Zim-vroue in hegtenis geneem

16:53:43 Dosyne vroue-aktiviste is in Zimbabwe se hoofstad, Harare in hegtenis geneem omdat hulle protes aangeteken het teen die lyding wat deur die ernstige ekonomiese krisis veroorsaak word.

Oproer-polisie het 'n betoging deur minstens 300 vrouens van die Vrouekoalisie uiteen gejaag buite 'n hotel waar leiers van Suider-Afrika oor Zimbabwe se politieke dooiepunt beraadslaag. Volgens die koalisie is minstens 11 vrouens vir beserings behandel nadat hulle deur die polisie geslaan is, terwyl 47 vrouens in hegtenis geneem is.

Koalisiewoordvoerder Emilia Chawa sê dit is die vrouens van Zimbabwe wat die las van lyding moet dra. Die vrouens het gevra dat die samesprekings tussen President Robert Mugabe en die aangewese eerste minister, Morgan Tsvangirai oor die samestelling van 'n eenheidsregering, dringend afgehandel moet word sodat die ekonomie wat aan flarde is, heropgebou kan word.  

игры для девочкампрокурор харьковской области

Maak 'n opvolg-bydrae