ANC en DA se dubbele standaarde

Die Vryheidsfront Plus het gesê dat die ANC en DA hul aan dubbele standaarde skuldig maak deurdat twee VF Plus-raadslede vir 60 dae geskors is rakende opmerkings wat hulle gemaak het tydens 'n debat oor plek- en straatname tydens gister (Donderdag 2 Oktober) se raadsvergadering. Die twee raadslede, mnre. Cornelius Jansen van Rensburg en Conrad Beyers, het aangedui dat hulle teen die besluit gaan appelleer.

Volgens Rdl. Cornelius Jansen van Rensburg, gebeur dit gereeld in die raad, insluitende by gister se vergadering, dat die ANC en PAC na die wit bevolking van Suid-Afrika verwys as "kolonialiste, setlaars en rassiste", maar hulle word nooit aangespreek of uitgejaag nie. "Die DA het nog nooit gevra dat dissiplinêre aksie teen persone ingestel word wat sulke taal gebruik nie.  Maar sodra die VF Plus die ANC in eie munt terugbetaal, kla die DA die VF Plus dissiplinêr aan", het Jansen van Rensburg gesê.

Volgens Jansen van Rensburg is dit die ergste moontlike belediging om na landsburgers te verwys as kolonialiste en setlaars omdat jy vir daardie mense sê: "Jy hoort nie in jou geboorteland nie.”  Hierdie uitlatings word egter telkens deur die ANC en DA gekondoneer. "Dit is tyd dat hierdie tipe dubbele standaarde stopgesit word.”

Volgens die VF Plus is dit te verstane dat 'n naamkwessie wat verkeerd hanteer word tot ernstige polarisasie en negatiewe emosie in die samelewing sal lei.  Die VF Plus-raadslede het die frustrasies verwoord wat by baie Afrikaners bestaan rakende die miskenning en minagting van hulle erfenis en geskiedenis. Die VF Plus het benadruk dat 'n onderhandelde politieke meganisme noodsaaklik is om 'n sensitiewe saak soos die naamkwessie te hanteer. Dit is belangrik dat alle gemeenskappe met respek en waardigheid behandel word, andersins lei dit tot verdere polarisasie in die land.

асти игристоеФільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae