praag.co.za

Malema het nooit regte studeer nie

Written by

in

Unisa het gereageer op ‘n berig in die Star van Vrydag, wat ‘n afskrif van Malema se matriek sertifikaat (met lae punte) gepubliseer het, en aangedui het dat hy vir deeltydse studie in regte geregistreer het.

 “Mnr. Malema is nie tans ‘n Unisa student nie en was nooit geregistreer vir regte of enige ander studie by Unisa nie," het Unisa gister in ‘n verklaring gesê.

Volgens Unisa se mediabestuurder, Doreen Gough, was Malema ingeskryf vir die universiteit se oorbruggingskursus vir studente wat in matriek onderpresteer het, maar hy het geen verdere vordering gemaak om sy akademiese ambisies na te volg nie.

Die Jeugliga het daarna tot Malema se redding gekom.

“Ons is sterk van mening dat ‘n leier se opvoedkundige intellek organies gekultiveer word en verbind is met sy praktiese ervaring en interaksie met gewone mense op daaglikse basis,” het Jeugliga woordvoerder Castro Ngobese gesê.

Volgens die sertifikaat het Malema op 21 jaar gematrikuleer en net-net geslaag met ‘n H vir wiskunde en ‘n G vir houtwerk, altwee op standaardgraad.

Hy het E’s gekry vir Sepedi en Afrikaans, altwee op hoërgraad, ‘n F in aardrykskunde, D in geskiedenis en ‘n C  vir Engels (tweede taal), alles op hoërgraad.          

italiasvetлобановский супермаркет класс

Comments

Leave a Reply