AU stuur soldate na Somali

Image

Kufuor, AU-voorsitter

Die Afrika-unie (AU) het gister aangekondig dat 8000 addisionele soldate na Somalië gestuur gaan word om vrede in dié konflikgeteisterde land te help handhaaf.

Honderde mense is reeds dood sedert die begin van die jaar. Ethiopiese soldate wat die Somaliese regering steun en Islamitiese rebelle is al vir maande lank slaags in Mogadisjoe.

Volgens John Kufuor, president van Ghana en voorsitter van die AU, word probleme verder in Darfoer ondervind ten opsigte van die ontplooiing van Verenigde Nasies-soldate. “Die AU het probeer druk uitoefen op die Soedanese regering en die opposisie in ’n poging om die probleem op te los. Dit lyk of vordering gemaak is. Ons hoop die VN-soldate sal binnekort kan inbeweeg.“

 

Die burgeroorlog in Darfoer het in 2003 begin en het reeds sowat 200 000 lewens geëis en twee miljoen mense laat vlug. Die AU het in 2004 ’n vredesmag van 7000 soontoe gestuur. Die soldate kla van tyd tot tyd oor ’n gebrek aan toerusting en mannekrag, maar Soedan het tot dusver geweier dat soldate van die Verenigde Nasies by die AU-soldate aansluit.

Intussen is daar ontevredenheid omdat AU-soldate in Somalië en Darfoer nie betaal word nie. Die Europese Unie (EU) het byvoorbeeld twintig miljoen dollar vir die operasie in Somalië geskenk, maar die geld het nog nie die troepe bereik nie. Dit is nie duidelik wat met die buitelandse skenkings gebeur het nie.

отвертки и вставкиДанильченко

Maak 'n opvolg-bydrae