Die volgende uittreksels het ek gekry uit “ Shuters Economic and Management Sciences” for Grade 8 wat gedurende 2000 uitgegee is:

Die volgende hoofstuk gaan oor “South African economics today” waarin geskryf word dat die ekonomie baie verander het sedert 1994 en dat die doel van die huidige regering is om aan die behoeftes te voorsien van al die mense in die land – nie net aan ’n sekere hoeveelheid mense nie. Daar word verder geskryf dat daar ’n nuwe wet “the Basic Conditions of Employment Act” ingestel is om al die werknemers gelyk te behandel en dat “Affirmative Action” die wanbelans van die verlede gaan aanspreek.
Daar word spesifiek melding gemaak van organisasies soos ESKOM en YSKOR wat geprivatiseer gaan word en dat die huidige regering meer neig tot ’n kapitalistiese sisteem.
In ’n Engelse taalhandboek wat in 1999 gepublseer is, word die energiekisis alreeds bespreek en word pertinent genoem dat bepaal kan word dat gas- en oliereserwes uitgeput sal wees teen die middel van die 21ste eeu terwyl steenkool ’n bietjie langer sal hou.
’n Verslag is ook in dié verband aan die huidige regering geskryf gedurende 1997/8. Waar was die beplanning van die wonderlike regering? En wat beteken die stelling nou: “If you fail to plan, you plan to fail” wat in die skoolhandboek uitgebasuin word? Wat vertel die nuwe eienaars van Eskom aan hulle kinders wat hulle werk verloor vanweë die gedurige “beurtkrag” wat produksie kniehalter en wat vertel hulle aan die families van mense wat op die operasietafel sterf as gevolg van “beurtkrag”? Vir my en vele ander mense dui dit nie op goeie beplanning nie en noudat die skade gedoen is en baie mense met hul vaardighede uit die land is as gevolg van “Affirmative Action”, wil die regering nou buitelanders (natuurlik blankes) “invoer” om die wonderlike beplannende regering se aftakeling van Suid-Afrika te probeer stopsit omdat blank en swart nou saam swaarkry.
Wat die swartmense moet besef, is dat die aanleer van sekere vaardighede baie jare van harde werk en soms baie jare van studie verg. So ’n ruk terug praat ek met ’n jong swart vrou wat graag baie geld wil verdien, maar wat nie lus is om te studeer om dit te kan bereik nie, omdat studie “tydrowend” is.
In ’n verdere stuk sal ek aandag gee aan hoe “Apartheid” in die Engelse taalhandboeke aan kinders in die laerskool aangebied word.
