Hong Kong en Europese markte het ook afwaarts gevolg, en die Dow Jones-nywerheidsindeks het 3,6% gedaal Vrydag.
Ligte ru-olie vir Desember het met $1,57 gedaal tot $62,58 per vat op die New York Merchantile Exchange, die laagste vlak sedert Mei 2007.
Nadat die OPUL-lande hul produksie met 1,5 miljoen vate per dag verlaag het, het die prys met $3,69 gedaal tot $64,15. Pryse het reeds met 57% gedaal vanaf rekordhoogtes van $147,27 op die 11de Julie.
“Die gevoel is redelik negatief omtrent die internasionale ekonomiese vooruitsig,” het David Moor, van die Commonwealth Bank van Sidney gesê. Indien daar nog slegte ekonomiese nuus inkom vanaf Europa of Amerika, kan pryse verder daal.
Iran se OPUL-goewerneur, Mohammad Ali Khatibi, het Sondag gesê ‘n verdere verlaging in olieproduksie sal op OPUL se vergadering wat Desember in Algiers plaasvind, bespreek word.
Die vergadering kan ook vervroeg word indien nodig, het Khatibi gesê.
Moore het gesê hy voel OPUL se vermindering in produksie was redelik gewees, maar die vrese vir resessie in die groot ekonomieë bly redelik sterk. Die stap van OPUL is wel ‘n mate van beheer om die mark te ondersteun.
Wene se JBC Energy het gesê dat pryse vir die oomblik uit OPUL se hande is.
Aangesien oliepryse onder druk verkeer weens die krediettekort, mag die pryse vir ń hele paar weke grootliks onafhanklik van verskaffingsfaktore bepaal word. Gevolglik sukkel OPUL tans met faktore buite sy beheer.
Die Amerikaanse departement van vervoer het Vrydag gesê dat Amerikaners 5,6 % minder gery het, dit is 24 miljard kilometer minder as in Augustus verlede jaar.
Dit is die grootste maandelikse verlaging sedert die data die eerste keer in 1942 versamel is.
“Indien ons na ‘n groot ekonomiese ommekeer kyk, is dit moeilik om te bepaal waar die hulpbronne se pryse gaan draai,” het Moore verder gesê.
In Londen het Brent-ru-olie met $1,75 gedaal tot $60,30 per vat op die ICE-termynbeurs.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.