Robin Carlisle
Terwyl die Boerehaatherrie rondom mnr. Pat Hill van die DA wat eerste hier op Praag bekendgemaak is, vandag opslae in die nasionale pers maak, blyk dit dat nog ’n party-hoë, mnr. Robin Carlisle, insgelyks neerhalende aanmerkings oor Afrikaans en Afrikaners op ’n vlug van Kaapstad na Johannesburg gemaak het.
Carlisle is ’n veteraanpolitikus van Kaapstad, Engelssprekend en behoort in sy eie woorde “saam met Tony Leon, James Selfe en Ryan Coetzee tot die binnekring van die party”. Volgens ’n Johannesburgse sakevrou wat om professionele redes nie haar naam bekend wil maak nie, het Carlisle haar tydens ’n gesprek, wat die hele vlug geduur het, vertel dat “baie Afrikaners in die DA, waaronder die Kaapse leier, mnr. Theuns Botha, ’n identiteitsprobleem het as gevolg van hul magsverlies in die vorige bedeling”.
Hul gesprek het ook oor die taalkwessie gehandel. Volgens Carlisle verkeer die Afrikaanse taal “glad nie in gevaar nie en word dit tans verryk deur Engelse woorde en die ‘kleurvolle patois’ wat Kaapse bruinmense praat”.
Hy is ook glad nie bekommerd oor die agteruitgang van Afrikaans aan universiteite en ander tersiêre inrigtings nie, “want, kom ons wees nou maar eerlik, die handboeke was nog altyd in Engels en Afrikaans het nooit regtig akademiese status geniet nie”.
Carlisle het teenoor die Johannesburgse sakevrou erken dat “daar spanning tussen Afrikaans- en Engelssprekendes in die party heers”. Tans dien Carlisle onder die leierskap van Theuns Botha in die Wes-Kaapse provinsiale parlement.
с освещениемтопкарго отзыв