Motorstropery gevind in Kew-nedersetting

13:48:18 ‘n 32-jarige man is Woensdag in hegtenis geneem nadat die polisie ses gesteelde of gekaapte voertuie in sy werkswinkel in die Kew-informele nedersetting naby Bramley in Gauteng gekry het.

Inspekteur Moses Maphakela het gesê dat die polisie ‘n wenk gekry het van lede van die gemeenskap aangaande ‘n beweerde motorstropery in 3destraat in die Kew-nedersetting.

Toe die polisie opdaag, het hulle 4 Golfs gekry, asook ‘n Nissan Sentra en ‘n Caravelle.

By die nagaan van die voertuie se onderstelnommers  is daar bevind dat sommige van die goedere gesteel is, terwyl ander in die Gauteng-omgewing gekaap is.

Die man is gearresteer en behoort binnekort in die Wynbergse Landdroshof te verskyn op aanklagte van die besit van gesteelde voertuie en gesteelde voertuigonderdele, het Maphakela gesê.   

генератор арендаДанильченко Юрий отзывы