In die dokumentêre DVD van ongeveer dertig minute lank, wat ook hier te koop aangebied word, word die universiteitsowerheid daarvan beskuldig dat hy die studente in die steek gelaat het.
'n Anonieme dosent in staatsleer verduidelik ook hoe die buitengewone media-aandag wat aan die Reitz-voorval gewy is, toegeskryf kan word aan die revolusionêre breinspoelingsproses wat daar tans in Suid-Afrika plaasvind. Opponente van die huidige bewind of wat met sy beginsels die spot dryf, moet genadeloos aan openbare verguising uitgelewer word.
Van die uitsprake op die video kan as naïef beskou word. Die studente maak die indruk van redelik onskuldige jong Afrikanerseuns wat aan 'n intense propagandaveldtog deur die plaaslike en internasionale media blootgestel is.
Slegs 'n geringe aantal eksemplare van hierdie belangwekkende tydsdokument is aan PRAAG vir verspreiding via die internet beskikbaar gestel.
Dit kan op twee maniere bestel word, per internetbetaling of direkte deposito deur R100 in die volgende rekening in te betaal met u van as verwysing:
ABSA Fourways
Takkode: 63290
Rekeningnommer: 4052326604
Begunstigde: PRAAG
Stuur asb. u posadres aan na: inlig@praag.org.
U kan ook per kredietkaart betaal deur op die volgende knoppie te klik:

Die studente van die geslote Reitz-koshuis in Bloemfontein het 'n tweede video gemaak waarin hul kant van die saak in die hele debakel gestel word.