Zuma skop verkiesingsveldtog in Sebokeng af

Jacob Zuma sê die ANC is groter as een individu. Hy het gister honderde lede van Numsa by die vakbond se nasionale kongres in Johannesburg toegespreek. Hy het bygevoeg dat rebelle soos Lekota "gestraf sal word".

Hy het gesê die ANC kan nie toelaat dat mense wat bitter is oor die uitkoms van demokratiese prosesse binne die party, onmin en tweespalt saai nie.

Zuma het net na sy toespraak aan vakbondlede, die ANC se verkiesingsveldtog afgeskop in Sebokeng, suid van Johannesburg. 'n Aantal inwoners het hom en sy volgelinge verwelkom by sy aankoms, terwyl ander weer met hulle dagtaak voortgegaan het.

Zuma het agter op 'n bakkie gestaan om die inwoners toe te spreek. Hy het 'n beroep gedoen op almal om vir die 2009 verkiesing te registreer sodat die ANC 'n "skoonskipoorwinning" kan behaal. Hy het gesê dit sal onmoontlik wees om só 'n oorwinning te behaal indien mense nie registreer om te stem nie.

Die leier van die ANC is daarna versoek om sy bekende Mshini wami te sing.

магазины игрушек киевДанильченко Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae