Kovsie-rektor vlug na Australi

Die rektor van die Vrystaatse universiteit, prof. Frederick Fourie, bevind hom tans in Australië en het uit sy pos bedank. Tot sy amptelike uittrede in die vierde kwartaal vanjaar sal hy met verlof bly.

Fourie het 'n program van gedwonge integrasie in die koshuise van die UV afgekondig, wat tot spanning op die kampus gelei het. Vroeër vanjaar het die herrie rondom die sogenaamde Reitz-video plaasgevind wat rassespanning op die kampus verder verhoog het.

Altesame R3 miljoen se skade is aan die kampus aangerig deur swart studente wat onluste gepleeg het en die video het tot in die buiteland opslae gemaak.

In sy afskeidsboodskap het Fourie gesê dat hy geweldig stres tydens die Reitz-gebeure ervaar het en dat hy daarom nie langer in staat voel om die universiteit te lei nie.

Fourie is die tweede Afrikaanse rektor wat, nadat hulle 'n versnelde transformasieplan by 'n Afrikaanse universiteit deurgevoer het, groener weivelde oorsee gaan soek. Prof. Chris Brink wou die Universiteit van Stellenbosch verengels ten einde meer swart studente te lok en het ná omstredenheid rondom die taalkwessie aan dié universiteit na Engeland geëmigreer.

ф.086-уДанильченео