Apartheid was nie kwaadwillig

Nie Strijdom, Verwoerd, Vorster of  Botha het geglo dat die stelsel van rasseskeiding en minderheidsregering op die duur sou kon voortbestaan nie. Trouens, geen denkende mens het dit geglo nie.

Om egter by 'n regverdige en werkbare stelsel uit te kom, het meer as die wysheid van Salomo geverg. Erkenning van etnisiteit het die apartheidssisteem se uitgangspunt gevorm, en alles is daarom beplan – want die alternatief sou wees oorheersing van een etniese groep oor 'n ander, met die droewige gevolge wat ons vandag beleef.

Ongelukkig  was die tuislandbeleid / konstellasie van state / federasie / desentralisering nie aanvaarbaar vir die wêreld nie, en is ons gedwing in die huidige gemors in. Natuurlik was apartheid onregverdig. Vandag se bestel waarin minderheidsgroepe uitgelewer is aan die meerderheid, ook. Maar tydens die apartheidsera was daar werklike soeke na 'n beter bestel – die tyd en die wêreldgees het ons egter ingehaal voor ons by 'n oplossing was.

Om egter aan die "apartheidsleiers" blindelings kwaadwilligheid, rassisme en gemeenheid toe te dig, is ver van die werklikheid. Hulle was meesal  mense wat ook maar met menslike tekortkominge eerlik na 'n uitweg uit 'n oorgeërfde dilemma probeer soek het. Nie een van hulle was boos in die sin van 'n Stalin of Hitler nie. (Ferdi Greyling noem apartheid "rasgedrewe fascisme", maar fascisme is volgens die HAT 'n "anti-parlementêre staatstelsel waar die wetgewende en uitvoerende mag by 'n diktator berus". Die term "Fascisme" het mettertyd die kommuniste se veeldoel-skelwoord vir alle nie-kommunistiese gedagtes geword, en die gebruik daarvan in hierdie konteks is niksseggend.)

Die gedurige gekerm van Kollapen en sy trawante gaan nie soseer oor werklike of gewaande onregte nie; dit gaan oor 'n kondisioneringsproses om alle weerstand, trots en selfstandigheid by wittes te ondermyn totdat ons wittes op 'n willose ekskuus-dat-ek-leef manier ons knegskap aanvaar. Ek aanvaar hoegenaamd nie dat Kollapen "…'n man van beginsels…" is nie – hy is maar net nog 'n opportunistiese klein gifsaaier wat iewers na 1994 uit die houtwerk uitgekruip het, en wie se eensydige geteem teen die "wittes" geen geloofwaardigheid het nie.

Persoonlik weier ek om vir enigiets voor 1994 om verskoning te vra.

светильники mdmФільчаков Олександр Васильович прокурор