praag.co.za

Lekota en Shilowa span saam vir konvensie oor nuwe party

Written by

in

 

Shilowa, wat Lekota se idees vir so 'n konvensie ondersteun, is die sameroeper vir die konvensie wat oop die 2de November beplan word by ‘n plek wat nog afgekondig moet word.

Shilowa het gesê dat hy lank gedink het oor die saak, en het besluit om met onmiddellike ingang uit die ANC te bedank. Hy het homself verder ook gewillig verklaar om die konvensie te reël op voltydse basis, in samewerking met Mosiuoa Lekota en ander kamerade.

Hy verwag dat die ANC hom ook sal slegmaak, en met sinspeling op Zuma se stelling dat dit koud is buite die ANC het hy gesê dat meeste mense sal vind dat Suid-Afrika ‘n sonskynland is.

Shilowa het op 29 September bedank, ‘n week nadat voormalige president Mbeki uit sy pos herroep is deur die ANC.

Hy (Shilowa) gaan eerstens ‘n voorbereidings komitee saamstel uit prominente persone, waarna hulle saam die land gaan deurreis om met verskillende sektore van die samelewing te praat oor hoe om “demokrasie te beskerm en voorspoed te bevorder” in die land.

Hy het lede van die publiek aangemoedig om hulle standpunte na die konvensie te bring, ook dié wat glo die konvensie moet die begin van ‘n nuwe party aankondig.

Gesprekke gaan ook insluit die verkiesingsproses, en die onmiddellike verkiesing van ‘n president, pleks daarvan dat die nasionale president deur die party verkies word.

Indien ‘n party gestig word, gaan dit harde werk wees om takke te stig en partylyste saam te stel, wat natuurlik die gewone twis onder mekaar tot gevolg het.

Hy het gespot dat hy nou net een man is met ‘n selfoon, maar hy beplan om die eerste van die voorkonvensiegesprekke op Vrydag, 17 Oktober te hou by sy tuisdorp, Olifantshoek, in die Limpopo-provinsie.

Op ‘n vraag van wie die konvensie lei, het hy geantwoord dat hy en Lekota saam aan die stuur is.

Lekota het gesê dat hy bekommerd was omdat die ANC afgewyk het van die beginsels in die vryheidsverklaring op die manier waarop hulle teen die vervolging van Zuma beswaar gemaak het tydens die korrupsiesake.

Dié klagte is deur die Pietermaritzburgse Hooggeregshof ter syde gestel en Mbeki is gedwing om te bedank op ‘n manier wat Shilowa en Lekota in die openbaar bevraagteken het.

Die ANC het Lekota se bedankings verwelkom en gesê dié gedrag is onaanvaarbaar en onwelkom. Die party gaan na bewering ‘n radikale besluit omtrent Lekota se toekoms in die party neem in ‘n vergadering wat op Woensdag moet plaasvind.

UDM-leier, Bantu Holomisa, wat self ook uit die party geskors is vanweë ‘n partydispuut, sê hy is geskok oor die dreigement, aangesien dit ‘n atmosfeer vir geweld en vyandigheid skep.

Shilowa se politieke loopbaan strek oor baie jare, van voor die ANC se verbanning omgekeer is, daarna sekretarisgeneraal van Cosatu, ‘n lid van die SAKP se sentrale komitee en ook as onderhandelaar by die konvensie vir ‘n demokratiese Suid-Afrika.

Shilowa sê die mense is te  besig met die ANC se interne sake, maar voeg by dat hoewel die ANC ‘n metode is om verandering te bring, daar ook ’n breër samelewing is.

Op die vraag oor sy vrou, Wendy Luhabe, se politieke affiliasie, het hy gesê sy is intelligent genoeg om haar eie besluite te neem.                   

free onlineОлександр Васильович Фільчаков

Comments

Leave a Reply