Uitslag van plaaslike verkiesing in ANC se guns

08:52:01 Die ANC het ‘n plaaslike verkiesing gewen wat Woensdag in die Alexandra-woongebied gehou is.

 

 Die party het gewen met 1125 stemme, gevolg deur die IVP met 423 stemme en die UDM met 49 stemme, het Gauteng-woordvoerder Nkenke Kekana gesê.

Die verkiesing is gehou ná die dood van ‘n ANC-raadslid wat in ‘n motorongeluk dood is. Duna Madise is die nuwe raadslid ná die verkiesing.    

лестницы наЛобановский

Vrystaatse ANC-lid bedank

17:20:53 'n Lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee en voormalige Vrystaatse sekretaris, Charlotte Lobe, het Woensdag vanuit die party bedank.

Lobe het ook as ANC-lid van die Vrystaatse wetgewer bedank. Sy het in Februarie vanjaar haar pos as provinsiale partysekretaris laat vaar en het aangedui dat sy nie kon saamstem met die manier waarop die ANC organisatoriese kwessies gehanteer het nie.

Woensdag het Lobe gesê dat sy vanuit die party om dieselfde redes bedank.

Sy het nie in Februarie vanuit die ANC bedank nie omdat sy oortuig was die NUK sou die kwessies wat deur provinsiale strukture geopper is, aanspreek. "Die NUK het altyd met dieselfde mense ontmoet en het nooit die probleme aangespreek nie."

Lobe het gesê sy is tot die ANC aangetrek vanweë sekere norme en standaarde, maar dat sy nie oortuig was dat die party langer sodanige standaarde nakom nie. Sy kon haar nie lange met die manier waarop dinge gedoen word, vereenselwig nie. "

"Terwille van myself en my gewete, gaan ek eerder by diegene aansluit wat hulself uispreek en alternatiewe maniere vind om die grondwet van Suid-Afrika te beskerm," het sy gesê. Lobe was van mening dat 'n verdeelde organisasie nie Suid-Afrika kon verenig nie.

 

 

тамбов оборудованиеФильчаков Александр Васильевич

Jacob zoem in met TV-onderhoud

Image

Jacob Zuma

17:27:03 Die ANC-president, Jacob Zuma, sal na verwagting vanaand op televisie verskyn om die wegbreekfaksie uit die regerende party te bespreek, volgens partybronne.

 

Dit volg ná die bedanking van Sam Shilowa en voormalige voorsitter van die ANC, Mosiuoa Lekota, albei voorheen sleutelfigure in die party.

Die ANC-woordvoerder, Brian Sokutu, sê Zuma het huisbesoeke aan die Wes-Rand kortgeknip om 'n nasionale uitvoerende komiteevergadering oor die toekoms van Lekota en ander opstandiges in die party te bespreek.

Zuma sal na verwagting die wegbreekfaksie bespreek, asook "gedagtes oor die organisasie en uitdagings wat die organisasie in die gesig staar".

Lekota en sy voormalige verdedigingsadjunk, Mluleki George, het verlede week gesê hulle is besorg dat die party wegbeweeg het van die oprigtingsbeginsels daarvan, veral op die manier waarop die party en sy geaffilieerdes hulle ondersteuning vir Zuma aangedui het terwyl hy nog ondersoek is vir beweerde korrupsie.

Lekota het 'n nasionale konvensie voorgestel om te peil hoe mense regtig voel oor verwikkelinge in die ANC. Dit sluit die verwydering van Thabo Mbeki as president in, nadat 'n hofbeslissing aanklagte teen Zuma tersyde gestel het.

Vroeër vandag het Shilowa, die voormalige premier van Gauteng wat ter ondersteuning van Mbeki bedank het, 'n datum, die 2de November, vir die konvensie vasgestel en gesê dit kan tot 'n nuwe politieke party lei.

Die uitsending van vanaand se onderhoud met Mbeki is geskeduleer vir 18h30 op SABC 1.

Politieke ontleder Steven Harper sê dat die lesse van Afrika leer dat enige iets in só 'n onderhoud moontlik is.

"Hy sal seker nie," het Harper gesê, "maar as Zuma vanaand 'n eenpartystaat afkondig, sal dit my nie vir 'n oomblik verbaas nie."

pedrollo насосданильченко юрій Харків

Lekota en Shilowa span saam vir konvensie oor nuwe party

17:35:29 ‘n Nasionale konvensie wat kan aanleiding gee tot die stigting van ‘n nuwe party deur ontnugterde ANC-lede word vir November beplan, het voormalige Gauteng-premier, Mbhazima Shilowa, vandag gesê.

 

 

Shilowa, wat Lekota se idees vir so 'n konvensie ondersteun, is die sameroeper vir die konvensie wat oop die 2de November beplan word by ‘n plek wat nog afgekondig moet word.

Shilowa het gesê dat hy lank gedink het oor die saak, en het besluit om met onmiddellike ingang uit die ANC te bedank. Hy het homself verder ook gewillig verklaar om die konvensie te reël op voltydse basis, in samewerking met Mosiuoa Lekota en ander kamerade.

Hy verwag dat die ANC hom ook sal slegmaak, en met sinspeling op Zuma se stelling dat dit koud is buite die ANC het hy gesê dat meeste mense sal vind dat Suid-Afrika ‘n sonskynland is.

Shilowa het op 29 September bedank, ‘n week nadat voormalige president Mbeki uit sy pos herroep is deur die ANC.

Hy (Shilowa) gaan eerstens ‘n voorbereidings komitee saamstel uit prominente persone, waarna hulle saam die land gaan deurreis om met verskillende sektore van die samelewing te praat oor hoe om “demokrasie te beskerm en voorspoed te bevorder” in die land.

Hy het lede van die publiek aangemoedig om hulle standpunte na die konvensie te bring, ook dié wat glo die konvensie moet die begin van ‘n nuwe party aankondig.

Gesprekke gaan ook insluit die verkiesingsproses, en die onmiddellike verkiesing van ‘n president, pleks daarvan dat die nasionale president deur die party verkies word.

Indien ‘n party gestig word, gaan dit harde werk wees om takke te stig en partylyste saam te stel, wat natuurlik die gewone twis onder mekaar tot gevolg het.

Hy het gespot dat hy nou net een man is met ‘n selfoon, maar hy beplan om die eerste van die voorkonvensiegesprekke op Vrydag, 17 Oktober te hou by sy tuisdorp, Olifantshoek, in die Limpopo-provinsie.

Op ‘n vraag van wie die konvensie lei, het hy geantwoord dat hy en Lekota saam aan die stuur is.

Lekota het gesê dat hy bekommerd was omdat die ANC afgewyk het van die beginsels in die vryheidsverklaring op die manier waarop hulle teen die vervolging van Zuma beswaar gemaak het tydens die korrupsiesake.

Dié klagte is deur die Pietermaritzburgse Hooggeregshof ter syde gestel en Mbeki is gedwing om te bedank op ‘n manier wat Shilowa en Lekota in die openbaar bevraagteken het.

Die ANC het Lekota se bedankings verwelkom en gesê dié gedrag is onaanvaarbaar en onwelkom. Die party gaan na bewering ‘n radikale besluit omtrent Lekota se toekoms in die party neem in ‘n vergadering wat op Woensdag moet plaasvind.

UDM-leier, Bantu Holomisa, wat self ook uit die party geskors is vanweë ‘n partydispuut, sê hy is geskok oor die dreigement, aangesien dit ‘n atmosfeer vir geweld en vyandigheid skep.

Shilowa se politieke loopbaan strek oor baie jare, van voor die ANC se verbanning omgekeer is, daarna sekretarisgeneraal van Cosatu, ‘n lid van die SAKP se sentrale komitee en ook as onderhandelaar by die konvensie vir ‘n demokratiese Suid-Afrika.

Shilowa sê die mense is te  besig met die ANC se interne sake, maar voeg by dat hoewel die ANC ‘n metode is om verandering te bring, daar ook ’n breër samelewing is.

Op die vraag oor sy vrou, Wendy Luhabe, se politieke affiliasie, het hy gesê sy is intelligent genoeg om haar eie besluite te neem.                   

free onlineОлександр Васильович Фільчаков

70 dood in lugaanval op Taliban

16:44:31 ‘n Afghaanse regeringsbeampte het Woensdag gesê dat internasionale vegvliegtuie ‘n vergaderpunt van Talibanvegters en ander militante lede op die suidelike grens met Pakistan aangeval het, met soveel as 70 mense wat in die bomaanval gesterf het.

Die internasionale sekerheidshulpmagte kon nie bevestig dat hulle vliegtuie in die aanval betrokke was nie terwyl die Amerikaans geleide koalisiemagte bevestig het dat hulle nie betrokke was nie.  

Die buitelandse magte het die Taliban-byeenkoms in Baram Chad aangeval en tot 70 vegters, meestal buitelanders, is in die aanval dood, het Daud Ahmadi, regeringswoordvoerder vir die Helmandprovinsie gesê.  

иг ры для детейтопкарго отзывы

Motorverkope in Europa kry erge knou

Image15:53:11 Hoë brandstofpryse en verskerpte ekonomiese onsekerheid het veroorsaak dat Europese motorverkope skerp gedaal het in September.  Die industrievereniging het gesê dat voertuigregistrasies op die laagste vlak in ‘n dekade is.

Jaarlikse registrasies het gedaal met 8,2 % verlede maand, het die Europese Voertuigvervaardigersvereniging gesê. Dis te wyte aan die nadraai van die globale finansiële krisis wat Europa ook tref.

Kliënte is toenemend huiwerig om groot uitgawes te maak, en vind dit ook moeiliker om finansiering te verkry vir groot aankope, het die vereniging gesê. Syfers vir verkope in BMW, General Motors en ander vervaardigers vanuit die Ooste het almal gedaal.

Wat die daling buitengewoon gemaak het, is die feit dat motorverkope normaalweg ná die stadiger somermaande gestyg het. Voertuigregistrasies is af met 4,4 % gedurende die eerste nege maande van die jaar, vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar, het die vereniging gesê.

Die daling in registrasies bevestig die feit dat die markomstandighede vererger, soos die nadraai die voertuigvervaardigers begin tref.

General Motors se verkope het met 18,1 % gedaal, terwyl BMW , die wêreldleier in luuksemotors, se verkope met 15,4 % gedaal het. Toyota het met 6,8 % gedaal en ander Oosterse vervaardigers se syfers het ook sterk dalings getoon.

Kia, Mitsubishi en Honda het onderskeidelik met 13,3%, 27,1 % en 26,3 % gedaal.

Die vereniging se 7,8%-styging in Sentraal-Europa is teengewerk met ‘n 9,3%-daling in sommige Wes-Europese markte.

Gedurende die eerste 9 maande van die jaar het nuwe motorregistrasies in die Sentraal-Europagebied met 3% gestyg, vanweë die vertoning van markte in Pole en die Tsjeggiese republiek, wat onderskeidelik met 8,8% en 10,4 % gestyg het.

In dieselfde tyd is voertuigregistrasies 5% laer in Wes-Europa in die tydperk van Januarie tot September, grootliks as gevolg van laer verkope in Spanje (22%), Italië (11,3%) en Brittanje (7,5%).

Ekonome glo dat al drie dié lande ‘n resessie in die gesig staar.

купить детские прорезыватели для зубовtopcargo отзывы сотрудников

Shell moet grond aan mense oorhandig, s? Nigeriese hof

14:15:19 ‘n Nigeriese hof het Shell beveel om grond rondom sy groot Bonny-olie-terminaal aan die plaaslike bevolking te oorhandig.

Dit was deel van ‘n sleutelverwagting van rebelle in die reeds plofbare omgewing, het die Anglo-Nederlandse groep Woensdag gesê.    

free games.co.ukДанильченко Юрий Харьков

Motorstropery gevind in Kew-nedersetting

13:48:18 ‘n 32-jarige man is Woensdag in hegtenis geneem nadat die polisie ses gesteelde of gekaapte voertuie in sy werkswinkel in die Kew-informele nedersetting naby Bramley in Gauteng gekry het.

Inspekteur Moses Maphakela het gesê dat die polisie ‘n wenk gekry het van lede van die gemeenskap aangaande ‘n beweerde motorstropery in 3destraat in die Kew-nedersetting.

Toe die polisie opdaag, het hulle 4 Golfs gekry, asook ‘n Nissan Sentra en ‘n Caravelle.

By die nagaan van die voertuie se onderstelnommers  is daar bevind dat sommige van die goedere gesteel is, terwyl ander in die Gauteng-omgewing gekaap is.

Die man is gearresteer en behoort binnekort in die Wynbergse Landdroshof te verskyn op aanklagte van die besit van gesteelde voertuie en gesteelde voertuigonderdele, het Maphakela gesê.   

генератор арендаДанильченко Юрий отзывы

Zuma skop verkiesingsveldtog in Sebokeng af

Jacob Zuma sê die ANC is groter as een individu. Hy het gister honderde lede van Numsa by die vakbond se nasionale kongres in Johannesburg toegespreek. Hy het bygevoeg dat rebelle soos Lekota "gestraf sal word".

Hy het gesê die ANC kan nie toelaat dat mense wat bitter is oor die uitkoms van demokratiese prosesse binne die party, onmin en tweespalt saai nie.

Zuma het net na sy toespraak aan vakbondlede, die ANC se verkiesingsveldtog afgeskop in Sebokeng, suid van Johannesburg. 'n Aantal inwoners het hom en sy volgelinge verwelkom by sy aankoms, terwyl ander weer met hulle dagtaak voortgegaan het.

Zuma het agter op 'n bakkie gestaan om die inwoners toe te spreek. Hy het 'n beroep gedoen op almal om vir die 2009 verkiesing te registreer sodat die ANC 'n "skoonskipoorwinning" kan behaal. Hy het gesê dit sal onmoontlik wees om só 'n oorwinning te behaal indien mense nie registreer om te stem nie.

Die leier van die ANC is daarna versoek om sy bekende Mshini wami te sing.

магазины игрушек киевДанильченко Харьков

Shilowa bedank uit ANC

Image

Sam Shilowa

08:47:44 Die voormalige Gauteng-premier Sam Shilowa het sy bedanking vanuit die ANC ingedien, het die party se woordvoerder Jesse Duarte Woensdag gesê.

"Die bedankingsbrief is gisteraand laat (Dinsdag) ingedien," het Duarte gesê.

"Hy (Shilowa) het sy bedanking by die sekretaris van die provinsie ingedien en blykbaar gaan hy vandag 'n aankondiging maak, waarskynlik om ons in kennis te stel dat hy by 'n nuwe politieke party aansluit.

"Ons het dit verwag. Dis geen verrassing vir die ANC nie. Ons het geweet dat hy dit gaan doen," het Duarte bygevoeg.

Sy het gesê dat die ANC ook die bedanking van twee LUR'e in die Ooskaap te wagte was.

"Natuurlik sal ons gereed wees om hulle dadelik te vervang," het Duarte gesê.

Maandag het die ANC se nasionale dagbestuur besluit om Terror Lekota, die voormalige minister van verdediging, asook sy vorige adjunk, Mluleki George, te skors. (Sien vorige berig.)

casino slotsОлександр Васильович Фільчаков