Raak wyn polities onkorrek?

"Waarom dié nasionale masochisme?" vra  Denis Saverot, redakteur van die toonaangewende Franse wyntydskrif, "La Revue du

Image

Franse wynetiket

Vin de France", in 'n nuwe boek getitel, "In Vino Satanas". "Raak wyn polities onkorrek?"

In ‘n poging om drankvergrype onder Franse tieners te probeer hokslaan, het die regering verlede week voorgestel dat die ouderdom waarop tieners drank mag koop van 16 tot 18 verhoog word. Die regering wil ook alkoholverkope by vulstasies verbied en die “drink soveel jy kan”-op kroegaande by skole beëindig.

Die Franse laat-maar-gaanhouding is oor die laaste 4 jaar getoets met ‘n 50%-verhoging van tieners onder 15-jarige ouderdom wat in die hospitaal beland het weens dronkenskap, het die ministerie van gesondheid berig.

“Drankvergrype is nie net meer ‘n Angel-Saksiese probleem nie”, het Alain Rigaud, president van ANPAA, ‘n anti-alkoholgroep, gesê.

Die wynnywerheid het gesê dat die beoogde maatreëls van die regering min gaan doen om die probleem op te los, en gaan ‘n industrie wat reeds swaar trek verder skade aandoen. Franse tieners beskou wyn as iets wat deur hulle ouers gedrink word, en as hulle wil dronk word, gebruik hulle eerder bier of hardehout.

Terwyl bier- en hardehoutgebruik effe gestyg het in Frankryk in onlangse jare, het die inname van wyn gedaal tot ‘n gemiddeld van 56 liter per persoon per jaar, van ‘n hoogtepunt van 100 liter in 1960, volgens die nasionale statistiekburo. Vir totale wyninname, blyk dit dat Amerika Frankryk gaan verbysteek, volgens ‘n studie wat vir Vinexpo, ‘n wynskou in Bordeaux, gedoen is, hoewel Frankryk voor bly op ‘n perkapitavlak.

Franse wynproduksie het gedaal, en ‘n verdere daling word verwag met die inkorting van subsidies van die EU. Om dinge vir wynmakers nog moeiliker te maak, is die president, Nicolas Sarkozy, ‘n geheelonthouer. 

леґотопкарго отзыв

Malema het nooit regte studeer nie

ImageDie Universiteit van Suid-Afrika (UNISA) het ontken dat ANC jeugliga leier, Julius Malema vir ‘n graad in regte ingeskryf het.

Unisa het gereageer op ‘n berig in die Star van Vrydag, wat ‘n afskrif van Malema se matriek sertifikaat (met lae punte) gepubliseer het, en aangedui het dat hy vir deeltydse studie in regte geregistreer het.

 “Mnr. Malema is nie tans ‘n Unisa student nie en was nooit geregistreer vir regte of enige ander studie by Unisa nie," het Unisa gister in ‘n verklaring gesê.

Volgens Unisa se mediabestuurder, Doreen Gough, was Malema ingeskryf vir die universiteit se oorbruggingskursus vir studente wat in matriek onderpresteer het, maar hy het geen verdere vordering gemaak om sy akademiese ambisies na te volg nie.

Die Jeugliga het daarna tot Malema se redding gekom.

“Ons is sterk van mening dat ‘n leier se opvoedkundige intellek organies gekultiveer word en verbind is met sy praktiese ervaring en interaksie met gewone mense op daaglikse basis,” het Jeugliga woordvoerder Castro Ngobese gesê.

Volgens die sertifikaat het Malema op 21 jaar gematrikuleer en net-net geslaag met ‘n H vir wiskunde en ‘n G vir houtwerk, altwee op standaardgraad.

Hy het E’s gekry vir Sepedi en Afrikaans, altwee op hoërgraad, ‘n F in aardrykskunde, D in geskiedenis en ‘n C  vir Engels (tweede taal), alles op hoërgraad.          

italiasvetлобановский супермаркет класс

Dodetal in Pakistanse aardbewing gaan nog styg

Meer as 'n 100 mense is in 'n aardebeweing in Pakistan oorlede. Die skudding wat 6,4 op die Richterskaal getoon het, het die Suidweste van die land Woensdag getref en honderde huise in puin gelê. Die dodetal, het 'n provinsiale minister gesê, sal na verwagting styg.

Die provinsiale minister van Inkomstebelasting, Minister Zamrak Khan, het die aankondiging gemaak.

"Agt dorpies in Ziarat het swaar getref en daar is nog nog baie dele wat tans onbereikbaar is," het Khan aan Reuters gesê.

Ziarat is 'n skouspelagtige vallei in die Baloesjistanprovinsie waar baie toeristeaantreklikhede is. Dit is 70km noordoos van die provinsie se hoofstad Quetta.

справка 082улобановский супермаркет класс

Duisende polisielede kan nie bestuur nie

Nathi Mthethwa, die nuwe minister vir veiligheid en sekuriteit, het aan die parlement gesê dat 5733 polisiemanne nie kan bestuur nie, of nie geldige bestuurslisensies het nie.

Die syfer sluit in 3338 inspekteurs, 1712 sersante en soveel as 280 kapteins.

Mthethwa het die syfers gegee in ‘n geskrewe antwoord op ‘n parlementêre vraag van James Masango van die DA, en gesê dat die huidige syfers verkry is met na ‘n bevestigingsproses.

Hy het ook erken dat die mense wat nie kan bestuur nie 620 lede van die speurdiens insluit, en 67 mense van die misdaad intelligensie eenheid. Altesaam 4984 lede van die sigbare polisiëringseenheid kan nie bestuur nie en ook 17 superintendente kan ook nie self bestuur nie.

Die provinsiale indeling van die nie-bestuurders  wys dat meer as die helfte van die lede wat nie vertroud is met ‘n stuurwiel nie vanaf Gauteng en die Ooskaap afkomstig is.    

для автосервисаtopcargo

Is Obama ‘n Amerikaanse burger?

Image

Is hy regtig ‘n Amerikaner?

08:06:15 Net enkele dae voor die Amerikaanse presidentsverkiesing, word vrae steeds gevra oor Barack Obama se burgerskap. 'n Federale hof het op 26 Oktober 'n aansoek van die hand gewys dat Obama onbevoeg sou wees om president te word omdat hy óf in Kenia gebore is óf 'n burger van Indonesië sou wees.

Die Amerikaanse grondwet vereis dat 'n persoon in die VSA gebore moet wees en 'n burger van daardie land moet wees om hom as president verkiesbaar te stel.

Philip Berg, 'n prokureur in die deelstaat Pennsilwanië, het die aansoek gebring om Obama as onbevoeg vir die presidentskap te verklaar, maar het verloor omdat die regter meen hy beskik nie oor locus standi nie. Daar was egter geen uitspraak oor die feite of meriete van die saak nie.

Obama se Keniaanse ouma beweer dat sy kan onthou dat hy in 1961 in Kenia gebore is. Obama het egter 'n geboortesertifikaat op sy webwerf gepubliseer wat aantoon dat hy in Hawai gebore is waar sy moeder, Ann Dunham, gestudeer het.

Berg het in sy hofaansoek beweer dat selfs indien dit waar sou wees dat Obama in Hawai gebore is en nie in Kenia nie, hy sy Amerikaanse burgerskap sou prysgegee het toe hy op die ouderdom van ses deur sy Indonesiese stiefpa aangeneem is.

Tot dusver het Obama nie onafhanklike of amptelike toegang tot sy geboortedokumentasie of die hospitaalrekords toegelaat nie. Die Hawaise gesondheidsdepartement het ook die federale wet oortree deur nie Inligtingsvryheidversoeke daaroor toe te staan nie.

Tot dusver ignoreer die hoofstroommedia in die VSA egter die omstredenheid rondom Obama se Amerikaanse burgerskap en toon meningspeilings dat hy binne minder as 'n week as Amerikaanse president verkies gaan word.

Indien een van die hofaansoeke later slaag, sou Obama van die presidentskap afstand moes doen en sal sy adjunkkandidaat, Joe Biden, waarskynlik president word. Mev. Hillary Clinton, wat tweede in die Demokratiese nominasiestryd geëindig het, sou in so 'n geval moontlik ook aanspraak op die presidentskap kon maak.

igt africatopcargo кидалы

Brittanje gaan mense wat di? land verbied is se name bekendmaak

Brittanje se hoof van wet en orde Jacqui Smith, sê radikale predikers en ander ekstremiste wat verbied word om die Verenigde Koninkryk binne te kom, se name gaan in die openbaar genoem word.

Smith het wetgewers Dinsdag ingelig dat Brittanje se Kantoor van binnelandse sake  gaan begin om die name van mense wat toegang geweier word, te publiseer. 

Bykans 230 mense is sedert 2005 deur die Britse regering weggewys, insluitend radikale Moslem -eestelikes, neo-Nazi's en radikale diereregte-aktiviste. 

Libanon se geestelike Omar Bakri Mohammed is een van hulle. Hy is die vorige hoof van die ontbinde groep al-Muhajiroun wat berug geword het toe hulle die September 11-kapers lof toegeswaai het. Smith sê sy is vasbeslote om diegene wat ekstremisme bevorder, aanmoedig of versprei te stuit.

money noДанильченко Юрий прокурор

Gautrein-werk veroorsaak nog ‘n gat in pad

Johannesburg se Metropolisie sê Oxfordweg moes Dinsdag gesluit word nadat 'n gat weens die aanhoudende werk aan die Gautrein gevorm het.

Superintendent Wayne Minnaar sê die gat het teen 0830 tussen Noordweg en Rivieraweg gevorm.

Die gat is ongeveer 2 meter in deursnee en 'n meter diep. 'n Nissan paneelwa wat aan een van die Bombela-werkers behoort, het in die gat geval.

Niemand was ten tye van die voorval in die voertuig nie en niemand is beseer nie. Motoriste kan 8ste Laan, Main Road en Rivieraweg as alternatiewe roetes gebruik. Minnaar sê dit is nie bekend hoe lank dit gaan neem om die gat op te vul nie.

Die vorige gat het agt weke geneem om herstel te word.

воронеж мебельтопкарго отзывы

Mantashe s? ANC doen goed onder beleg

Sekretarisgeneraal Gwede Mantashe sê die ANC en sy bondgenote doen baie beter onder beleg.

Mantashe het in Pretoria gesê die belangrikste van die nuwe ANC-leierskap is dat hulle die mees bestudeerde een is en dit maak die party sterker.

 

Die leierskap kry verskillende uitgangspunte en begin besef wat die mense wil hê. Hy sê die moontlike wegbreekparty hou hom nie snags wakker nie. Wat die leierskap wel wakker hou, is hulle vermoë om aan die mense van die land te lewer.

Mantashe sê die ANC se veldtog vir aanstaande jaar se verkiesing gaan op sy program gebaseer word en nie op verdediging teen die splintergroep nie.

Hy sê die ANC onderneem 'n morele herlewing en teiken die jong swart en wit professionele mense. Steun vir die ANC onder die wit gemeenskappe neem aansienlik  toe. 

Mantashe sê ANC-lede wat die komende konvensie van die andersdenkendes bywoon, moet aandui of hulle van voornemens is om by die nuwe beweging aan te sluit. Die voormalige president, Thabo Mbeki, het aan die party geskryf dat hy nie die inisiatief steun nie.

Mantashe sê hy glo dit wat Mbeki geskryf het en hy het geen rede om hom nie te glo nie omdat hy sy lojaliteit aan die ANC bewys het deur met waardigheid uit te tree toe die party hom gevra het om dit te doen.

mositaldentданильченко юрій броніславович компромат

Nog twee van Jeppestownslagting skuldig bevind

Nog twee lede van die Jeppestown-massamoord is in Johannesburg se Hooggeregsof skuldig bevind.

Sizwe Mbuyazi en Khumbulani Mabaso is Dinsdag skuldig bevind aan die moord op vier polisiebeamptes tydens 'n bloedige skietgeveg in Jeppestown in Junie 2006.

Agt verdagte rowers is in die skietgeveg dood. Regter Ratha Mokgoatlheng het die paar ook skuldig bevind op aanklagte van poging tot moord en roof met verswarende omstandighede.

Tydens Mbuyazi se skuldigbevinding het die regter gesê oorblyfsels van dryfmiddel is op sy hande gevind. DNS-toetse op 'n pet wat in 'n motor versteek was, het met syne ooreengestem. 

Regter Mokgoatlheng het Senzo Mweli Maandag op aanklagte van moord en roof skuldig bevind. Hy het die enigste vroulike beskuldigde, Dineo Maleke, ontskuldig bevind omdat daar nie genoeg getuienis was dat sy met die moord verbind kon word nie.

абразив для пескоструяФильчаков

Irakkese regering het veiligheidspakket van VSA bespreek

Irak se kabinet het Dinsdag die veranderings wat hy in sy omstrede veiligheidspakket met die Verenigde State wil aanbring, bespreek.

Die Sjiïtiese parlementslid Abdel Karim al-Nizzi sê die ministers gaan na verwagting die wysigings bespreek wat hulle in die Status van Magte-ooreenkoms tussen Washington en Bagdad wil aanbring.

Die Withuis het vroeër gesê  die ooreenkoms wat die onderwerp van taai onderhandelings was, is min of meer gereed en enige wysigings sal gering wees. Bagdad het egter gewaarsku dat hy nie in die ondertekening geboelie gaan word nie ofskoon Amerikaanse leiers gewaarsku het dat dit ernstige gevolge sou inhou as Irak versuim om die transaksie goed te keur.

Irak se minister van buitelandse sake, Hoshyar Zebari, sê Washington is bereid om na die beoogde wysigings te luister. As dit wel onderteken word, sal die ooreenkoms die toekomstige teenwoordigheid van VSA-magte in Irak bepaal as die huidige VN-mandaat in Desember 2008 verval. Verskeie Irakese leiers is teen die ooreenkoms gekant, veral die radikale Shjiïtiese geestelike leier, Moqtada al-Sadr, wie se ondersteuners dikwels die strate binnevaar om te protesteer. Die jongste ontwerp stipuleer dat Washington sy soldate teen Junie 2009 uit Irak se stede en teen Desember 2010 uit die land sal onttrek.

Dit gee ook aan Irak se owerhede magte om Amerikaanse soldate en burgerlikes vir ernstige misdade te vervolg wat hulle buite hulle basisse, terwyl van diens af was, gepleeg het.

хрустальные люстры купитьФильчаков прокурор харькова