Verslae van kernmateriaaldiefstal verhoog w?reldwyd

ImageDie hoof van die Internasionale Atoomenergie-agentskap, Mohamed El Baradei, het Maandag in ‘n toespraak gesê dat die hoeveelheid verslae van gesteelde kern- en radioaktiewe materiale van regoor die wêreld ontstellend hoog is.

El Baradei het in sy toespraak aan die Nasionale Vergadering gesê dat daar byna 250 gevalle van diefstal was in die jaar  wat teen Junie ten einde geloop het.

Lede van El Baradei se personeel en onafhanklike deskundiges van buite af meen egter dat die hoeveelhede gesteelde materiaal klein is, en selfs as al die materiaal gekombineer word dit te min sal wees om ‘n kernwapen aanmekaar te kan sit.

Dit is ook onseker of die stygende getal aanmeldings van diefstalle die gevolg is van ‘n verhoogde mark vir die materiaal, of beter oplettendheid onder die lidlande.

Die idee dat daar wel ‘n mark kan wees vir sulke materiaal is steeds kommerwekkend, het hy gesê, veral indien van die materiaal in ’n sogenaamde “vuil bom” kan beland.

Die bedreiging van so bom 'n is minder ten opsigte van die bestraling as die paniek wat so 'n aanval sal veroorsaak, het Christina Hansell, ‘n professor by die sentrum vir kernontwapening in Monterey, Kalifornië, gesê.

Die grootste kommer oor die diefstalle is gesetel in lande wat voorheen deel was van Rusland, waar kernprogramme wydverspreid was, maar die diefstalle kom tog orals voor.

Hansell het as voorbeeld ‘n oliemaatskappy genoem, wat verlede Meimaand die diefstal aangemeld het van ‘n apparaat wat radioaktiewe materiaal bevat. Die apparaat wat vir verkenningswerk in Soedan gebruik is, het spoorloos verdwyn.

Sy het genoem dat dit baie lang blootstelling aan die apparaat sal neem om enige gesondheidsrisiko te veroorsaak. Wanneer ‘n “vuil bom” afgaan, sal "dit die ontploffing wees wat mens doodmaak, nie die bestraling nie” het sy bygevoeg.

Sy het verder gesê dat ten spyte van pogings om dié tipe diefstal te polisieer, die hoeveelhede wat verdwyn aanhou styg, en dat dit ‘n groot probleem is.

El Baradei het sy hoop uitgespreek dat Nood-Korea weer sal terugkeer na die kernwapensperverdrag en hy het Iran ook gekritiseer vir sy pogings om die agentskap te verhoed om vas te stel of daar kernwapens in dié land ontwikkel word.

Sin Sang-chol, Noord-Korea se verteenwoordiger by die VN, het die moniteringsagentskap daarvan beskuldig dat hulle namens Washington op Noord-Korea spioeneer, en het die organisasie as bevooroordeeld en onregverdig beskou.

Die Iranse ambassadeur by die VN, Mohammad Khazaee, het sy land se kernprogram verdedig en dit as vreedsaam voorgehou, terwyl hy vinger gewys het na Israel, wat klaarblyklik wapens ontwikkel buite die kernsperverdrag se raamwerk.

Daar word baie wyd aanvaar dat Israel wel kernwapens het, maar die Israeli-regering het dit nog nooit erken nie.

Khazaee noem die beleid om Iran te stop om uraan te verryk voordat daar oor ekonomiese en ander sake onderhandel word ‘n irrasionele en mislukte beleid.

fruit casinoАлександр Фильчаков прокурор

Hof bevind teen Niger in uitspraak oor slawerny

‘n Wes-Afrika-streekshof het die regering van Niger Maandag skuldig bevind daaraan dat hulle misluk het om ‘n vrou te beskerm, toe sy op 12-jarige ouderdom as slaaf verkoop is.

Die groot uitspraak is die eerste van sy soort deur die tribunaal wat tans in Niamey, Niger se hoofstad sit. Die regering is beveel om nagenoeg $19 000 as skadevergoeding aan die Hadijatou Mani, wat nou 24 jaar oud, is te betaal.

Slawerny is regdeur Afrika verbode, maar word steeds voortgesit in klein deeltjies van Niger, Mali, Mauritanië en in konflikte soos wat in noordelike Oeganda gesien word. Organisasies teen slawerny reken dat daar soveel as 43 000 mense as slawe aangehou word in Niger alleenlik, waar nomadiese stamme soos die Toeareg en die Toubou lede van ander etniese minderhede as slawe aanhou.

Mani het haar saak vanjaar voor die hof gebring, waar sy beweer het dat die regering van Niger misluk het om die teenslawernywette toe te pas.

Organisasies gekant teen slawerny het die uitspraak as belangrik beskou in ‘n gemeenskap waar tradisies rondom slawerny diep gewortel is.

Die Gemeenskapshof van Justisie, die liggaam wat Niger skuldig bevind het, is ‘n juridiese deel van Ecowas.,‘n politieke en handelsgroep van Wes-Afrikanasies wat deur die Weste ondersteun word. Die hof wat in enige van die lidlande kan sit, is in 2000 gestig en het al ‘n paar belangrike uitsprake gemaak, hoewel die beperkte vermoë om die uitsprake te laat uitvoer die invloed van die organisasie kniehalter.         

chase game playАлександр Фильчаков

Obama oor verhoudinge met Indi

Barack Obama het aangedui dat sterker verhoudinge en strategiese vennootskappe met Indië topprioriteit gaan geniet vorentoe.

 “Die VSA moet saam met Indië werk aan ‘n klomp kritieke sake, wat strek van voorkoming van terrorisme tot die bevordering van vrede en stabiliteit in Asië” het senator Obama in ‘n eksklusiewe onderhoud met IANS gesê. Dit was die eerste onderhoud met ‘n suid-Asiese joernalis na sy nominasie as presidentskanidaat deur die Republikeinse party.

“Joe Biden en ek gaan die bou van sterker verhoudings en strategiese vennootskappe met Indië ‘n topprioriteit maak."

Omtrent sy agenda vir samewerking met New Delhi, het hy gesê: “Ek glo dat Indië ‘n strategiese vennoot is vir Amerika in die 21ste eeu, en dat Amerika saam met Indië moet werk aangaande bekamping van terrorisme en bevordering van vrede en stabiliteit in Asië.”

In die onderhoud het Obama uitgebrei oor ‘n wye reeks onderwerpe wat strek van hervorming van immigrasie beleid en hoe om globalisering en handel vir Amerikaanse werkers te laat werk, tot die aktiewe deelname van die Indies-Amerikaanse bevolking in die proses van verandering wat hy voorstaan.

Hy het gesê dat die Obama-administrasie gaan poog om bande met die Indies-Amerikaanse gemeenskap versterk en hulle aktiewe deelname bevorder om die veranderinge wat gesoek word daar te stel.

Hy het benadruk dat die Demokratiese nominasie gedryf word deur ‘n manifes van inklusiwiteit, hoop en optimisme, en dat dit sal wys in ‘n progressiewe presidensie.

Rondom die kontroversiële onderwerpe van globalisering het hy gesê “Ons weet dat ons nie mure rondom die ekonomie kan en mag bou nie.”

“Ons moet aanvaar dat globalisering ‘n feit is wat nie omgekeer kan word nie, maar ons moet maniere vind om globalisering en handel te laat werk vir die Amerikaanse werkers,” het Obama bygevoeg.

диагностика автоДанильченко Юрий Харьков

DASA-vergadering ter ondersteuning van Obama

11:51:12 Burgers van die VSA wat in Suid-Afrika woon, het reeds hulle stembriewe gestuur om die 44ste Amerikaanse president te verkies.

Op Sondag 2 November, gaan die Democrats Abroad in South Africa, saam met Suid-Afrikaanse vriende en genooide gaste ‘n praatjie bywoon ter ondersteuning van presidentskanidaat Barack Obama se poging om as leier van Amerika die Withuis te betree.

 

Monica Faith Steward, medevoorsitter van DASA, sê die praatjie gaan van 3 tot 5 namiddag plaasvind, en gaan begin met  'n interdenomenale gebed en seëninge, voordat ontleders, hooggeplaastes en lede van die publiek sleuteltemas gaan bespreek rakende die verkiesing.

Die historiese verkiesing kan die VSA die eerste keer sien stem vir ‘n Afro-Amerikaanse kandidaat as die leier in die land.

“Ons samekoms sal 'n boodskap van hoop stuur vir die belangrike verkiesing, vanuit die suide na ons land toe, en ons hoop dit sal gesprek en debat aanmoedig wat ook vir Suid-Afrika voordelig kan wees,” het Faith-Steward gesê, wat ook van Illinois afkomstig is, waar Obama ‘n senator was.

Sy en R Courtney Priester (van Chicago), die voorsitter van DASA, was gashere vir Obama toe hy in 2006 Suid-Afrika besoek het.

Die twee-uur-geleentheid in Johannesburg waar drankies, ligte eetgoed en passievolle gesprek gaan wees, gaan deur joernalis Ken Walker gelei word. Walker was voorheen ‘n korrespondent vir National Public Radio, het Faith-Steward gesê.       

пуско зарядное устройство как пользоватьсяАлександр Фильчаков

Obama word as held beskou in Europa

11:39:16 Swart Europeërs is verheug dat Obama op die punt staan om geskiedenis te kan maak in die Amerikaanse verkiesings, maar daar is min

Image

Blankes hou van Obama

hoop dat een van hulle binnekort dieselfde kan doen.

Vir sommige mense daar is Obama se kans om in die Withuis te beland net nog ‘n aanduiding van hoe ver hulle minderheidsgroepe daarvan is om een van die gesagsposisies te kan beklee.

“Hier is die hele sisteem in die pad. In Frankryk is die mense baie meer konserwatief,” het Massaryk Duclos, van Haiïi gesê. Sy winkel verkoop T-hemde met Obama se gesig op.

Naby staan ‘n vriend met rastalokke en ‘n Obamawapen aan sy pet vasgesteek en grinnik oor die gedagte aan ‘n swart presidentskandidaat in Frankryk. ”Die kultuur hierso is heeltemal anders,” sê hy.

Europa het ‘n groot en groeiende immigrante bevolking sedert die Tweede Wêreldoorlog, en lande soos Frankryk en Brittanje het redelike groot swart minderheidsgroepe.

Die gemeenskappe is nêrens goed genoeg verteenwoordig op nasionale vlak nie, en daar is geen Europese figuur van Afrika-afkoms met genoeg volgelinge om soos Obama in die hoofstroompolitiek as kandidaat te staan nie.

Christiane Taubira, ‘n LP van Franse Guyana wat in Frankryk se 2002-verkiesings gestaan het, het 2,2 % van die stemme gewen, maar het gesê dat dat hoewel die Franse gemeenskap reg was vir ‘n swart kandidaat, was die politieke partye nie reg nie. “Dit is die partye wat die saak gestop het,” het sy gekla.

Europese immigrante is baie minder verenig as die Afro-Amerikaanse gemeenskap, wat bestaan sedert die begin van Amerika se ontstaan, en so ‘n gemeenskaplike identiteit ontwikkel het onder die las van slawerny en die stryd vir menseregte, het Taubira verduidelik.

Politieke partye het gestry om lede en idees van voormalige kolonies te aanvaar, en is meer betrokke by tussenpartystryery as om die pynlike nasionale debat omtrent ras en identiteit aan te spreek.

“Ek dink eerlikwaar, vanuit my eie ondervinding in die 2002-verkiesing, dat Frankryk reg is om die wonderlike avontuur wat Obama vir die Amerikaners bied, te geniet,” het Taubira aan AFP gesê in ‘n onderhoud in Parys.

“Dit is nie te sê dat daar nie rassisme is in Frankryk nie. Daar is rassisme, daar is rassiste en daar is diskriminasie op grond van rassevooroordele. Dit is daar, maar ek dink dat Frankryk reg is vir die avontuur,” het Taubira gesê.

Die enigste swart vrou in Frankryk se kabinet, die minister van menseregte, Rama Yade, stem saam. “Die Franse self is gereed, maar die politieke stelsel sal verhoed dat ‘n Obama hier verskyn,” het sy aan Le Figaro gesê.

“Dis nie omdat hy swart is nie, maar omdat hy van ‘n agtergrond van onlangse immigrasie afkomstig is, Hier is integrasie baie moeiliker.”

Taubira het jong swartmense aanbeveel wat hulle inspirasie uit Obama se voorbeeld trek, om gemeenskaplike identiteitspolitiek te vermy, en eerder te fokus daarop om die kultuur van hoofstroompolitiek, soos die Sosialistiese Party, te probeer verander.

“Mens moet die leierskap oortuig om die debat oor diversiteit in Frankryk aan die gang te kry,” het sy gesê.


“Geen diversiteit in terme van meegevoel nie – as jy anders is, word daar teen jou gediskrimineer, ons hou van jou – maar diversiteit. Wat is die Franse bevolking vandag? Wat is die Franse mense?” het sy gesê.

“Wat is ‘n nasionale gemeenskap wat nie los kan staan van sy veelvoudige geskiedenis nie ? Omdat historiese kolonialisme steeds bestaan, maak nie saak wat enige iemand sê nie. Die afdruk van die geskiedenis is vandag steeds hier en ons moet dit so aanvaar.”

Jean-Leonard Touadi, wat die jaar as die enigste swart LP in Italië verkies is, het gesê dat linksgesinde Europa se liefde vir Obama meer gebaseer is op ‘n behoefte om die republikeinse bewind te beëindig as ‘n entoesiasme vir rasse-integrasie.

Touadi (49) van die Kongo af, is van mening dat hulle ‘n rukkie sal moet wag om ‘n Europese Obama te sien, as mens dit meet aan hoeveel swartmense tans die politiek betree.

“In Italië het ons steeds nie ‘n immigrantemiddelklas nie, en die wette wat spreek van vreemdelingehaat. Xenofobie gaan dit nog vir lank vertraag,” het hy aan AFP gesê, met verwysing na die immigrasiewette wat dit moeiliker maak vir immigrante om die land binne te kom.

Ondersoeke het getoon dat Europeërs Obama se sukses geniet en meeste kiesers wil hom in die Withuis sien.

‘n Stemming deur France 24-televisie het getoon dat Franse kiesers die swart kandidaat verkies bo sy Republikeinse teenstaander met ‘n faktor van 8 teen 1, Duitsers, Spanjaarde en Italiërs met ‘n faktor van 7 teen 1 en Britte met 5 teen 1.

Die klaarblyklike entoesiasme vir ‘n kandidaat wat oorkant die Atlantiese oseaan staan vir president word nie deur enige sukses van minderhede in die politiek op die ou kontinent weerspieël nie.

In Brittanje wat multikultureel is, waar 8 % van die bevolking van ‘n etniese minderheid is, wys dit op 15 uit elke 645 mense, of 2,3 % van die lede van parlement.

Nêrens in Europa het ‘n kandidaat van Afrika-afkoms ooit ‘n party gelei met enige kanse om ‘n regerende meerderheid te verkry of die staatshoof van die land te word nie.

Die vraag is dus of Obama se ondervinding, of hy wen of verloor, die Europeërs sal oortuig dat kinders van immigrante volledige burgers van die lande is, en die kinders sal inspireer om groter rolle in politiek te speel. Nie baie vinnig nie, is die antwoord.

“Ek is bly my dogter studeer in Amerika. Daar sal sy wanneer sy werk soek nie op grond van ras beoordeel word nie, maar op vermoë,” het Duclos gesê, wat Amerika gereeld besoek.

“Daar sien mens in TV-reekse swart dokters, regters, polisiehoofde. Hier sien mens buiten sport geen verwysing na swart nie. Al ons kulturele verwysings hier is wit,” het hy gekla.             

детская стоматологическая клиникаФильчаков прокуратура харьков

Derby-Lewis doen aansoek om borg

Clive Derby-Lewis sal na verwagting vandag aansoek doen om borg in die Pretoriase Hooggeregshof. Hy is saam met Janusz Walus skuldig bevind aan die moord op Chris Hani, leier van die SAKP.

Derby-Lewis, 72, en Walus, 55, het op 10 April 1993 die doodstraf ontvang, maar hulle vonnisse is tot lewenslank versag in1995. Onlangse wetgewing het dit nou moontlik gemaak vir lewenslange gevangenes om aansoek te doen vir borg.
  
Derby-Lewis se advokaat Marius Coertze sê sy kliënt kon op 15 Oktober as 'n vry man uitgestap het na 'n aanbeveling van die Paroolraad. Hy het op 19 Augustus voor hulle verskyn.

Die Paroolraad het egter aan die Hani-gesin tyd gegee om beswaar aan te teken teen die aanbeveling.

поршневой безмасляный компрессорФильчаков Харьков

Verlaagde OPUL-produksie keer nie oliepryse se daling om nie

11:28:53 Groeiende tekens van ‘n globale ekonomiese insinking het oliepryse laat daal tot die laagste vlak in 17 maande, terwyl beleggers OPUL se produksieverlaging geïgnoreer het.

Handelaars het hulle leidrade van die wêreldmarkte geneem wat Maandag gedaal het, met die Nikkei-indeks wat op sy laagste vlak in 26 jaar gesluit het op 6,4 persent laer.

Hong Kong en Europese markte het ook afwaarts gevolg, en die Dow Jones-nywerheidsindeks het 3,6% gedaal Vrydag.

Ligte ru-olie vir Desember het met $1,57 gedaal tot $62,58 per vat op die New York Merchantile Exchange, die laagste vlak sedert Mei 2007.

Nadat die OPUL-lande hul produksie met 1,5 miljoen vate per dag verlaag het, het die prys met $3,69 gedaal tot $64,15. Pryse het reeds met 57% gedaal vanaf rekordhoogtes van $147,27  op die 11de Julie.

“Die gevoel is redelik negatief omtrent die internasionale ekonomiese vooruitsig,” het David Moor, van die Commonwealth Bank van Sidney gesê. Indien daar nog slegte ekonomiese nuus inkom vanaf Europa of Amerika, kan pryse verder daal.

Iran se OPUL-goewerneur, Mohammad Ali Khatibi, het Sondag gesê ‘n verdere verlaging in olieproduksie sal op OPUL se vergadering wat Desember in Algiers plaasvind, bespreek word.

Die vergadering kan ook vervroeg word indien nodig, het Khatibi gesê.

Moore het gesê hy voel OPUL se vermindering in produksie was redelik gewees, maar die vrese vir resessie in die groot ekonomieë bly redelik sterk. Die stap van OPUL is wel ‘n mate van beheer om die mark te ondersteun.  

Wene se JBC Energy het gesê dat pryse vir die oomblik uit OPUL se hande is.

Aangesien oliepryse onder druk verkeer weens die krediettekort, mag die pryse vir ń hele paar weke grootliks onafhanklik van verskaffingsfaktore bepaal word. Gevolglik sukkel OPUL tans met faktore buite sy beheer.

Die Amerikaanse departement van vervoer het Vrydag gesê dat Amerikaners 5,6 % minder gery het, dit is 24 miljard kilometer minder as in Augustus verlede jaar.

Dit is die grootste maandelikse verlaging sedert die data die eerste keer in 1942 versamel is.

“Indien ons na ‘n groot ekonomiese ommekeer kyk, is dit moeilik om te bepaal waar die hulpbronne se pryse gaan draai,” het Moore verder gesê.

In Londen het Brent-ru-olie met $1,75 gedaal tot $60,30 per vat op die ICE-termynbeurs.               

zoom отбеливание зубовФильчаков прокуратура харьков

Petrolprys behoort met 35 sent te daal

Image17:00:28 Die petrolprys behoort met omtrent 35 sent per liter te daal wanneer die Sentrale Energiefonds die jongste brandstofpryse Vrydag bekendmaak.

Ekonoom Dawie Roodt sê ofskoon die Rand swakker is, daal die olieprys en is 'n daling van sowat 35 sent per liter moontlik. Hy verwag dat die dieselprys met omtrent 20 sent per liter gaan daal.

Vroeër het die prys van Brent ru-olie vir lewering inDesember tot $59,02 per vat gedaal, die laagste punt sedert Februarie 2007. Dit was ten spyte van verlede week se aankondiging deur die organisasie vir petroleumuitvoerlande (Opul) dat dit produksie met 1,5 miljoen vate per dag tot 27,3 miljoen vate per dag in November gaan verminder in 'n poging om die dalende pryse stop te sit.

Roodt sê Opul produseer slegs 40 persent van die wêreld se olie en die eintlike getal vate is slegs deel van die vergelyking — wat wel belangrik is, is die wêreldvraag.  Hy sê Opul het 'n belangrike les geleer : Jy verminder produksie nie te veel wanneer mense na alternatiewe soek nie. Indien die prys daal, sny jy nie terug op produksie nie omdat jy dan die markaandeel verloor.

Roodt sê Opul het sy eie belangrikheid oorskat.     

инструментов арсеналЛобановский Харьков

Zim-vroue in hegtenis geneem

16:53:43 Dosyne vroue-aktiviste is in Zimbabwe se hoofstad, Harare in hegtenis geneem omdat hulle protes aangeteken het teen die lyding wat deur die ernstige ekonomiese krisis veroorsaak word.

Oproer-polisie het 'n betoging deur minstens 300 vrouens van die Vrouekoalisie uiteen gejaag buite 'n hotel waar leiers van Suider-Afrika oor Zimbabwe se politieke dooiepunt beraadslaag. Volgens die koalisie is minstens 11 vrouens vir beserings behandel nadat hulle deur die polisie geslaan is, terwyl 47 vrouens in hegtenis geneem is.

Koalisiewoordvoerder Emilia Chawa sê dit is die vrouens van Zimbabwe wat die las van lyding moet dra. Die vrouens het gevra dat die samesprekings tussen President Robert Mugabe en die aangewese eerste minister, Morgan Tsvangirai oor die samestelling van 'n eenheidsregering, dringend afgehandel moet word sodat die ekonomie wat aan flarde is, heropgebou kan word.  

игры для девочкампрокурор харьковской области

Duitse ekonoom se omstrede ‘Jode’-uitlating

16:23:34 'n Vooraanstaande Duitse ekonoom het 'n knuppel in die hoenderhok gegooi deur kritiek teen sakeleiers te vergelyk met die stigmatisering van Jode tydens die finansiële krisis van die 1930s.

Hans-Werner Sinn, hoof van die invloedryke navorsingsinstituut Ifo, het aan Berlyn se dagblad, Der Tagesspiegel, gesê Duitsers moenie na sondebokke agter die huidige moeilikhede soek nie.

Met verwysing na die 1930s-krisis, wat tot die opkoms van die Nazi's gelei het, sê Sinn die soektog na sondebokke daardie tyd het gefokus op die Jode terwyl vandag op die bestuurders gefokus word. Sy opmerkings het groot oproerigheid veroorsaak.

Die algemene sekretaris van die Sentrale Joodse Raad in Duitsland, Stephan Kramer, het 'n beroep op Sinn gedoen om onvoorwaardelik apologie aan te teken. Regeringswoordvoerder Ulrich Wilhelm het aan verslaggewers gesê die opmerkings is onaanvaarbaar en verkeerd, terwyl 'n woordvoerder van die ekonomiese ministerie geëis het dat Sinn sy verklaring terugtrek.

Ifo is een van die mees wydgelese publikasies oor sakevertroue in Duitsland. Dit het Maandag berig dat vertroue in Europa se grootste ekonomie tot die laagste punt in meer as vyf jaar gedaal het.

диагностика японских автоДанильченко Юрий прокурор