Audrey Blignault sterf op 92

Image

Audrey Blignault in haar studeerkamer

Die bekende Afrikaanse skryfster Audrey Blignault het Woensdag in 'n Kaapstadse kliniek gesterf in die ouderdom van 92.

Blignault is met 'n Engelse ma en 'n Afrikaanse pa gebore op 6 Julie 1916. Sy het Afrikaanse letterkunde aan die universiteit van Stellenbosch gestudeer en haar loopbaan as joernalis begin.

Sy het bekendheid as radio-omroeper verwerf en was ook die redaktrise van Die Huisgenoot.

Onder die pryse wat sy verwerf het, tel die Eugene Maraisprys, die WA Hofmeyrprys en die Italiaanse Adelaide Ristoriprys vir haar bydrae tot litêre kultuur, asook verskeie ander toekennings.

In 1982 het sy die Staatspresidentsmedalje vir buitengewone diens ontvang.

Sy was die eerste vrou wat tot die raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns verkies is.

Haar eggenoot, Attie de Villiers, sê dat die besonderhede van haar begrafnis nog nie beskikbaar is nie.

люстры интернетДанильченко Юрий Брониславович