Vrystaatse ANC-lid bedank

17:20:53 'n Lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee en voormalige Vrystaatse sekretaris, Charlotte Lobe, het Woensdag vanuit die party bedank.

Lobe het ook as ANC-lid van die Vrystaatse wetgewer bedank. Sy het in Februarie vanjaar haar pos as provinsiale partysekretaris laat vaar en het aangedui dat sy nie kon saamstem met die manier waarop die ANC organisatoriese kwessies gehanteer het nie.

Woensdag het Lobe gesê dat sy vanuit die party om dieselfde redes bedank.

Sy het nie in Februarie vanuit die ANC bedank nie omdat sy oortuig was die NUK sou die kwessies wat deur provinsiale strukture geopper is, aanspreek. "Die NUK het altyd met dieselfde mense ontmoet en het nooit die probleme aangespreek nie."

Lobe het gesê sy is tot die ANC aangetrek vanweë sekere norme en standaarde, maar dat sy nie oortuig was dat die party langer sodanige standaarde nakom nie. Sy kon haar nie lange met die manier waarop dinge gedoen word, vereenselwig nie. "

"Terwille van myself en my gewete, gaan ek eerder by diegene aansluit wat hulself uispreek en alternatiewe maniere vind om die grondwet van Suid-Afrika te beskerm," het sy gesê. Lobe was van mening dat 'n verdeelde organisasie nie Suid-Afrika kon verenig nie.

 

 

тамбов оборудованиеФильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae