Student deur groep verkrag by Rhodes Universiteit

'n Vierdejaarstudent by Rhodes Universiteit ontvang tans berading nadat sy na bewering deur drie mans verkrag is oor die naweek.

Grahamstad se polisiesegspersoon, inspekteur Milanda Coetzer sê die insident het Saterdag in die vroeë oggendure plaasgevind.

Coetzer sê die vrou is deur drie mans genader wat haar na Queenstraat toe geforseer het waar hulle haar verkrag het. Sy het om hulp geroep en is daarna in die regter skouer gesteek, waarna hulle haar verskeie kere verkrag het.

Die polisie ondersoek ‘n saak van verkragting, maar sover is geen arrestasies gemaak nie.

In ‘n verklaring aan die Rhodesgemeenskap het Universiteits-segsman Guy White gesê dat die student onderweg was na haar woning toe. Sy het baie laat gewerk by een van die rekenaarlaboratoriums.

Sowat twee weke gelede is twee damestudente wat by die drama epartement gewerk het met messe aangehou deur twee jeugdiges en beroof van beursies, selfone en ‘n iPod.

White sê dat die kampus Maandag 24 uur lank deur patrollies gefynkam was. Verder is daar heelwat meer ligte aangebring en paniekknoppies is by sleutelpunte aangebring. Daar is ook veilige roetes opgestel wat 24 uur per dag gepatrolleer word.

Wagte is ook beskikbaar gestel om personeel en studente na hulle motors en kampus residensies te begelei op enige tyd wat hulle onveilig voel.

White sê dat hulle dit gereeld aan personeel en studente benadruk om bewus te wees van hulle eie veiligheid. Hy is van mening dat een insident een te veel is en sê hulle kyk konstant na metodes om mense se veiligheid te verbeter.

Een van die studente wat die jaar die slagoffer van misdaad was is Zethu Mtshemla, wat vroeër vanjaar amper deur ‘n man wat haar op straat ontmoet het verkrag is. Na ‘n struweling tussen haar en die verdagte het sy ontsnap en om hulp kon roep. ‘n Saak van poging tot verkragting is aangemeld, maar daar is tot nou geen arrestasies in die saak gemaak nie.

headbandsАлександр Фильчаков Васильевич

Mbeki moet stemme werf met volgende verkiesing, se ANC

Voormalige president Thabo Mbeki gaan gevra word om die ANC by te staan  in sy veldtog vir die algemene verkiesing aanstaande jaar.

Die SABC berig dat die ANC-president, Jacob Zuma, gesê het Mbeki sal onder die senior leiers wees wat ontplooi gaan word om stemme te werf.

ANC Jeugligaleier Julius Malema het ook gesê die party moet Mbeki intrek om vir die ANC in die verkiesing te werk.

Zuma het hulde gebring aan Mbeki se bemiddelingspogings in Zimbabwe en ondersteun sy voortgesette werk om die twee Zimbabwe-faksies bymekaar te bring.    

погремушкиФільчаков прокурор

Oud-Springbok se niggie dalk aan Kongokoors oorlede

Die vrou wat oorlede is aan die dodelike virussiekte uit Zambië is me Cecilia van Deventer. Sy was 36 jaar oud en 'n niggie van oud-Springbok-rugbykaptein, Corné Krige. Daar word vemoed dat dit Kongokoors kan wees.

Sy is op 14 September in die Morningside Medi-kliniek oorlede nadat sy uit Zambië op haar vlug na Suid-Afrika vergesel deur 'n Zambiër wat intussen ook oorlede is aan die virussiekte. Die verpleegster wat Van Deventer by die kliniek versorg het, is eergister dood.

Die hoof van die departement se afdeling vir aansteeklike siektes Dr Frew Benson, sê die pasiënt het 'n bosluisbytmerk gehad, maar hulle wag nog vir die uitslag.

Die Gautengse departement van Gesondheid het reisigers wat die afgelope maand in Zambië was, gevra om dadelik hospitaal toe te gaan as hulle griepsimptome ondervind.

Die publiek kan ook vir dr. Chika Asomugha van die Gautengse departement van gesondheid kontak by 082 330 1490.

детски игрылобановский александр жена

Rou riool besmet rivier

Die Oos-Kaapse gesondheidsdepartement sê 'n span gesondheids- en sanitasiedeskundiges is by Mqanduli naby Umthatha ontplooi nadat reën die afgelope naweek rioolvullis in die rivier gestort het.

 


Woordvoerder Sizwe Khupelo sê die rivier voorsien meer as 12 dorpe in die Mqanduli-gebied van water.

Die span is deel van 'n gesamentlike operasie tussen Oos Kaap se gesondheidsdepartement, die OR Thambo distriksmunisipaliteit en die departement van waterwese.

Die span wat uit gesondheids- en omgewingsbeamptes en gesondheidspromoters bestaan, monitor die situasie en sal deur die week tot Vrydag watergehalte-toetse uitvoer.

Die munisipaliteit sal watertenks en chloor voorsien aan die dorpe wat moontlik besmet is. Daar was geen berigte van siekte weens die storting nie maar die ontplooiing van die span is 'n voorsorgmaatreël. Khupelo het inwoners van die dorpe en die Mqanduli-gebied versoek om nie rivierwater te drink nie.    

для хамамаЛобановский Харьков

MDC spyt oor magsdelingsooreenkoms

‘n Segspersoon vir die MDC, Zimbabwe se amptelike opposisie, het vandag die party se spyt uitgespreek dat hulle die magsdelingooreenkoms met Robert Mugabe se Zanu-PF geteken het voordat die besonderhede van die samestelling van die regering uitgestippel is.

Nelson Chamisa het vandag gesê dat die teken van ‘n ooreenkoms op 15 September, voordat al die besonderhede uitgeklaar was, ‘n baie groot fout was.

Daar was baie hoop vir ‘n einde aan Zimbabwe se politieke en ekonomiese probleme toe president Mugabe ingestem het om die magsverdelingsooreenkoms te teken saam met sy eertydse vyand, Morgan Tsvangirai. Die ooreenkoms is deur voormalige president Mbeki tussen die partye saamgestel. 

Volgens die ooreenkoms bly Mugabe die President met verminderde magte terwyl Tsvangirai die pos van eerste minister kry

Drie weke later is daar verhoogde vrese dat die ooreenkoms kan ontrafel omdat Zanu-PF en die MDC nie kan ooreenkom oor die toekenning van die ministersposte nie.

Volgens die ooreenkoms sou Zanu-PF 15 ministersposte kry Tsvangirai se MDC 13 poste en ‘n wegbreek aksie van die MDC wat deur Arthur Matambura gelei word 3 poste in die kabinet wat uit 31 poste sou bestaan.

Ten spyte van bewerings dat die partye voor die ondertekening oreengekom het dat die MDC sekere sleutelposte sou kry, soos die ministeries van Binnelandse Sake (wat die polisie beheer) en finansies, en dat Zanu-PF onder andere die ministerie van Verdediging sou behou, sê die MDC dat daar nooit so ooreenkoms was nie. 

Vroeg verlede week het Mugabe gesê dat die regering gefinaliseer sal wees teen die einde van die week, en dat slegs vier poste nog onder bespreking was. Later in die week het dit bekend geraak dat gesprekke tussen Mugabe en Tsvangirai weer op ‘n dooiepunt geëindig het.

Die MDC het Zanu-PF beskuldig dat hulle vasklou aan mag en het die meningsverskil weer na Mbeki, die SAOG bemiddelaar toe verwys.

Chamisa sê dit is duidelik dat daar geen vooruitgang met die saak gemaak word nie.

 

Chamisa sê Zanu-PF is besig met ‘n propaganda veldtog, vals inligting wat versprei word en misleiding van die publiek.

 

Sedert die ooreenkoms geteken is, is Mbeki deur die heersende ANC uit die kussings gelig en vervang.

 

SAOG lidlande het Mbeki as mediator in Zimbabwe ondersteun, maar hy het nog nie weer terug gegaan na Zimbabwe toe om die ooreenkoms daar te probeer red nie. Die ooreenkoms is van groot belang vir Zimbabwe se sinkende ekonomie.

 

Westerse regerings is reg om miljoene dollars in hulp en investering in Zimbabwe in te pomp, maar slegs op die een belangrike voorwaarde,  dat die regering deur die MDC oorheers en gelei word.    

цены украинаФильчаков прокурор отзывы

Skrywer krities oor Obama in Kenia aangehou

'n Amerikaanse skrywer van 'n kritiese boek oor Barack Obama word tans in Kenia aangehou. Die rede vir die aanhouding is om sy immgrasiestatus te bepaal, sê 'n senior amptenaar.

Jerome Corsi, skrywer van "The Obama Nation: Leftist Politics and the Cult of Personality," word in Nairobi aangehou, nadat die polisie hom by sy hotel in hegtenis geneem het. Carlos Maluta, die senior beampte, het aan die media gesê hulle weet nog nie wat hulle met hom wil doen nie. Hy het aan AP gesê Corsi moet 'n tydelike werkpermit hê om in Kenia sake te doen.

Obama is geweldig gewild in Kenia. Sy vader was 'n Keniaan. Corsi beweer in sy boek dat Obama gevaarlik is en dat hy radikaal is. Hy skryf dat hy deurtrek is van "swart woede". Op Obama se webwerf, FightTheSmears.com, probeer die kandidaat se veldtogbestuur die beweringe in Corsi se boek as onware gerugte afmaak.

Corsi is na Kenia uitgenooi deur 'n groep Christelike sendelinge wat bekommerd is oor die opkoms van Islam. Hy wou glo daagliks verslag doen oor sy besoek, maar deur sy aanhouding het niks daarvan gekom nie.

Obama se oom wat in Kenia woon, weet nie van die aanhouding nie

для дівчаток ігриФильчаков прокуратура харьков

Nog ‘n Franse wapenskandaal tref Angola

Nog 'n Franse wapenskandaal, hierdie keer in Angola, gaan oopgevlek word. 'n Vorige president, François Mitterrand, se seun was glo betrokke by die transaksie van $790 miljoen se wapens. Dit sluit gewere, landmyne en tenks in.

Daarbenewens meen aanklaers dat Pierre Falcone, 'n Franse sakeman en Arkady Gaydamak, 'n Israeli miljardêr, Russiese wapens aan Angola verkoop het tussen 1993 en 2000 en daarmee Franse wette oortree het.

Beweringe van duur geskenke, omkoopgeld en ander ongerymdhede is verder gemaak. Die hofsaak het Maandag begin en alle partye was teenwoordig behalwe Gaydamak. 'n Internasionale lasbrief vir sy inhegtenisname is intussen uitgereik.

Sy regsverteenwoordiger William Goldnagel sê sy kliënt, wat staan vir die burgemeesterspos van Jerusalem, sal later na Parys reis om die verhoor by te woon.

Die saak is sensitief vir Angola en 'n Angolese regsverteenwoordiger het Maandag aangedui dat hy alles gaan probeer om die saak uitgegooi te kry "om die land se soewereiniteit te beskerm". Angola beskou baie van die dokumentêre bewysstukke as militêre geheime.

Frankryk se dubbele verhouding met Afrika gaan ook onder die vergrootglas kom volgens ingeligtes. Falcone en Gaydamak se regsmense sê die wapens het nooit naby Franse gebied gekom nie en daarom kan die saak nie in Frankryk verhoor word nie. Aanklaers hou egter vol dat die geld vir die transaksie in Franse banke inbetaal is.what are casino gamesлобановский супермаркет класс

Zimbabwe media weer terug in Donker Eeue

Volgens media-analiste trek Zimbabwe se ekonomiese verval die land in die Donker Eeue in. Koerante, radio en televisie gaan deur 'n fantasmagoriese inflasiekoers wat in die miljoene persent loop gekelder word en daarmee saam die wêreld van inligting. Koerante het te duur geraak vir almal behalwe ‘n klein handjie vol terwyl die staatsbeheerde radio en televisie se monopolieë deur kragonderbrekings geteister word, het die Media Moniteringsprojek van Zimbabwe (MMPZ) gesê.

Zimbabwe word deur 'n New Yorkse groep ter beskerming van joernalsite as een van die 10 ergste lande geklassifiseer wat betref vyandigheid teenoor die media.

'n Aantal wette is in 2002 deur Mugabe se regering in plek gestel, met vonnisse vir “misdade” soos “om te werk as joernalis sonder akkreditasie van die staatsbeheerde media” en “publikasie van inligting wat die regering dalk kan laat sleg lyk”

MMPZ-koördineerder Andrew Moyse beweer dat die land se media reeds die toneel oorheers met bevooroordeelde en selektiewe mediadekking, selfs in dié belangrike tydperk in die land se geskiedenis. Hiermee verwys hy na die onderhandelinge oor magsdeling tussen Mugabe en Tsvangirai wat nou ‘n dooiepunt bereik het.

Volgens Moyse is dit duidelik dat die land in die Donker Eeue gedompel is en dat die verspreiding van betroubare inligting baie vinnig weer terug beweeg na die mondelinge oordra van nuus, asook die stuur van SMS’e.

Onder Mugabe se roekelose beheer het die land in die laaste 8 jaar verval van een van die mees suksesvolle lande in Afrika tot een waar erge voedseltekorte, ‘n waardelose geldeenheid en hiperinflasie aan die orde van die dag is.

Die staatsbeheerde en staatsgesubsidieerde Herald, die enigste daaglikse koerant se prys  het Sondag tot 3000 Zim dollar gestyg vanaf 10 Zim dollar op 1 Augustus, toe die reserwebank 10 nulle van die geldeenheid afgehaal het. Vir daardie prys, 3000 Zim dollar, kon ‘n Zimbabwiër twee brode gekoop het. Een VSA dollar het Sondag teen omtrent 4500 Zim dollar verhandel.

In enige ander land is ‘n koerant een van die goedkoopste daaglikse items, het Moyse gesê, “maar wie gaan ‘n brood prysgee net om die koerant te kan bekostig” het hy gevra.

Die land se onafhanklike koerante, die Zimbabwe Independent, Sunday Standard en die Financial Gazette, wat geen subsidie ontvang nie, se pryse het gestyg na 4500 Zim dollar toe, wat hulle in die “luukse items” klas plaas.

Die regering het die opkoms van enige onafhanklike elektroniese media geblok, terwyl die staatsbeheerde media ‘n genadelose, onophoudelike aanval op die opposisie volhou.

Selfs die staatsbeheerde uitsaaier voel die effekte van die ekonomiese verval. In April het hulle erken dat hulle dekking van die land slegs 45 % is, as gevolg van ou toerusting.

Vroeër vanjaar het die staatsbeheerde media gesê dat hulle 45 miljoen Amerikaanse dollar benodig om toerusting  op te gradeer. Die regering het daarna 500 000 Amerikaanse dollar bymekaargekry, wat baie vinnig deur ‘n regeringsamptenaar gesteel is, volgens die staatsmedia.

Moyse sê dat nuus nou baie skaars raak, wat ook al die bron is. Dit is as gevolg van kragonderbrekings wat meer gereeld voorkom en die verspreiding van gedrukte media benadeel.

Slegs die gelukke mense wat hul eie kragopwekkers het en toegang tot brandstof, kry nog nuus op ‘n gereelde basis. Mense in landelike gebiede, met geen toegang tot elektrisiteit nie word heeltemal afgesny van inligting af soos wat goedkoop radio’s minder word en batterye se pryse styg.

Vroeër vanjaar het Ray Kaukonde, ‘n goewerneur van die Mugabe regering in een van die grootste provinsies die probleem vererger deur alle kortgolf radio’s te laat konfiskeer in ‘n poging om mense te keer om na radio-uitsendings van buite die land te luister.

Moyse het opgemerk dat waar kommunikasie onderdruk word, hoorsê en gerugte seëvier. Hy sê dat die owerhede baie kla oor die toedrag van sake, maar dat dit heeltemal deur hulle optrede geskep is.  

автодиагностикаФильчаков прокурор отзывы

Die w?reld van finansies gaan verander

Die wêreld van finansies gaan verander. Só skryf Michael Gordon van die Institutional Investment Fidelity International in die Financial Times. Hier is 'n paar dinge om te verwag:

1. Dit gaan meer plaaslik raak. As vrees in die plek van gierigheid oorneem, dan neem emosies ook oor. Oos wes, tuis bes, lui die spreekwoord. Beleggers voel veiliger nader aan bekende dinge.

2. Finansiële sake is nou verpolitiseer omdat die publiek verwag dat regerings moet ingryp om hulle spaargeld te red. En regerings is plaaslike instellings, nie internasionale liggame nie.

3. Kompleksiteit is uit die mode en eenvoud is terug. Beleggers wil verstaan wat hulle koop en waarvoor hulle hulself inlaat.

4. Beleggers gaan wegbeweeg van allerlei slim modelle wat gebaseer is op wat markte in die verlede gedoen het en mense se insig en talente gaan van groter belang raak. Dis nou nie meer teorie nie maar die harde werklikheid wat tel

5. Innovering is uit en ervaring is terug. Die skok van nuwe dinge is nou te pynlik. Die tradisionele manier van doen gaan tel. "Oulik" gaan met "verstandig" vervang word.

6 Om vertroue te wen moet deursigtigheid geld. Niks gaan nou meer weggesteek kan word nie. Selfs al vra die publiek nie meer vrae nie, gaan die owerhede dit beslis doen.

7. Oorsig gaan net so belangrik word soos insig. Dié instellings wat die huidige krisis gaan oorleef, is instellings waar oorsig 'n belangrike funksie van bestuur is.средство для уборки помещенийАлександр Фильчаков прокурор

Twee familielede in isolasie in Morningside Medi-kliniek

Twee familielede van die Morningside Medi-Kliniek verpleegster wat oorlede is aan die geheimsinnige virale siekte, is in streng isolasie geplaas as 'n voorkomende maatreël. Volgens die kliniek se areabemarkingsbestuurder, Melinda Pelser, het hulle nog geen van die simptome nie.

Drie mense is reeds dood aan 'n virale hemorragiese koors, maar die oorsaak daarvan is onbekend.  Die Centre for Disease Control and Prevention in Atlanta, in die VSA, is besig om die virus te ontleed en werk saam met Suid-Afrikaanse navorsers om die oorsaak te probeer vasstel.

Pelser het bevestig dat die hospitaalwerker wat oorlede is nie van die virus omgekom het nie. Dié werker is aan 'n breinsiekte oorlede, het sy gesê. Die eerste slagoffer was 'n ses-en-dertigjarige vrou uit Zambië. Sy is eers vir bosluiskoors behandel.

Pelser sê die inkubasieperiode vir die siekte is tussen 72 uur en 21 dae. Dit word deur liggaamsvloeistowwe oorgedra en nie deur die lugweë nie. Simptome sluit hoë koors, spierpyne, diarree en 'n uitslag in.

современную люструлобановский класс