Grondhervorming? Hongersnood agterna gewaarborg

Image15:59:37 Dit lyk asof linkse groepe begin terugdeins van grondhervorming. Volgens die VN (lank 'n vyand van Suider-Afrikaanse blankes), "forseer ‘n kombinasie van politieke onrus, hoër voedselpryse en die regerende party se mislukking oor die laaste 14 jaar om apartheid se nalatenskap te herstel, die saak van grondhervorming weer heel bo-aan die agenda net 'n paar maande voor Suid-Afrika se volgende demokratiese verkiesing".

In 1994 het die regering die beginsel van gewilligekoper-en-verkoper aanvaar, na die model wat die Wêreldbank volg. Die model was die markverwante benadering waar die regering minder van ‘n rol gespeel het om die grond, waarvan 87% aan ‘n wit minderheid behoort het, reg te stel.

Die beleid van gewillige koper en verkoper het al baie teenstand binne en buite die regering gekry, en word beskou as die rede dat slegs 5% van grond wat voorheen in blanke besit was nou aan swart Suid-Afrikaners behoort. Die regering het ‘n teiken gestel dat 30% van die grond teen 2014 aan swartes moet behoort.

In onlangse maande was daar grootskaalse veranderinge in die regering, en volgens politieke kommentators het die neiging na links beweeg. Daar is ook tekens dat die regering se vennote groter invloed het oor beleidsrigting.

‘n Tweedae-ekonomieseberaad van die alliansie, ANC, SAKP en Cosatu, het besluit dat Suid-Afrika weer moet terugkeer na sy posisie as voedseluitvoerland en dat grondhervorming versnel moet word.

Die mees onlangse syfers toon dat uitvoere in die laaste 12 maande tot Maart 2008 R33,7 miljard beloop het, terwyl invoere gestyg het tot R 34 miljard.

“Suid-Afrika het verander van ‘n uitvoerland na een wat voedsel moet invoer. Beleid moet verander word om voedselproduksie te verhoog en te beveilig sodat ons met minder invoere kan klaarkom”, het die alliansie gesê.

Volgens statistieke word die toegang tot voedsel in al die provinsies meer van ‘n bekommernis. In KwaZulu-Natal staar 1,2 miljoen van die provinsie se 10 miljoen mense voedselskaarstes in die gesig, en moet hulle met minder as R200 per maand klaarkom. Dít, terwyl die departement van landbou beweer dat die helfte, 5,3 miljoen mense, in armoede lewe.

‘n Skerp styging in voedselpryse van ongeveer 17,8 % tussen Julie 2007 en Julie 2007 het volgens die Nasionale Landboubemarkingsraad vlakke van armoede verder verhoog. Die plaaslike geldeenheid wat waarde verloor het, het ook die probleem vererger.

Die ANC het hom daartoe verbind om teen dié agtergrond die twee sake van voedselproduksie te verhoog en  grondhervorming te versnel.

Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris generaal en SAKP se nasionale sekretaris, het gesê dat daar programme is waarop daar voortgebou kan word, om beide verandering en kontinuïteit te bevorder.

Heel bo-aan die lys van die regering is die planne om die gewilligekoper-en-verkoperbeginsel te skrap. Mantashe het aangedui dat grondhervorming nie kan plaasvind met dié beginsel nie, en dat onteiening ‘n groter rol sal speel vorentoe.

Die ANC en vennote blameer blanke grondeienaars dat hulle te hoë pryse vir die grond wil hê, en dat hulle op dié manier grondhervorming vertraag.

‘n Onlangse verslag van Edward Lahiff van die ekstreem-linkse Program vir land en grondstudies (PLAAS), het verskeie kere die klagte na vore gesien gekom, maar het gesê daar is baie min bewyse wat dié stelling ondersteun.

PLAAS, wat by die universiteit van die Weskaap gestasioneer is, maak melding in die verslag dat baie grondeienaars polities gekant is teen grondhervorming, en dat hulle nie vertroue het in die sisteem nie, veral die slakkepas waarteen onderhandelinge plaasvind en betalings gemaak word. Hulle verkies om aan ander kopers te verkoop waar dit moontlik is.

Alhoewel die regering se vermoë om grond te koop heelwat versterk is, is dit steeds moeilik om die ander kwessies vooraf te weet, soos wie die grond gaan kry, en die aanpassing van die grond by die beoogde nuwe bewoners.

Die verslag noem dat grondonteiening die grond wat beskikbaar is om uit te deel sal vermeerder, en dat die ontvangers dan 'n beter keuse sal hê oor watter grond hulle die beste sal pas. Dit sal ook die vergoeding wat aan die grondeienaars betaalbaar is, verminder.

Suid-Afrika het ongeveer ‘n derde van die getal gronduitbreidingsbeamptes wat nodig is, en 80% van die huidige personeel is nie voldoende opgelei nie.

Die sukses van die benadering gaan afhang van die leiding wat die beamptes kry ten opsigte van watter kategorieë van grond hulle moet teiken, en die manier waarop hulle hul magte sal uitoefen.

Sake wat wel in die hof kan verskyn as gevolg van verskille oor aanbiedings kan wel die saak vertraag, en kan die prys van die grond heelwat opstoot, wat dit dus onwaarskynlik maak dat onteiening die enigste metode sal wees waarop grond bekom word.

Verskeie studies het getoon dat die staat gefaal het om die ontvangers van grond te ondersteun. Hulle het probleme met toegang tot krediet, opleiding, advies, vervoer en ander dienste, en sukkel ook met toegang tot inset- en produktemarkte.

In November 2005 het die minister van landbou aan die parlement gesê dat 70 % van grondhervormingsprojekte in Limpopo misluk het weens swak ontwerp, negatiewe groepsdinamika en gebrek aan ondersteuning ná die grond oorgeneem is.

PLAAS het bevind dat die betrokke instansies eers reg moet werk voordat hulle die beleid rondom grondhervorming behoort te hersien.

Die Landbank, wat op sy webwerf aanspraak maak daarop dat hulle grondhervorming ondersteun, is betrokke by ‘n multimiljarddollarskandaal.

Drie senior Landbankamptenare is vroeër vanjaar geskors, insluitende die hoofuitvoerendebeampte, Alan Mukoki, nadat drie onafhanklike rekenkundige verslae ongerymdhede uitgewys het.

Die groepe wat na die belange van kommersiële boere omsien, het nie die wanorde wat weens grondhervorming ontstaan het, misgekyk nie.

Chris van Zyl, woordvoerder vir die TLU, het gesê dat ‘n verhoging in voedselproduksie beide infrastruktuur en ervare boere gaan verg. Die toekenning van grond aan voorheen benadeelde mense, wat dalk nie eers daar wil boer nie, gaan net die produksie van voedsel verlaag.

In Suid-Afrika het die kwessie van grondherverdeling reeds verlagings in produksie teweeggebring, en die huidige dramatiese verhogings in insetkoste het die probleem vererger.

“Slegs 13% van ons grond het ‘n hoë landboupotensiaal en ons moet alles in ons vermoë doen om dit te beskerm; die huidige grondhervormingsbeleid plaas net die grond voor onnodige risiko’s,” het van Zyl gesê.                 

воронеж техноФільчаков прокурор

VN-hoofkwartier in Kongo aangeval

Duisende betogers het die Verenigde Nasies se hoofkwartier in die oostelike Kongo aangeval.

Hulle het klippe en bakstene oor die muur wat die VN-kantore in die provinsiale hoofstad, Goma omring, gegooi. Woordvoerder Sylvie van den Wildenberg sê motors is beskadig en vensters is gebreek.

Mense in die oostelike Kongo is woedend omdat die VN se vredesmag van 17 000 man, nie instaat is om hulle teen rebelle-aanvalle, net sowat 40 kilometer noord van die stad, te beskerm nie.

Derduisende burgerlikes het uit hulle huise gevlug. Honderde soldate het hulle Maandag in tenks, jeeps, trokke en te voet aan die  front onttrek, in wat beskou word as 'n gedwonge aftog van regeringsmagte wat deur vegters van die renegaatgeneraal, Laurent Nkunda, aangeval word.

купить дешево конверт для новорожденногоданильченко юрій Харків

Regstelsel faal verkragtingslagoffers erg

‘n Studie wat 2 068 verkragtingsgevalle gevolg het in 70 polisiestasies in Gauteng, deur die regstelsel vanaf 2003 tot op hede, word deur die SAPS ondersteun en gaan vrygestel word deur die Tswanarang-regssentrum en die Sentrum vir die Studie van Geweld en Versoening.

Van die kommerwekkende feite is dat van elke 25 mans wat vir verkragting aangekla word, daar 24 vry rondloop, en een uit elke 8 verkragtingbeskuldigdes is onder die ouderdom van 17 jaar.

Dit is net 'n paar van die feite wat deur die grootste studie ooit oor verkragting aan die lig gebring is. Daar is duidelike tekens dat die plaaslike polisie en regstelsel die verkragtingslagoffers ernstig in die steek laat.

Die studie het verder die volgende getoon:

Slegs 4,1 %van alle verkragtingsake eindig met ‘n skuldigbevinding.

Een uit 10 kinderverkragtingsgevalle wat by die polisie aangemeld word, eindig in skuldigbevinding.

Die helfte van alle aangemelde sake het arrestasie tot gevolg, maar net 42,8 % word in die hof aangekla.

Een uit 5 gevalle van verkragting wat aangemeld word, lei tot ‘n verhoor in die hof.

Een uit drie beweerde verkragters word borgtog toegestaan.

Van die 34 veroordeelde verkragters wat lewenslank kon kry, het slegs vier ‘n lewenslange vonnis gekry.

Meer as ‘n derde van die verkragtingslagoffers was onder die ouderdom van 17 jaar, met kinders onder die ouderdom van 7 wat 14,6 % van alle slagoffers uitmaak.

Die verslag het ook swak polisiewerk oopgevlek.

Meer as ‘n derde van beweerde slagoffers trek hul klagtes terug.

In een uit 5 gevalle word die saak teruggetrek omdat die polisie na bewering nie die beweerde slagoffers kan opspoor nie.

Die gemiddelde hoeveelheid pogings van die polisie om die beweerde slagoffers te kontak voordat hulle sê dat sy nie opgespoor kan word nie, is 3 keer. In sommige gevalle is daar geen poging aangewend nie.

Verslae wat resultate van DNS-toetse bevat, was beskikbaar in net 2% van die verkragtingsleêrs. Dit is ten spyte daarvan dat bewyse versamel is in 67 % van gevalle en dat dit in 51 % van die gevalle na die polisie se laboratoriums toe gestuur word.

Die verdagte se bloed word net in 8,2% van gevalle getrek.

In meer as die helfte van verkragtingsake moet die beampte in beheer van die saak herhaaldelik aangespreek word om die verdagte te gaan arresteer. In byna ‘n derde van die gevalle het die verdagte reeds verdwyn wanneer die polisiebeampte wel opdaag om hom te arresteer.

Terwyl die polisie  9 uit 20 verkragtingsake sluit omdat die oortreders nie geïdentifiseer kan word nie, is daar bevind dat daar in meer as driekwart van die aangemelde sake geen beskrywing van die beweerde verkragter was nie.

Die studie volg net twee maande nadat Mokotedi Mpshe van die nasionale vervolgingsgesag onder eed verklaar het dat die regstelsel kinderverkragtingslagoffers in die steek gelaat het.

In plaas daarvan dat daar vordering gemaak is sedert 2000, het die toegewyde kinderhowe verminder. Familiegeweld, kinderbeskermingseenhede en seksoortredingseenhede is herontplooi. Opgeleide forensiese maatskaplike werkers wat by die polisie in diens was, is baie skaars. Sommige landdroste werk nie 100% saam nie, die stelsel van distriksgeneeshere is ontbind en daar is steeds behoefte aan opleiding. Verder is daar hindernisse wat taal betref met sulke delikate sake wat dinge verder bemoeilik, het hy gesê.               

районная стоматологическая поликлиникаДанильченко Юрий Харьков

Mynbou in Madagaskar, ‘n koste

Madagaskar werp nou alles in sy mynsektor om armoede te probeer uitwis, maar daardeur verhoog die risiko’s vir die land se maatskaplike sektor en omgewing geweldig. Dit is ook geen uitgemaakte saak dat die insette die winste sal regverdig nie.

Die Indiese-Oseaan eiland is een van die wêreldse armste lande, maar die eiland het van die wêreld se grootste minerale rykdomme wat betref saffiere, nikkel, bouksiet, en ander minerale.

Mynbou maak net 4 % van die land se BBP uit, maar die groot onontginde mineralebronne het die land aantreklik gemaak vir vele buitelandse maatskappye sedert die bronne se teenwoordigheid daar raakgesien is.

Rio Tinto, ‘n Brits-Australiese firma en Sherritt, van Kanada het onderskeidelik die wêreld se grootste ilmeniet- en nikkelmyne daar begin, en is maar net ‘n paar van die mynreuse wat op die “groot rooi eiland” toesak.

Kruiptrekkers is besig om Sherritt se 4 miljard dollar nikkelmyn, een van die 5 grootste projekte mynprojekte ter wêreld te skep, terwyl ‘n pyplyn ook gebou word deur die krimpende natuurlike habitat van een van die bedreigde lemur spesies van die land.

Dit is naby aan die hart van die primêre woud, byna teenaan die stuk gebied wat geoormerk is vir beskerming, het Leon Rajaobelina, visevoorsitter van Beskerming Internasionaal se Madagaskar tak gesê.

In 2006 het die regering reeds aan Sherritt toestemming gegee vir die Ambatovy projek, wat ook kobalt en Ammonium sulfaat gaan ontgin, vanaf 2010 vir ’n tydperk van 27 jaar.

Volgens ‘n ondersoek gaan tussen 1300en 1700 hektaar grond wat 1378 blommespesies huisves, aan die myn afgestaan word. Van die spesies is 47 endemies aan die gebied.

Die plantelewe van Ambatovy is van die mees bedreigde spesies in Madagaskar se woude, het Rainer Dolch van die organisasie Mitsinjo gesê.

Die regering hou vol dat daar ‘n balans gevind is tussen die beskerming van die eiland se biodiversiteit, die toerisme bedryf ingesluit, en die aggressiewe mynbouontwikkeling.

Tot onlangs toe was Fort-Dauphin, ‘n vissersdorpie wat sy bestaan gemaak het uit kreef vang, ‘n klein, rustige plekkie wat oor drie baaie uitgekyk het.

In 2005 het Rio Tinto ‘n drywende myn daar opgerig wat ilmeniet ontgin uit die sand.

Die grootte van die myn het die dorpie se rustigheid vernietig, en die bevolking het verdubbel na 70 000 mense, en nuwe hotelle staan sy aan sy met ou koloniale styl geboue.

Coplan Andrianarijaona, ‘n kok in die plekkie sê pryse van kos is met 40 % op en haar huur het in twee jaar drievoudig verhoog.

Die protes word gelei deur die vissermanne wat kla dat hulle oorlewing wat op kreef gebaseer was, deur die myn bedreig word.

Daar is ook risiko’s vir die regering, wat regte aan die mynmaatskappye gegee het wat geen ander lande sou toestaan nie.

Die kontrakte wat met Rio Tintoe en Sherritt geteken is, stipuleer geen persentasies wat aan die regering betaal hoef te word nie, en die maatskappye se winste is belastingvry vir die eerste 5 jaar van hulle handeldrywende tydperke.

Ons word gekritiseer dat ons te toegeeflik was, het Gerard Rakototafika, die land se mynhoof gesê, maar hy het uitgewys dat dieooreenoms met Tinto reeds in 1998 geteken is, en dat Madagaskar toe niks gehad het om aan te bied vir infrastruktuur nie, en dus kon hulle nie meer vra nie.               

jackpot slotstopcargo

VSA verhoog Predatoraanvalle op Pakistan

Die Withuis het besluit om nie meer spesiale magte aan te wend om vanuit Afghanistan oorgrensoperasies in Pakistan uit te voer nie. In stede van die oorgrensoperasies word afstandbeheerde Predatorvliegtuie gebruik om lugaanvalle op Pakistanse burgers te loods.

Die aanvalle het in die laaste drie maande skerp toegeneem. Daar was reeds 18 sulke aanvalle sedert die begin van Augustus 2008. Desnieteenstaande het amptenare laat blyk dat lugaanvalle nie die weerstand in afgeleë gebiede sal breek nie.

Die besluit om eerder Hellfire-missiele vanaf die Predator te vuur is 'n aanduiding dat oorgrensoperasies onder die uitgaande Bush-bewind nie meer 'n opsie is nie, terwyl kenners meen dat dit die enigste manier was om die weerstand en hulp vir Afghaanse rebelle uit Pakistan werklik af te takel.

Aanvalle uit Pakistan het die afgelope jaar met 30% toegeneem. Alhoewel die Pakistanse regering nie toestemming verleen het vir die Predatoraanvalle nie, sê Amerikaanse amptenare dat dit vir hulle meer aanvaarbaar skyn te wees as hakkejagte.

Die CIA het volgens ingeligte bronne toestemming verkry om afluisteroperasies in die grensgebied te doen. Die doel daarvan is om militantes vas te trek en vragmotors wat vuurpyle na Afghaanse rebelle vervoer te vernietig. Van die Predatoraanvalle vind so diep soos 40km binne Pakistan van die grens af plaas.

Op 16 Oktober is 'n hooggeplaasde Al Kaida-leier, Khalid Habib, gedood in só 'n aanval.установка внутреннего освещенияФильчаков Александр Васильевич

Kwaitosanger ondergaan reinigingsritueel

Image

Mandoza

07:02:29 Die Sunday Sun berig dat die kwaitosanger Mandoza onlangs die dienste van 'n sangoma ingeroep het om hom met sy probleme te help. Daar is tans 'n klag van strafbare manslag teen sy naam, terwyl gerugte van dwelm- en drankmisbruik ook die rondte doen. Daarby verkoop sy musiek ook nie te fluks nie.

Maar ná 'n reinigingsritueel waarin offers gebring is om die geeste van sy voorvaders gelukkig te hou, is hy meer hoopvol dat sy moelikhede iets van die verlede is. Verlede Saterdag is bokke en hoenders geslag, en het die bloed en tradisionele bier gevloei aan huis van sy pa in die Jabulani-woonbuurt in Soweto.

Mandoza het ook as deel van die ritueel sy pa se van aangeneem in die plek van dié van sy ma. Hy dra ook nou 'n tradisionele bokvelarmband om sy gewrig, gemaak van die vel van een van die bokke wat aan sy voorvaders geoffer is.

Nog 'n sangoma het kommentaar gelewer en gesê dat drie bokke nie genoeg was vir iemand van Mandoza se statuur nie.

 'n Ander kwaitosanger, ene L'vovo Derango, het ook verlede week so 'n reinigingsritueel in Newcastle ondergaan. Volgens Derango is dit 'n manier om respek aan jou voorouers te bewys en sal hy voortgaan om elke jaar 'n bok vir dié doel te slag, iets waarvan bokboere dalk kennis moet neem.

Mandoza was slegs 16 jaar oud toe hy 18 maande tronkstraf vir voertuigdiefstal moes uitdien. Daar was ook al berigte dat die kwaitosanger aan 'n onbekende siekte ly, wat hy voorheen ontken het.

Net die tyd sal leer hoe gelukkig sy voorvaders met hul offerande was.

оборудование ценытопкарго

Hezbollah ontken dat leier vergiftig is

Die Libanese Sjiïtiese militante beweging Hezbollah het gerugte ontken dat sy leier, Hassan Nasrallah vergiftig is. Galeb Abu Zainab, 'n lid van Hezbollah se politieke buro sê die storie is uit die duim gesuig en bloot 'n gerug.

Die Irakese webwerf, Almalaf, het Woensdag berig dat Sjeik Hassan Nasrallah verlede week vergiftig is en dat Iran se dokters na Libanon gehaas is om sy lewe te red.

Dit het onvermelde bronne aangehaal wat sê dat Israel vir die sluipmoordaanval verantwoordelik is. Zainab sê die enigste party wat voordeel uit die gerugte kan trek, is Israel se intelligensiediens.

Nasrallah skuil in Beirut sedert die Julie 2006 oorlog met Israel. Hy verskyn selde in die openbaar uit vrees vir Israeli sluipmoordaanvalle. Sy voorganger, Abbas al-Musawi is in 1992 in 'n lugaanval van Israel in suid-Libanon dood.

Nasrallah se militêre bevelvoerder, Imad Mughniyeh is in Februarie vanjaar in 'n sluipmoordaanval in Damaskus dood. 

goldлобановский александр дети

Hongersnood in noorde van Kongo neem toe

Image16:46:45 Die Wêreldvoedselprogram sê gevegte in die Kongo se Noord-Kivuprovinsie het sedert Augustus 200 000 mense uit hulle huise verdryf.

Die Verenigde Nasies het voorheen berig dat die helfte van hulle deur gevegte in die gebied ontwortel is.

Charles Vincent, die nuwe direkteur van die WVP se Geneve-kantoor, sê tussen 1,4 miljoen en 2 miljoen mense in totaal is in Noord-Kivu ontwortel.

Dié syfer sluit diegene in wat deur vroeëre gevegte in 2007 ontwortel is. Vincent sê mense in die oostelike Kongo raak al hoe meer ondervoed en beamptes berig dat sommiges aan honger dood is. Vincent het aan die media gesê die agentskap het 'n tekort van 33 000 ton voedsel vir die land en benodig $46 miljoen aan skenkings om dit te koop.

тамбов пеногенераторы,Лобановский

Blanke vroue uitgesluit van rassevoorkeurstelsel

Wit vrouens behoort nie deel van die beleid van "indiensnemingsbillikheid" te wees nie en moet ook nie as 'n onderskeidende groep geklassifiseer word wat hulle vir regstellende aksie geskik maak nie, omdat apartheid nie teen hulle gediskrimineer het nie.

Diane Schneider, 'n vennoot by Deloitte & Touche, het op die konvensie van die Vereniging vir die Bevordering van Swart Rekenmeesters in Durban gesê wit vrouens is nie stelselmatig uitgesluit nie maar is eerder deur hulle eie gemeenskap bevooroordeel.

Schneider sê uit 'n praktiese oogpunt moet swart ekonomiese bemagtiging en die Wet op Werknemersbillikheid in lyn gebring word om te verseker dat daar nie verwarring ontstaan nie. Schneider sê die debat oor vroulike bemagtiging moet wegbeweeg van inisiatiewe en verander in strategieë wat met besigheidsgroei en volhoubaarheid verbind word.

Schneider sê menings is deur ander afgevaardigdes ondersteun. Gugu Moloi, stigter van Iman Africa, sê wit vrouens het voorheen 'n keuse gehad om die leer te klim, anders as swart vrouens wat deur apartheidswetgewing verhinder is om hulle regte uit te oefen.

Anneke Potgieter, die finansiele bestuurder van die Suncoast Casino, sê wit vrouens vergeet soms dat hulle nie voorheen benadeel is nie. Sy sê 10 jaar gelede was dit miskien 'n uitdaging vir wit vrouens om die leer te klim maar in die moderne tye het dinge heeltemal verander. Sindi Konya, president van die African Women Chartered Accountants, het met Schneider saamgestem. Sy sê in hulle geval was hulle heeltemal uitgesluit en die huidige stelsels probeer om die verlede te herstel.

Konya sê wit vrouens het gevoel hulle word deur hulle eie gemeenskap onbemagtig en dit vereis 'n ander oplossing. Maar Jaco Kleinhans, woordvoerder van Solidariteit, is teen hierdie standpunt gekant en sê wit vrouens sou nie by bemagtingsbeleid ingesluit gewees het, as hulle nie gedurende apartheid benadeel was nie.  Kleinhans sê daar was beleid wat negatief teenoor hulle was en dit was 10 tot 20 jaar gelede taamlik algemeen.

for weddingАлександр Фильчаков прокурор

Uitbraak van cholera in Guinee-Bissau

Image16:49:07 Die Verenigde Nasies sê meer as 12 220 mense is in Guinee-Bissau met cholera besmet en 201 is aan die siekte dood. UNICEF woordvoerder Veronique Taveau sê die uitbraak van die siekte in dié Wes Afrikaland is uiters moeilik om te beheer.

Taveau sê meer as die helfte van die gevalle kom in die hoofstad Bissau voor, maar die siekte het sedert die middel van Mei in al die provinsies versprei.

Sy sê beamptes vrees dat cholera verder kan versprei as gevolg van 'n verkiesingsveldtog wat na verwagting groot skares in onhigiëniese toestande gaan saamtrek. VN humanitêre woordvoerder, Elisabeth Byrs, sê die Verenigde Nasies bestee reeds $1 miljoen om die uitbraak van cholera te bestry.

интернет магазин детскийДанильченко Юрий прокурор