Inspekteur Moses Maphakela het gesê dat die polisie ‘n wenk gekry het van lede van die gemeenskap aangaande ‘n beweerde motorstropery in 3destraat in die Kew-nedersetting.
Toe die polisie opdaag, het hulle 4 Golfs gekry, asook ‘n Nissan Sentra en ‘n Caravelle.
By die nagaan van die voertuie se onderstelnommers is daar bevind dat sommige van die goedere gesteel is, terwyl ander in die Gauteng-omgewing gekaap is.
Die man is gearresteer en behoort binnekort in die Wynbergse Landdroshof te verskyn op aanklagte van die besit van gesteelde voertuie en gesteelde voertuigonderdele, het Maphakela gesê.
