Volgens Cornelius Jansen van Rensburg, VF Plus-jeugleier, moet die probleme dringend aangespreek word. "Die VF Plus-jeug gee hiermee amptelik kennis aan die Tshwane Metroraad, die provinsiale regering en die departement van Kuns en Kultuur om die kultuurgoedere binne 30 dae te herstel. Indien daar nie opgetree word nie sal ons self ingryp en ons kultuurgoedere beskerm”, het Jansen van Rensburg gesê.
Hy het ook daarop gewys dat die Tshwane Metroraad vroeër uitgevaar het teen die VF Plus-jeug omdat hulle self die Paul Kruger-standbeeld op Kerkplein skoongemaak het, nadat dit deur vandaliste bygekom is. "Hierdie forte is reeds is 1897 gebou. Ons sal nie staan en toekyk hoe dit vergaan weens die ANC se onvermoë nie.”
