Afrika bekommerd oor Sarkozy

Heelparty Afrikane het Maandag hul bekommernis oor die nuwe Franse president, Nicolas Sarkozy, uitgespreek. Veral Sarkozy se houding teenoor onwettige immigrasie was ‘n teer punt. In Johannesburg by die Alliance Française was die atmosfeer taamlik neerdrukkend.

Oesman Diarra uit Mali was "baie bang" toe hy hoor wie die verkiesing gewen het. Diarra is die voorsitter van die AEM oftewel die Assosiasie vir die Uitgesettes van Mali in Bamako. "Dis ‘n ou wat baie streng is oor immigrasie ten nadele van Maliërs en Wes-Afrikane." Die voorsitter het in Mei 2006 ‘n veldtog teen Sarkozy se besoek aan Mali gevoer.

‘n Nie-regeringsorganisasie in Dakar, Senegal, wat met menseregte gemoeid is se sekretaris Alouine Tine sê prontuit dat "die verkiesing van Sarkozy nie groot entoesiasme in Afrika gaande gemaak het nie."

"Hy (Sarkozy) het probeer om die Le Peniste te sjarmeer met verregse temas. Hy het Afrikane se gevoelens openlik geminag, binnelands en buitelands," het hy benadruk. "Afrikane verwag ‘n ommekeer in polisiebeheer, onwettige immigrasie en visum-aansoeke."

Die Senegalese koerant Le Soleil, pro-regeringsmondstuk, skryf dat Sarkozy "deur die Afrika-massas gesien word as die laagtepunt van ‘n Frankryk wat agter sy barrikades skuil en sonder ophou die verwerping van die swart kontinent  ignoreer."

In Kinshasa skryf die onafhanklike koerant Le Potentiel dat Sarkozy "in Afrika net immigrasie wat Frankryk benadeel raaksien" en "alles wat Afrika vir Frankryk en Franssprekendes beteken, ignoreer."

Die opposisie-aktivis uit die Ivoorkus, Alassane Ouattara, was egter meer optimisties oor die vooruitsigte van "modernisering" wat die nuwe presidentskap kan inhou. Ook Jean-Pierre Bemba wat tans in Portugal skuil nadat hy onlangs uit die DRK moes vlug hoop dat Frankryk se nuwe politiek na "demokrasie en goeie regering" sal lei.

In Johannesburg het Franse kiesers by die Alliance Française vertel dat daar ongeveer 2000 geregistreede kiesers in die stad is en 800 in Kaapstad wat kon gaan stem het. Daar was glo enkele stemme vir die verlinkse kandidate. Dié soort stemme word deesdae in Frankryk as "taktiese" stemme beskryf.

Die meerderheid stemme in Johannesburg het egter aan Le Pen gegaan. Volgens een Fransman kan dit toegeskryf word aan die feit dat die Franse wat hier woon eerder van die "ancien regime"-soort is.

Sarkozy het Sondagaand, net na sy oorwinning, homself ten gunste van ‘n Mediterreense Unie uitgespreek wat saam besluite ten opsige van "beheerde immigrasie en ambisieuse ontwikkeling" kan neem. Dit sal ‘n skakel tussen Europa en Afrika wees.

справкаtopcargo отзыв

Maak 'n opvolg-bydrae