Sarkozy se vakansietjie

Nadat Sarkozy Maandag aangekondig het dat hy ‘n paar dae vakansie gaan neem om uit te rus vir die groot taak wat voorlê, het hordes fotograwe na Korsika gereis. Die nuutverkose president het verklaar dat hy op Napoleon se geboorteplek gaan uitspan om voor te berei vir die omvattende hervormings wat hy vir Frankryk in gedagte het.
 
Uitgepak, opgestel en ingegrawe moes die persmense egter na hul aankoms op die eiland verneem dat hulle om die bos gelei is want Sarkozy, sy vrou Cécelia en hul seun Louis is Maandag per Falcon 900 EX-privaatstraler na Malta. Ontnugterde joernaliste het nou vasgestel dat die straler aan Vincent Bolloré, Franse industriële magnaat, behoort wat die vliegtuig aan die president beskikbaar gestel het. Die reeksnommer by die vluginskrywing is met die eienaar verbind.

In Malta het ‘n 60m luukse jag gereed gestaan om die vakansie in te lui. Dié jag behoort ook aan Bolloré. Dit het dus nie te lank geneem vir ‘n span nuushonde om die vasmeerplek en kaptein op te spoor nie. Die Sarkozys hou op die oomblik vakansie op die jag in die Middelandse See met ‘n helikopter wat danksy die onverpoosde mediagesnuffel oor die vaartuig hang.

Wat die prominente gesin die graagste wou vermy, het hulle nou getref: ‘n vloed vakansiefoto’s gisteroggend op die voorblaaie van Franse poniekoerante. Sarko, soos die Franse na hom verwys, is op die foto’s te siene op die dek van die Paloma in ‘n donkerblou t-hemp en oranje swembroek geklee. ‘n Weeklange verblyf op die skip, moes Franse daarna uitvind, kos ongeveer 200 000 Euro.

Lesers het behoorlik na hul asems gesnak vir dié rojale spandabelheid. Vergete is die vrae oor die samestelling van die kabinet en wie die beste Eerste Minister sal wees. Hulle wonder tans waarom die oordadige vrygewigheid nodig sou wees. Ségolène Royal se segsman, Vincent Peillon, beskryf Sarko se vakansie as ‘n "belediging vir Franse wat vroeg opstaan".

François Fillion, moontlike kandidaat vir Eerste Minister, het gou gister na die kleurvolle voorbladverslae tot Sarko se redding gekom: "Hy het ‘n vreeslike stresvolle veldtog agter die rug. Ek dink dat hy ‘n bietjie rus, privaatheid en vrede verdien het." Die Paryse media-eggo moes selfs tot by die Middelandse See getrek het want Woensdagoggend het Sarko sy drafroetine onderbreek om aan ‘n groot Franse radiostasie, Europe 1, sy vakansie te regverdig. Hy het onder meer gesê dat hy homself nie hoef te "versteek of te lieg of te verontskuldig" nie.

"Ek ken my gasheer Vincent Bolloré al 20 jaar lank en my vakansie kos die belastingbetaler nie ‘n sent nie," het hy bygevoeg. "Ek het ‘n klein pouse nodig wat ek saam met my gesin wou deurbring. More vroeg is ek weer terug op kantoor."

 
‘n Paar Sosialiste het intussen aangedui dat Sarkozy ‘n ware "staatsman" is en dat hulle hom sal ondersteun. Daar is egter meer kandidate as poste vir die sentrum. Jacques Attali, eertydse raadgewer van Mitterand, het aan Le Monde gesê dat Sarkozy erken het dat hy regse politici uit sy eie kamp haat.

для банитопкарго развод

De la Rey-debat op 15 Mei 2007: Eloff, Roodt, Matshikiza, Van Graan, Zoid

Moenie die Mail & Guardian se groot debatsaand oor "The meaning of ‘De la Rey’ misloop nie! Met Theuns Eloff van die PUK, Dan Roodt van PRAAG, John Matshikiza van M&G, Mike van Graan (regisseur) en Karen Zoid (sangeres). Klik hieronder vir meer besonderhede en laat weet ons by inlig@praag.org sodat u naam op die gastelys kan verskyn.

 

PROGRAMME OF EVENTS FOR THE CRITICAL THINKING FORUM

THE ATLAS STUDIOS

JOHANNESBURG

h/v  Frost & Owl

Milpark

Johannesburg 

15 MAY 2007

 

            18h00 for 18h30           Guests arrive

                                       Welcome drinks to be served

 

          18h30                     Guests are ushered main ballroom  

 

          18h35                     Video of the Bok van Blerk’s – de la Rey

 

18h35                    Welcome by ABSA

 

18h40           ABSA introduces John Perlman (Speaker from ABSA to set the tone for the evening)

                            

18h45                    John Perlman – Moderator

 

(John introduces the Panel for the evening)

 

19h00           Debate in progress            Rebuttal – Questions and answers

 

19h30           Vote of thanks by Jason Zeelie – Managing Director of M&G Media Limited

 

19h45                     Cocktails served

 

 

          21h00                             Guests depart at leisure

автоподъемник Олександр Васильович Фільчаков

Tweede DA-politikus neerhalend oor Afrikaners

Image

Robin Carlisle

Terwyl die Boerehaatherrie rondom mnr. Pat Hill van die DA wat eerste hier op Praag bekendgemaak is, vandag opslae in die nasionale pers maak, blyk dit dat nog ’n party-hoë, mnr. Robin Carlisle, insgelyks neerhalende aanmerkings oor Afrikaans en Afrikaners op ’n vlug van Kaapstad na Johannesburg gemaak het.

Carlisle is ’n veteraanpolitikus van Kaapstad, Engelssprekend en behoort in sy eie woorde “saam met Tony Leon, James Selfe en Ryan Coetzee tot die binnekring van die party”. Volgens ’n Johannesburgse sakevrou wat om professionele redes nie haar naam bekend wil maak nie, het Carlisle haar tydens ’n gesprek, wat die hele vlug geduur het, vertel dat “baie Afrikaners in die DA, waaronder die Kaapse leier, mnr. Theuns Botha, ’n identiteitsprobleem het as gevolg van hul magsverlies in die vorige bedeling”.

Hul gesprek het ook oor die taalkwessie gehandel. Volgens Carlisle verkeer die Afrikaanse taal “glad nie in gevaar nie en word dit tans verryk deur Engelse woorde en die ‘kleurvolle patois’ wat Kaapse bruinmense praat”.

Hy is ook glad nie bekommerd oor die agteruitgang van Afrikaans aan universiteite en ander tersiêre inrigtings nie, “want, kom ons wees nou maar eerlik, die handboeke was nog altyd in Engels en Afrikaans het nooit regtig akademiese status geniet nie”.

Carlisle het teenoor die Johannesburgse sakevrou erken dat “daar spanning tussen Afrikaans- en Engelssprekendes in die party heers”. Tans dien Carlisle onder die leierskap van Theuns Botha in die Wes-Kaapse provinsiale parlement.

с освещениемтопкарго отзыв

Warren Buffett wil in Suid-Afrika bel

Image

Warren Buffett

Warren Buffett, die wêreld se mees suksesvolle belegger, stel daarin belang om in Suid-Afrika te belê. Tydens ’n mediakonferensie wat Sondag in Omaha in die VSA plaasgevind het, het Buffett gesê dat hy met sowat 30 Suid-Afrikaners by die Berkshire Hathaway algemene jaarvergadering gesels het en vir hulle gesê het dat hulle hom kan bel as hulle van ’n beleggingsgeleentheid weet.

“Ons sal baie graag in Suid-Afrika wil belê,” het Buffett bygevoeg. ”Ons het ’n hele klompie vishoeke uitgegooi. Dit kan ’n groot vis inbring, verkieslik ’n walvis.“

Gegewe die grootte van die Berkshire-groep (meer as 140 miljard dollar werd) sal ’n Suid-Afrikaanse belegging ten minste 2 miljard dollar moet beloop om sin te maak.

Buffett was verlede jaar in die nuus toe hy sowat 30 miljard dollar aan die Gates-stigting geskenk het om vir liefdadigheidsprojekte aangewend te word.

игрушкаФильчаков прокурор отзывы

AU stuur soldate na Somali

Image

Kufuor, AU-voorsitter

Die Afrika-unie (AU) het gister aangekondig dat 8000 addisionele soldate na Somalië gestuur gaan word om vrede in dié konflikgeteisterde land te help handhaaf.

Honderde mense is reeds dood sedert die begin van die jaar. Ethiopiese soldate wat die Somaliese regering steun en Islamitiese rebelle is al vir maande lank slaags in Mogadisjoe.

Volgens John Kufuor, president van Ghana en voorsitter van die AU, word probleme verder in Darfoer ondervind ten opsigte van die ontplooiing van Verenigde Nasies-soldate. “Die AU het probeer druk uitoefen op die Soedanese regering en die opposisie in ’n poging om die probleem op te los. Dit lyk of vordering gemaak is. Ons hoop die VN-soldate sal binnekort kan inbeweeg.“

 

Die burgeroorlog in Darfoer het in 2003 begin en het reeds sowat 200 000 lewens geëis en twee miljoen mense laat vlug. Die AU het in 2004 ’n vredesmag van 7000 soontoe gestuur. Die soldate kla van tyd tot tyd oor ’n gebrek aan toerusting en mannekrag, maar Soedan het tot dusver geweier dat soldate van die Verenigde Nasies by die AU-soldate aansluit.

Intussen is daar ontevredenheid omdat AU-soldate in Somalië en Darfoer nie betaal word nie. Die Europese Unie (EU) het byvoorbeeld twintig miljoen dollar vir die operasie in Somalië geskenk, maar die geld het nog nie die troepe bereik nie. Dit is nie duidelik wat met die buitelandse skenkings gebeur het nie.

отвертки и вставкиДанильченко

Afrika bekommerd oor Sarkozy

Heelparty Afrikane het Maandag hul bekommernis oor die nuwe Franse president, Nicolas Sarkozy, uitgespreek. Veral Sarkozy se houding teenoor onwettige immigrasie was ‘n teer punt. In Johannesburg by die Alliance Française was die atmosfeer taamlik neerdrukkend.

Oesman Diarra uit Mali was "baie bang" toe hy hoor wie die verkiesing gewen het. Diarra is die voorsitter van die AEM oftewel die Assosiasie vir die Uitgesettes van Mali in Bamako. "Dis ‘n ou wat baie streng is oor immigrasie ten nadele van Maliërs en Wes-Afrikane." Die voorsitter het in Mei 2006 ‘n veldtog teen Sarkozy se besoek aan Mali gevoer.

‘n Nie-regeringsorganisasie in Dakar, Senegal, wat met menseregte gemoeid is se sekretaris Alouine Tine sê prontuit dat "die verkiesing van Sarkozy nie groot entoesiasme in Afrika gaande gemaak het nie."

"Hy (Sarkozy) het probeer om die Le Peniste te sjarmeer met verregse temas. Hy het Afrikane se gevoelens openlik geminag, binnelands en buitelands," het hy benadruk. "Afrikane verwag ‘n ommekeer in polisiebeheer, onwettige immigrasie en visum-aansoeke."

Die Senegalese koerant Le Soleil, pro-regeringsmondstuk, skryf dat Sarkozy "deur die Afrika-massas gesien word as die laagtepunt van ‘n Frankryk wat agter sy barrikades skuil en sonder ophou die verwerping van die swart kontinent  ignoreer."

In Kinshasa skryf die onafhanklike koerant Le Potentiel dat Sarkozy "in Afrika net immigrasie wat Frankryk benadeel raaksien" en "alles wat Afrika vir Frankryk en Franssprekendes beteken, ignoreer."

Die opposisie-aktivis uit die Ivoorkus, Alassane Ouattara, was egter meer optimisties oor die vooruitsigte van "modernisering" wat die nuwe presidentskap kan inhou. Ook Jean-Pierre Bemba wat tans in Portugal skuil nadat hy onlangs uit die DRK moes vlug hoop dat Frankryk se nuwe politiek na "demokrasie en goeie regering" sal lei.

In Johannesburg het Franse kiesers by die Alliance Française vertel dat daar ongeveer 2000 geregistreede kiesers in die stad is en 800 in Kaapstad wat kon gaan stem het. Daar was glo enkele stemme vir die verlinkse kandidate. Dié soort stemme word deesdae in Frankryk as "taktiese" stemme beskryf.

Die meerderheid stemme in Johannesburg het egter aan Le Pen gegaan. Volgens een Fransman kan dit toegeskryf word aan die feit dat die Franse wat hier woon eerder van die "ancien regime"-soort is.

Sarkozy het Sondagaand, net na sy oorwinning, homself ten gunste van ‘n Mediterreense Unie uitgespreek wat saam besluite ten opsige van "beheerde immigrasie en ambisieuse ontwikkeling" kan neem. Dit sal ‘n skakel tussen Europa en Afrika wees.

справкаtopcargo отзыв

DA-raadslid in Boerehaatherrie

Image

Spyker in Afrikanerdoodskis?

’n DA-raadslid van die Kaapse metro, Pat Hill, bevind hom midde-in ’n Boerehaatherrie rondom ’n sms wat Saterdag vanaf sy selfoon uitgestuur is waarin hy praat van Helen Zille se verkiesing as “die finale spyker in die Afrikanerdoodskis”.

Die presiese bewoording van die sms lui: “The final nail in the afrikaner cofin, w’ll get (rid) of them after the confrce. Vote right!”

Dis bekend dat spanninge tussen Afrikaners en liberale Engelse in die party hoog loop en dit ly geen twyfel dat Hill se “stem reg!” ’n stem vir Zille beteken nie.

Intussen word die sms nou in DA-geledere rondgestuur, met onsteltenis wat onder Afrikaanse partylede heers.

Volgens een Afrikanerlid van die party gaan Hill dissiplinêr binne die party vervolg word vanweë die gewraakte sms. Daar bestaan ’n beleidsreël in die DA wat die saai van onmin of verdeeldheid binne die party verbied.

PRAAG is tans besig om ’n verklaring oor die aangeleentheid voor te berei.

светильниковлобановский александр игоревич харьков

Die land Kana

Image

Lindela-repatriasiesentrum

Immigrante wat desperaat is om aan oorlog en ekonomiese ellende in die res van Afrika te ontsnap, steek ons grense die afgelope paar jaar in hulle miljoene oor.

Niemand is seker presies hoeveel onwettige immigrante hulle tans in Suid-Afrika bevind  nie. Volgens die Human Rights Watch, wat in New York gebaseer is, is daar tans sowat 140 000 amptelike asielsoekers – net van Zimbabwe, die Ivoorkus, Rwanda en omstreke – hier teenwoordig. By die Lindela-vlugtelingsentrum buite Johannesburg word sowat 1000 Zimbabwiërs weekliks gedeporteer. Die Zimbabwiese reserwebank het verlede jaar die aantal Zimbabwiese immigrante in Suid-Afrika op ten minste drie miljoen geskat. Met ’n inflasiekoers van 2 200% gaan die stroom van vlugtelinge uit Mugabe se chaotiese land beslis net vermeerder.

Grense tussen Suid-Afrika en sy buurlande word lankal nie meer behoorlik gepatrolleer nie en die laksheid van beamptes maak dit onmoontlik om te weet hoeveel immigrante daar werklik in die land is. In die Limpopo-provinsie is Zimbabwiërs dikwels betrokke by plaasaanvalle en onwettige jag. Hulle dra by tot die sowat 300 moorde en gewelddadige aanvalle wat elke dag in die land plaasvind en wat van Suid-Afrika die tweede mees gewelddadige land op die planeet maak, net na Colombia. Boere in die noorde maak hierdie Zimbabwiërs van tyd tot bymekaar en oorhandig hulle aan die polisie, maar die meeste van hulle kom eenvoudig weer terug. Sommige navorsers meen dat ses of meer miljoen onwettige immigrante hulle in Suid-Afrika bevind.

In Hillbrow bly daar deesdae burgers van 34 verskillende lande. Die parallelle ekonomie in die buurt beloop volgens ’n navorser by die Instituut vir Sekerheidstudies miljoene rand. Dit is ’n bekende feit dat Nigeriërs meeste van die onwettige aktiwiteite vanuit vervalle hotelle in die buurt beheer. Onwettige handel in buitelandse valuta, dwelmhandel, prostitusie en die onwettige verkoop van vuurwapens is van die grootste probleme wat die polisie hier probeer bekamp.

Die regering se solidariteit met die res van die vasteland dra tot die probleem by. Kabinetsministers maak gereeld uitsprake oor hoe die gebrek aan kundiges in die land opgelos kan word deur meer immigrante uit Afrika te lok. Sulke verklarings laat al wat ’n sukkelaar is welkom voel.

Visumvereistes word ook nie meer drakonies toegepas nie. Sedert Suid-Afrika en Mosambiek byvoorbeeld in April 2005 visumvereistes verslap het, was daar ’n (amptelike) toename van 30% in die verkeer tussen die twee lande, gemeet aan verkeer by die hoofgrenspos. Besoekers kan nou vir 30 dae sonder visums tussen die twee lande reis.

Volgens Brenda Horne, hoof uitvoerende beampte van die Maputo Corridor Logistics Initiative, het meer as 381 000 mense verlede maand deur die Ressano-Lebombo-grenspos gereis. Verlede jaar dieselfde tyd is 284 350 besoekers getel en in April 2005 slegs 165 957.

Die toename van 30% dui volgens haar daarop dat die verslapping van visumvereistes ‘n goeie idee was. “Dit is duidelik dat hierdie besluit ’n goeie stap was om streeksintegrasie te bevorder en om die beweging van ons mense oor die grens tussen die twee lande aan te moedig,“ het sy gesê.

Vreemdelingehaat onder die plaaslike swart bevolking strook egter nie met die vroom retoriek van die Suid-Afrikaanse owerhede nie. So byvoorbeeld is dosyne Somaliese vlugtelinge reeds die afgelope twee jaar in die Wes-Kaap afgemaai. Hierdie mense begin dikwels met winkeltjies in die swart woonbuurte, maar word gou as kompetisie deur plaaslike swartmense gesien omdat hulle produkte teen laer pryse verkoop. Die meeste Somaliërs in Suid-Afrika is onwettig hier, so dit is moeilik om presiese getalle te bepaal, maar daar word gereken dat daar tot 6 000 van hulle in die Wes-Kaap alleen kan wees. Die ironie is dat baie van hulle daar gaan woon omdat die Wes-Kaap as ‘n veiliger area as byvoorbeeld Gauteng beskou word. Somaliërs kla gereeld dat plaaslike swartes na hulle verwys as “vriende van honde“ of op hulle spoeg. Die pers skenk gewoonlik nie veel aandag aan hierdie gevalle nie. In Augustus 2006 was daar byvoorbeeld ’n georkestreerde aksie in Masiphumelele, net buite Kaapstad, toe plaaslike inwoners 27 Somaliese besighede geplunder het en ’n klompie winkels heeltemal afgebrand het. Die polisie moes 71 Somaliese inwoners inderhaas uit die woonbuurt verwyder. Soortgelyke insidente vind steeds plaas.

Michel Rocard, voormalige eerste minister van Frankryk, het tydens sy ampstermyn die volgende ten opsigte van immigrasie verklaar: ”Frankryk kan nie al die ellende van die wêreld hier verwelkom nie.“ Die tyd het aangebreek dat die Suid-Afrikaanse regering dieselfde begin sê en van hierdie fortuinsoekers, wat tot die ellende, misdaad en werkloosheid in ons land bydra, ontslae begin raak.

free demo casinoФільчаков прокурор

Lyding van Swartes en Indiane

Image

Elizabeth II

Koningin Elizabeth II het Donderdag in Richmond, Virginia, gesê dat sy die lyding wat swartes en Indiane deurgemaak het met die totstandkoming van die Britse nedersetting in Jamestown 400 jaar gelede erken. Sy is op ‘n weeklange besoek aan die VSA en sy het die Parlement van Virginia toegespreek. Vyftig jaar gelede, tydens die 350-jarige vieringe, was die klem gelê op die aard van die 104 wit Europese setlaars. Só onthou Elizabeth die verrigtinge van 1957 waar sy ook teenwoordig was.

Die inheemse bevolking van die VSA is deur koloniste uitgeroei en minder as 2 miljoen leef vandag in reservate waar hulle tot onlangs meesal in armoede en alkholisme verval het. Dobbellisensies wat aan stamme toegeken word, is vandag feitlik die enigste inkomste waarop hulle kan staatmaak. Desnieteenstaande het die wanbestuur van inheemse trustfondse deur die Federale regering die Bush-administrasie onlangs daartoe genoop om $7 biljoen in ‘n skikking aan te bied.

"Ons het in hierdie gebeurtenis (…) die oprigting van ‘n groot nasie gadegeslaan, geskoei op die ewige waardes van demokrasie en gelykheid, ‘n regstaat en die uitbou van vryheid," het sy aan die gehoor gesê.

"Na 50 jaar word ons nou die geleentheid gebied om die nalatenskap van Jamestown van nader sonder skroom te beskou. Die vooruitgang van die mens geskied dikwels teen ‘n prys," het sy bygevoeg met verwysing na die grootskaalse uitwissing van inheemse volke en slawerny gedurende die totstandkoming van die Nuwe Wêreld.

"Die eerste jare in Jamestown, toe drie groot beskawings mekaar ontmoet het vir die eerste maal – Europeërs, inboorlinge en Afrikane – was gekenmerk deur ‘n reeks gebeurtenisse wat tot vandag toe nog ‘n diepgaande sosiale impak nie alleen op die VSA nie, maar ook Brittanje en Europa het."

Die groepie wat aan wal gestap het in Jamestown op 14 Mei 1607 het ‘n moerasagtige landskap oortrek met muskiete teëgekom. Hulle was opsoek na goud, maar hongersnood, droogte en vyandige inboorlinge was hul vonds. Vir sekere stamme was "die jaar 1607 die begin van die verlies" van hul grond. Die eerste slawe uit Afrika het daarna in Amerika aangekom in 1619.

In 1607 was daar ongeveer 15 000 Indiane in die gebied en ‘n honderd jaar later was daar maar 1500 oor. Siektes en botsings met koloniste het hulle dermate uitgedun.

Die Koningin het in haar rede ook verwys na die 32 ongevalle by Virginia Tech op 16 April, die gevolg van ‘n Suid-Koreaanse student, Cho Song-Hui se uitbarsting. "Virginia is nog steeds in ‘n toestand van skok" het die vors gesê nadat sy ‘n aantal oorlewendes van die voorval ontmoet het. Daarna sal sy ‘n perdewedren bywoon in Kentucky.

Dit is haar vierde besoek aan die VSA. Sy sal deur Bush onthaal word in die Withuis, NASA se Goddard Space Flight Center besoek en by ‘n gedenkteken vir die Tweede Wêreldoorlog aandoen.

бани и сауныФільчаков прокурор

Nuwe DG ‘n sekspes?

Image

Casanova Msimang

’n Saak van seksuele teistering is hangende teen die pas aangestelde nuwe direkteur-generaal van binnelandse sake, Mavuso Msimang.

Msimang, wat vroeër hoof was van die Parkeraad, SA Toerisme en meer onlangs die staat se inligtingstegnologie-agentskap, SITA, word deur ’n eis van R500 000 in die gesig gestaar. ’n Voormalige vrouekollega van SITA beweer dat sy tussen 2003 en 2005 seksueel deur Msimang geteister is.

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van binnelandse sake, het gister erken dat sy van die saak bewus was toe sy Msimang as die nuwe hoof van haar departement aangestel het. Sy het gevra dat Msimang “die ruimte en geleentheid” gebied word om deur ’n onpartydige hof beoordeel te word. Volgens haar het Msimang die reputasie dat hy in staat is om “orde en stabiliteit” in groot organisasies te bewerkstellig. Die departement van binnelandse sake verkeer tans in ’n staat van chaos, weens onbekwaamheid, korrupsie en swak dienslewering.

Msimang sal vanaf 15 Mei sy nuwe posisie beklee. Minister Mapisa-Nqakula het ’n beroep op die media gedoen om hom kans te gee om aan sy nuwe pos gewoond te raak voordat hy oor sy strategie vir die departement uitgevra word.

игры для дивчатоктопкарго кидалы

Jamestown se Duitsers

Jamestown word allerweë beskou as die eerste langdurige vesting wat die Britte in 1607 op die Amerikaanse kontinent kon bou en word jaarliks op 13 Mei gevier.  Maar dit was nie net Engelse wat onder die eerste koloniste was wat aan wal gegaan het nie. Onder die voorlopers was ook ander Europeërs.

Trouens, daar word tans bespiegel dat daar selfs vroeër as 1607 wit setlaars in Amerika aan wal gegaan het, maar dat hulle uitgewis is deur Indiane. Een so ‘n tese is die van Giles Milton wat in sy boek Big Chief Elizabeth skryf dat daar twee onsuksesvolle probeerslae was in 1585 en 1587 en dat latere reisjoernale melding maak van blonde Indiane met blou oë.

Britte is deur romantiese verhale van "edele barbare" deur die Virginia Company gelok om die seereis na Amerika aan te pak. Wat hulle egter by hul aankoms aangetref het, was nie wat hulle belowe is nie. Milton beweer dat die sukses van Jamestown te danke kon wees aan Indiane van gemengde afkoms – die vorige verdwene koloniste – wat die nuwe aankomelinge herken het as hul "vaders".

Nuwe navorsing dui daarop dat daar ten minste een Duitser onder die heel eerste suksesvolle groep in 1607 was, naamlik botanis en dokter Johannes Fleischer. Fleischer het ‘n brief in Latyn aan die aandeelhouers van die Virginia Company geskryf wat behoue gebly het en wat in die argeologiese versameling van Jamestown bewaar word.

Die brief dateer uit 1607 en die naam van die plek waarvandaan dit gepos is, word aangedui as "Jacobpolis" oftewel Jamestown in Latyn. Fleischer was, volgens alle aanduidings, die enigste van die 104 koloniste wat nie uit Engeland gekom het nie. Hy was uit Breslau, Duitsland en het in Basel, Switserland studeer. Die onontdekte plante- en dierewêreld asook die belofte van nuwe geneesmiddels was die rede vir sy reis.

Hy is hartseer genoeg nie lank daarna nie in 1608 oorlede. Sy grafsteeninskripsie is steeds vandag ‘n herinnering aan sy soeke om die natuur van die Nuwe Wêreld te verstaan. Kort na sy afsterwe, op 29 September 1608, kom nog drie Duitsers in Amerika aan.

Die Virginia Company het opdrag aan die drie glasmakers gegee om vir Londen se geboue vensters te vervaardig. Die toestand in die Fort was in Desember 1608 ongelukkig van so ‘n katastrofiese aard dat goewerneur John Smith besluit het om die Duitsers na stamhoof Powhatan te stuur om hom met die bou van sy huis te help in ruil vir onderdak.

Die Duitsers, verlig om van die nypende voedselskaarste in die Fort te ontsnap, besluit daarna om die Indiane voortaan teen invalle van die koloniste te help. Die glasaanleg ‘n entjie van die Fort af word dus nie net as werkswinkel gebruik nie, maar word ook vir wapensmokkelary aangewend.

Vandag is dit as lewende museum ingerig as ‘n vertoonvenster vir die glaswerk wat in 1619 daar geskep is en kan besoekers die ou tegnieke en gebruike gadeslaan. Smith was destyds op hoogte van die glasblasers se ander bedrywighede maar het nie ingemeng nie. Dit het die Indiaanse stamhoof agterdogtig gemaak en hy het die drie Duitsers begin wantrou. Al drie is deur die Indiane om die lewe gebring.

 

slots noпрокурор харьковской области

Groot Franse TV-debat

Image

Nicolas Sarkozy en S?gol?ne Royal

Gisteraand het die langverwagte Franse TV-debat tussen die regse kandidaat, Nicolas Sarkozy, en die sosialistiese kandidaat, Ségolène Royal, plaasgevind. Sowat 20 miljoen Franse het die debat dopgehou. Komende Sondag vind die tweede rondte van die presidentsverkiesing plaas en vele Franse kiesers het nog nie finaal besluit vir wie hulle gaan stem nie.

Die debat het met tye opgevlam en Royal het haar humeur ’n paar keer verloor. Die gesprek is deur ekonomiese kwessies oorheers. Sarkozy het sy belofte herhaal om die getal staatsamptenare te verminder. Royal het hom aangeval en gesê dat so ’n stap gesondheid, onderwys en polisie-aangeleenthede negatief sal beïnvloed.

Sarkozy het hom voorts teen die 35-uurlange werksweek, wat deur die vorige sosialistiese regering ingestel is, uitgespreek. Dit het volgens hom niks gedoen om werkloosheid in die land te verminder nie. “Sy is steeds van mening dat jy werk moet uitdeel soos snye koek. Daar is nie een land in die wêreld wat hierdie logika aanvaar nie. Dit is ’n enorme fout,” het hy van sy teëstaander gesê.

Royal het teruggekap met ’n belofte om 500 000 poste vir jeugdiges te skep.

Waar Sarkozy sy teenkanting teen Turkye se toelating tot die Europese Unie uitgespreek het, het Royal gepleit dat ”die deur nie in Turkye se gesig toegeklap moet word nie.”

Sowat sewe miljoen kiesers het tydens die eerste verkiesingsrondte twee weke gelede vir die sentristiese kandidaat, François Bayrou, gestem. Gisteraand het beide Royal en Sarkozy na die stemme van hierdie kiesers gevry.

Royal het met tye aggressief voorgekom en verskeie kere haar teëstander in die rede geval, maar Sarkozy, wat bekend is vir sy arrogansie, het deurgaans kalm gebly.

Aan die einde van die amper drie-uurlange debat het Sarkozy belowe om die Franse kiesers “nie te verraai nie“ en om “nie vir hulle te lieg nie.“ Royal het afgesluit deur te onderneem om “in die diens van Frankryk te staan“ en verder ’n beroep op kiesers gedoen om die moed aan die dag te lê om vir ’n vrou te stem.

Volgens die jongste meningspeiling wat op 1 Mei deur die IPSOS-instituut vrygestel is, behoort Sarkozy Sondag 53.5% van die stemme te trek teenoor die 46.5% van Royal. Op dieselfde dag het Jean-Marie Le Pen van die Front National sy 3.8 miljoen kiesers aangeraai om nie vir Sarkozy te stem nie. Bayrou het hom nog nie uitgespreek vir enige van die twee oorblywende kandidate nie.

оборудование для автосервиса в рассрочкуФильчаков Александр Васильевич

Geld by die kruiwa vol

Image

Handelaar met berge note

Met groot moeite stoot hy sy oorlaaide kruiwa, versier met vars blomme, deur die grondstegies na ‘n sonkolletjie van die Hargeisa-mark. Vuil banknote in pakkies opgemaak is sy vrag. Sy beroep: Valutahandelaar.

Omdat daar geen banke in Somalië bestaan nie, word alle valutatransaksies vir indiwidue sowel as maatskappye behartig deur  handelaars wat van ‘n kommissie op hul ruiltransaksies lewe. Onder ou sambrele of sommer op die grond sit hulle en verhandel stapels Somaliland-sjieling met sakrekenaartjies byderhand.

Die geldeenheid wat in 1991 geskep is vir die noord-oostelike deel van Somalië is heeltemal nutteloos elders vanweë die chaos wat sedertdien in dié wegbreekstreek heers. Dit verhoed egter nie die handelaars om ewe geduldig aan oningewydes te verduidelik hoe die ingewikkelde wisselkoers daar uitsien nie.

650 000 Somaliland-sjieling is gelyk aan ‘n $100 of R702. Dit is weer gelyk aan 3 250 000 Somali-sjieling. Die note kom van die "Bank van Somalië, verskoning, die Bank van Somaliland," verklaar ‘n handelaar haastig.

‘n Beroep wat nie sonder sy moeilike tye is nie want die wisselkoers is nou verwant aan die wisselvallige veiligheidstoestand in die land. Maar deesdae "lyk sake baie goed," sê een van die manne agter sy stapels note.

Een so ‘n bedryf is Dahabshiil – dit beteken glo "iemand wat melk karring"  – wat in die sewentigerjare deur ‘n Somaliër in Doebai opgerig is. Die eienaar, Abdoelkadir Hoessein Saied sê dat sake "met die burgeroorlog gegroei het". Kontantbedrae wat inbetaal word, word binne 24 uur in Somalië sowel as oorsee uitbetaal.

Dit is ‘n heeltemal outonome netwerk wat tot stand gebring is. Behalwe dat indiwidue geld so kan oorplaas na familielede, kan ook maatskappye tot ‘n $100 000 skuif. Vanweë vertroulikheid word bedrae wat indiwidue mag oorplaas nie genoem nie.

Sodoende onderhou die derduisende Somaliërs wat hul land reeds verlaat het om aan die oorlog te ontsnap, familielede tuis. Trouens, dit is die grootste bron van inkomste vir die land.

Terwyl Dahabshiil se bedrywighede hoofsaaklik in Hargeisa plaasvind, is die hoofkantoor in Londen gesetel, met 400 kantore wêreldwyd waarvan 130 in Brittanje. In Somalië is hulle tans die grootste werkverskaffer, spog Saied, met 1500 werknemers.

Die risiko wat Dahabshiil neem om oop te bly vir sake in die oorloggeteisterde Mogadisjoe, is uiters lonend. Die valutamark is sewe dae per week aan die gang, tussen gevegte deur. "Ons het ons eie weermag in Mogadisjoe. Ons wil nie ons kliënte verloor nie," sê die eienaar beslis.

стола подвесной светильникпрокурор Фильчаков

SokkerWB kan maklik geskuif word

Sepp Blatter, president van FIFA, internasionale sokkerliggaam, het Maandag aan die BBC gesê dat hulle na verskillende opsies kyk om die toernooi ter elfder ure te skuif indien Suid-Afrika nie by spertye vir die 2010-datum hou nie.

Blatter is gevra of Brittanje en Australië oorweeg sal word as alternatiewe gasheerlande. Ofskoon hy glo dat albei wel ‘n kans staan het hy gesê dat daar ander lande is wat ‘n Wêreldbekertoernooi binne "twee dae of twee weke" kan reël. "Die VSA of Meksiko kan dit doen. Japan kan dit doen. Hulle het oorgenoeg stadions."

"U sê dat Brittanje dit kan doen en ek is seker hulle kan. Spanje kan dit doen. Daar is baie lande maar hulle hoef nie gereed te wees nie," het hy bygevoeg.

FIFA bly vol vertroue dat Suid-Afrika die toernooi sal kan aanbied, alhoewel daar gerugte was dat dié land nie die stadions betyds sal kan lewer nie vanweë  konstruksieprobleme. Daar is ook kommer oor die misdaadsituasie in die land.

 

осушитель длятопкарго отзывы