‘Onreg van die verlede’, volgens skoolhandboeke

Image

So leer mens Engels…

Ek het so ’n ruk terug met ’n onderwyseres van die plaaslike laerskool gepraat wat genoem het dat hulle verskeie boeke in die biblioteek het waarvan hulle onslae wil raak. By verdere ondersoek, het ek gevind dat die meerderheid van die boeke Engelse taalhandboeke is wat deur verskillende uitgewers gepuliseer is vir die nuwe kurrikulum of Uitkomsgerigte Onderwys (Kurrikulum 2005). Ek het ’n klomp van die boeke gaan haal met die doel om my Engels te verbeter. Die spesifieke laerskool was ’n goeie blanke laerskool wat in die bestek van 4 jaar verander het in ’n swart skool met die gevolg dat die blanke ouers hul kinders elders geneem het omdat die standaard geweldig verswak het.

Wat ek egter nie weet nie of nie van bewus is nie, is of die skrywers bepaalde inligting in boeke plaas wat bedoel is vir blanke en swart kinders – ek was onder die indruk dat ons nou in ’n demokratiese land bly met al die kinders wat dieselfde kurrikulum volg. Wel, dit  wil voorkom asof ek verkeerd was.

Image

S? nou mooi agter my aan, kinders…

 

Die volgende uittreksels het ek gekry uit “ Shuters Economic and Management Sciences” for Grade 8 wat gedurende 2000 uitgegee is:

 Image

Die volgende hoofstuk gaan oor “South African economics today” waarin geskryf word dat die ekonomie baie verander het sedert 1994 en dat die doel van die huidige regering is om aan die behoeftes te voorsien van al die mense in die land – nie net aan ’n sekere hoeveelheid mense nie. Daar word verder geskryf dat daar ’n nuwe wet “the Basic Conditions of Employment Act” ingestel is om al die werknemers gelyk te behandel en dat “Affirmative Action” die wanbelans van die verlede gaan aanspreek.

Image

Kernbegrippe van die ekonomie…

Daar word spesifiek melding gemaak van organisasies soos ESKOM en YSKOR wat geprivatiseer gaan word en dat die huidige regering meer neig tot ’n kapitalistiese sisteem.

In ’n Engelse taalhandboek wat in 1999 gepublseer is, word die energiekisis alreeds bespreek en word pertinent genoem dat bepaal kan word dat gas- en oliereserwes uitgeput sal wees teen die middel van die 21ste eeu terwyl steenkool ’n bietjie langer sal hou.

’n Verslag is ook in dié verband aan die huidige regering geskryf gedurende 1997/8. Waar was die beplanning van die wonderlike regering? En wat beteken die stelling nou: “If you fail to plan, you plan to fail” wat in die skoolhandboek uitgebasuin word? Wat vertel die nuwe eienaars van Eskom aan hulle kinders wat hulle werk verloor vanweë die gedurige “beurtkrag” wat produksie kniehalter en wat vertel hulle aan die families van mense wat op die operasietafel sterf as gevolg van “beurtkrag”? Vir my en vele ander mense dui dit nie op goeie beplanning nie en noudat die skade gedoen is en baie mense met hul vaardighede uit die land is as gevolg van “Affirmative Action”, wil die regering nou buitelanders (natuurlik blankes) “invoer” om die wonderlike beplannende regering se aftakeling van Suid-Afrika te probeer stopsit omdat blank en swart nou saam swaarkry.

Wat die swartmense moet besef, is dat die aanleer van sekere vaardighede baie jare van harde werk en soms baie jare van studie verg. So ’n ruk terug praat ek met ’n jong swart vrou wat graag baie geld wil verdien, maar wat nie  lus is om te studeer om dit te kan bereik nie, omdat studie “tydrowend” is.

In ’n verdere stuk sal ek aandag gee aan hoe “Apartheid” in die Engelse taalhandboeke aan kinders in die laerskool aangebied word.

картины из шпаклевкиОлександр Васильович Фільчаков

Jaap Marais was reg

Ek het probeer om kommentaar op HJF se bydrae Zim, ANC wil blankes uitjaag te lewer.  Drie probeerslae het dieselfde gevolg gehad: "document processing stopped due to suspicious activities".  Nou moet ek dit noodgedwonge  as ‘n brief deurstuur. Wat HJF se bydrae betref, is hy waarskynlik reg.   Indien u die boeke "None dare call it conspiracy", "Pawns in the Game" en nog vele ander soortgelyke boeke lees, sal u alles beter verstaan.

Dit is vir my baie interessant dat u en ander besig is om alles te beaam wat 'n groot politieke denker en ware heer (mnr. Jaap Marais) jare gelede voorspel het.  Ten tyde van sy waarskuwings het die misleide Afrikanerstemvee (90 % of meer) egter verkies om hom met tamaties en eiers te gooi.  Hierdie artikels wat met soveel venyn en hoon na hom geslinger was, ontplof nou in die 90% se gesigte, kry vir julle!   Net jammer die nie-stemvee moet nou saam met hulle in die gemors deel.   Aan die ander kant ons doen dit graag want dit begin vir my lyk of hierdie skepping van die NP (dr. Roodt waar was u?) nou die ou volkie se oë oopmaak, werklik 'n heuglike gebeurtenis alhoewel bietjie laat, maar liewer laat as nooit.

Ek wil nie spog nie (eintlik lieg ek nou) maar lees weer my brief (Mugabe se Chinese kaart) wat op 19 Augustus 2007 geskryf is.  Mugabe het die Chinese trekkers toe geskenk soos my vriend James voorspel het.   Vir u gerief haal ek die laaste paragraaf aan:

"Aan die ander kant, indien die poging (hierbo genoem) van die  IMF en die WB om Zimbabwe onder die ekonomiese invloedsfeer van Big Brother (VSA en sy bondgenote) in te trek misluk, sal Big Brother, indien Suider-Afrika van strategiese belang vir hulle is, in hul strewe na wêreldoorheersing (op bevel van hul base), tot optrede in Zimbabwe  gedwing word.  Dit sal dus nie verbaas as Big Brother skielik ‘n belangstelling in die skending van menseregte in Zimbabwe openbaar en ‘n ‘Irak’ op Mugabe trek nie."  (Pieter Oosthuisen op RSG berig dat daar Engelse en Australiese soldate in Botswana saamgetrek is om "bystand te verleen indien nodig", verder is daar VSA soldate in Madagaskar opgemerk.   Dit lyk so al of oom Siener se dinge in plek begin kom.   Chaos in SA (rasse- en stamoorlog), dan gryp 'n oorsese mag in, herstel orde en handig die regering aan FW en sy trawante oor.  Vergesog?   Moenie weer dieselfde fout as met oorlede mnr. Marais maak nie. 

Nou ja, sommige mense het net meer insig as ander maar ek moet bysê ‘n sekere mate van kennis is nodig dan hoef mens nie 'n profeet te wees om die toekoms te voorspel nie.

Nota van die redakteur: Jammer oor die probleem met ons kommentaarstelsel onderaan berigte. Die beste is om in die kassie wat sê "Onthou my" te klik as mens op die voorblad links aanteken, dan is daar gewoonlik nie probleme as mens die kommentaar wil plaas nie.

casino games ukпрокурор Фильчаков

Sjina het selfvertroue

Sjina het skynbaar genoeg selfvertroue om die Weste te opponeer ter wille van Suidelike Afrika se bodemrykdomme.

Zimbabwe is net 'n strategiese afspringplek om totale beheer oor hierdie gebied te verkry. Die Swart Broederskap sal Sjina se kant kies tensy die Weste hulle kan omkoop. So n vendusie kan 'n kraak in die Swart Broederskap laat ontstaan sodat n Westerse/Afrika-aliansie te staan gaan kom teen 'n Sjinese/Afrika-alliansie.

Die Weste sal nie so maklik afsien van hierdie minerale skatkis nie en grootskaalse militêre konflik in die streek is 'n sterk moontlikheid. Dit kan elkeen van ons se lewens ingrypend beïnvloed om dit sagkens te stel.

купить липецк маски сварщикапрокурор Фильчаков

Sjinese wapens teen blanke Afrikaners

Net vyande of gekke kan die rassehaat teen blanke Afrikaners om ons uit ons land te verdryf of uit te wis, steeds ontken.

Behalwe sulke uitdruklike verklarings, word letterlik enigiets aanhoudend heeltemal buite verband uiters negatief deur die media, vyande, ens. gebruik met  'n stigmatiserende effek.

Waarom nie Sjinese (of enige denkbare) magte nie?

En op talle laakbare wyses, byvoorbeeld ook deur wetlik verpligte militêre diens saam of teen sulke magte – so eenvoudig. 

Die omvang, aard, felheid, dringendheid, konstantheid, ens. van die aanslag spreek natuurlik boekdele van ons gedugtheid en roemryke prestasies.    

Gelukkig dat die wiel draai.

купить трансформералобановский александр харьков

Orania is ons enigste hoop

"Enige poging tot suksesvolle Afrikanerpolitiek wat nie ons demografiese verspreiding aanspreek nie, sal onsuksesvol wees. Hoe lank voordat die onafwendbare sigbaar raak? As al daardie vermoorde Afrikaners vandag 'n keuse kon maak wetende wat kom, wat sou hulle kies? Wanneer jou vrou in die aangesig van haar kinders verkrag word, is die BMW, die nuwe sitkamerstel en al die geld in die wêreld dit werd?"

Ek het die afgelope Vrydagaand by my oom en sy gesin gaan aandete eet. So wie gee 'n hel om? Wel die kos gaan jou nie interesseer nie maar my opmerkings dalk wel want hy verteenwoordig die gemiddelde welgestelde Afrikanersakeman.

Hy het 'n pragtige huis, luukse bakkie en sy eie besigheid wat van niks af opgebou is, een waarop enige sakeman kan trots wees, maar is dit volhoubaar? Die antwoord is nee! Die huidige bestel is nie volhoubaar nie om 'n verskeidenheid van redes waarvan ek slegs een hier wil toelig, nl. lewensruimte.

Daar bestaan buite Orania geen Afrikanerlewensruimte nie, alhoewel sekere woonbuurtes en dalk 'n paar klein dorpies nog as Afrikaans beskryf kan word, is die vinnig veranderende demografie besig om hulle snel in te haal. Die demografiese werklikhede waarmee my oom dus sy opgang vanaf nederige begin in 'n Sunnysidewoonstel boontoe gemaak het sonder universiteitsopleiding of enige geldelike steun is dus nie vir sy kind beskore nie. Indien ek enige Afrikanersakeman moet vertel dat hy sy kinders en kleinkinders selfsugtiglik te na kom sal die argument sterk na vore tree dat hy hulle alles bied wat hy nooit gehad het nie, die beste universiteit en geld. Geld: die Afrikaner se grootste obsessie; nie eers sy liefde vir sy taal ewenaar dit nie. Enige volk wat 20% van sy mense so vinnig verloor aan ander lande moet sy bestaanskrisis raaksien. Die bestaanskrissis waarmee Afrikaners sit, is dat onerkende klassisme 'n baie groter rol in sy vernietiging speel as wat hy besef. Rassisme het darem voordele ingehou. Eerstens het dit sy etniese voortbestaan geregverdig en verseker a.g.v. sy eie demografiese verspreiding en tweedens die regverdiging van sy magsbehoud ter verkryging van goedkoop arbeid.

Lewensruimte – en daarmee impliseer ek direk om 'n etniese meerderheid in 'n gebied te wees – kan nie polities afgedwing word nie; bestaande Afrikaanse woonbuurtes word bedien deur ten minste drie keer soveel swart arbeiders as die Afrikaners wat daar woon en daarmee sluit ek besigheid en industrie uit. Selfs indien die uitsondering van 'n besigheid met slegs Afrikaanse werknemers bestaan, word die sekondêre dienste deur ander volke verrig. Afgesien van die Oraniabeweging het geen ander regse leiers of organisasie enige geloofwaardigheid wat die beroep op lewensruimte doen nie aangesien hulle nie self bereid is om sonder daardie goedkoop arbeid te lewe nie.

En soos Mnr. Vaughn dit so mooi opgesom het, is enige aanspraak op n afsonderlike… wel basies enigiets, 'n magsvergryp i.t.v. ons getalle.   

Die uiteinde van die saak is dat wanneer my oom se kinders hulle universiteitsopleiding voltooi het, hulle nog vir 'n paar jaar in hul gekose beroepsrigting ondervinding sal opdoen en heel moontlik trou. Maar as die kleinkinders hul opwagting maak, kom daar in sy kinders 'n langertermynuitkyk en die besluit word dan gemaak. Kanada/Nieu-Seeland/Australië/Engeland/Amerika en sy kleinkinders sal hom kultureel nie verstaan nie en hul kinders sal ons Engelse noem.

Die huidige emigrasietendens gaan onverpoos voortgaan totdat daardie selfgesentreerde verbruikerskultuur, die fokus van “ek” weer na 'n fokus van “ons” toe verskuif. Die emigrasie sal voortduur solank daar geen alternatief bestaan nie en uiteindelik daar onder 'n miljoen oorbly wat te arm of ongeletterd is om enige poging aan te wend daartoe. Enige politieke poging om 'n bestaande Afrikaanse buurt of dorp in 'n etniese gebied te omskep sal deur Afrikaners self verwerp word nog voordat enige ander volk protes kan aanteken. Die Afrikanerdrang na vryheid is nie oorskat nie maar sy absolute afhanklikheid van ander volke se arbeid is totaal onderskat (en dis die ware rede vir sy rassisme – afhanklikheid).
Die huidige suksesvolle Afrikanersakemanne het geen belang in Orania nie. Die rede is voor die hand liggend: dit sou n finansiële inkorting en 'n verlaging van hul lewenstandaard wees, of so dink hulle in elk geval.
Maar kom ons veronderstel vir een denkbeeldige oomblik dat die sprong van “ek” na “ons” wel plaasvind en n 100 000 Afrikanersakemanne ondersteun Orania en maak n bydrae van 'n R1000 per maand (wat vir baie kleingeld is). Dit kom neer op n astronomiese R100 miljoen per maand wat aangewend word vir infrastruktuur en ekonomiese ontwikkeling (ekonomiese aansporings moet geskep word; dit bestaan nêrens vanself nie). Binne vier jaar het die Afrikaner iets wat hy nog nooit gehad het nie, 'n groot welvarende gebied waarbinne hy 'n volstrekte meerderheid vorm. Afrikanersakemanne word deur Oranialugdiens na hul sakebelange in die res van die land en selfs oorsee gevlieg, party verkies om eerder hul gesinne daar te laat woon en vlieg tweeweekliks na hul werk in Johannesburg. Die Oraniametropolisie is klein maar hoogs opgelei en goed toegerus. My oom se kinders het nou n keuse!
Visie en voorbeeld moet politieke mandaat voorafgaan. Enige poging tot suksesvolle Afrikanerpolitiek wat nie ons demografiese verspreiding aanspreek nie, sal onsuksesvol wees. Hoe lank voordat die onafwendbare sigbaar raak? As al daardie vermoorde Afrikaners vandag 'n keuse kon maak wetende wat kom, wat sou hulle kies? Wanneer jou vrou in die aangesig van haar kinders verkrag word, is die BMW, die nuwe sitkamerstel en al die geld in die wêreld dit werd?

 

 

дизайн отдыха в банелобановский александр фото

Wat dink u van die Sjinese wapens op pad na Zimbabwe?

Gee vir ons u mening oor die Sjinese wapens wat na Zimbabwe op pad is. Word blankes en Afrikaners daardeur bedreig? Het ons niks om oor bekommerd te wees nie? Stuur u mening aan briewe@praag.org en ons plaas dit so gou doenlik. Stem ook in ons peiling hieroor (regs op die bladsy).

детские пазлы для девочекАлександр Фильчаков прокурор

Zimbabwe-wapens ook teen ons gerig

Ek het vandag die nuus oor die buitelandse troepe wat rondom Zimbabwe begin opbou met groot belangstelling dopgehou. Na gesprekke tussen my en ’n kennis waar vrae oor en weer gevra en geantwoord is, kan ek seker sê dat die volgende slotsom bereik is.

Die magte wat rondom Zimbabwe opbou, is vir seker tweeledig. Die Sjinese aan die een kant is daar om Robert Mugabe se korrupte regime te help behou (teen ’n prys wat die Zimbabwiese president nog nie van bewus is nie, totale slawerny in ’n Sjinees oorheersde land) en die Australiërs en Britte is daar om dit teen te staan, hoewel ek wonder presies hoe hulle dit sal wil doen.

Die Britse eerste minster Gordon Brown se gewildheid is so bietjie aan die kwyn en die Britte is reeds moeg vir oorlog, as mens in aanmerking neem dat hulle reeds genoeg gehad het in Afghanistan en Irak. Verder is hy sommer net gewoonweg nie meer so gewild nie, en voorstelle dat die Engelse ’n voormalige kolonie, vir wie hulle selfbeskikking gegee het weer moet kom beskerm, is nie lekker om te sluk nie.

As mens die rol van die Australiërs moet bekyk wonder ek wat hulle sal kan maak teen die geel gevaar wat die kontinent binnestroom. Ja, ek kan aanvaar dat die Australiërs gedugte teenstanders kan wees, maar die omstandighede hierso is nie die kaal vlakteveld wat in hulle blyplek voorkom nie. Dit is bos, Afrikabos, met hordes vreeslose geel mense en swartmense wat die plek ken.  

Nou ja, toe kom Suid-Afrika en gooi nog plofstof op die hele konflik. En ja, ek noem dit konflik, want hoewel dit tans nog redelik kalm is (die klompie moorde en dies meer ten spyt) gaan dinge begin warm word, nie net in Zimbabwe nie, maar ook in Suid-Afrika.

Suid Afrika het die hele ding verder bemoeilik deur sy toegewing dat ’n baie groot besending wapens en ammunisie in die Durbanse hawe ontvang word, wel wetende dat dit vir Zimbabwe bestem is. En President Mbeki en sy “sidekicks” het presies geweet hoe dit aangewend gaan word. Hulle het drie weke laat verbygaan terwyl die uitslag van die verkiesing (waarop hulle ook nou skielik aandring) agterweë gebly het. Hulle het ook stilgebly oor die onderliggende skelmstreke waarmee Robert Mugabe  probeer om sy bewind te behou, want volgens Mbeki is daar “geen krisis nie”. Die wapens gaan in alle waarskynlikheid aangewend word deur ZANU-PF om enige en elke MDC-man, -vrou en -kind voor die voet af te maai en te vermink, weereens natuurlik met Mbeki se stille goedkeuring wat onhoorbaar hard praat en aanmoedig in die agtergrond. In dié geval sal ons seker op die TV-nuus verneem hoe geskok Mbeki en die kabinet is oor die vergrype aan menseregte wat gebeur, en dat Mugabe nou dadelik sal moet ophou daarmee.

Toe word dit bekend gemaak dat die wapens volgens wet afgelewer moet word en dat daar geen verbod is op die verskaffing van wapens aan Zimbabwe nie. Sy menseregterekord ten spyt, verkeer die land op geen swartlys van die Afrika-unie of iemand anders nie. 

Ek het toe so hardop sit en wonder waar dit gaan eindig en die antwoord is dat dit waarskynlik nie sal nie. Dis SA regeringsmagte is op bystand geplaas, vir watter onbeholpe rede ook al.

En spekulasie oor waarvoor hulle aangewend gaan word, kan ’n paar antwoorde oplewer. Die een is dat hulle (optimisties) die grens gaan beskerm teen die invloei van miljoene swartes van Zimbabwe af, of twee, aangewend gaan word om die blankes wat nog in die land woonagtig is in hulle hordes uit te moor sodat die swartes van Zimbabwe af net kan inloop en met gemak kan oorneem. Of drie, net die noordelike provinsie se bevolking kan uitmoor om sodoende die lewe makliker te maak vir die Zimbabwiese inwoners wat hulle hier kom vestig.

Dan kan hulle op hulle tyd die land versuip in die septiese tenk van onopgevoede en ongedissiplineerde waardes wat hulle saam met hulle bring.

Toe ek aan die kennis noem dat die boere in die noordelike provinsie moet begin regmaak om hulleself en hulle eiendom te beskerm, het hy nogal saamgestem, want ek vermoed dat ’n swart tsoenami van moordende massas mense binnekort die grens sal begin oorsteek op soek na veiligheid en voedsel. En dis natuurlik wat oom Mbeki vir ons bied: veiligheid, kos, klere, die reg om hier te moor, roof en verkrag sonder om vervolg te word en nog meer.

Die een stelling wat ek toe maak, is dat daardie besending nooit Zimbabwe behoort te bereik nie. Dit sal in ’n mate keer dat die vloedgolf die land heeltemal verdrink deurdat ZANU PF se magte net ’n klein bietjie minder wapens sal hê om hulle moorddadige aktiwiteite mee aan te vang.

As die blankes, boere en Afrikaners daardie besending wapens die grens laat bereik, sal hulle dus hulle eie doodsvonnis teken, die vonnis wat sê dat hulle verdrink sal word deur die massa swart water wat op pad is. Die huidige syfers wat oor die grens kom, is ongeveer 100 000 per maand, binne ’n week of meer sal dit waarskynlik styg na ’n miljoen of meer per maand en die gevolge sal katastrofies wees.

Een opmerking wat ek gemaak het, is dat die boere in die noorde binnekort oop jagtyd sal hê om hulle gesinne en huise te moet beskerm. Die reëls sal waarskynlik wees: skiet eers en vra dan vrae, want as jy eers vra sal jy nie meer lewe om te kan skiet nie. Hoe die besending wapens gekeer kan word voordat dit die Zimbabwiese grens bereik, is ’n ope vraag.

Wel, ek het nou klaar my gal gebraak oor die onbeholpenheid en absolute onnoselheid waarmee die Suid-Afrikaanse regering vorendag kom. Dis met spanning wat mens die dinge in die volgende weke gaan dophou en dan maar met die gevolge sal moet saamleef, goed of sleg. Ons is in die land en dis al wat ons het, dus sal ons moet wakker skrik en begin beplan, nie net wonder wanneer iemand met die oplossing vorendag  gaan kom nie.

светодиодные лампы москваДанильченко

Apartheid was nie kwaadwillig

Nie Strijdom, Verwoerd, Vorster of  Botha het geglo dat die stelsel van rasseskeiding en minderheidsregering op die duur sou kon voortbestaan nie. Trouens, geen denkende mens het dit geglo nie.

Om egter by 'n regverdige en werkbare stelsel uit te kom, het meer as die wysheid van Salomo geverg. Erkenning van etnisiteit het die apartheidssisteem se uitgangspunt gevorm, en alles is daarom beplan – want die alternatief sou wees oorheersing van een etniese groep oor 'n ander, met die droewige gevolge wat ons vandag beleef.

Ongelukkig  was die tuislandbeleid / konstellasie van state / federasie / desentralisering nie aanvaarbaar vir die wêreld nie, en is ons gedwing in die huidige gemors in. Natuurlik was apartheid onregverdig. Vandag se bestel waarin minderheidsgroepe uitgelewer is aan die meerderheid, ook. Maar tydens die apartheidsera was daar werklike soeke na 'n beter bestel – die tyd en die wêreldgees het ons egter ingehaal voor ons by 'n oplossing was.

Om egter aan die "apartheidsleiers" blindelings kwaadwilligheid, rassisme en gemeenheid toe te dig, is ver van die werklikheid. Hulle was meesal  mense wat ook maar met menslike tekortkominge eerlik na 'n uitweg uit 'n oorgeërfde dilemma probeer soek het. Nie een van hulle was boos in die sin van 'n Stalin of Hitler nie. (Ferdi Greyling noem apartheid "rasgedrewe fascisme", maar fascisme is volgens die HAT 'n "anti-parlementêre staatstelsel waar die wetgewende en uitvoerende mag by 'n diktator berus". Die term "Fascisme" het mettertyd die kommuniste se veeldoel-skelwoord vir alle nie-kommunistiese gedagtes geword, en die gebruik daarvan in hierdie konteks is niksseggend.)

Die gedurige gekerm van Kollapen en sy trawante gaan nie soseer oor werklike of gewaande onregte nie; dit gaan oor 'n kondisioneringsproses om alle weerstand, trots en selfstandigheid by wittes te ondermyn totdat ons wittes op 'n willose ekskuus-dat-ek-leef manier ons knegskap aanvaar. Ek aanvaar hoegenaamd nie dat Kollapen "…'n man van beginsels…" is nie – hy is maar net nog 'n opportunistiese klein gifsaaier wat iewers na 1994 uit die houtwerk uitgekruip het, en wie se eensydige geteem teen die "wittes" geen geloofwaardigheid het nie.

Persoonlik weier ek om vir enigiets voor 1994 om verskoning te vra.

светильники mdmФільчаков Олександр Васильович прокурор

Ons is moeg vir propaganda

Dit wil vir my voorkom asof Volksblad die ware gevoel van die Boerevolk hierdie week ontdek het met die stemmery oor die Volksblad se geloofwaardigheid. Nie minder nie as 66% het gestem dat die Vryheidsfront Plus se aantygings teen die Volksblad regverdig en raak is.
Hierdie is die ware gevoel van die volk wat julle tot stand gebring het en nog daagliks kos op julle tafels sit.
Ons is moeg daarvan om daagliks vertrap te word met ANC-propaganda en die doodse swye oor die volksmoord wat ons volk uitroei. Daar word van die Afrikaanse pers verwag om ook sterk standpunt in te neem teenoor die swart terroristiese bedrywighede wat openlik in ons land plaasvind onder die dekmantel van gewone misdaad.
Ons verwag van Volksblad en Beeld om op te hou om die waarheid toe te smeer en openlik die ras van hierdie boewe in hulle berigte te meld. Ons verwag ook dat hierdie berigte aan die groot klok gehang moet word en dit ten sterkste afgekeur moet word.

Verder moet Volksblad en Beeld ook hierdie moorde, verkragtings en martelings gebruik as teenvoeter vir die swart propaganda wat in ons volk se keel afgedwing word.

Daar is vir meer as twee weke geteem oor die video by UV, maar volksmoord en martelings van weerbare ou mense verskyn op bl. 4  van die daaglikse uitgawe. Hoekom word hierdie berigte nie ook holrug gery nie? Hoekom word in hierdie berigte nie ook die ras van die misdadigers genoem nie? Hoekom word hierdie berigte nie ook aangewend as teenpropaganda teen hierdie swart regering nie?

Staan op Volksblad. Staan op Beeld. Julle het nie nodig om agter die liberale mening aan te hardloop nie. Die Boerevolk het julle nog al die jare gedra. Moet nie jou herkoms verag nie. Dit mag dalk jou toekoms bepaal.
Ek hoop dat hierdie stemming wat Volksblad geplaas het die ware gevoel van die volk sal oordra en dat dit Volksblad en Beeld se oë sal oopmaak. Met toe oë storm julle op die afgrond af.

оборудование ценыФильчаков прокурор харьков

Beskaaf vs. barbaars

As 'n mens oor die afgelope 25 jaar terugkyk en jy vergelyk al die kontraste met mekaar, sal jy besef waarom ons voorouers nie in 1834 bereid was om in Kaapstad agter te bly nie; nie bereid was om die knie voor Engeland te buig nie; nie bereid was om met die Xhosas, Zoeloes en al die ander swart volke van Suider-Afrika te vermeng nie; nie die Boererepublieke wou afstaan nie; en waarom ons in 1948 ten gunste van apartheid gestem het; en was ons (die huidige geslagte) ook nie bereid om "JA" vir mnr De Klerk se Nuwe Suid-Afrika te stem nie.

Onderstaande foto het op 24 April 2006 op die voorblad van De Volkskrant in Amsterdam verskyn.

Image 

In Nederland word daar gemiddeld 160 mense per jaar vermoor.  In 90% van alle gevalle van geweldsmisdaad, is buitelanders daarvoor verantwoordelik.  Van daardie buitelanders is 80% Marokkane.  ('n Mens kan dus die afleiding maak dat, sonder die klomp onwettige immigrante, daar byna geen ernstige misdaad in daardie land sou wees nie).

Dit is die verskil tussen beskaafdheid en barbaarsheid.

Ek kan julle (die lesers) verseker, so-iets is nie in die Nuwe Suid-Afrika moontlik nie.

Op die foto kan gesien word hoedat duisende Nederlanders 'n "Stille Mars" neem, nadat 'n moord gepleeg is.  Toe Theo van Gogh vermoor is, het die Nederlanders nie soos die Arabiere, of soos die swartes in Suid-Afrika, klippe gegooi, motorbande aan die brand gesteek, motors omgekeer, onskuldige winkeleienaars se winkels geplunder, en algehele chaos en vernietiging veroorsaak nie.  NEE!!! Hulle het op 'n staptoer deur die dorpe en deur die stede gegaan.  In die voorste ry is gewoonlik geestelikes, daarna familielede van slagoffers, en dan volg die gemeenskap.

Op hierdie foto kan gesien word dat die skare deur slegs een polisieman "gelei" word.  Die Nederlanders is beskaafde mense wat nie nodig het om deur duisende gewapende polisiemanne opgepas te word nie.

Die voorval van 10 dae gelede op Stellenbosch is 'n goeie voorbeeld daarvan, toe tientalle swaar gewapende polisiemanne 3 nagklubs op Stellenbosch bestorm het en ongewapende feesgangers by die Afrikaanse Kunstefees, met brute geweld hanteer het.  Dit, is die verskil tussen beskaafdheid en barbarisme.

Die plaasaanvalle wat onverpoosd voortduur en toeneem, kry geen mediadekking oorsee nie, maar die gebeure in Bloemfontein, Swartruggens, ens., is op koerante se voorblaaie wêreldwyd.

двери в саунуАлександр Фильчаков

Selfs skuldinvorderaars weet van Orania

Die vraag of Orania 'n plek van isolasie is, is dié vraag wat ek die heel meeste hoor wanneer ek met vreemdelinge oor my betrokkenheid by Orania gesels; ook gedurende my besoek aan Europa van die laaste paar maande.
Ek moet erken dat dit 'n beeld is wat heel maklik in die geestesoog opgeroep kan word. Die Karoo met haar uitgestrekte vlaktes, gesteur alleen deur die kronkelende watermassa van die Oranje en die sterresimfonie wat snags uit die helderblou van elke dag ontplof, kán 'n mens klein, nietig en alleen voor God se skepping laat voel.

Hierdie grote landskap máák 'n impak op menswees; dit het die denke en werke van ons voorste kunstenaars gevorm en gesmee. C.J. Langenhoven, N.P. van Wyk Louw, W.E.G. Louw, Ingrid Jonker, Coenie de Villiers, Gert Vlok Nel, om maar net enkeles te noem, dra elkeen die stof van hierdie grond aan hulle voete.

Tog kan ek slegs uit eie ervarig skryf oor Orania en die persepsies van isolasie. Om dit vir u te temper, gaan ek my betrokkenheid by Orania ietwat toelig.

As afgevaardigde van my Hoërskool in die Vrystaat, het ek die ATKV se jeugberaad te Barkley-Wes in my graad 11 jaar bygewoon, waar ook prof. Carel Boshoff, grondlegger van Orania, die geleentheid gehad het om met ons klomp jonges van regoor die land te gesels oor die toekoms én oor drome.

Ek is terug skool toe, het gematrikuleer, by Tukkies gaan studeer en die werksmark in Johannesburg betree. My nuuskierigheid was egter geprikkel en ek het periodiek met die Oraniërs kontak gemaak. In die proses is hegte vriendskapsbande gesmee en ek het besluit om al meer by Orania betrokke te raak.

My ervaring van Orania is dié van 'n dorp. 'n Dorp wat bietjie meer as 'n uur se ry van sy naaste groot lughawe en die res van die wêreld af is. 'n Dorp wat bo en behalwe vir die gewone toegang tot Telkom, Vodacom, MTN en Cell C, ook toegang het tot breëband internet d.m.v. 'n Wi-Fi netwerk. 'n Plek waar Kalahari enige DVD kan aflewer wat nie by die plaaslike video-winkels beskikbaar is nie. 'n Plek waar ek Gillette-skeerlemme tjies kan koop en waar die Landbouweekblad, Volksblad, Huisgenoot, Sarie, People, Men's Health, Avo en Cosmopolitan op tyd beskikbaar is. Dstv is teen die normale intekentariewe beskikbaar en Engels is 'n verpligte vak in Orania se skole.

Op Orania het ek in die laaste jaar Afrikaner joernaliste gesien. Ek het swart joernaliste van die SAUK en Business Day gesien. Ek het Nederlandse vryskutjoernaliste gesien. Ek het selfs Arabiese joernaliste van Al Jazeera gesien. Gedurende dieselfde tydvak het Bok van Blerk, Chris Chameleon, Elizma Theron, Adam Tas, Beeskraal, André Swiegers, Prescilla Talbot en Klopjag lewendige vertonings vir die dorpsmense gelewer.

In Desembervakansies bars Orania uit sy nate. Die mooi rivier, groot skoon swembaddens, bosveldklimaat en veilige omgewing lok gesinne van regoor die land en elkeen bring hul stories, glimlagte en trane saam.

Heelwat besighede is op Orania gevestig. Die meer suksesvolles sluit dienstegedrewe ondernemings in, wat deur moderne kommunikasie- en logistieke tegnologieë hul kliënte van regoor die wêreld diensbaar is. Dit sluit onder meer firmas in die argitektuur- , batebestuur-, SAP programmerings- en rekenmeestersbedrywe in.

Selfs diegene wat gehoop het dat Orania wél 'n plek van isolasie is, het hul rieme styfgeloop. Skuldinvorderaars en prokureurs in die res van die land weet blykbaar tog ook wáár Orania is.

'n Ander oorsaak van die persepsie van isolasie, is waarskynlik Orania se verklaarde doelstelling: "Om 'n tuiste vir die Afrikaner en sy kultuur te wees". Dit kan onwillekeurig die beelde van "laertrek" deur mens se gedagtes laat flits.

Ek beleef Orania egter anders. Die dorp het nie 3 meter hoë mure nie. Ook nie hekwagte nie. Besoekers (van welke agtergrond) kom en gaan ongestoord.

Die vraag kan dan seker gevra word of dit alles nie bots met Orania se doelwit nie? Hoe kan Orania Afrikaners én hul kultuur beskerm sonder om laer te trek?

Soos hier in Europa en oral oor in die wêreld heen, is dit 'n geval van demografie. Die oorgrote van Nederland se universiteite en skole is enkelmedium Nederlands, al bevind die landjie homself reg tussen die taalreuse van Engeland, Frankryk en Duitsland. Al is twee van Nederland se buurtale, "wêreldtale" en al is daar nie enige fisiese grense tussen Nederland, Frankryk en Duitsland nie.

Nederland kry dit reg bloot omdat die meerderheid mense wat in Nederland woon, Nederlands-taliges is. Indien daar 'n meerderheid Engelstaliges in Nederland gewoon het, sou die taal van die howe, skole, universiteite en parlement Engels gewees het.

Dieselfde geld ook vir Suid-Afrika. Omdat daar 'n meerderheid Afrikaners in Orania woon, beskik Orania oor twee Afrikaansmedium hoërskole. En hoewel Oraniërs nie minder van die res van die wêreld beleef as byvoorbeeld die mense van Ermelo nie, beskik Ermelo nie meer oor 'n enkelmedium Afrikaanse hoërskool nie, omdat die Afrikaners wat in Ermelo woon, slegs 'n minderheid is.

Laastens kán die keuse om Orania te steun, as 'n keuse van eksklusiwiteit en weerstand teen Suid-Afrika in die geheel gïnterpreteer word, wat momentem aan die persepsies van isolasie gee. Tog betaal die inwoners steeds hul belastings aan SARS terwyl die gemeenskap daadwerklik poog om ander ontwikkelende gemeenskappe in die land by te staan, deur hulle uit te nooi om Orania te besoek en die ontwikkelingsprojek te daar te bestudeer. In hierdie verband besoek Oraniërs self ook graag ander gemeenskappe, binne en buite Suid-Afrika. Anders as by eksklusiewe vergaderings soos dié van byvoorbeeld die Black Journalist Forum, lê Orania oop vir enige nuuskierige om besoek in af te lê.
Soos in Nederland, Engeland, Frankryk en Kosovo, is dit aanvaarbaar om deel van 'n meerderheidsgroep in 'n spesifieke gebied te wees. 'n Liefde vir die eie, beteken nie 'n afkeur van ander nie. Dit lei ook nie tot isolasie nie. Inteendeel, dit is die enkele rede waarom die mensdom oor haar ongelooflike kulturele diversiteit beskik wat ons almal ryker laat, terwyl ons deelneem aan die internasionale simfonia.

U kan my waarskynlik daarvan beskuldig dat ek nie heeltemal objektief oor Orania is nie, maar watter persoon kan hom/haarself tot so 'n mate verraai om geheel en al objektief te skryf?

Oscar Wilde het geskryf: "We're all lying in the gutter, but some of us are looking up at the stars."

Orania is 'n dorp met die hart van 'n stad.

освобождение от физкультурылобановский обыск

Kovsies staak hul studies

Image

Kovsies

R.C. Malherbe en Schalk van der Merwe, albei studente in hulle finale jaar en albei inwoners van Reitz-kamerwonings op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat, het hul studies gestaak.

Albei was betrokke was by die vervaardiging van die omstrede video wat wêreldwyd opslae gemaak het.

Die ander twee het hulle studies einde verlede jaar voltooi.

Hulle sê in ’n brief aan die rektor dat hul besluit hoofsaaklik in die belang van die universiteit geneem is.

Hulle glo die besluit om hul studies te staak sal bydra om die huidige toestand op die UV-kampus te laat bedaar.

cветодиодный светильниктопкарго