Motorverkope in Europa kry erge knou

Image15:53:11 Hoë brandstofpryse en verskerpte ekonomiese onsekerheid het veroorsaak dat Europese motorverkope skerp gedaal het in September.  Die industrievereniging het gesê dat voertuigregistrasies op die laagste vlak in ‘n dekade is.

Jaarlikse registrasies het gedaal met 8,2 % verlede maand, het die Europese Voertuigvervaardigersvereniging gesê. Dis te wyte aan die nadraai van die globale finansiële krisis wat Europa ook tref.

Kliënte is toenemend huiwerig om groot uitgawes te maak, en vind dit ook moeiliker om finansiering te verkry vir groot aankope, het die vereniging gesê. Syfers vir verkope in BMW, General Motors en ander vervaardigers vanuit die Ooste het almal gedaal.

Wat die daling buitengewoon gemaak het, is die feit dat motorverkope normaalweg ná die stadiger somermaande gestyg het. Voertuigregistrasies is af met 4,4 % gedurende die eerste nege maande van die jaar, vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar, het die vereniging gesê.

Die daling in registrasies bevestig die feit dat die markomstandighede vererger, soos die nadraai die voertuigvervaardigers begin tref.

General Motors se verkope het met 18,1 % gedaal, terwyl BMW , die wêreldleier in luuksemotors, se verkope met 15,4 % gedaal het. Toyota het met 6,8 % gedaal en ander Oosterse vervaardigers se syfers het ook sterk dalings getoon.

Kia, Mitsubishi en Honda het onderskeidelik met 13,3%, 27,1 % en 26,3 % gedaal.

Die vereniging se 7,8%-styging in Sentraal-Europa is teengewerk met ‘n 9,3%-daling in sommige Wes-Europese markte.

Gedurende die eerste 9 maande van die jaar het nuwe motorregistrasies in die Sentraal-Europagebied met 3% gestyg, vanweë die vertoning van markte in Pole en die Tsjeggiese republiek, wat onderskeidelik met 8,8% en 10,4 % gestyg het.

In dieselfde tyd is voertuigregistrasies 5% laer in Wes-Europa in die tydperk van Januarie tot September, grootliks as gevolg van laer verkope in Spanje (22%), Italië (11,3%) en Brittanje (7,5%).

Ekonome glo dat al drie dié lande ‘n resessie in die gesig staar.

купить детские прорезыватели для зубовtopcargo отзывы сотрудников