigte in die media. Vele ouers kan nie eens meer die skoolfonds in Afrikaanse skole bekosting nie, nou wil dié meneer skole saamsmelt sodat hulle die laaste paar rand kan plunder soos in elke samesmelting (munisipaliteite, universiteite, ens.) sedert 1994 gebeur het.

FW de Klerk het gesê hy gaan namens ons onderhandel, toe gee hy sommer oor aan Oemkoentoe. Die ANC het al herhaaldelik gesê dat ons “verower is”. Indien dit wel die geval is, kan ons ons steeds beroep op die tweede protokol van die Geneefse Konvensie wat in artikel bepaal:

3. Children shall be provided with the care and aid they require, and in particular:

(a) they shall receive an education, including religious and moral education, in keeping with the wishes of their parents, or in the absence of parents, of those responsible for their care;

Met ander woorde, hulle het nie die reg om ons skole van ons weg te vat nie, selfs al bevind ons ons onder militêre besetting deur Oemkoentoe, die terroristeweermag van Joe Slovo en Ronnie Kasrils! Al wat in ons pad staan, is die “ekskuus-baas”-houding van al die oud-NP’s en diegene wat ***kruip in die verlede hul beroep gemaak het – en steeds maak.

Het dit nie tyd geraak dat ons ons stemme dik maak nie? Gelukkig is my kinders klaar met skool, maar dit gaan ‘n volslae tragedie wees as ons skole tot lokasieskole “getransformeer” word. Ons kan dit nie aan ons mede-Afrikaners en veral ons kinders aandoen nie!

Teenoor ‘n mnr. HJ Bester wat op sosiale media gekla het dat “die swartes eenvoudig ‘n obsessie oor blankes (het) en alles wat deur die blankes bedryf word – waarom ?” het dr. Roodt opgemerk:

HJ Bester, dis nie die swartes wat ‘n obsessie oor blankes het nie; dis ander blankes wat ’n obsessie oor ras het. Mary Metcalfe het eerste hiermee begin, en toe Barbara Creecy, dié vent se voorganger. Dan is daar nog ‘n organisasie soos Section 27 wat deur ’n marxistiese Brit, Mark Hayward, bedryf word en hofsake teen Afrikaanse skole maak of hulle probeer ontwrig deur swartes daarheen te bus en op Engels aan te dring. Die swartes is net pionne of figurante in hierdie Boer-Brit-stryd wat al 200 jaar lank duur. Dis waaroor die stryd tussen my en Steve, aan die een kant, en die Popman Conrad Koch, aan die ander, ook gaan.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.