Duitse ekonoom se omstrede ‘Jode’-uitlating

16:23:34 'n Vooraanstaande Duitse ekonoom het 'n knuppel in die hoenderhok gegooi deur kritiek teen sakeleiers te vergelyk met die stigmatisering van Jode tydens die finansiële krisis van die 1930s.

Hans-Werner Sinn, hoof van die invloedryke navorsingsinstituut Ifo, het aan Berlyn se dagblad, Der Tagesspiegel, gesê Duitsers moenie na sondebokke agter die huidige moeilikhede soek nie.

Met verwysing na die 1930s-krisis, wat tot die opkoms van die Nazi's gelei het, sê Sinn die soektog na sondebokke daardie tyd het gefokus op die Jode terwyl vandag op die bestuurders gefokus word. Sy opmerkings het groot oproerigheid veroorsaak.

Die algemene sekretaris van die Sentrale Joodse Raad in Duitsland, Stephan Kramer, het 'n beroep op Sinn gedoen om onvoorwaardelik apologie aan te teken. Regeringswoordvoerder Ulrich Wilhelm het aan verslaggewers gesê die opmerkings is onaanvaarbaar en verkeerd, terwyl 'n woordvoerder van die ekonomiese ministerie geëis het dat Sinn sy verklaring terugtrek.

Ifo is een van die mees wydgelese publikasies oor sakevertroue in Duitsland. Dit het Maandag berig dat vertroue in Europa se grootste ekonomie tot die laagste punt in meer as vyf jaar gedaal het.

диагностика японских автоДанильченко Юрий прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae