Wat beteken selfbeskikking in die praktyk?

Die volgende klink na ‘n dom vraag: Waarom moet Afrikaners selfbeskikking verkry? Die antwoord is immers voor-die-hand-liggend, nie waar nie? Dit is omdat Afrikaners ‘n soewereine volk is, en omdat daar ‘n internasionaal-erkende reg is vir soewereine volke om oor hul eie lot te kan beskik.

Bostaande is egter myns insiens nie heeltemal so voor-die-hand-liggend nie. Daar was byvoorbeeld min mense wat in die vorige bedeling geagiteer het vir ‘n skeiding tussen Engelssprekende blankes en Afrikaners. Ons was skynbaar heel gelukkig om ons land met die Engelssprekendes te deel. Dit sou moeilik wees om te argumenteer dat ‘n Engelssprekende blanke Suid-Afrikaner deel van ons volk is. Miskien is blote nasionalisme nie ‘n volledige verklaring vir die drang om oor onsself te kan beskik nie.

So ook het daar reeds sedert 1994 ‘n miljoen blankes, waaronder sekerlik ‘n halfmiljoen of meer Afrikaners, na lande soos die Verenigde Koninkryk, Australië en Nieu-Seeland geëmigreer. Vir hierdie halfmiljoen Afrikaners was hul volksstatus skynbaar van sekondêre belang, omdat hulle hulself meestal in Engelssprekende lande gaan vestig het, wat ‘n heel verskillende kultuur en taal het.

Die sleutel lê in die term “oor hul eie lot te kan beskik.” Wat beteken dit in die praktyk, en waarom voel baie van ons dat ons daardie reg verloor het in 1994? Hunker ons byvoorbeeld na die ou bedeling se gedagtebeheer, klem op Christelik-Nasionale onderwys of na klein apartheid? Wil ons volkspele en jukskei op die TV sien? Soek ons na die tradisionele, behoudende waardes van ons ouers, toe die Broederbond en NG Kerk oppermagtig was?

Dit lyk nie so nie. Die halfmiljoen emigrante het immers nie na Orania (slegs 700 inwoners), Amisj-gemeenskappe in Pennsylvanië of na Iran gestroom nie, maar na moderne, Westerse lande wat bykans sonder uitsondering sekulêre liberale demokrasieë is. Die gedeelde kenmerk van Australië, die VK, Nieu-Seeland, die VSA en Kanada is wel dat blankes ‘n meerderheid daar is, en hier is ons eerste leidraad. Die emigrante het wel gehunker daarna om tussen mense van hul eie velkleur te verkeer.

Waarom sou dit wees? Is hierdie halfmiljoen verloopte Afrikaners almal gebore, onkorrigeerbare rassiste? Haat hulle swartmense? Dit vind ek moeilik om te glo, omdat die religie van nie-rassigheid en politieke korrektheid hoogty vier in die lande waarheen hulle vertrek het. Nee; dit is omdat die emigrante instinktief besef het dat die belange van swartes en blankes eenvoudig onversoenbaar is. Miskien het hulle dit nie verwoord nie, maar mens kan dié botsende belange selfs verder vereenvoudig: Die grondliggende rede waarom hulle geëmigreer het, is belasting, en spesifiek die mag om te bepaal hoe die belasting wat ek betaal, spandeer word.

Belasting is die rede waarom ons selfbeskikking moet verkry.

Dis ‘n vreemde gedagte, nie waar nie? Dit stuit jou amper teen die bors om te dink dit gaan oor belasting. Wat dan van ons kultuur, taal en al daardie mooi dinge? Ja, hulle is belangrik, maar sonder die seggenskap oor ons eie belasting, is ons kultuur en taal in ieder geval gedoem. In Suid-Afrika betaal ons belasting maar die regime gebruik ons eie belasting om hofsake teen Hoërskool Ermelo te voer, ten einde ons taal te vermoor. Standerton se ANC-stadsraad het die blankes se belasting gebruik om ‘n monument, ons kulturele erfenis, op die dorp te vernietig. Aapstat se ANC-stadsraad gebruik eweneens my as inwoner se belastinggeld om my historiese erfenis uit te wis en Pretoria na ‘n imaginêre stamhoof te herdoop.

Dit is ook nie so vreemd as mens in ag neem dat een van die sleutelfaktore wat aanleiding gegee het tot die Amerikaanse Rewolusie belasting was. Die Bostonse Teepartytjie, ‘n voorspel tot dié rewolusie, het oor Amerikaners se belasting wat aan ‘n vreemde volk, die Britte, gegaan het, plaasgevind. Vandag is daar weer burgerlike verset in die VSA teen die regering, en hierdie verset gaan oor…ja, reg geraai – belasting. Die Amerikaners is kwaad vir die Obama-regering en wat hulle sien as sy verkwisting van hul belastinggeld. Die versetbeweging noem homself die Tea Party-beweging. Sarah Palin, wat baie as ‘n fundamentalistiese Christen sou sien, is polities-intelligent genoeg om die belang hiervan in te sien, en haar by die Tea Party-beweging te skaar.

Dit is presies om hierdie rede dat verdere deelname aan die Nuwe Suid-Afrika vir Afrikaners nie wenslik is nie: Diegene wat die meerderheid belasting betaal en die staat befonds, ons, die blankes, het geen seggenskap oor hoe dit spandeer word nie, omdat ons demografies verswelg word deur diegene wie se belange lynreg met ons s’n bots. Die naamverandering van Pretoria is nie in my belang nie maar eerder in die ANC en sy kiesers s’n.

Dit is waarom die halfmiljoen emigrante na lande soos Australië uitgewyk het: Omdat hul belange versoenbaar is met die ander blanke Australiërs s’n; omdat die belasting wat ‘n immigrant daar betaal, op sý en mense soos sy, die ander blankes in daardie lande, se belange bestee word, en nie op ‘n massa vreemdes se belange nie.

Daardie reg om te bepaal hoe ons eie belasting spandeer word, is myns insiens die sleutel tot selfbeskikking. Kry ons dit terug, verdwyn al die ander probleme wat ons tans beleef grootliks soos mis voor die son. As Afrikaners ons eie belasting op ons belange kan spandeer, sal ons ‘n polisiemag kan skep wat misdaad uit ons gebiede kan hou. Die taalstryd by die Universiteit van Stalinbos sal nie meer ‘n faktor wees nie, want ons sal met ons belasting ons eie universiteite kan stig.

Die stryd om selfbeskikking beteken in die praktyk ‘n stryd om die reg om te bepaal hoe ons eie belasting spandeer word, terug te kry.

пасты для пломбирования корневых каналовtopcargo отзывы сотрудников

Teokrate se foefie

Gewone Christene – dus feitlik alle lidmate van die Afrikaanse kerke – is nie welkom in die teokratiese volkstaat wat die sogenaamde Volksvergadering van die Geloftevolk gaan stig nie.  Slegs beskouings wat die eer van JHWH (soos deur die teokrasiekomitee omskryf is) as primêre doel het, sal geduld word. Ander godsdienste is verbode. Daarby is dit nie die doel om alle Afrikaners in die teokratiese volkstaat te betrek nie – slegs diegene wat ‘n streng keuringsproses ondergaan.

Hierdie verstommende standpunte van die “Volksvergadering” het nou eers na vore gekom in antwoorde wat Jann Schlebush, ‘n lid van die Geloftevolk Koordineringskomitee (GKK), op die Praag-webblad gegee het op vrae wat aan hom gestel is, asook uit die voorlopige verslag van die Teokrasiekomitee.

Dit wil nou voorkom of die hele aksie van ‘n volksverkiesing met die doel om ‘n Afrikanerowerheid daar te stel en na die vestiging van Afrikanervolkstaat te beweeg, niks anders is nie as ‘n fynbeplande foefie van hoofsaaklik die Israel Visie-beweging van Lets Pretorius om potensiële lede vir daardie organisasie te werf.

In die proses het hulle verskeie ander Afrikanerorganisasies ingesleep – sommige van hulle waarskynlik totaal onbewus van die eintlike doel agter die oefening.

Een van die onmiddellike gevolge van hierdie foefie van die IV en steunorganisasies is dat die Volksverkiesingskommissie (VVK) se doel en status ernstig in die gedrang kom. Wat bedoel was as ‘n onafhanklike registrasieproses om ‘n verteenwoordigende kieserslys van die Afrikanervolk daar te stel, is deur die optrede, uitings en verklaarde standpunte van die GKK die aansien gegee dat slegs sekere mense as deel van die Afrikanervolk beskou kan word. Die GKK se volgehoue verwysing na die Geloftevolk hou noue verband met die vereiste op die registrasievorm van die VVK waar ‘n aansoeker moet  verklaar dat “ek die Volk se vryheidsideaal nastreef deur te glo dat die Volk homself moet regeer volgens norme en waardes eie aan sy kultuur, in gehoorsaamheid aan God wat ons by Bloedrivier en elders uitgered het”.  Hierdie ooreenkoms word verder versterk deur nog meer derglike stellings wat verskyn in ‘n meningstuk van die voorsitter van die VVK, Paul Kruger.

Die indruk is onteenseglik dat slegs “christengelowiges” mag registreer en as Afrikaners beskou word. Dit is deur die GKK netjies uitgebuit om dit te koppel aan en gelyk te stel met hulle “geloftevolk”-konsep.

Spesifieke vrae aan Schlebusch oor wat die geloftevolk dan nou van die gewone Afrikanervolk onderskei, is nie voldoende duidelik deur hom beantwoord nie. Die indruk is egter geskep dat slegs mense wat die naam ‘”Jahweh (YHWH)” aanvaar as die enigste en ware naam van God in ‘n teokratiese volkstaat toegelaat sal word en dat slegs diesulkes dus sal kan registreer as kiesers.

So word dit duidelik in die verslag van die Teokrasie-komitee gestel dat:

Slegs beskouings wat die eer van JHWH as primêre doel het, sal geduld word. Ander godsdienste is verbode.

Die meeste teoloë en lidmate van die tradisionele gereformeerde kerke het hul gereformeerde belydenis versaak ten gunste van ‘n mensgerigte godsdiens.

In antwoorde op vrae hieroor skryf Schlebusch: “Ons beroep is dus slegs op ware medegelowiges – nie mense wat hulself net Christene noem nie.” En: “(die teokratiese volkstaat) is nie ‘n poging om inklusief alle Afrikaners te probeer intrek. Dit is eerder eksklusief. Ons moet soveel as moontlik probeer uithou sodat julle nie God se Teokrasie kom ondermyn.”

Dit is veral hierdie klem op die gebruik van YHWH as die enigste naam van God en die gebruik van die naam “JaHoshua Mashiag” in plaas van Jesus,  wat die onuitwisbare indruk laat dat die GKK eintlik niks anders is as ‘n frontorganisasie van Lets Pretorius se IV nie.

Opmerkings wat die indruk versterk is bv. die volgende:

“Vanuit sekere gereformeerde kringe is daar ‘n agressiewe vyandigheid teenoor volksgenote wat glo dat ons nog deel van Israel is en dat Israel steeds die uitverkore volk van God is.”
“Vanuit hierdie ‘Israel’-groepe verafsku sommiges alle kerke en predikante.”
“Ons mense verskil selfs oor die gesag van die Bybel en oor watter boeke daarin hoort en daar is nie eens eenstemmigheid oor wie die God is wat ons aanbid nie.”

In antwoord op ‘n vraag van Jaco Steyn hieroor het Jann die volgende gestel: “Daar is mense op ons komitee wat beskryf sou kon word as Israel-visie, hoewel hulle nie hulself so beskryf nie. Die beskuldiging word aan hulle gerig dat hulle sou glo afstamming van Israel verseker jou saligheid. Ons het die vraag in die vergadering gestel om duidelikheid hieroor te kry. Almal het saamgestem dat daar net redding is deur Jesus Christus (hulle verkies om Hom JaHshua Mashiag te noem). Ons dink dit is ‘n wesenlike punt waaroor ons moet saamstem as vertrekpunt. Ek kan nie verstaan wat is jou problem daarmee nie?”

Die verslag van die Teokrasie-komitee stel ook duidelik dat die GKK slegs die 1933 vertaling van die Bybel erken en aanvaar. Op ‘n vraag hoekom dit so is het Jann geantwoord dat die 1933/53-vertaling op die Masoretiese teks en die Textus Receptus gebaseer. “Dit is die Ware Woord van God soos ons dit ontvang het.. Hoewel dit nie die Naam JHWH weergee nie, onderskei dit darem ook tussen HERE en Here.” (wat dan glo nie in  die ’83-vertaling sou voorkom nie). Hiermee distansieer die GKK hom nog eens geheel en al van gewone Christen en die Afrikaanse kerke. Dit sal interessant wees om te hoor wat vertalers van die Nuwe Vertaling van hierdie stelling dink.

In sy inset op Praag onder ‘n ander artikel wat Heinrich Zaayman geskryf het, skryf Jan onder meer dat “ons doel is ook nie primêr om ons volk te red nie, maar wel om ons hemelse Vader te verheerlik.”

Toe ek hom daaroor aangevat het, antwoord hy dat “jy moet weet dat hierdie nie ‘n poging is om inklusief alle Afrikaners te probeer intrek by ons Teokrasie nie. Dit is eerder eksklusief. Ons moet soveel as moontlik probeer uithou sodat julle nie God se Teokrasie kom ondermyn nie. Dit is hoekom ons net in die Geloftevolk belangstel.”

Daar is ander standpunte in die teokrasie-dokument wat wenkbroue hoog laat lig het. Hieronder tel voorstelle dat ondersoek ingestel moet word na die instelling van die doodstraf vir belastering van YHWH se naam en ook vir “sodomie en hoerery”.  Dit is nie duidelik of met laasgenoemde woord ook “egbreuk” ingesluit word, soos dit wel in HAT gedoen word nie. En daar word  ook nie gesê watter metode vir die doodstraf gebruik sal word nie, maar dit moet aanvaar word uit die klem op die wette van Jahweh in die Ou Testament dat dit met steniging gedoen sal word!

Schlebusch en die Teokrasie-verslag se voortdurende beklemtoning dat slegs mense in die teokratiese volkstaat aanvaar sal word wat YHWH as die enigste naam van God erken, het  ‘n verdere onverwagte gevolg gehad.

Dit is die vraagteken wat ontstaan het oor die rol wat dr Christo Landman in hierdie hele kwessie speel.

Daar sal onthou word dat die voortslepende debat oor die saak eintlik begin het toe ek as voorlopige sameroeper van VAS (nou VVA) in ‘n brief aan Praag navraag gedoen het oor ‘n kenmekaarbyeenkoms wat vir 7 Augustus beplan was maar blykbaar gekanselleer is. Ek het daarin vermeld dat ek op baie betroubare gesag meegedeel is dat dit glo onbepaald uitgestel is omdat die voorstanders van ‘n teokrasie nie bereid is om met enige iemand of organisasie te debateer wat nie daardie idee steun en onderskryf nie.

Christo Landman het kort daarna aangedui dat die byeenkoms van 7 Augustus uitgestel is omdat dit oor ‘n langnaweek geval het en dat daar aan alternatiewe datums gewerk word.  

Ek het Christo se verduideliking aanvaar, maar e-pos versoeke aan hom dat die VVA verwittig word van enige nuwe datum  het nie eens erkenning van ontvangs geniet nie.

Kort daarna het Christo egter ‘n inset gelewer op die artikel van JH du Toit “Godsdienstige fundamentalisme sal ons einde beteken” waarin hy ‘n sterk pleidooi gelewer het vir die volste erkenning van Christelike sieninge in ‘n volkstaat.  Toe ek met hom in debat tree oor sy vreemde verwysing na ‘n “Christen demokratiese (federatiewe) en gedesentraliseerde plurale staat as
die mees aanvaarbare omdat dit deur Christene uitgewerk en daargestel is” het hy terugkom met die stelling dat hy eintlik praat van ‘n “Christen regstaat”  waarvan hy die gronde in sy Calvinistiese Wysbegeerte vind.

Toe ek hom egter daarop wys dat sy nuwe idee van ‘n Christen regstaat iets totaal anders is as die vorige “federatiewe plurale staat” het hy hom kwaai gewip en aangedui dat hy nie verder in debat gaan tree met mense wat nie “dieselfde religieuse grondmotief” deel nie. Tipiese benadering van die “Moenie debatteer. Elimineer!” brigade.

Hierdie verstommende ooreenkoms met die houding van die teokrasie-komitee dat slegs mense met dieselfde godsdiensbeskouinge in ‘n volkstaat toegelaat sal word, het my genoop om by Christo aan te dring dat hy liefs moet bedank of padgee as “organiseerder” van kenmekaarbyeenkomste want organisasies met heel uitlopende politkieke en ook godsdienstige sieninge kan daaraan wil deelneem en hy moet hulle ook ter wille wees.

Ek is taamlik skerp deur Johann Wingard (van alle mense!) hieroor gekritiseer. maar sy “teregwysing” aan my was skaars koud, toe bars Christo op dieselfde debatslyn uit met ‘n jubelende ode aan die naam YHWH en die verwante naam Adonai.

Die sterk ooreenkoms met Christo se “nuutgevonde” voorliefde vir die naam YHWH (ek wonder wat Dooyeweerd en Stoker daarvan sou gedink het!)  en die  GKK-teokrate se aandrang dat slegs daardie naam deur “volkstaatburgers” aanvaar moet word,  het nou vrae laat ontstaan oor waar Christo se “lojaliteite” eintlik lê?

Vir my persoonlik stel dit ook ernstige vraagtekens oor sy versekering dat die uitstel van die kenmekaarbyeenkoms niks te doen het met “eise” deur die teokrate nie. My ongemaklikheid hiermee is verder versterk deur die GKK wat duidelik laat blyk het dat slegs mense wat die komitee se sieninge oor YHWH deel eintlik welkom sal wees by hulle volgende byeenkoms aan die begin van Oktober.

Dit wil dus voorkom of daar min gaan kom van ‘n kenmekaarbyeenkoms vir alle groeperinge en organisasies wat hulle beywer vir ‘n AO en ‘n Volkstaat.

Dit sal waardeer word indien ander organisasies – insluitende dié wat genoem word as deelnemers aan die GKK – hulle stem sal laat hoor oor hoe nou gemaak moet word met hierdie volkstaat-proses wat baie duidelik holus bolus deur die teokrate (en waarskynlik eintlik die IV) gekaap is.

bridal comb headpiecesданильченко юрий брониславович прокурор

Herrie se kerrie: Afrikaans toor met staak

Afrikaans is ‘n wonderlike taal – dit kan dinge darem baie beter as die Rooi Taal beskryf.

Neem nou maar die woord “staak.” Dan word werksaamhede ge-“staak”. Dienste word gestaak. Maar die Engelse woord is “strike” wat darem erg misleidend is. Dit impliseer iets word gedoen – deur daarop toe te slaan. ‘n “Strike Force” wat ‘n vyandige land inval met die idee om te “staak” gaan darem gou op sy baadjie kry.

Maar dit het die goewerment nou van hul voortrekkery van die Queen se taal. Nou word ge-“strike” in plaas van gestaak. Soos met elke “staking” wanneer vullisdromme omgekeer word, vreeslik gemors word, optogte gehou word, ander werkers – ja, daar is mense wat nie wil staak nie – wat geïntimideer word, teaterpersoneel wat in die middel van operasies uit teaters gesleep word. Ja, daar word op die nie-stakers ge-“strike.”

Herrie was vlak in die hoërskool toe hy mooi die verskil tussen staak en “strike” beleef het. Wat die rede was dat die standerd 9’s gestaak het kan Herrie nie onthou nie, net hoe hulle dié dag op die skietbaan gaan sit het, en ten aanskoue van die kopskuddende onnies dampies geslaan het.

Ieder geval, na klein pouse het die klasse met die onnies wat die hardste kon slaan sonder leerkragte gesit. Hulle is opgeroep om die skoolhoof te gaan bystaan met siep-sop uitdeel. Die hele standerd 9-klas.

So het Herrie agtergekom, die leerders het gestaak, en die onnie het ge-“strike.” Elke staker is ses keer ge-“strike.”

Om te “strike” het die nadeel vir die stakers dat die publiek simpatie met hulle en hul saak verloor, ongeag die meriete van die staking. Dan is daar natuurlik ook die kwessie van ‘n vreeslike groot deel van die potensieel werkende bevolking wat elke jaar meer as 100 persent verhogings kry. Dis nou die mense wat glad nie werk en dus ‘n inkomste het nie. ‘n Verhoging van 100 persent op niks is steeds niks.

In ‘n land waar soveel mense onder die broodlyn leef, maar die besluitnemers hulself skatryk maak deur verhogings, “meriete”-bonusse, tenderpreneurskap en vreemde SEB-transaksies, en dieselfde uitgelese groepie oor en oor reggestel word, is dit eintlik te wagte dat die soustrein se dog box-ryers nie as inflasiebuffers gebruik wil word nie.

Maar as die mense wil “strike,” slaan toe op die stembusse en stem diegene uit wat so milddadig slag aan die hennetjie wat die goue eiers lê. Nie op die mense wie se simpatie hulle nodig het nie.

полиграфФильчаков прокурор харьков

Romanisering van die Christelike godsdiens in die periode 325 tot 380 nC

In vorige artikels het lesers van Praag hulle uitgelaat oor kerk-staatverhoudinge en die wedersydse beïnvloeding van godsdiens en politiek op mekaar.

Die Christelike godsdiens het ‘n gedaanteverwisseling ondergaan in die periode 325 tot 380 nC en daarna. Met Romanisering word bedoel dat hoofsaaklik twee keisers ‘n uniforme dogma op die kerk afgedwing het en ‘n aantal biskoppe die dogmas van die kerk met die Griekse filosofie versoen het. Teen 380 nC het keiser Theodosius ‘n interdik afgekondig dat burgers van die hoofstad Konstantinopel voortaan in een godsidee bestaande uit die Vader, die Seun en die Heilige Gees sou glo.

Dit is die oordeel van Charles Freeman in sy A New History of Early Christianity (2009) 377 paginas.

Die teologie van die vroegste kerk nC het die subordinasie van Jesus aan God onderskryf (239p.) Jesus het homself hiervolgens oor sy verhouding tot die Vader uitgespreek. Die Vader is groter as die Seun. Voorstanders van hierdie standpunt was biskop Sirmium van die Balkan. Veel later, het ook die kleinseuns van Konstantyn – Konstantyn II, Konstantius en Konstans – aan die onderhorigheid van Jesus aan die Vader geglo.

Transformasie van die godsdiens

In die genoemde periode het Romeinse keisers inhoud aan kerklike dogma gegee. Biskoppe is deur keisers aangestel wat die keiserlike voorskrifte en dekrete in sake die godsdiens nougeset gevolg het (226p.). Die veelvormigheid van die kerk is tot uniformiteit verander. Die kerk is weggestuur van die Judaïstiese oorsprong daarvan.

As teenprestasie is biskoppe met kerklike en selfs politieke magte beklee. Groot kerklike strukture is daargestel (236p.).

Konstantyn die Grote

Die eerste keiser wat ‘n belangrike eerste inset tot die Romanisering van die Christelike godsdiens gemaak het, was keiser Konstantyn. In 313 kondig hy in Milaan, en in samewerking met Licinius, namens die Oos- en Wesryke, ‘n Edik van Verdraagsaamheid af, wat die einde van die vervolging van Christene was. Op hierdie stadium was dit nie die bevoorregting van die Christelike godsdiens bo ander godsdienste nie. ‘n Belangrike politieke oogmerk was om die gode aan sy kant te kry (325 p.). Hy het verskillende visioene gehad, wat hy geïnterpreteer het as goddelike insette. Volgens Konstantyn het:

* die songod Apollo aan Konstantyn belowe het dat hy vir dertig jaar ononderbroke sou regeer.
* die teken van die Alfa en die Omega, verbind aan die woorde “deur hierdie teken sal jy oorwin”, het militêre oorwinnings meegebring.

Konstantyn het die woorde Alfa en Omega op die skilde van sy krygers laat aanbring, wat gelei het tot etlike oorwinnings (326 p.).

In sy Rede in sake die Heiliges bevorder hy die monoteïsme(228 p.). Politeïsme is dikwels die rede vir openbare geweld. Die idee van een God is ‘n meer effektiewe simbool van eenheid en van gesag.

Daar is twyfel of Konstantyn ooit werklik ‘n Christen was. Die godsdiens van sy krygers was geloof in die songod, die sol invictus. Die kop van Apollo was nog steeds teen 320 nC op sy muntstukke gedruk. Konstantyn is eers op sy sterfbed, klaarblyklik toe reeds in ‘n koma, gedoop (326p.).

In die soeke na uniformiteit is Konstantyn met twee mekaaruitsluitende standpunte gekonfronteer, wat die geestelikes in twee kampe gejaag het. Dit is onderskeidelik dié van Athanasius en Arius en wel oor die verhouding van Jesus tot die Vader. Aanvanklik het hy sy gewig by die standpunt van Athanasius ingegooi. Arius is gemarginaliseer. Later het Konstantyn gepoog om die eer en status van Arius te herstel. Athanasius wou hieroor nie kopgee nie.

Derhalwe is Athanasius gevolglik ook verban (234 p.).

Athanasius

Athanasius was van oordeel dat die verhouding tussen die Seun en die Vader nie in woorde uitgedruk en ook nie verduidelik kon word nie. Hy het geredeneer dat die Seun van altyd af deel van die Godheid was. Jesus het dus ‘n voorgeboortelike voorafbestaan geken.

Volgens Freeman was Athanasius nie juis veel van ‘n akademikus en intellektueel nie (242 p.). Sy strategie was eerder een van aanval as verdedig. Diegene wat nie met sy standpunt akkoord gegaan het nie is as napraters van Arius afgemaak. Sy teologie was ingebed in die idee van die radikale verdorwenheid van die mens. Daarom moes God ‘n afskynsel van Homself na die aarde in die persoon van die Seun stuur. Een van die weinige tekste waarop Athanasius kon steun was Johannes 10:30 waar Jesus die woorde uiter dat hy en die Vader Een is.

Die standpunt van Athanasius is by die sinode van Nicaea onder invloed van keiser Konstantyn gehandhaaf. Onder die keiserskap van Konstantius, die kleinseun van Konstantyn, is Athanasius egter verban, omdat hy geweier het om hom by die standpunt van die onderhorigheid van Jesus aan die Vader neer te lê.

Arius

Arius, daarenteen, word as ‘n charismatiese leier getipeer (230 p.). Hy was populêr onder die kerkleiers.

In navolging van Sibellius was Jesus volgens Arius ‘n latere maar belangrike skepping van God (230 p.). God se majesteit kan nie deur ‘n geskape persoon gedeel word nie. God is groter as Sy skepping. Arius wys daarop dat Jesus self verklaar het dat hy net die wil van die Vader doen.

Arius is ondersteun deur Eusebius, die biskop van Nikomedia (230 p.). Omdat Arius nie die status van ‘n biskop gehad het nie, is die standpunt van Arius by die sinode van Nicaea deur Eusebius gestel.

Nadat Arius deur Konstantyn verban is het Konstantyn wel later besluit om Arius se eer te herstel. Arius is op weg na die plegtigheid dood.

Sinode van Nicaea

Die mekaaruitsluitende standpunte tussen Athanasius en Arius is op die Sinode van Nicaea in 325 nC onder invloed van keiser Konstantyn besleg. Die keiser was die voorsitter. Gevolglik was hy in staat om die gang van die besluite te beïnvloed (232 p.).

Tussen 200 en 250 biskoppe is deur Konstantyn byeen gebring. Daar was klaarblyklik weinig, indien enige afgevaardigdes, uit Wes-Europa teenwoordig.

Die doelwit van Konstantyn was om teologiese konsensus by die Sinode te verkry (232 p.). Hoog op die agenda was die verhouding van die Seun tot die Vader. Vir hierdie doel is die nie-Bybelse konsep van homoousios as uitdrukking van die Vader/Seun-verhouding te tipeer. Vader en Seun was dus in wese Een. Jesus was nie ‘n skepping van God nie. Jesus was net ‘n ander substansie as God. Oor die verhouding van die Heilige Gees tot die Vader en die Seun is daar nie besluit nie.

Die begrip dat Jesus gegeneer (“begotten”) is, is ewe kontroversieel. Die begrip generasie verwys ewe eens na ‘n onafhanklike skeppingsdaad (233 p.).

Die implikasie van die kanonisering van homoousios was die afsnyding (ekskommunikasie) van Arius en twee ander Biskoppe (233 p.).

Theodosius

Keiser Theodosius was die Keiser van die Oosryk (379 nC). Op voetspoor van keiser Konstantyn het Theodosius ‘n beleid deurgevoer om doktrinêre uniformiteit op die kerk af te forseer (248 p.). Kerkleiers wat ‘n ander standpunt ingeneem het, is gewoon van hulle ampte onthef. Biskop Demophilus was genoodsaak om die leer in sake die onderhorigheid van die Seun aan die Vader af te sweer. Vader en Seun was van gelyke majesteit. Toe die Biskop weier is hy as biskop van Konstantinopel afgesit.

Theodosius het net biskoppe aangestel wat die Orde van Nicaea gevolg het. Diegene wat afwykende standpunte gehuldig het is as “van lotjie getik”(insane) afgemaak. Theodosius het die afgestorwe voorsitter van die Raad van Konstantinopel met ‘n politieke senator (Nektarius) vervang (250 p.). Daarmee het Theodosius die onderskeid tussen staats- en godsdiensfunksies en -ampte opgehef.

Raad van Konstantinopel

Die byeenbring van die Raad van Konstantinopel (381 nC) was gewoon om die besluite van Nicaea te herbevestig (249 p.). Wie daarvan afgewyk het is gedissiplineer. Die dogma van Nicaea is opnuut uitgevaardig en staan bekend as die deklarasie van die Raad van Chalcedoon (451 p.).

Na die kortstondige byeenkoms van die Raad van Konstantinopel het Theodosius ‘n nuwe stel reëls (epistulae) vir kerklike ampte uitgevaardig (251 p.). Hy het vir elke biskoppegebied net biskoppe aangestel wat die Geloofsbelydenis van Nicaea onderskryf het. Biskoppe het ook die mag verkry om sertifikate van meriete aan diegene uit te reik wat die ortodokse standpunte onderskryf het.

Meningsvormende teoloë

Die belangrikste meningsvormende teoloe wat in ongeveer 380 nC die Belydenis van Nicaea bevorder het, het ingesluit:

* Die Kappadosiese Vaders wat navolgers van die Griekse Neoplatonisme was (246 p.).
* Gregorius van Naziansus wat ‘n student van Philo en van Origen was.
* Basil van Caesarea en sy broer Gregorius van Nyssa.

Uit die pen van Basil is ‘n traktaat geskryf wat daarop aandring dat teoloë van daardie tyd eers die Griekse filosofie moes bemeester, alvorens hulle die heilige skrifte van die Christelike godsdiens aangepak het.

Gebaseer op die Ideëleer van Plato, ingevolge waarvan konkrete dinge net afskynsels van ewige goddelike vorme is, is die leer aangaande die drie-eenheid geformuleer.

Gevolgtrekking

Konstantyn se rol om ‘n uniforme dogma op die Christelike godsdiens af te forseer, is tot vandag toe deurslaggewend (226 p.). Opposisie daarteen word as opstand teen God gesien.

Die gevolgtrekking waartoe Freeman kom is dat die kerk nie in staat is om die geloofsbelydenis van Nicaea op skriftuurlike gronde te onderskryf nie. Nicaea word gesien as die manifestasie van die misterie van geloof wat nie net op verstandelike gronde berus nie.

Die begrip homoousios het volgens Freeman nie die oplossing gebied op die vraag hoedat Vader en Seun een substansie , maar tog twee afsonderlike persoonlikhede kan wees nie.

Freeman haal Richard Hanson aan dat die belydenis van Nicaea ‘n mynveld van onoplosbare verwarring is (“The Search for the Christian Doctrine of God”, 1988 (168 p.).

Athanasius se afdwinging van die Geloofsleer van Nicaea is deur beide die politiek en die gangbare dogma van die tyd daargestel.

Binne die kerklike sfeer het die Platonisme die wysgerige fundering van die Romaanse teologie geword (239 p.).

такое справкаФильчаков прокуратура харьков

Die naam van Amerika – hoe ‘n fabel amper ernstig opgeneem is

Gewoonlik word aanvaar dat Amerika vernoem is na die Italiaanse kartograaf en ontdekkersreisiger, Amerigo Vespucci.

Tog is dit nie so vanselfsprekend nie, argumenteer Dick Wicken. Wicken voer aan dat die naam dalk na die Noormanne teruggevoer kan word, wat reeds meer as ‘n duisend jaar gelede by die Amerikaanse kus aangedoen het en kort daarna kolonies begin oprig het.

Volgens Wicken kan die naam Amerika afgelei word van die Nordiese woorde omme en rike (uitgespreek rika). Dit beteken letterlik terugvertaal “die verste land.”

Die “rike” kan ook herken word in die Duitse woord “Reich” of in Afrikaans in “ryk.” In Sweeds staan Swede vandag as Sverige en in Noors Noorweë as Norege bekend, en kan die woord herken word. Verl die verwysing na Noorweë word egter aangeval.

Wicken se teorie het in ongeveer 1980 die lig gesien. Danksy sy verbintenis met die Orange Street Congressional Church in Londen, het die artikel op dié kerk se webbladsye beland, en duik dit nou gereeld as besprekingspunt in ander webbladsye op. Veral die laaste paar jare – sedert 2007, word dit onder die loep geneem.

Finn Magnussen, ‘n Yslandse regsgeleerde en argeoloog ( 1781 1847) het gemeen dat Columbus Ysland minstens een keer, in 1477, besoek het. Omdat die Yslanders volgens baie aanduidings nog kontak met “Ommerike” gehad het, of minstens nog daarvan geweet het, is dit baie waarskynlik dat Columbus hier van daardie groot land in die Weste kon verneem het.

Die Noormanne het egter volgens die oorgelewerde saga meer dikwels na die ontdekte gebiede in Amerika as Vinland, Markland en Helluland verwys, name wat Bjarni Herjolfsson aan die plekke gegee het waar sy skepe aangedoen het na hulle op reis tussen Ysland en Groenland van koers afgewaai is. Veral Vinland is bekend.

Wicken is egter oortuig dat ander skepe wat tussen Bristol en Ysland gevaar het, reeds vroeër van die groot land daar ver geweet het.

Ander bronne is ook oortuig daarvan dat Iere met Yslandse verbintenisse en ander Yslanders lank hiervoor reeds in Amerika (ook Groot Ierland genoem) beland het. Selfs Baskiese vissermanne het dalk al lank gelede hier aangedoen.

Martin Waldseemüller, die Duitse fotograaf wat kort na Columbus se reise die eerste kaart met die naam Amerika op voltooi het, het self aangedui dat hy dit na Amerigo Vespecci vernoem het. Trouens, dié volledige naam kom in die vol Latynse titel van die kaart voor.

Wicken se storie mag ‘n fabel wees, maar dit maak interessante leesstof uit. Pre-Columbus-besoeke aan die Nuwe Wêreld is ‘n fassinerende veld waar rafels van feite, sagas en mites inmekaar vloei. Die skep die ruimte om die verbeelding op loop te laat gaan, en Wicken het met slim weglatings en die aanbied van bespiegeling as feite, amper-amper daarin geslaag dat ernstige historici van hom kennis moes neem en die wêreld reghelp.

как по научному называется детектор лжиДанильченко

Kom ons veg vir vryheid

Hoe toegewyd is u aan die saak van Afrikanervryheid? Is u soos Nelson Mandela bereid om tronk toe gaan daarvoor? Sal u soos 4500 Boere en 27 000 vroue en kinders tydens die Tweede Vryheidsoorlog sterf daarvoor?

Ná my onlangse besoek aan Israel het ek ‘n brief daaroor aan ‘n vermaarde Afrikaanse akademikus geskryf. In antwoord vertel hy my van wat ‘n vorige Israelse minister, Salman, op 29 April 1960 net ná Sharpeville aan die koerantman Piet Cillié gesê het. Hy het gesê daar is net twee alternatiewe – Afrikanernasionalisme of swart nasionalisme. Daar is geen Suid-Afrikaners nie en die Engelse tel nie. Maar sal Afrikanernasionalisme dit haal? Salman het Cillié “vorsend aangekyk” en gesê: “My volk is ‘n toegewyde volk. Kan u sê dat u volk ook ‘n toegewyde volk is?”

Terwyl ek in Israel heen en weer tussen Tel Aviv en Jerusalem gereis het en oral baie vriendelik en goed ontvang is, het ek onder die indruk gekom dat die Israeli’s vandag steeds ‘n toegewyde volk is wat téén die wêreldmening in hul voorbestaan en soewereiniteit verdedig.

Maar net soos in 1960 moet ons vandag aan onsself vra: “Is die Afrikanervolk vandag ‘n toegewyde volk?” En dan die persoonlike vraag wat elkeen van ons aan hom- of haarself kan stel: “Is ek ‘n toegewyde Afrikaner wat vir vryheid werk of veg?”

In sy brief aan my skryf die Afrikaanse akademikus: “So dikwels kan ’n mens wel vra of dit nie aan toewyding by ons skort nie. Die bittereinders van die Tweede Vryheidsoorlog was so toegewyd, die GRA-mense en van die latere taalstryders en Afrikaner-nasionaliste, en deesdae mense soos jy – maar dikwels is ons net ’n rukkie lank geesdriftig.”

Dis vir my ‘n besondere pluimpie dat hierdie bekende en geliefde navorser, skrywer van tientalle boeke, my in sy brief by die groep van toegewyde Afrikaners inreken. Hoewel ek my geensins vir ‘n groot Afrikaner wil uitgee nie, kan ek tog op grond van iemand anders se deskundige oordeel vandag die vraag aan ander vra: “Is u ‘n toegewyde Afrikaner?” Want sonder toegewyde Afrikaners en mense wat vir vryheid sal opoffer, sal ons nooit weer vry wees nie.

Die Afrikaner het vandag alles om vry te wees: ons het geld, ons het kundigheid, ons is opgelei, ons het organisasievermoë en logistiek, ons besit grond. Al wat by ons ontbreek is die wíl om vry te wees. En natuurlik: die toewyding.

Wat ons te doen staan, is baie helder. Die nuwe Suid-Afrika stort feitlik vanself in duie, vanweë korrupsie, misdaad, instroming oor ons landsgrense, diskriminasie teen blankes en wat nog. Hierdie orde wankel reeds; al wat nodig is, is ‘n goeie stamp vir hom om tot ‘n val te kom.

In die eerste plek moet alle Afrikaners daarvan oortuig word dat die huidige stelsel nie meer legitiem is nie en vervang moet word. Daarvoor kan ons die tegnologie en veral die internet, die Praagwebwerf en Facebook, gebruik. Maar nogtans het ons geld daarvoor nodig.

Soveel kere was ek in die onlangse tyd al by ryk Afrikaners. Suksesvolle mense, met groot en duur motors, ‘n huis in die stad, ‘n huis by die see, dalk ‘n plaas, selfs woonstelle in die buiteland. Die man verdien een miljoen, selfs twee miljoen rand per maand. Maar as jy hom vir R1000 per maand vir ons stryd vra, dan moet hy eers bietjie gaan nadink. Dan vra jy hom vir R500 of nog minder. Maar selfs R50 per maand is vir hom te veel, want hy is tevrede om onder ‘n vreemde regering bloot geld te maak en die feit dat honderde duisende van sy volksgenote nie so gelukkig is nie en onder die ANC krepeer, skeel hom min.

So ‘n man is wel toegewyd aan homself, moontlik aan sy gesin, maar hy is geen toegewyde Afrikaner nie.

Ek wil u nou vra om saam met my te begin veg vir vryheid. Nooit sal ek aanvaar dat ons vir altyd onder ‘n vreemde regering moet dien en nie onsself kan regeer nie. Dis ‘n basiese mensereg, iets wat die meeste volke op aarde as ‘n gegewe beskou. Maar daardie fundamentele vryheid word van ons weerhou.

Word saam met my ‘n toegewyde Afrikaner. U kan baie doen, u kan min doen, maar doen iets! U kan R100 000 per maand bydra of u kan R10 bydra. Maar dra iets by! Moenie net ‘n passasier wees nie. Moenie net op die kantlyn staan en kyk hoe ons toegewyde Afrikaners dag vir dag ons almal se vryheid probeer herwin nie.

Daar is ‘n ou spreuk wat lui: ons veg een vir een, maar ons word sáám oorwin. Dis nie nodig dat alle Afrikaners of selfs die meerderheid vryheid nastreef nie. Maar ‘n beduidende groep sal wel toegewyd aan die saak van vryheid moet raak.

Is u een van hulle?

Raak betrokke!

Klik hier om by Praag aan te sluit.

free slots no download no registration with bonusтопкарго развод

Taalregte en groepregte

Tydens die GRA-herdenking is verskeie uiteenlopende menings oor Afrikaans gelig. Die Kovsie-rektor, prof. Jonathan Jansen, meen die stand van Afrikaans is baie goed, terwyl nog ‘n akademikus, prof. Wannie Carstens, voorsitter van die Afrikaanse Taalraad, meen die debat het teen Afrikaans gedraai, en spesifiek ten opsigte van Maties.

Kan al twee reg wees?

Die oud-politikus, ds. Cassie Aucamp, het terwyl hy in die parlement was gereeld daarop gewys dat die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die regte van Taal-, Godsdiens- en Kultuurgemeenskappe meer regte as net taal-, godsdiens- en kultuurregte impliseer. Argumente dat dié kommissie dan met Pansat, wat na taalregte kyk, sou oorvleuel is dus nie heeltemal reg nie.

Regeringswoordvoerders maak egter gereeld uitsprake wat daarop dui dat hul vertolking daarop neerkom dat hierdie gemeenskappe as sodanig net taal-, godsdiens-, en kultuurregte kan geniet.

Maar is groepregte werklik so beperk?

Ter wille van politieke korrektheid word die term minderheidsregte ingespan. Minderheidsregte het volkeregtelik baie wye neerslag, ook staatkundig. Maar eerstens is dit nodig om te kyk na hoe minderheidsregte in die Suid-Afrikaanse grondwet ondervang word.

Ter aanvang, maak die opstellers van die grondwet en onderhandelaars soos Roelf Meyer dit duidelik dat geoordeel is kollektiewe regte sou ten beste ondervang word deur te fokus op individuele regte. Dit is duidelik dat sensitiwiteit oor apartheid ruim daartoe bygedra het daartoe dat die fokus eerder op die regte van die individu val, as op die groep waarbinne die individu sy individuele regte kan opeis en uitdruk. Dit is fundamenteel ‘n liberale benadering, in teenstelling met bv die Christelike Volkseie en Christen-demokrasie, soos byvoorbeeld deur die Duitse Christen-Demokratiese Unie onderskryf word.

Die onderskeid word miskien ten beste weerspieël in die benaming van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, teenoor die naam van die Afrikakommissie vir Mense- en Volksregte, soms ook die Kommissie vir Mense- en Groepregte genoem. Ook die statuut of handves van die Afrikakommissie maak ruim voorsiening vir groepregte naas individuele regte.

Artikel 235 van die Grondwet maak wel vir selfbeskikking voorsiening van groepe wat op grond van taal of kultuur ‘n kollektief vorm. Dié artikel maak nie vir volkome staatkundige afskeiding voorsiening nie, hoewel die Volkereg onder sekere omstandighede daarvoor voorsiening maak, en ook onlangs in die Kosovo-saak deur die Internasionale Geregshof bevestig is. Ingevolge die Europese Unie se handves het volke soos die Baske en Kataloniërs selfbeskikking gekry.

Om na ‘n alledaagse voorbeeld te verwys, dui hoe ineengestrengel taalregte en die regte van taalgemeenskappe kan wees. Is die reg om tot op tersiêre vlak onderrig in Afrikaans te ontvang, ‘n blote taalreg, of die reg van die Afrikaanse gemeenskap? Die verskil raak egter meer duidelik as die Afrikaanse gemeenskap die reg sou verwerf dat hulle deur ‘n statutêre liggaam self die beheer en bestuur van Afrikaanse skole kon opneem, en dat daardie deel wat Afrikaanssprekendes deur belasting vir onderwys opdok, spesifiek aangewend word vir die skole en universiteite onder dié Afrikaanse statutêre liggaam se beheer.

Hierdeur word beweeg in die rigting van korporatiewe selfbeskikking of selfs federalisme, wat van die meer bekende geografiese voorbeelde verskil. Die Maori-kongres, of parlement, is moontlik die bekendste voorbeeld.

Om te verwys na hoe goed dit met Afrikaans gaan in terme van boeke wat die lug sien, kultuurkonserte en so meer, sonder om te kyk na die statutêre begronding waarin die regte, insluitend taalregte uitgedruk word, is volstruispolitiek.

Die kort antwoord is dalk dat Afrikaans wel presteer, ongeag, nie danksy die statutêre omgewing nie.

decorationsФильчаков Харьков

Die struggle- en Boere-mistiek

Daar is, wat Afrikaners betref, twee belangrike stukke mistiek wat tans in Suid-Afrika rondsweef.

Een hiervan is die ANC se Marxistiese struggle-mistiek. Volgens hierdie legende is die struggle ‘n heroïese stryd waartydens goed teen die bose geseëvier het. Die opponent, apartheid (wat in werklikheid kodespraak vir witmense en nog meer spesifiek, die Afrikaner is) was en is onkorrigeerbaar boos. Die swart helde, die kaders wat aan die struggle deelgeneem het, en veral die exiles, is daarenteen amper Messiasse, wat tot geen kwaad in staat is nie.

Bostaande mistiek, naamlik dié van die ewig-onkreukbare struggle-held, het mens duidelik gesien met die siek spektakel van Tony Yengeni wat op die skouers van sy kamerade tronk toe gedra is, nádat hy aan korrupsie skuldig bevind is. As teenwig vir die soldate van die struggle wat bo alle blaam verhewe is, is alles wat tydens die vorige, blanke bewind daargestel is, boos. Maak nie saak dat Bantoe-onderwys duidelik beter was as die huidige, mislukte onderwysstelsel nie; dit is noodwendig van die bose omdat dit onder ‘n blanke regering plaasgevind het. Diegene wat hulself teen hierdie mistiek verset, weer eens kodespraak vir blankes, moet getransformeer word sodat hulle ook die struggle-mistiek hul eie maak, en ook die Xhosa-godjie, Mandela, as ‘n heilige beskou.

Aan die teenoorgestelde kant van die politieke spektrum vind mens die Boere-mistiek. Baie soos die ANC se Struggle-mistiek, het die Boere-mistiek ‘n element van waarheid daarin, maar is dit, baie soos die ANC se struggle-mistiek, heeltemal te simplisties, word dit uit verband toegepas en is dit helaas ook uitgedien.

Daar is verskeie elemente aan die Boere-mistiek, waarvan een van die belangrikstes die Gelofte by Bloedrivier was. Laasgenoemde word allerweë beskou as ‘n sekere aanduiding daarvan dat God steeds vandag aan die Boere se kant is. Om egter 1838 se Gelofte na die huidige politieke situasie van Afrikaners te probeer ekstrapoleer, is kennelik ‘n voortbouery wat nie heeltemal inpas by wat eintlik op 16 (of moontlik 7 of 9) Desember 1838 gebeur het nie. Die Gelofte was naamlik bloot ‘n belofte aan God dat die Voortrekkers se nageslagte dié dag sou herdenk, as God hulle die oorwinning  oor die Zoeloes sou gee op daardie spesifieke dag in Desember 1838. Die bewoording van die Gelofte self het dan ook geen melding gemaak van ‘n permanente oorwinning wat God die Voortrekkers se nageslagte oor hul opponente ook in die toekoms sou gee nie; dit het slegs oor daardie dag se veldslag gegaan.

‘n Verdere komponent van hierdie mistiek handel oor die Anglo-Boereoorlog. Maak nie saak dat daar nie streng-gesproke destyds slegs een Boerevolk was nie, maar eintlik ‘n paar verskillende Boererepublieke wat aan die ABO deelgeneem het nie. Maak nie saak dat die Vrystaters aanvanklik nie baie entoesiasties oor die oorlog was nie. Dit maak eweneens nie ‘n verskil aan hierdie mistiek dat daar heelwat Kaapse Afrikaners nie aan die ABO deelgeneem het nie, en dat daar sedertdien ‘n oor-en-weer getrekkery tussen die noorde en die Weskaap was nie. Maak nie saak dat die ou Boererepublieke ontbind is en ingesluk deur die Unie van Suid-Afrika van 1910 nie.

En, die mees fatale een vir hierdie spesifieke komponent van die Boere-mistiek: Maak nie saak dat die Boere die oorlog verloor het nie, en dat hulle inderdaad nooit op die lange duur ‘n kans gestaan het teen destyds die magtigste ryk op aarde nie.  Die mistiek bly steeds voortleef. Ek sou dit beter kon begryp as die Boere nie uiteindelik verslaan is nie, maar weer eens: hulle het die oorlog uiteindelik verloor, mense! Kan dit ‘n soort Götterdämmerung-versugting wees, hierdie? “Ons wéét ons gaan verloor teen ‘n swart oormag, maar ons gaan minstens op glorieryke wyse verloor.”

In terme van hierdie mistiek, is daar steeds ‘n Boerevolk. G’n mens weet egter of iemand wie se oer-oupa in die ABO geveg het, maar sy oer-ouma ‘n Kapenaar was, steeds ‘n Boer is nie. Niemand kan met sekerheid sê of ‘n linkse Afrikaner soos Max du Preez, ‘n boorling van die Vrystaat, wel ‘n Boer sou wees nie, en ‘n vêrregse Kaapse Afrikaner nie een is nie, want volgens sommige definisies kan Vrystaters wel Boere wees, maar Kapenaars nie.

Die antwoord van die dissipels van hierdie mistiek sou natuurlik wees dat die verskil tussen ‘n Boer en die res van die Afrikaners gaan oor ‘n bepaalde soort verwantskap met God. As ‘n blanke Afrikaner sy volk as God se uitverkorenes beskou, in die nasionalistiese sin van die woord, sou hy volgens sommiges ‘n Boer wees. Weer eens word die aanvanklike, eenvoudige betekenis van die Gelofte vir die doeleindes hiervan dikwels verdraai, en word Boere (wie hulle ook al sou wees) gesien as lede van die Geloftevolk. Die eenvoudige Gelofte by Bloedrivier word dus aangepas en verdraai om die stigting van ‘n nuwe volk op daardie dag in 1838 te verteenwoordig. Gaan lees egter gerus weer die teks van die Gelofte, want dis nie wat daar gesê is nie.

En dan, natuurlik, om die Boere-mistiek tot sy logiese uiteinde te voer, volg dit die antwoord op die benarde politieke situasie waarin Afrikaners hulself bevind, is vir Afrikaners (askies, Boere) om onsself bloot te verootmoedig, en terug te keer na ons verbond met God, of dan ‘n nuwe Gelofte met God te sluit. Eenvoudig, nè? Dikwels word Ou-Testamentiese Bybelverse soos 2 Kronieke 7:14 in hierdie verband aangehaal, met die implikasie dat Boere God se uitverkorenes sou wees, en die ander volke – die swartes – per implikasie nié.

Die groot probleem met hierdie simplistiese siening kom uiteraard daarmee dat dit moeilik is om op streng Bybelse gronde, soos mens by Bloedrivier kon maak, te argumenteer dat dit die Christen-Boere teen die heidense swartes is. Swart Christene se getalle is vandag waarskynlik tien maal groter as Afrikaner-Christene s’n. Dit geld ook vir die ANC se kiesers. Dit sou uiters riskant wees om te probeer argumenteer dat die Boere die ware Christenskap aanhang, en die swartes nie. Werklik? Is ál die dertig miljoen plus swart Christene in Suid-Afrika op ‘n dwaalspoor, teenoor slegs die Boere wat die “ware” geloof in pag het?

Miskien is dit tyd vir ons as Afrikaners, en veral diegene wat die Boere-mistiek aankleef, om ‘n stappie terug te neem en ‘n bietjie nederigheid te toon. Afrikaners is nie meer ‘n belangrike volk in internasionale terme nie. Daar is ses of sewe maal meer Hollanders as wat daar Afrikaners is, en Holland is nou nie juis een van die belangrikste lande op aarde nie. Minder as een uit elke twintig mense in Suid-Afrika is deesdae Afrikaners. Op Skriftuurlike gronde weet ek nie van enige rede waarom ‘n Christen-Afrikaner, eerder as ‘n Christen-Xhosa, God se uitverkorene sou wees nie. Dit is veral ‘n non-sequitor dat die blote verootmoediging deur die volk noodwendig sou lei tot ‘n verbetering van ons politieke situasie, weer eens omdat daar geen rede is om te dink dat ‘n ANC-Christen meer spesiaal in God se oë is as ‘n Afrikaner-Christen nie, of andersom. Gaan die Nuwe Testament eweneens nie juis oor die individue van álle nasies se ewige saligheid nie, in teenstelling met die nasionalistiese fokus op Israel in die Ou Testament nie?

Voorts is dit totale wensdenkery dat meer as ‘n handjievol Afrikaners ooit sal terugkeer na die waardes wat die Boere kwansuis destyds aangekleef het (wat dié ook al was.) Al wat ‘n Westerling is, ook Afrikaners, raak toenemend minder gelowig. Ek is bevrees dit gaan slegs enkele Afrikaners wees wat hul Westerse leefstyle gaan heroorweeg en terugkeer na wat ook al die mistiek van hulle vereis.

Daar is selfs diegene, myself inkluis, wat meen dat hierdie soort mistiek, wensdenkery en simplistiese versugting na verootmoediging, ‘n soort meganisme is om die realiteit te vermy. Dit verteenwoordig magiese denke. Afrikaners hoef in terme van hierdie magiese denke slegs te bid en op geestelike gebied terug te keer na die mistieke verlede, en dan sal daar ‘n wonderwerk soos by Bloedrivier plaasvind, en is ons ontslae van die dwingelandy van die ANC.

Was dit maar net so eenvoudig.

интерьер гостинойданильченко юрий брониславович прокурор

Herrie se kerrie: Planne met inbrekers

Herrie lees van die vele voorvalle van inbrake by huise en ondernemings in Bethlehem waar die skelms toegang deur die dak gekry het.

Gelukkig voorvalle, en nie afvalle nie, na aanleiding van die inbreker in Amerika wat deur die plafon geval het en toe ‘n suksesvolle eis teen die huiseienaars ingestel het vir die beserings wat hy opgedoen het.

En dan wil Herrie tog ook maan teen die eienaars wat so video-kameras vir sekuriteitstoerusting inspan. Video-opnames, so blyk dit, is in Suid-Afrika groot moeilikheid. Dit kan maklik tot eise van ‘n miljoen rand of so in die gelykheidshof lei.

Gebruik liewer ‘n polaroid-kamera. Los een in die huis. Suid-Afrikaanse diewe het ‘n onblusbare voorliefde om mekaar met kameras af te neem, en as die foto’s dan wit uitkom, word dit net daar gelos. Wanneer die huismense tuis kom, kry hulle die mooi klaar ontwikkelde foto’s in hul geplunderde huis. Die diewe met breë glimlagte op hul bakkies.

Maar terug na Amerika. Dis kan soms regsgewys ‘n vreemde plek wees. Soos die ouens wat uitgevang word dat hulle regsaanspreeklikheidsversekering uitneem, en hulself dan “per ongeluk” beseer. Dan stel hulle eise teen hulself in, en die regsaanspreeklikheidsversekering moet opdok. Een het so ver gegaan om homself met ‘n boemerang raak te gooi. Of die versekeraar hiervoor geval het, kan Herrie nou nie onthou nie. Herrie meen dié eis het geboemerang.

Of ‘n inbreker wat deur die dak inkom, en deur muis- en rotvalle wat in die plafon gestel is gevang word, ‘n eis teen die eienaar kan instel weet Herrie nou nie. Normaalweg word gesê iemand wat “met vuil hande” (onregmatig) optree, nie ‘n eis kan instel as hy seerkry nie. Veiligheidshalwe, moet dan tog maar nie bokant die plafon gaan skoonmaak nie. Dan het daai inbreker vir seker baie vuil hande.

Dan raak dit nogal ‘n speletjie om te dink watter soort teenspoed ‘n mens alles daar bo in die plafon vir die inbrekers kan voorberei.

Groot Herrie meen dit kan nogal werk as daar skielik ‘n laken soos ‘n spook “opstaan” as die teenwig versteur word, maar Mev. Herrie meen dit kan dalk veroorsaak dat die inbreker hom oop skrik, en dan is skoonmaak ‘n noodsaaklikheid as ‘n mens in die huis wil huishou.

En as die leser dalk meen van die bloeddorstige voorstelle wat gemaak word is bietjie wreed, of nog erger, ‘n skending van die arme inbreker se regte soos vervat in die Handves van Menseregte, dan sê Herrie daai een het nog nie die gevoel ervaar om in sy geplunderde huis te kom nie. Daai ervaring van ‘n skending van ‘n mens se privaat ruimte is onbeskryflik. Dan dink mense wrede goed uit.

Groot Herrie en ‘n maatjie het kleintyd ook om die Herries se huis allerlei strikke vir skelms gestel. Dit het klaarblyklik gewerk, want Groot Herrie het ‘n liederlike knop teen sy kop gehad toe dit getoets is.

Of die tannie wat by die polisie gekla het dat iemand haar saans oor die kop slaan as sy om die huis gaan kyk of alles in orde is. Die sersant kom kyk, en toe hy terug in die huis kom vra die tante of hy kon agterkom wat aangaan.

“Ja, die tweede keer toe ek om die huis loop het ek ook op die hark getrap.”

мебель для новорожденныхФильчаков прокурор отзывы

Wat gee die nedia vir mediavryheid om?

In die onlangse debat oor mediavryheid in Suid-Afrika en die ANC se moontlik inkorting daarvan, is daar oor een kardinale kwessie geswyg, naamlik die rol van die media self. Beskik die Suid-Afrikaanse media, met hul geskiedenis van politieke en etniese propaganda – veral anti-Afrikaner-propaganda – oor enige morele kapitaal om beswaar teen groter regeringsbeheer oor die tradisionale media te maak?

Sinici sal sê dat, indien die media se inhoud onder beheer van ‘n ANC-komitee geplaas word, niemand die verskil sou agterkom nie. Volg die SAUK, asook die Avusa-, Independent- en Naspersgroepe nie reeds in meerdere of meerdere mate die ANC-ideologie slaafs na nie?

Die Suid-Afrikaanse media het nog nooit werklik vrye debat of ondersoekende joernalistiek beoefen nie. Afgesien van die geelpersskandale oor Joost of Steve wat dikwels die voorblaaie haal, is die meeste ander skandale wat op die lappe kom, afkomstig van die nasionale inligtingsdiens of selfs van buitelandse geheime dienste. Ons joernaliste verteenwoordig blote tusengangers in ‘n groter ideologiese en strategiese spel wat dikwels van buite ons landsgrense bepaal word.

Ook beskik die media hier te lande oor ‘n lang geskiedenis van etniese en politieke propaganda wat skaamteloos oor dekades gevoer is. Daar is min integriteit of verbintenis tot die waarheid. ‘n Goeie storie vir ‘n Suid-Afrikaanse joernalis is een waarin jy ‘n openbare figuur of ‘n lid van die publiek kan swartsmeer. Geweldsmisdaad, wat normaalweg sonder konteks aangebied word as iets so onvermydeliks soos reën of sonskyn, bied verdere sensasiemateriaal aan die media.

Belangrike kwessies word deur die media verswyg en joernaliste word soms verbied om oor bepaalde sake of persone te berig. Neem byvoorbeeld die begrippe “selfbeskikking” of “Afrikanervolkstaat” wat vir vele van ons mense brandende vraagstukke is, maar waaroor geen koerant of TV-kanaal vrye debat sal toelaat nie. Dit pas gewoon nie in by die Anglo-Amerikaanse “finale oplossing” wat sedert 1994 op ons van toepassing is nie. En ek gebruik hier doelbewus die term “finale oplossing” met sy konnotasies van volksmoord, want die eksistensiële aanslag op ons instellings, taal, kultuur, veiligheid en menswees wat ons vandag in dié land beleef, is niks minder as dit nie.

Spraakvryheid of die “audi alterem partem”-reël van Romeins-Hollandse reg, word as ‘n reël nie deur die hoofstroommedia in ons land eerbiedig nie. Merendeels is hul beriggewing, aanbieding en veral meningstukke eensydig, stiksienig en gedienstig aan die heersende orde.

Liberalisme is veronderstel om die heersende idee in ons land te wees, met sy implikasies van verdraagsaamheid en verskillende waarhede of sienings wat toegelaat moet word om vrylik geuiter te word. Die media doen egter sy bes om juis net een stereotipe siening van ons land en sy geskiedenis aan lesers en kykers op te dring: dié wat deur die ANC en SAKP se ideoloë vervaardig is. Dus is die enigste liberalisme waarvan daar in Suid-Afrika sprake is totalitêr van aard, waarby spraakvryheid en verdraagsaamheid geen rol speel nie.

Oor ‘n tydperk van maande en jare het koerante in die Nasionale Persgroep, asook die Afrikaanse TV-kanaal, KykNET, gepoog om my as “rassis” uit te skel en te stereotipeer. In pleitstukke wat tans voor die hof dien in die lastersaak wat ek teen Naspers aanhangig gemaak het, erken Die Burger dat die koerant my belaster het, maar vind dit terselfdertyd “in die openbare belang”. Naspers se uiteindelike doel is om my die swye op te lê en te sensureer, omdat ek na ongemaklike waarhede verwys en nie die eendimensionele aard van die openbare debat in ons land eerbiedig nie.

Daar was ‘n tyd, moontlik in die sestiger- en sewentigerjare, toe die Afrikaanse media en veral Naspers dalk ‘n soort spraakvryheid en sogenaamde demokratiese debat beoefen het, maar Die Burger en sy susterskoerante val vandag terug op die ou tradisie van propagandamondstukke vir ‘n ideologie te wees. In die verlede het hulle die Nasionale Party dikwels slaafs nagevolg. Al hul vyande was óf “ekstreem links” óf “verregs” en dié is met oorgawe verguis. Vír ‘n lang tyd het die Nasperskoerante hulself daarop toegelê om “die regse gevaar” onder Afrikaners in die vorm van die HNP, KP en Vryheidsfront hand en tand te beveg. Toe die linksomkeer in die vroeé negentigerjare kom, het die Nelson Mandela-persoonlikheidskultus, asook wat hulle as “demokrasie” beskou, die grondslag van ‘n nuwe propagandaveldtog geword.

Tot redelik onlangs is alle kritiek op die huidige bestel met sy korrupsie, geweld en minderheidsverdrukking as “verregse nostalgie oor apartheid” veroordeel. Rubriekskrywers en kommentators het eindelose ophemelings van “ons wonderlike grondwet” – waarvan feitlik elke klousule in terme van ras gekwalifiseer is – gepubliseer.

Die feit dat Suid-Afrika so korrup geraak het dat die polisiehoof vir korrupsie tronk toe gestuur word en radikale grondhervorming voor die deur lê, met nasionalisering wat by die 2012-kongres van die ANC ‘n besprekingspunt gaan wees, pla nie ons hoogheilige media nie. Wel ‘n ingryping in hul skyn-“onafhanklikheid”, want elkeen van die groot mediagroepe dien een of ander meester, al is dit bloot Mammon en die groter Anglo-Amerikaanse Ryk waarvan hulle die idees en waardes aan ons opdring.

Eintlik is dit ‘n geval van slim vang sy baas. Want wie is verantwoordelik vir die ineenstorting van die ou orde en die ANC se revolusionêre oorname van die weermag, polisie en staatsapparaat, anders as die Suid-Afrikaanse media? Jare lank is alles in die land in die naam van “apartheid” verguis en verdag gemaak. Die feit dat ons toe skoon water, elektrisiteit, werkende hospitale en munisipaliteite gehad het, het vir niks getel nie. Al waarvan die meeste joernaliste en redakteurs gedroom het, was van revolusie en sogenaamde “demokrasie” wat eintlik maar net ‘n ander woord vir ANC-oorheersing is.

Daar sou nooit sanksies vanuit die buiteland gewees het indien ten minste ‘n gedeelte van die plaaslike media nie jare lank met groot fanfare en baie onpatrioties ‘n vertekende beeld van ons land uitgestuur het nie. Dit geld veral die onliberale Engelse media wat in Afrikanerregering iets boos gesien het en wie se joernalistieke integriteit reeds met hul onredelike etniese haat jeens Afrikaners by die deur uitgewaai het. Die verwronge beeld van ons werklikheid waardeur Afrikaners gestereotipeer en as moordlustig en boos voorgestel is, terwyl swartes as lydende engeltjies geskilder is, is vandag steeds met ons.

Noudat, in die beroemde woorde van Pierre Vergniaud, “die revolusie sy kinders verorber” en die redaksiekantore self gevaar loop om onder revolusionêre beheer te kom, word daar luidkeels beswaar gemaak.

Persvryheid en meningsvryheid het in Suid-Afrika gesterf die dag toe die leuen geseëvier het. Gegewe die vele krisisse in die land, bestaan daar geen oop gesprek oor die oorsake daarvan of redelike alternatiewe nie. Want terwyl die media blou moord skree oor moontlike beheer deur die staat of die ANC, weet hulle aan watter kant hul brood gebotter is en dit is aan die kant van dieselfde ANC.

Ek moet sê dat ek persoonlik al hoe minder Suid-Afrikaanse koerante lees. Dag na dag en week na week is dit dieselfde onnosele en dikwels ongekunstelde menings wat aangebied word. Sapa is reeds ‘n vertakking van die ANC, want die mees absurde mediaverklarings deur die ANC-jeugliga of Jong Kommuniste word klakkeloos die wêreld ingestuur terwyl werklik belangrike nuus of verklarings deur die agentskap geïgnoreer word.

Die absurde beriggewing tydens die moord op Eugène Terre’Blanche was waarskynlik die laaste spyker in die doodskis van ons gedrukte media. Berigte oor kondome en toespelings op Terre’Blanche se gewaande homoseksualisme het op voorblaaie verskyn, met die aktiewe deelname van die nasionale inligtingsagentskap. Voortaan sou ‘n groot deel van die media geen geloofwaardigheid meer geniet nie.

Was dit nie vir die internet nie, sou ons reeds in ‘n totalitêre eenpartystaat geleef het, met die instemming van die media. Die redaksies van die meeste koerante, radiostasies en TV-kanale is dermate tot die revolusionêre transformasie van Suid-Afrika verbind dat hulle enigiets van die regerende party sal aanvaar, van grondhervorming en nasionalisering tot anti-blanke rassisme waarvan die hele politieke en ekonomiese stelsel deurtrek is.

Nog nooit was ondersteuning vir alternatiewe media in Suid-Afrika, veral op die internet, so belangrik soos nou nie. Want die hoofstroommedia is reeds deur die ANC gekoöpteer, al gee hulle self voor om nog “onafhanklik” te wil wees.

очки для плавания детские ценаОлександр Васильович Фільчаков

Om by ‘n volkstaat uit te kom

Baie Afrikaners praat lukraak van ‘n volkstaat, so asof mens ‘n kleinhoewe gaan koop na waar jy van die werklikhede van die nuwe Suid-Afrika kan ontsnap.

Ons is almal bewus van die wrede werklikhede.

Maar hoeveel van ons weet wat die werklikhede vir die verkryging van ‘n Volkstaat is?

Gedurende die apartheidsjare was dit ‘n relatief maklike opsie vanuit ‘n magspolitieke oogpunt gesien.  ‘n Tuisland was vir vir alle etniese groepe geskep, behalwe vir Afrikaners.  Laasgenoemde kon net nooit binne die politieke tydsgees van destyds verwerklik word nie.

Tydens die laaste twintig jaar van die Nasionale Party se bewind was die etniese Afrikaner gedeelte van die blanke bevolking as die opposisie beskou. Hul idees van ‘n Afrikanertuisland was toe as ‘n naïewe politieke foefie bestempel.  Die HNP het bonop beweer dat hulle nie bereid sou wees om een vierkante duim van Suid Afrika prys te gee nie, wat nog van die oorgrote deel van die land aan die swartes oordra.

Polities was dit derhalwe net nie haalbaar nie.

Prakties sou ‘n Afrikanervolkstaat egter net so maklik opgerig kon word as die swart tuislande, mits dieselfde politieke wil daarvoor bestaan het.

Ek wil nie weer daarvan beskuldig word dat ek die volkstaat idee afskiet nie, maar voel tog geroepe om die werklikhede weer onder lesers se aandag te bring.

Volgens my siening, wat gebaseer is op die VSR se ondersoeke, is daar  basies vier streke waar Afrikaners ‘n eie hartland of polities outonome gebiede sal kan uitkerf, naamlik:

  • die Pretoria Oos, Centurion, Pretoria Noord gebied wat Kleinfontein insluit en tot naby Witbank kan strek.  Vanweë die omliggende gebiede se swart inwoners se afhanklikheid van Afrikaners se belastings sal dit polities onwaarskynlik wees.  Nogtans sou daar hoogstens tot op derde vlak regeringstatus gevorder kon word, maar met sekere addisionele  magte t,o.v onderwys, polisiëring en gesondheidsdienste.  Binne hierdie gebied woon daar tans meer as 300,000 Afrikaners en maak dit reeds ‘n meerderheid van die bevolking uit.  Net soos die Weskaap, sal dit egter nog onder ‘n ANC-regering sorteer.  ‘n Sterk plaaslike volkswil hiervoor is egter ‘n voorvereiste. Die tydskaal hiervoor behoort nie langer as tien jaar van intense politieke aktivisme plaaslik en in die buiteland te neem nie.  Of Pretoria se inwoners die nodige volkswil het om vir hul selfbeskikking te stry is egter onwaarskynlik, aangesien verreweg die meerderheid van hulle tans DA-gesind is.
  • Die Noordwes Kaap wat vanuit Orania kon uitkring deur stelselmatige besetting en ontwikkeling van ‘n altyd groter wordende streek (die oliekol-op-water-gedagte).  Om ‘n meerderheid te word sal daar nuwe privaat dorpe gestig moet word wat soos sekuriteitsoorde funksioneer, met gepaardgaande infrastrukturele behoeftes soos skole, winkelsentra, water, krag en rioleringvoorsiening.  Hierdie opsie is fisies haalbaar oor ‘n tydperk van 40 tot 50 jaar, mits die ekomnomie sodanige gestimuleer kon word dat minstens 4,000 families jaarliks soontoe sal trek om uiteindelik 300,000 siele te huisves.  Met die nodige politieke wil en ondersteuning van buiite die groeiende gebiedsekonomie sal staatstatus teoreties bereik kon word.
  • Die Suidwes Kaap wat net soos Orania kan ontwikkel, maar sou dit met Orania meeding, dan vetraag dit laasgenoemde se groeipotensiaal, tensy die twee polities gekoppel kan word. Die tydskaal sal dieselfde wees.  In beide gevalle moet daar eers ‘n volk gestig word voordat sy volkstaat geëis kan word.
  • Die kanton-gedagte waar Afrikaanse wyke en dorpe polities afillieer om ‘n outonome gebied te vorm.  Soos in Pretoria sal daar hoogstens tot derdevlak regering gevorder kan word.

Natuurlik kan ons aangaan en verder spekuleer, maar hieruit kan mens aflei dat, soos ek vantevore geskryf het, die volkstaat nie vanuit die hemel sal neerdaal nie.

Nou wat maak mens as:

  • Pretoria se Afrikaners wil nie stry vir hul politieke outonomie nie?
  • Afrikaners wil nie na die Orania of Suidwes Kaap trek nie?
  • Die jonger geslag word al sterker deur die nuwe nasiebouproses gebreinspoel om te integreer?
  • Daar ‘n sterk gesagsowerheid vir Afrikaners, wat die dryfkrag agter die program moet wees, weens verdeeldheid en verdagmakery nie tot stand kan kom nie, of dat mededingende “Volksrade” mekaar se pogings in die wiele sal ry?

En hierdie faktore het eintlik niks met die ANC te doen nie, maar is onder beheer van Afrikaners self.  Sou die vier faktore egter wel genoegsaam bestuur kon word en konsensus verkry word, dan moet mens nog rekening hou met die antagoniste binne die parlement.

Eers dan bring dit ons by die regte van ‘n volk onder die Volkereg.  Ons moet in gedagte hou dat gebiedsoutonomie slegs geeïs kan word deur die inwoners van daardie gebied. Volkstaters sal, oud en jonk, moet begin om ekonomiese ontwikkeling tin die bestemde gebied te doen sodat voldoende ekonomiese suigkrag opgewerk kan word om mense te lok.  As die wil bestaan, sal dit nie onmoontlik wees nie.  Daarsonder sal dit ‘n droom bly.

Alternatiewelik kan die stadstaat-gedagte uitgebou word met selfbeskikking op kulturele sake en vir plaaslike dienste.  Daardie opsie kan relatief maklik onder die bestaande internasionale protokolle en handveste verkry word, mkits die volkswil daarvoor bestaan.  Niemand sal dit egter by Afrikaners se keelgate afdruk nie.

En waar pas die VF+ by al die bogenoemde in?  Heel eenvoudig:  Hierdie is ‘n buite parlementêre aangeleentheid wat buite parlementêr nagestreef moet word.  Die VF+ het egter ‘n baie belangrike funksie om in die parlement te vervul as spreekbuis vir die gedagte van selfbeskikking vir Afrikaners en ook om na die belange van Afrikaners in die algemeen om te sien.  Hy kan egter moeilik voorgee om namens alle Afrikaners vir ‘n volkstaat te stry terwyl so min Afrikaners vir daardie party stem.

Of wat dan van die man in die bruin pak wat op messiaanse manier die volk sal kom lei en vryheid te bewerkstellig?  Sonder mag, hetsy militêre mag of mag deur ‘n sterk volkswil aan hom verleen, sal so iemand nie gou op die toneel verskyn nie. Self sterk leiers sal as swakkelinge gesien word.

Dit moet baie mooi verstaan word dat slegs ‘n buite-parlementêre gesagsowerheid sal kan stry vir Afrikaners se selfbeskikking, en nie professionele party politici nie.  Laasgenoemde moet ongelukkig altyd die maksimum stemme vir hul party werf om te kan voortbestaan, self vanuit die geledere van nasiebou Afrikaners.  As ‘n politieke party slegs op volkstaters fokus is sy einde naby.

Ek hoop dat bogenoemde ontleding en uiteensetting ‘n bietjie meer klarigheid by my volksgenote sal; bring, aldan nie woede nie.  Waarvoor ek baie, baie behoedsaam is, is vir mense wat nou reeds wil voorgee dat ons deur ‘n geskietery ons vryheid sal kan bekom of dat ons net daarvoor moet bid en dat die Voorsienigheid self vir ‘n volkstaat sal sorg.

Dikwels wonder ek of die Afrikanervolk hoegenaamd in staat is om weer soos sy voorsate vir hul onafhanklikheid te stry.  Ek het die gevoel dat mense eerder hul volkie van allerlei godsdienstige dwalings wil suiwer as om weer as ‘n volk met al sy vratjies, vry te wees.

очки для плавания детские ценатопкарго

Wie weet niks?

‘n Kennis stuur vanoggend vir my die ou grappie aan van die jafel wat in Italië vakansie hou.

Kom ons verander die grappie bietjie in die hedendaagse idioom, en sê hy Skype vir sy verloofde: “Ek hou heerlik vakansie, en Florence is wonderlik.”

Sy verloofde se antwoord is blitsvinnig terug: “Ek is bly. Willem is ook wonderlik.”

Net gister, in ‘n in promptu-koppestamp oor die stand van taal, praat ‘n groep van ons oor die verskriklike swak vlakke van algemene kennis van die jonger generasie, wat ook op die gebruik van Afrikaans neerslag vind. Soos die spelling…

“Toe ons kinders was kon ons omtrent al Afrika en ander dele van die wêreld se hoofstede noem, en wie hul premiers of presidente is. Vandag…”

Ek verswyg dat ek self darem lelik voeling verloor het. So in die haastigheid is ek nou ook nie so vars oor die koning van Lesotho en die premier nie. Maar die hare is darem al goed grys…

Darem weet ek wie die eerste minister van Nederland is, al is dit nog net vir ‘n rukkie. En nee, dis nie Joop den Uijl nie. Die is lankal nie meer nie.

En nee, Evita is nie die president van Argentinië nie, ook nie Maradonna nie, maar ek moet bieg, wie dit nou is het my ook ontgaan.

“Maar,” sê die een gespreksgenoot, dit is ook nie regtig meer nodig om so alles in die kop te saam te dra nie. ‘n Mens Google net. Sy het haar verstom oor hoe ‘n nefie, sommer so met die bestuur in Kaapstad, nog gelyk ge-Blackberry en ge-GPS het. As sy nie iets weet nie (en hy uiteraard ook nie) klik-klik die laaitie net op sy selfoon, en daar het hy die antwoord.

Oudste, wat binnekort ‘n her in Landbou-ekonomie skryf, sou seker wat wou gee om so ‘n handige leerbystand tydens die eksamen te hê. Maar ongelukkig vereis die universiteit nog dat daai kennis uit die kop moet kom.

Maar, kla ‘n dosent, toe hy moeilikheid van die universiteit se Sanhedrin kry oor hoe swak sy studente vaar, besluit hy tot hier en nie verder nie. Hy gee vooraf die vrae. En sal ‘n student so waaragtig nie die vermetelheid hê om hom te bel en te vra op watter bladsye die antwoorde is nie?

“Maar die uitslae was in elk geval niks beter nie. Volgende keer skryf hulle maar oopboek-eksamens.” Ek wil byvoeg dat hy weer ‘n oproep gaan kry van ‘n student wat gaan vra of boeke dan kan Google. As hy nie kan “copy” en “paste” nie, hoe gaan hy dan ooit die antwoorde kan neerpen?

Maar ek bedink my.

Juis toe kom oudste van die universiteit af. Hy stap selfoon in die hand by die deur in. Klaar aan die Mixit. Hy het Mixit-meisies op omtrent elke dorp in die land, so voel dit, en voel ons sakke dit as hy in persoon wil gaan kuier.

“Ek hoop nie jy Mixit terwyl jy bestuur nie,” korswil sy ma. “Ja ma, soms. Maar ek hou my oë op die selfoon dat ek nie spelfoute maak nie.”

“Mooi seun,” komplimenteer ek hom. “Ons kla nou net oor die mense se swak spelling.”

En dan sê die jong klomp nog die ou mense weet niks!

для банитопкарго кидалы

Herrie se kerrie: Planne teen kragkrisis

Die kragkrisis wat Bethlehem en omstreke gery het, laat Herrie dink aan die vraag wat iemand uit die Molopo uit eendag by ‘n provinsiale landboukongres gevra het: “Wat het Suid-Afrika voor grondpaaie gehad?” En hy antwoord self: “Teerpaaie.”

So het Herrie se oupa nog ‘n halfeeu gelede gewonder wat sal gebeur as brandstof opraak? Waarmee en hoe ploeg die boere dan?

En einste Oupa Nic Meyer se pa was nog vreeslik willebooslik kwaad vir oupa toe hy sy eerste trekker gekoop het. “Nou gaan jy jou bankrot boer,” had oupagrootjie te sê gehad.

Vandag is dit haas ondenkbaar. Van die trekkers, soos luukse gemakshuisies op moewiese viertrekwiele, sleep ploeë waar die hektare per minuut geploeg gemeet word. Herrie het juis al gewonder waar gaan so ‘n trekker, ploeg en al, draai die nag wat die drywer agter die stuur aan die slaap raak? Kyk, as ‘n drywer op ‘n oop trekkertjie in die bitter koue so lekker droomland toe kon verkas en deur doringdraad en in dongas kon inploeg, dan is dit vir Herrie ondenkbaar dat iemand in daai lugversorgde kajuit met musiek van keuse nie ook lus kan raak vir ‘n uiltjie knip nie.

Eintlik is dit vreeslik ironies dat Bethlehem en omgewing so ‘n swaard oor ‘n kragkrisis oor die kop moes kry. Die eerste van ‘n klompie hidro-aanlegte in die Asrivier wat krag net aan Bethlehem voorsien, is immers al in bedryf. Boonop is daar ander groter aanlegte soos onder die berge voor die water in die Asrivier loop, en by die Sterkfonteindam. Die krag is daar; die geld is op omdat dit elders heen “gekanaliseer” is. Omtrent soos die ou oom sê as hy die jong nursie by die ouetehuis aai: “Die gees is gewillig maar die vlees is te poegaai gedaan.”

Wat Herrie laat dink: Dié kragsentrales bied darem meer as een rede hoekom die Asrivier sy regte Engelse naam, Axel River in plaas van Ash River, terug moet kry. In daai hidro-sentrales draai die ene asse. G’n teken van êsj nie.

Maar as die ru-olie sou opraak?

Vir die trekkers is daar darem die goeie nuus dat die slim mense al ontdek het sonneblomolie en skoongemaakte olie waarin vis en tjips gebraai is deug ook. Die Oos-Vrystaat het ook oorgenoeg karkoere en makatane om makataan oktaan mee te kan stook.

Maar wat die pad-rygoed gaan maak …? Herrie kan nog half en half dink aan dosyne gesinne wat saam ry, elkeen op sy eie fiets. Maar ‘n baiesukkel wat die werk van ‘n minibustaksie moet doen? Volgens oorlewering was die rekordgetal passasiers in die ou soort bussies 24 volwassenes, drie kinders, twee babas en vier lewendige gesteelde skape plus bagasie en die gesteelde huisraad van die Venters (en ‘n paar geslagte hoenders). Met ‘n bussie praat ‘n mens nou al van ‘n Guinness rekord. Op ‘n baiesukkel beslis.

Maar wat Herrie weet. Daar is nie nog so ‘n lekker kuier soos vroegoggend voor ‘n Agastoof as dit buite skemer en spierwit geryp is nie. Met koffie en beskuit. Sulke lang dipbeskuide.

Maar is nie plek by die stoof vir die mense wat die geldjies waarmee Eskom betaal moes gewees het, “geherkanaliseer” het nie. Laat hulle potblou bibber.

освещение ступеней лестницылобановский супермаркет класс

Mandeladag: Kritiese oog van Breyten Breytenbach

Seker die mees frustrerende ervaring vir ‘n politieke navorser is om te onthou dat ‘n mens iewers iets gelees het, en dan verseg of mens daardie artikel of berig weer deur die elektroniese soekgereedskap opgespoor kan kry. ‘n Mens word as’t ware ontGoogled gelaat.

Twee artikels wat ek nooit weer oor Media 24 se soekenjin kon kry nie, het toevallig beide gehandel oor misdade, soos moord, waaraan polisielede skuldig bevind is. Beide was skokkend. Die een oor die polisie in die Vrystaat was in Volksblad, en die een oor die polisie in die Wes-Kaap in Die Burger.

Maar dit net ter agtergrond.

Vandag is internasionale Mandeladgag, volgens die Mandelastigting om die oud-president se goedheid te herdenk en as voorbeeld aan die wêreld voor te hou. Maar nie almal is dit eens hiermee nie, en was daar byvoorbeeld van Breyten Breytenbach heelwat kritiek op Mandela.

So seker soos ek leef onthou ek dat ek eendag gelees het dat Breyten Breytenbach in die parlement se openbare galery gesit en  na ‘n toespraak van pres. Nelson Mandela geluister het. Met die uitstap, binne hoorafstand van ‘n joernalis, maak hy die opmerking: “…en almal weet hy lieg deur sy tande.”

En so is dit in ink verewig. Of is dit? Geoordeel aan die elektroniese soektogte wat dadels oplewer moes ek my dit verbeel het.

Maar die soektog lewer tóg iets op, waaruit ‘n mens duidelik onder die indruk kom dat Breytenbach minstens bereid was om onkrities oor Mandela te wees.

In 2001 skryf ‘n briefskrywer uit Parys in Die Burger oor ‘n bespreking van ‘n opvoering van Breyten se “Die Toneelstuk.” Die briefskrywer meld in hierdie brief van ‘n “openbare brief” van Breytenbach waarin hy onderneem om die Mandela-regering met ‘n kritiese oog dop te hou.

Dié brief of sy inhoud kry ek egter ook nie raakgesoek nie.

In 2008 stuur Media 24 se destydse verteenwoordiger in die VSA egter ‘n berig oor ‘n ope brief van Breytenbach waar hy wel met die spreekwoordelike pantoffel onder Mandela en die regeringsopset hier inspring. (Brief hieronder).

Die rede hoekom ek spesifiek na Breytenbach se kritiek op Mandela verwys, is omdat dit op die oog af so onwaarskynlik is. Breytenbach het immers self internasionaal die aandag getrek toe hy in die 70gerjare die land vermom en onder ‘n vals naam ingekom het, om die ANC in onwettige dade by te staan. Hy is ook tronk toe gestuur.

Onder sy skrywersvriende soos Jan Rabie was daar ontsteltenis. In sy boek, ‘n Boek vir Onrus, verwoord Rabie sy verbystering, en die ontsteltenis van Breytenbach se ouers. Breytenbach was naïef, was Rabie se gevolgtrekking.

Iemand wat tronkstraf, en teoreties selfs die doodstraf uit naïewiteit sou trotseer om daarna in die wêreldmening stroomop te wees om die ikoon so te roskam?

Miskien is daar antwoorde in ‘n gedig, belydenis, wat die Vrye Afrikaan in 2006 gepubliseer het.

Hoewel ek al self hier en daar ‘n gediggie gepubliseer gekry het, is die digkuns die één genre waarvoor ek my self nooit sal uitgee nie. Nie dat ek moeite het om te rym nie, maar ander se gedigte is vir my Grieks, of dalk eerder Sankrit. Ek verstaan daar net mooi niks van nie. Juis daarom is my afleidings oor Breytenbach se gedig hieronder waarskynlik nie geldig nie. Maar vir my, op die oppervlak, lyk dit na ‘n man wat redelik ontnugter is omdat hy baie opgeoffer het, in Parys in ‘n dakkamer met rotte en motte moes woon, terwyl hy hom oor die onregte tuis uitgelaat het, maar uiteindelik het hy nie erkenning gekry nie (was dit net selfbevlekkende romantisisme).

Twee jaar later is die titel van Breytenbach se ope brief aan Mandela: “Mandela’s smile: Notes on South Africa’s failed revolution.”

Hier skop ek as die politieke navorser weer in – ‘n beroep wat nie die luukse van euforie of subjektiwiteit behoort te ken nie. Omdat die media so fokus op die gerapporteerde deugde van Mandela, net ‘n kort teensy:

Uit die Christen-demokratise geledere sal daar stellig kritiek kom oor die Mandelastigting se stelling oor Mandela se goedheid omdat die Bybel leer dat die mens feilbaar, en selfs sleg is.

In die werklike wêreld, buite-om die euforie, is Mandela nie “vir bokker*l” tronk toe soos ‘n inbeller op ‘n radioprogram dit gestel het nie. Trouens, tydens die verhoor was daar onder sy ondersteuners ernstige kommer dat hy die doodstraf opgelê kon word. Hy was op sy dag ‘n ingeskrewe lid van die SAKP, en destyds (en steeds) was die kommuniste geen model-demokrate nie.

Hy het ook langer in die tronk gebly omdat hy self verkies het om nie in die aanloop tot die nuwe bedeling geweld af te sweer nie. Die kerkstraatbomontploffing, landmyne op plaaspaaie waar minstens een baba aan flarde geruk is, die aanval op Magoo’s is maar enkele getuienisse van hoe noodsaaklik die afsweer van geweld as simboliese gebaar was.

Die onderwysstelsel misluk nog en steek sleg af by dié van Zimbabwe nadat Mandela die stelsel ge-Bengu het.

Wanneer die moedelose publiek oor onbekwame ministers by Mandela gaan kla het, het sy kantoor daardie klagtes sonder enige ander aksie gewoon na die einste ministeries terugverwys.

Die grondslag vir die “failed revolution” is so deeglik in Mandela se bewindsjare veranker.

Meer op die staatkundige terrein – die omarming van muishondlande net terloops – was die raamwerk waarbinne die Kemptonparkse onderhandelings plaasgevind het. NP-onderhandelaars het agterna telkemale verweer dat hulle nie eens kon probeer om volkeregtelik minderheidsregte, soortgelyk as dit wat in België, Spanje, Indië en elders geld, te beding nie “omdat die ANC nooit sou instem nie.”

Indien dié opvatting foutief deur die betrokke onderhandelaars oorgedra is, was daar ook nie ‘n stroom protes uit die Mandela-kamp nie.

Trouens, met die goedkeuring van die finale grondwet, was die ANC onverbiddelik dat ‘n bepaling in die oorgangsgrondwet moet wegval, naamlik dat die regte wat ‘n amptelike taal by die inwerkingstelling geniet het, nie verminder mag word nie.

Al verstaan ek van die digkuns niks, al volg ek nie aldag Breytenbach se politieke logika nie, kry hy in my boekie so agt uit tien as digter wat as die nasie se gewete optree, ongeag wie aan die stuur van sake staan. Hy sou tien uit tien gekry het as hy bereid sou wees om die proses volkome deur te trek – en as volksdigter ook sy pen in die bloed van plaasmoorde te doop.

belydenis

Breyten Breytenbach

ek het nog nooit ’n vliegtuig geloods

al vlieg ek gereeld die wêreld vol,

ek het wel vir die skuifstonde van ’n wolk

in die buik van ’n skip oor die ewenaar gedobber

maar was nooit die matroos

wat teen takelwerk uitklouter

om die son aan te sien vir ’n vasteland nie

 

Sophia Loren het eens ’n bak dampende pasta

vir my gekook

met olie soos deursigtige semen besprinkel

en haar borste was bleek soos swanger ooie sonder wol

maar ek het nie met haar gevry nie

 

ek het nooit voor die volk gestaan

om die koers deur die woestyn aan te dui

met ’n staf wat bewe van woede en wraak nie

al het ek ook waarskuwings onder my tong gestotter

totdat my kiesvleise flenters was van bitter woorde kou

 

ek het nooit ’n huis-op-die-see met tien slaapkamers

en ’n swembad vir naakte gaste besit nie

maar wel ’n dakkamer in Parys met muise en motte

en die neersif van jare se fyn swart besoedeling

 

ek het hoog en laag probeer preek

teen armoede en onreg

maar op die ou einde was ook dit

slegs selfbevlekkende romantisme

en niemand wou aanvaar ek is ’n Afrikaan nie

 

die olifant vir wie ek in die sirkus gewuif het

het my tien jaar later nie meer herken nie

 

alhoewel ’n man die vrou se buik in kan gaan

om daar te snoetel en snotter soos ’n vark in ’n trog

sal hy nooit die vrou se verstand kan penetreer nie

en buitenste duisternis sal hom verblind

 

ek het God nooit geken

die hemelse vaandels nie sien wapper op die wind

nog enige van sy of haar klone

al het ek op my tone op die tafel mog kyk

na die dolosse en die repe vlees van kadawers

 

my verstand het versand in begrippe van orde

en niks het uiteindelik sin gemaak

en daar was geen verskil tussen bo en onder nie

en die blêrende skaap buite het vir f***l gevrek

 

ek was ’n soepel singende stryder

om die horison binne te haal:

in die spieël staan en buikpronk ’n lelike mens nou

 

ek het gedog ek sou die jeugdiges se hart

met sang en vervoering om kon praat

maar my enkele lesers is ou wrakke

wat met week en stywe oog

die losgetorringde voering van my betoog

my toga van klagte

tussen vers en kapittel kwytraak

 

ek het probeer

ek het hard probeer

om ’n groot gedig te skryf

en soms darem dit opgebring

wat in die plek daarvan kon staan

 

o liewe roubetonende biegleser:

die reisiger van my aard en kondisie

het baie maniere om k*k aan te jaag

maar die grootste str*ntspul van alles

is om op pad huis toe te sterwe

 

Breyten kasty SA as land van wanhoop in ope brief aan Mandela
Charles Smith   
Washington
Die Afrikaanse digter en skrywer Breyten Breytenbach val oudpres. Nelson Mandela kwaai aan in ’n Amerikaanse tydskrif oor die geweld, magsvergrype en korrupsie wat Suid-Afrika verwoes.
In ’n ope brief in die Amerikaanse tydskrif Harper’s Magazine skryf hy aan Mandela dat hy hom “die aaklige ding moet meedeel: As ’n jong Suid-Afrikaner by my wil weet of hy of sy die land moet verlaat of nie, sal my bitter raad wees dat hulle moet weggaan.”
In die artikel onder die opskrif “Mandela’s smile: Notes on South Africa’s failed revolution” noem Breytenbach ontstellende voorvalle van geweld wat daagliks plaasvind en hom ook al geraak het.
Sy oudste broer se seun is buite ’n restaurant gesteek en die meslem het sy long deurboor. Die polisie het nooit opgedaag nie. Hy is gered omdat sy metgesel haar vriend in Australië met haar selfoon gebel het en hy ’n verpleegster wat hy in Johannesburg ken, kon bel.
Die vrou was op haar eerste besoek aan Suid-Afrika, maar het die volgende dag vertrek en “gesweer om nooit weer terug te keer nie”.
’n Ouma van ’n nabye vriend – so oud soos Mandela – het haar aanvallers gesmeek om nie verkrag te word nie en die nefie van ’n mede-skrywer is in sy eie huis vermoor.
Hy verwys na speletjies soos “hit me, hit me” en “rape me, rape me” wat in Suid-Afrikaanse skole gespeel word wat volgens die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie wys op “die omvang en vlak waartoe die verdierliking van die jeug strek en hoe endemies seksuele geweld in Suid-Afrika geword het”.
Jong mans se ergste vrees in Suid-Afrika is om vir ’n verkeersoortreding opgesluit te word in ’n polisiesel en in die nag verkrag te word deur MIV-positiewe aangehoudenes; oë word uit lyke gepluk vir moetie en dooies word opgegrawe vir hul kiste.
Die hartseerste geval is ses jong, bruin plaaskinders van tussen 9 en 15 jaar wat kaalvoet en “maer soos bidsprinkane” aan mekaar vasklou waar hulle in die hof verskyn omdat hulle ’n 11-jarige meisie oor ’n bottel goedkoop wyn met klippe doodgegooi het.
Of, in ’n ander berig, omdat sy dalk vigs het.
Breytenbach wil van Mandela, wat hy soos sy eie pa beskou, weet: “Het u, het ons, ernstig gepoog om ’n demokratiese bestel in Suid-Afrika teweeg te bring met sy wigte en teenwigte en rekenpligtigheid? Of was dit om iemand terug te kry vir die koloniale sondes?
“Hoe lank kan ons voortgaan op die skisofreniese mespunt tussen die diskoers van gelykheid en geregtigheid en die praktyk van plundering en arbitrêre mag? Hoe lank nog kan die dubbelpratery volgehou word vir die volk en vir die buitewêreld? Hoekom het die menselewe geen waarde nie? Is dit tradisioneel?”
Breytenbach vra Mandela of hy weet dat “nasionale bevryding” deur vernedering en misbruik (soos in Algerië, Angola, Guinee-Bissau) die droom verwoes van ’n moderne Afrika wat stam uit die Afrika-wortels en -realiteite.

2001 – Resensie: Die Toneelstuk: Belofte om die Mandela-regering met ‘n kritiese oog dop te hou.

Дровяные печиФільчаков Олександр Васильович прокурор