Die publiek sal sy mening kan lug wanneer Pretoria se Metroraad die nuwe name aanstaande maand oorweeg. Die Speaker van die raad sê die nuwe name wat voorgestel is moet die stad se verskeidenheid refklekteer.
Veral Afrikaanse straatname word vir verandering geteiken, soos die volgende: Pretorius, Schoeman, Van der Walt, Andries, DF Malan, Prinsloo, Gen Louis Botha, Skinner, Kerk, Leah Mangope, Lucas Mangope, Jacob Maré Walker/Charles, Kongingin Wilhelmina Ave, Mears/Beatrix/Voortrekker, Hendrik Verwoerd, Hans Strydom, Mitchell, Esselen, Vermeulen, Schubart, Potgieter, Paul Kruger, Proes, Michael Brink, Duncan and Zambezi.
Sommige van die geïdentifiseerde strate kan dalk hulle name behou as genoeg inwoners wil hê dit moet behoue bly. Intussen het Duban se inwoners uiting aan hulle woede oor die verandering van straattekens gegee deur dit te skend. Die munisipaliteit dreig nou om die ou tekens wat vir 'n tydlank langs die nuwe tekens pryk te verwyder.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.