Vyf uit die 11 inskrywings by die galadinee het toekennings ontvang vir berigte oor die omstrede video wat nasionaal sowel as internasionaal opslae gemaak het. Die video was 'n studentepoging om die belaglikheid van gedwonge integrasie te belig.
Vyf swart skoonmakers word onder andere ontgroen soos koshuisstudente en doen lustig mee aan al die verspotte aktiwiteite waarmee eerstejaars gewoonlik opgesaal word op die opname. Die video is gemaak in antwoord op die Universiteit se intergrasiebeleid vir koshuise wat in 2007 ingevoer is.
Volksblad se Henry Cloete het die prys vir gedrukte medium gekry, terwyl Christo van Staden die rubriekskrywerprys vir sy rubriek wat as 'n brief aan die Reitzinwoners verskyn het, ontvang het. 'n Volksbladfotograaf het ook 'n toekenning gekry vir 'n foto oor dieselfde onderwerp.
Die wenners het elk R7 500 in die sak gesteek en het deurgedring na die finaal wat op 7 November by die Sandton Sun gehou word.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.