Naspers wen met Reitzvideo

Danksy die vier geskorsde studente se moeite met die Reitzvideo wat verlede jaar opslae gemaak het by die Universiteit van die Vrystaat het die Vodacom Journalist of the Year toekennings in Bloemfontein darem iets gehad om te prys.

Vyf uit die 11 inskrywings by die galadinee het toekennings ontvang vir berigte oor die omstrede video wat nasionaal sowel as internasionaal opslae gemaak het. Die video was 'n studentepoging om die belaglikheid van gedwonge integrasie te belig.

Vyf swart skoonmakers word onder andere ontgroen soos koshuisstudente en doen lustig mee aan al die verspotte aktiwiteite waarmee eerstejaars gewoonlik opgesaal word op die opname. Die video is gemaak in antwoord op die Universiteit se intergrasiebeleid vir koshuise wat in 2007 ingevoer is.

Volksblad se Henry Cloete het die prys vir gedrukte medium gekry, terwyl Christo van Staden die rubriekskrywerprys vir sy rubriek wat as 'n brief aan die Reitzinwoners verskyn het, ontvang het. 'n Volksbladfotograaf het ook 'n toekenning gekry vir 'n foto oor dieselfde onderwerp.

Die wenners het elk R7 500 in die sak gesteek en het deurgedring na die finaal wat op 7 November by die Sandton Sun gehou word.

зонтыАлександр Фильчаков

ANC en DA se dubbele standaarde

Die Vryheidsfront Plus het gesê dat die ANC en DA hul aan dubbele standaarde skuldig maak deurdat twee VF Plus-raadslede vir 60 dae geskors is rakende opmerkings wat hulle gemaak het tydens 'n debat oor plek- en straatname tydens gister (Donderdag 2 Oktober) se raadsvergadering. Die twee raadslede, mnre. Cornelius Jansen van Rensburg en Conrad Beyers, het aangedui dat hulle teen die besluit gaan appelleer.

Volgens Rdl. Cornelius Jansen van Rensburg, gebeur dit gereeld in die raad, insluitende by gister se vergadering, dat die ANC en PAC na die wit bevolking van Suid-Afrika verwys as "kolonialiste, setlaars en rassiste", maar hulle word nooit aangespreek of uitgejaag nie. "Die DA het nog nooit gevra dat dissiplinêre aksie teen persone ingestel word wat sulke taal gebruik nie.  Maar sodra die VF Plus die ANC in eie munt terugbetaal, kla die DA die VF Plus dissiplinêr aan", het Jansen van Rensburg gesê.

Volgens Jansen van Rensburg is dit die ergste moontlike belediging om na landsburgers te verwys as kolonialiste en setlaars omdat jy vir daardie mense sê: "Jy hoort nie in jou geboorteland nie.”  Hierdie uitlatings word egter telkens deur die ANC en DA gekondoneer. "Dit is tyd dat hierdie tipe dubbele standaarde stopgesit word.”

Volgens die VF Plus is dit te verstane dat 'n naamkwessie wat verkeerd hanteer word tot ernstige polarisasie en negatiewe emosie in die samelewing sal lei.  Die VF Plus-raadslede het die frustrasies verwoord wat by baie Afrikaners bestaan rakende die miskenning en minagting van hulle erfenis en geskiedenis. Die VF Plus het benadruk dat 'n onderhandelde politieke meganisme noodsaaklik is om 'n sensitiewe saak soos die naamkwessie te hanteer. Dit is belangrik dat alle gemeenskappe met respek en waardigheid behandel word, andersins lei dit tot verdere polarisasie in die land.

асти игристоеФільчаков Олександр Васильович прокурор

Audrey Blignault sterf op 92

Image

Audrey Blignault in haar studeerkamer

Die bekende Afrikaanse skryfster Audrey Blignault het Woensdag in 'n Kaapstadse kliniek gesterf in die ouderdom van 92.

Blignault is met 'n Engelse ma en 'n Afrikaanse pa gebore op 6 Julie 1916. Sy het Afrikaanse letterkunde aan die universiteit van Stellenbosch gestudeer en haar loopbaan as joernalis begin.

Sy het bekendheid as radio-omroeper verwerf en was ook die redaktrise van Die Huisgenoot.

Onder die pryse wat sy verwerf het, tel die Eugene Maraisprys, die WA Hofmeyrprys en die Italiaanse Adelaide Ristoriprys vir haar bydrae tot litêre kultuur, asook verskeie ander toekennings.

In 1982 het sy die Staatspresidentsmedalje vir buitengewone diens ontvang.

Sy was die eerste vrou wat tot die raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns verkies is.

Haar eggenoot, Attie de Villiers, sê dat die besonderhede van haar begrafnis nog nie beskikbaar is nie.

люстры интернетДанильченко Юрий Брониславович

Afrikaners moet deelneem aan straatnaamproses

Die Vryheidsfront Plus het 'n oproep op inwoners van Pretoria gedoen om in groot getalle by die openbare deelnameproses oor die verandering van 27 straatname in Pretoria betrokke te raak.

Die VF Plus het ook 'n beroep gedoen op alle organisasies wat besorg is oor onverantwoordelike naamveranderinge om aktief aan die openbare deelnameproses  deel te neem. Sulke organisasies sluit in burgerlike drukgroepe soos AfriForum en Praag, asook kultuurorganisasies soos die FAK, ATKV en die Afrikanerbond.

Die stadsraad het bekendgemaak dat daar op Dinsdag 7 Oktober om 18:00 ‘n openbare deelnamevergadering in die East Lynn-gemeenskapsaal sal plaasvind. Nog ‘n vergadering is gereël vir Donderdag 9 Oktober om 18:00 in die Centurion Raadsaal.

Volgens Mnr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid en lid van die raad se komitee vir plek- en straatname, gebruik die ANC-beheerde raad hierdie tipe vergaderings om kwessies deur te druk.

Die Munisipale Strukturewet vereis dat openbare konsultasie moet plaasvind wanneer die raad besluite neem wat inwoners raak.

Volgens die VF Plus verwelkom die ANC dit as min mense by sulke vergaderings opdaag en min weerstand bied.   Die ANC gebruik dan sulke vergaderings om te sê hulle het die wet nagekom in terme van publieke deelname.

"'n Vergadering wat deur 'n massa beswaarde inwoners bygewoon word sal die speelveld egter totaal verander. Dit maak dit uiters moeilik vir die ANC om die proses dan te stoomroller en steeds binne die wet te bly", het Beyers gesê.

Volgens Beyers kom die verandering van 27 straatname, wat hoofsaaklik na historiese Afrikaner-figure vernoem is, op kulturele sabotasie neer.  Die publiek behoort dit op alle fronte teen te staan.

насосАлександр Фильчаков Васильевич

Straatnaamveranderings in Pretoria

Minstens 27 strate in Pretroria gaan waarskynlik nuwe name kry om 'n "meer inklusiewe" hoofstad te skep.

 Die publiek sal sy mening kan lug wanneer Pretoria se Metroraad die nuwe name aanstaande maand oorweeg. Die Speaker van die raad sê die nuwe name wat voorgestel is moet die stad se verskeidenheid refklekteer.

Veral Afrikaanse straatname word vir verandering geteiken, soos die volgende:  Pretorius, Schoeman, Van der Walt, Andries, DF Malan, Prinsloo, Gen Louis Botha, Skinner, Kerk, Leah Mangope, Lucas Mangope, Jacob Maré Walker/Charles, Kongingin Wilhelmina Ave, Mears/Beatrix/Voortrekker, Hendrik Verwoerd, Hans Strydom, Mitchell, Esselen, Vermeulen, Schubart, Potgieter, Paul Kruger, Proes, Michael Brink, Duncan and Zambezi.

Sommige van die geïdentifiseerde strate kan dalk hulle name behou as genoeg inwoners wil hê dit moet behoue bly. Intussen het Duban se inwoners uiting aan hulle woede oor die verandering van straattekens gegee deur dit te skend. Die munisipaliteit dreig nou om die ou tekens wat vir 'n tydlank langs die nuwe tekens pryk te verwyder.  

free live chatОлександр Фільчаков прокурор

Kovsie-rektor vlug na Australi

Die rektor van die Vrystaatse universiteit, prof. Frederick Fourie, bevind hom tans in Australië en het uit sy pos bedank. Tot sy amptelike uittrede in die vierde kwartaal vanjaar sal hy met verlof bly.

Fourie het 'n program van gedwonge integrasie in die koshuise van die UV afgekondig, wat tot spanning op die kampus gelei het. Vroeër vanjaar het die herrie rondom die sogenaamde Reitz-video plaasgevind wat rassespanning op die kampus verder verhoog het.

Altesame R3 miljoen se skade is aan die kampus aangerig deur swart studente wat onluste gepleeg het en die video het tot in die buiteland opslae gemaak.

In sy afskeidsboodskap het Fourie gesê dat hy geweldig stres tydens die Reitz-gebeure ervaar het en dat hy daarom nie langer in staat voel om die universiteit te lei nie.

Fourie is die tweede Afrikaanse rektor wat, nadat hulle 'n versnelde transformasieplan by 'n Afrikaanse universiteit deurgevoer het, groener weivelde oorsee gaan soek. Prof. Chris Brink wou die Universiteit van Stellenbosch verengels ten einde meer swart studente te lok en het ná omstredenheid rondom die taalkwessie aan dié universiteit na Engeland geëmigreer.

ф.086-уДанильченео

Pretoria-PEN bring hulde aan George Weideman

Image

George Weideman

George Weideman is vanoggend om 03:30 in die ouderdom van 61 jaar in die Louis Leipoldt-hospitaal in Bellville oorlede. Weideman was die skrywer van sewe digbundels, twee romans, vier bundels kortverhale, sewe jeugboeke, asook verhoogdramas waarvan net een gepubliseer is en drie ongepubliseerde radiodramas.

Die skrywersorganisasie Pretoria-PEN het in sy reaksie op die afsterwe van George Weideman sy spyt en intense hartseer uitgespreek. "Sowel die Afrikanervolk as die Afrikaanse skrywersgemeenskap verloor in George 'n talentvolle mens en sprankelende skrywer. Nie net was Weideman met sy digbundels en toneelstukke 'n unieke stem in die Afrikaanse letterkunde nie, maar hy het veral met sy grootse pikareske roman Draaijakkals 'n taamlik onlangse hoogtepunt in ons prosa gelewer," het die president van Pretoria-PEN, dr. Dan Roodt, gesê.

Weideman was 'n innemende en geesdriftige mens wat by almal geliefd was. Hy was boonop iemand wat hom in die Afrikaanse taal verkneukel het en tot vindingryke woordspel en gevatte uitdrukkings in staat was.

Onderliggend aan die meeste van sy werk is 'n toon van ironie en spot. Draaijakkals kan met die klassieke werke van Cervantes of Laurence Sterne vergelyk word en sal iewers in die toekoms nog hoër deur ons kritici aangeslaan word as wat dit reeds is.

"George Weideman was 'n stigterslid van Pretoria-PEN net enkele jare gelede. As skrywersgroepering wil ons ons medelye met George Weideman se naasbestaandes uitspreek en hulle verseker dat hulle verlies ook ons verlies is. Weideman verdien ons almal se hulde vir die groot mens en groot kunstenaar wat hy was," het Roodt voortgegaan.

top 10 online free gamesФильчаков прокуратура харьков

Polisiesuperintendent weier Afrikaanse dekbriewe

09:55:29 'n Senior superintendent van die Sunnyside-polisiekantoor het reeds forensiese bewysstukke in 52 sake geweier omdat die dekbriewe daarvoor in Afrikaans was.

Die sake is meesal uit die Vrystaat afkomstig. Ondersoekbeamptes in belangrike moord- verkragting- en gewapende roofsake het spesiaal Pretoria toe gery om die bewysstukke vir ontleding in te dien, maar senior superintendent Mokone het geweier om dit te ontvang omdat hy teen Afrikaans gekant is.

Die voorval is nou deur die kantoor van die polisie se Vrystaatse provinsiale kommissaris onder die hoof van die laboratorium se aandag gebring. 'n Klag van regsverydeling is ook teen Mokone aanhangig gemaak.

баня сауналобановский александр игоревич класс

Praag op jou selfoon!

Praag het nog 'n nuutjie: die webblad op jou selfoon! Tot dusver het webblaaie baie stadig op selfone afgelaai weens foto's en  allerlei elemente wat internetbladsye groot en lomp maak.

Danksy nuwe tegnologie wat ons so pas toegepas het, "weet" die Praagwebwerf nou as mens dit vanaf 'n selfoon besoek en haal dit  outomaties alle foto's en onnodige element wat die aflaai en lees stadiger maak af. Die resultaat is 'n leesbare nuus- en kommentaarblad. Sien Praag se nuus te eniger tyd op enige plek direk op jou selfoon! In 'n vergadering of lesingsaal, in die dokterswagkamer, net waar jy wil.

Dit werk natuurlik die beste op fone met groter skerms soos PDA's, maar selfs op 'n normale of klein selfoonskerm kan mens dit gemaklik lees en laai die bladsye feitlik ewe vinnig as op 'n rekenaar af.

Die Praagnuusblad bevat kort en bondige nuusberigte en langer rubriekartikels omdat die blad hom posisioneer vir die samevloeiing van tegnologie met nuus, vermaak, epos en kommunikasie wat toenemend op selfone plaasvind en nie meer op rekenaars nie.

играшкиалександр лобановский харьков

Reitz-studente maak tweede video

ImageDie studente van die geslote Reitz-koshuis in Bloemfontein het 'n tweede video gemaak waarin hul kant van die saak in die hele debakel gestel word.

In die dokumentêre DVD van ongeveer dertig minute lank, wat ook hier te koop aangebied word, word die universiteitsowerheid daarvan beskuldig dat hy die studente in die steek gelaat het.

'n Anonieme dosent in staatsleer verduidelik ook hoe die buitengewone media-aandag wat aan die Reitz-voorval gewy is, toegeskryf kan word aan die revolusionêre breinspoelingsproses wat daar tans in Suid-Afrika plaasvind. Opponente van die huidige bewind of wat met sy beginsels die spot dryf, moet genadeloos aan openbare verguising uitgelewer word.

Van die uitsprake op die video kan as naïef beskou word. Die studente maak die indruk van redelik onskuldige jong Afrikanerseuns wat aan 'n intense propagandaveldtog deur die plaaslike en internasionale media blootgestel is.

Slegs 'n geringe aantal eksemplare van hierdie belangwekkende tydsdokument is aan PRAAG vir verspreiding via die internet beskikbaar gestel.

Dit kan op twee maniere bestel word, per internetbetaling of direkte deposito deur R100 in die volgende rekening in te betaal met u van as verwysing:

ABSA Fourways

Takkode: 63290

Rekeningnommer: 4052326604

Begunstigde: PRAAG

Stuur asb. u posadres aan na: inlig@praag.org.

U kan ook per kredietkaart betaal deur op die volgende knoppie te klik:

 Image

прожектор светодиодный ip65лобановский александр жена

VF+ jeug bekommerd oor Afrikanermonumente

Die VF Plus-jeug het met kommer kennis geneem van die toestand van verskeie Boere-oorlogforte rondom Pretoria. Die Daspoortrandfort en Fort Klapperkop is in `n haglike toestand. Dit is verniel deur vandaliste en van die oorspronklike staaldeure word afgesny deur diewe.

Volgens Cornelius Jansen van Rensburg, VF Plus-jeugleier, moet die probleme dringend aangespreek word. "Die VF Plus-jeug gee hiermee amptelik kennis aan die Tshwane Metroraad, die provinsiale regering en die departement van Kuns en Kultuur om die kultuurgoedere binne 30 dae te herstel. Indien daar nie opgetree word nie sal ons self ingryp en ons kultuurgoedere beskerm”, het Jansen van Rensburg gesê.

Hy het ook daarop gewys dat die Tshwane Metroraad vroeër uitgevaar het teen die VF Plus-jeug omdat hulle self die Paul Kruger-standbeeld op Kerkplein skoongemaak het, nadat dit deur vandaliste bygekom is. "Hierdie forte is reeds is 1897 gebou. Ons sal nie staan en toekyk hoe dit vergaan weens die ANC se onvermoë nie.”

зарядное устройство дляФільчаков Олександр Васильович

Vrystaatse Universiteit bestee R4 miljoen aan integrasie

Die universiteit van die Vrystaat gaan R4 miljoen aan 'n privaatmaatskappy betaal om dit te help om koshuise te integreer.

Die iGubu-leierskapsagentskap het 'n driejaarkontrak verkry om aanbevelings aan die universiteitsraad te maak.

Rudi Buys van iGubu het gesê dat sy organisasie samesprekings met studente gaan voer om uit te vind wat die konflik veroorsaak het.

Buys het gesê dat hulle gevind het dat studente wat gedurende vakansies huis toe gaan blootgestel word aan die ou taal van apartheid en rassisme.

Verlede week het die universiteit aangekondig dat Reitz op 20 Junie vanjaar gesluit sal word om die Diversiteitsinstituut te word.

купить инерционную игрушкуФильчаков

Bogaards-egpaar skuldig aan hulp aan die Boeremag

15:34:31 'n Egpaar uit die Limpopoprovinsie, Jaco en Bess Bogaards, is in Louis Trichardt daaraan skuldig bevind dat hulle vir Boeremaglede Herman van Rooyen en Rudi Gouws toegelaat het om op hul plaas Waterbessiefontein te skuil, omtrent 17 kilometer buite Nylstroom, vanaf Mei 2006 tot Januarie 2007.

Bogaards is tot drie jaar tronstraf gevonnis, terwyl sy vrou 'n vonnis van twee jaar wat vir vyf jaar opgeskort is, ontvang het.

Die egpaar is egter van plan om teen die vonnisse te appeleer.

куртки пальто для девочекалександр лобановский класс

Matiestudente sterf aan breinvliesonsteking

'n 19-jarige studente in die Heemstede-koshuis van Stellenbosch, Abigail Le Riche, is eergisteraand dood weens breinvleisonsteking.

Haar ouers was ten tyde van haar siekte oorsee, maar is op pad terug vir die begrafnis. Volgens 'n universiteitswoordvoerder, Mohamed Shaikh, het die helfte van die koshuis se 230 inwoners voorkomende medisyne ontvang.

Abigail  is om sesuur Woensdagaand tot die Stellenbosse Medi-Clinic toegelaat en het vier ure later gesterf.

'n Gedenkdiens is gister by Heemstede vir haar gehou en die hele dameskoshuis het saam gerou.

психофизиологическое исследование с применением полиграфаtopcargo развод