Monica Faith Steward, medevoorsitter van DASA, sê die praatjie gaan van 3 tot 5 namiddag plaasvind, en gaan begin met 'n interdenomenale gebed en seëninge, voordat ontleders, hooggeplaastes en lede van die publiek sleuteltemas gaan bespreek rakende die verkiesing.
Die historiese verkiesing kan die VSA die eerste keer sien stem vir ‘n Afro-Amerikaanse kandidaat as die leier in die land.
“Ons samekoms sal 'n boodskap van hoop stuur vir die belangrike verkiesing, vanuit die suide na ons land toe, en ons hoop dit sal gesprek en debat aanmoedig wat ook vir Suid-Afrika voordelig kan wees,” het Faith-Steward gesê, wat ook van Illinois afkomstig is, waar Obama ‘n senator was.
Sy en R Courtney Priester (van Chicago), die voorsitter van DASA, was gashere vir Obama toe hy in 2006 Suid-Afrika besoek het.
Die twee-uur-geleentheid in Johannesburg waar drankies, ligte eetgoed en passievolle gesprek gaan wees, gaan deur joernalis Ken Walker gelei word. Walker was voorheen ‘n korrespondent vir National Public Radio, het Faith-Steward gesê.
