Die hoofdis vir die meeste Sierre Leoners is rys wat die afgelope twee maande verdubbel het in prys.
Hulle moet nou klaarkom met patats, broodwortel en kassava. Mense glo dat opstande onvermydelik gaan word as die regering nie spoedig optree nie.
Die regering wil plaaslike rysproduksie aanmoedig om die land se afhanklikheid van duur invoere te verminder.
Die hoë koste verbonde aan die aanhou van beeste het veroorsaak dat vleispryse ook die hoogte in geskiet het.
‘n Gewone werker het hierdie week aan die media gesê dat hy vroeg soggens sy huis verlaat om sy honger kinders te vermy.
