Jacob zoem in met TV-onderhoud

Image

Jacob Zuma

17:27:03 Die ANC-president, Jacob Zuma, sal na verwagting vanaand op televisie verskyn om die wegbreekfaksie uit die regerende party te bespreek, volgens partybronne.

 

Dit volg ná die bedanking van Sam Shilowa en voormalige voorsitter van die ANC, Mosiuoa Lekota, albei voorheen sleutelfigure in die party.

Die ANC-woordvoerder, Brian Sokutu, sê Zuma het huisbesoeke aan die Wes-Rand kortgeknip om 'n nasionale uitvoerende komiteevergadering oor die toekoms van Lekota en ander opstandiges in die party te bespreek.

Zuma sal na verwagting die wegbreekfaksie bespreek, asook "gedagtes oor die organisasie en uitdagings wat die organisasie in die gesig staar".

Lekota en sy voormalige verdedigingsadjunk, Mluleki George, het verlede week gesê hulle is besorg dat die party wegbeweeg het van die oprigtingsbeginsels daarvan, veral op die manier waarop die party en sy geaffilieerdes hulle ondersteuning vir Zuma aangedui het terwyl hy nog ondersoek is vir beweerde korrupsie.

Lekota het 'n nasionale konvensie voorgestel om te peil hoe mense regtig voel oor verwikkelinge in die ANC. Dit sluit die verwydering van Thabo Mbeki as president in, nadat 'n hofbeslissing aanklagte teen Zuma tersyde gestel het.

Vroeër vandag het Shilowa, die voormalige premier van Gauteng wat ter ondersteuning van Mbeki bedank het, 'n datum, die 2de November, vir die konvensie vasgestel en gesê dit kan tot 'n nuwe politieke party lei.

Die uitsending van vanaand se onderhoud met Mbeki is geskeduleer vir 18h30 op SABC 1.

Politieke ontleder Steven Harper sê dat die lesse van Afrika leer dat enige iets in só 'n onderhoud moontlik is.

"Hy sal seker nie," het Harper gesê, "maar as Zuma vanaand 'n eenpartystaat afkondig, sal dit my nie vir 'n oomblik verbaas nie."

pedrollo насосданильченко юрій Харків